18 Januarie 2013 ~ 24 Kommentare

Word jy gekoester of bloot verdra?

Geskryf deur Ebert Terblanche

Golda Meir, voormalige Eersteminister van Israel, skryf in haar outobiografie (“My Life”) dat die beweging vir ‘n Joodse staat gedryf is deur die besef dat hulle verdra word in die state waar hulle hulself as minderhede bevind het, maar nie gekoester is nie.

So is daar, terwyl sy as kind in Tsaristiese Rusland grootgeword het, nie staatsgeborgde geweld teen die Joodse minderheid gepleeg nie, maar het hulle selde hulp van die regering gekry wanneer hulle deur misdadigers van hul eiendom verjaag, aangerand of selfs vermoor is nie.

Met die onttrekking van Brittanje as mandaatowerheid in Palestina in 1948, het hierdie gedagte die Jode in Palestina genoop om hul onafhanklikheid van Jordanië eensydig te verklaar en hul eie staat in die lewe te roep.

Later skryf Golda dat dit die regte besluit was, want toe Joodse burgerlikes op plase en dorpe deur Arabiese terroriste vanuit Egipte aangeval is, het die Israelse weermag valskermsoldate oor die grens gestuur om die terroriste te onderskep en tot verantwoording te bring.

Dít sê sy is die verskil tussen om deur ‘n ander regering verdra te word en om deur jou regering gekoester te word, want onder die regering van Jordanië, soos in Rusland, Duitsland, Nederland, Frankryk, Roemenië, Turkye, Brittanje as mandaatregering en Yemen, sou daar eerder anderpad gekyk word as om ‘n minderheid teen die vergrype van die meerderheid te beskerm.

Sou ‘n Afrikanerregering nie reeds lankal die plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad verklaar het nie? Daar kan geargumenteer word dat die Suid-Afrikaanse meerderheidsregering ten minste nalatig teenoor Afrikaners gestaan het toe hulle opgehou het om landsgrense te patrolleer, enige kans op billike vergoeding vir swartes beëindig het deur publieke onderwys in duie te laat stort, onrealistiese verwagtinge geskep het, kommando’s ontbind het en die polisiediens tot oneffektiwiteit getransformeer het.

Word ons in Suid-Afrika verdra of gekoester? Die reaksie van die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa op die briewe van plaasmoordslagoffers wat Afriforum aan hom oorhandig het (hy het die briewe as ‘n publisiteitsfoefie van Afriforum afgemaak) spreek boekdele.

Hoe lank sal ons daarmee verlief neem om slegs verdra te word, voordat ons in groot getalle self verantwoordelikheid vir ons toekoms begin opneem deur vir onsself ‘n eie ruimte te skep?

Dit is ‘n skande dat so baie Afrikaners op Orania neerkyk en weier om hulle te ondersteun, terwyl daardie pioniers hulleself afsloof, gewildheid, gemak en rykdom ontsê in ‘n poging om vir ons ‘n plek te skep waar ons gekoester word.

Deel/Stuur

24 Reaksies op “Word jy gekoester of bloot verdra?”

  1. Danie Smit 18 Januarie 2013 at 09:01 Permalink

    As dit waar is dat OBD of oorspronklike beleggers 80% van Orania aandele besit en aandeelhouers grond kopers nooit meer as 20% besit nie is die logiese afleiding dat Orania eiendom eienaars net verdra word. Dat hulle altyd slegs bywoners op die oorspronklike geleggers , wat die tipe Britse adelstand, Ridders van die ronde tafel, konings gesin van Orania is. Gaan iemand bereid wees on ter wille van Orania se idiaal stemreg regverdig te orden.

    • Jaco Kleynhans 23 Januarie 2013 at 18:03 Permalink

      Mnr Smit. U het glad nie die korrekte feite nie. U kommentaar is dus nogals moedswillig.

  2. E Terblanche 18 Januarie 2013 at 12:30 Permalink

    Danie, ek stel voor jy bestudeer die wet op aandeleblokskemas en die notules van die Dorpsraad se algemene jaarvergaderings voordat jy poog om agterdog te wek teenoor ‘n stelsel wat vir meer as 20 jaar reeds op ‘n ordelike wyse ontwikkeling bevorder en die belange van al sy belanghebbenes, aandeelhouers of nie, beskerm en bevorder.

    Dan sal jy sien dat OBD se belang in die dorp en sy insae beperk is tot die grond wat aan hom behoort, te wete die grootliks onontwikkelde restant. Net soos wat enige aandeelhouer se belang beperk is tot die grond wat aan hom of haar behoort. Verder verkies die nie-OBD aandeelhouers die meerderheid van die Dorpsraadslede, terwyl OBD slegs een verteenwoordiger mag aanwys. Elke nuwe erf wat geskep word se aandele kom van OBD af en word aan die nuwe eienaar oorgedra. So word OBD se belang in die maatskappy minder met elke ontwikkeling. Dit is ‘n klag teen Afrikaners dat OBD nog die meerderheid grond besit, want as meer Afrikaners grond in Orania gekoop het, was OBD lankal al sy aandele kwyt.

    Dan is die Orania Dorpsraad ook nog ondergeskik aan die demokraties verkose Orania Verteenwoordigende Raad, waar elke inwoner een stem het en OBD geen stem het nie.

    Daarbenewens het Orania ‘n bewese rekord van hulp en ondersteuning aan minderbevoorregte Afrikaners. Op maatskaplike-, mediese-, behuisings-, opvoedings- en arbeidsgronde.

    Is daar enige ander dorp wat ‘n soortgelyke gedeelte van sy hulpbronne aan Afrikanerntwikkeling en -beveiliging afstaan?

    Dit is regtig jammer dat jy my skrywe probeer kaap om onmin te saai waar dit nie hoort nie.

  3. Danie Smit 18 Januarie 2013 at 15:42 Permalink

    E terblanche, ek probeer glad nie agterdog wek nie, trouens ek sal baie graag wil sien dat Orania nog meer vooruitstrewend raak. Die vrae is aan julle dorpsraad laasjaar gevra , ek het geen antwoord daarop gekry nie , behalwe dat daar gekyk word na die stemreg Jou verduideliking maak sin, Hoekom publiseer die dorpsraad dit dan nie, en stuur die inligting aan alle voornemende kopers, veral as hulle skriftelik daarvoor vra. Ek probeer al amper ‘n jaar nadat ek die bewerings in ‘n ou voorgrond gelees het, van grond eienaars wat bywoners op die Afrikaanse Orania adelstand se grond is, by almal inligting kry, Orania beweging , Orania agente en ook die dorpsraad. Hoekom paat almal om die feite, is iemand skaam. Ek hou van jou verduideliking en op die oog af lyk dit heel logies. vra asb die Dorpsraad om dit in ‘n amptelike dokument aan almal te stuur wat direk inligting vra oor stemreg. Dat die Orania stemreg spook vir altyd weg gesit kan word asb. Ek sal graag my deel wil doen finansieel en ook met my tyd aan die Afrikaner baramhartigheidstaak wat Orania ‘n voorbeeld stel Ek vra opreg om verskoning as jy glo dat ek jou skrywe brobeer kaap, dit was nie die bedoeling nie, Ek waardeer dit opreg dat jy my stemreg vrae so volledig beantwoord het.Beste groete Danie ek lees graag meer skrywes .

    • Quintin Diederichs 18 Januarie 2013 at 16:12 Permalink

      Danie, ek het jou vrae ook op Vry Afrikaner raakgeloop en antwoord jou sommer hier.

      Dis belaglik om die woorde Orania en adelstand in dieselfde sin te gebruik. Ek wil asb. graag weet in watter Voorgrond (maand en jaar) jy dit raakgelees het.

      As enigiemand dink hulle kan so ‘n heersersklas in Orania vestig, dan sal hulle eers verby die burgers moet kom. Ons almal weet presies wat met ou Louis en Marie-Antoinette gebeur het…

      Ons is republikeine in murg en been. Dit beteken dat ons, die burgers, die finale se het. Orania se leiers weet dit goed en koester dit.

      Soos Ebert uitgewys het, die hoogste gesag in Orania die OVR. Hierdie liggaam word elke 5 jaar verkies: aandeelhouers en nie-aandeelhouers het elk net een stem.

      Ek verstaan dat jy ongelukkig is oor die feit dat jy nog nie ‘n amptelike skriftelike antwoord van Orania Dorpsraad ontvang het nie. Hier het jy nou twee verduidelikings op wit en swart. Kom maak gerus ‘n draai in Orania en maak ‘n afspraak om met ‘n verteenwoordiger van Orania Dorpsraad te gesels indien enigiets onduidelik is.

      Jy is altyd ook welkom om die grondwet aan te vra – dis baie leesstof maar ek kan nie dink dat daar nog enige onduidelikheid gaan bestaan nadat jy dit deurgelees het nie.

    • E Terblanche 20 Januarie 2013 at 07:25 Permalink

      Hallo Danie, daar is sekerlik altyd meer en beter wat die Oraniërs kan doen. Ek vermoed dat hulle heelwat prioriteite het wat aandag vra. Ek is bly as ek dit bietjie duideliker vir jou kon maak.

  4. Quintin Diederichs 18 Januarie 2013 at 15:53 Permalink

    Baie goeie artikel! Jou antwoord aan Danie hierbo tref ook die kol.

    Ek dink die enigste probleem met Golda Meir se opmerking t.o.v. verdra vs. koester is dat die Jode nooit ‘n hand gehad het in die vorming van bv. Rusland nie en dit nooit regeer het of as hul eie land beskou het nie.

    Dis waarom dit so moeilik is om Afrikaners se oe oop te maak vir die werklikheid. Die Jode sou se: “ons word nie gekoester in hierdie land nie, ons moet ons eie land kry”, terwyl die Afrikaner sal se: “ons word nie gekoester in ons land nie, ons moet hierdie land regruk”.

    Vir die Afrikaner om met enigiets anders as Suid-Afrika te identifiseer, moet daar eers iets anders wees om mee te identifiseer. Orania is al amper daar, maar nog nie heeltemal nie. Dit sal wel verander sodra Afrikaanse musikante liedjies oor Orania gaan begin sing, rolprente in en oor Orania gemaak word en beleggers groot ontwikkeling hier vestig.

    Maak ‘n plek gewild, maak dit mooi en gee vir mense werk dan sal hul lojaliteite begin skuif. Dis dan wanneer hulle gaan ophou om Suid-Afrika te verdra, en eerder Orania gaan koester.

    Ek stem ten volle saam met jou dat dit ‘n skande is dat daar steeds Afrikaners is wat hul neuse optrek vir Orania. Gelukkig is daar vandag darem heelwat minder van daai soort as 10 jaar gelede!

    • E Terblanche 20 Januarie 2013 at 07:20 Permalink

      Hallo Quintin,

      Ja, die uitdaging om Afrikaners van die meriete en haalbaarheid van ‘n eie republiek in die Noord-Wes Kaap te oortuig is groot en daar is baie struikelblokke.

      Tog was dit ook nie vir die Jode wat Zionisme aangehang het maklik nie. Dit het hulle byna twee millennia geduur om die beweging behoorlik op dreef te bring. Daarna was daar groot onsekerheid oor waar hulle hul staat moes vestig. Aanvanklik het Theodore Herzl, die vader van Zionisme selfs met Brittanje onderhandel om ‘n onbewoonde stuk van Oeganda te kry. Dan was daar ook die Bondsjode wat geglo het dat die Jode moes werk om ‘n Sosialistiese wêreldorde te vestig waarin almal gelyk sal wees en die Jode nie meer onderdruk sou word nie – hulle sou selfs nie meer nodig hê om aan vergane Joodse tradisies vas te hou nie. Aan die begin het die Bondsjode selfs met geweld die
      Zionisme probeer ontspoor en is vandag steeds vyande van Israel, want volgens hulle moet tradisie afgebreek word en nie beskerm nie.

      Ek dink ons maak ‘n fout as ons dink die Jode het dit makliker gehad omdat hulle reeds daarin geslaag het om hul staat op te rig ( al is daardie staat onvolmaak). Ons kan eerder inspirasie uit hul sukses put en uit hul foute leer.

      Die vraag wat ons dalk moet vra, is of ons Orania aan die regte Afrikaners probeer bemark. Moet ons nie eerder die produsente probeer vind as die verbruikers nie?

  5. Danie Smit 19 Januarie 2013 at 13:51 Permalink

    Quintin i.s. Voorgrond artikel ek het dit afgelaai op my werk rekenaar . maar sal dit eers moet gaan soek , Ek mag jou dalk help deur dat dit ‘n weergawe was van die sogenaamde varke vergadering. Soos ek onthou was ‘n afgetrede Vlootkaptein betrokke wat ontevrete was omdat hy op een of ander besproeingsraad afgesit was. Dit was nogal vreemd vir my aangesien die Voorgrond ‘n Orania publikasie self is , en ek verwag dat hulle enige negatiewe bewerings teen Orania eers sou bevestig as die waarheid, voor dit geplaas sou word. As ek dit in die Rapport gelees het soos nou die laaste berig, sou ek dit eerder met ‘n kippie sout geneem het. Ek was al 2x op besoek aan Orania, ek stel baie belang in alternatiewe riool en grys water opsies , en het julle riool sisteem besoek, om te sien hoe jul dit doen.
    Voorstel google voorgrond varke vergadering, dalk kom jy by die regte uitgawe uit. Ek lees graag meer van jou sleutel bord, en is beindruk met jou projekte op Orania, doen so voort. Beste groete Danie

  6. tulpenvaas 24 Januarie 2013 at 17:07 Permalink

    “Dit is ‘n skande dat so baie Afrikaners op Orania neerkyk en weier om hulle te ondersteun, terwyl daardie pioniers hulleself afsloof, gewildheid, gemak en rykdom ontsê in ‘n poging om vir ons ‘n plek te skep waar ons gekoester word.”-

    E. Terreblanche, ik denk, dat het erbij hoort. Als je ziet, hoe Orania bloeit en levend is en leven biedt, afgezet tegen de rest van Zuid-Afrika, waar met name ook de Afrikaners in een ernstige depressie verkeren, dan is het juist te verwachten, dat vanuit Afrikaners zelf een nee-tegen-Orania gehoord wordt. Het is inderdaad vreemd, maar volgens mij, werkt het zo met mensen in het algemeen. Overigens wordt er onder Afrikaners ook een duidelijk ja-voor-Orania gehoord. En die stem wint steeds meer veld. Dat is ook nodig, omdat anders Afrikaners geen gezonde gemeenschap zouden zijn. Andere dingen die een rol spelen, zijn: mensen zullen niet gemakkelijk hun zekerheden, hoe bedreigd en aangetast ook, op willen geven. En dat is een beetje nodig, als je een Afrikaner bent en naar Orania wil trekken. Nog een reden: Orania is nog klein, eigenlijk nog een kweilbekkie, een baba. Hoe groter Orania wordt, hoe meer serieus zij genomen zal worden. Samenvattend: het hoort erbij: wil jij een werkelijke oplossing aanbieden voor (jouw) mensen in nood, dan kan dat in de regel alleen door een offer te doen èn over het algemeen zullen in ieder geval aanvankelijk die mensen voor wie je vecht, je afwijzen. Dat is wat Orania-werkers in enige mate ervaren. Overigens denk ik en hoop ik, dat dat wel zal veranderen. Steeds meer Afrikaners zullen Orania serieus nemen en langzaam maar zeker zullen meer Afrikaners naar Orania trekken. Het is ook geen kleinigheid, wat Orania doet. Het is niets anders dan een volk redden. Ik vind dat geen kleinigheid. Zoiets gaat niet makkelijk, verdikkie! Dat gaat door verdriet (helaas) en spanningen en tegenslagen heen. — Misschien kan een kleine vergelijking hier helpen: kort voor de tweede wereldoorlog gingen jonge joodse mannen en vrouwen langs de deuren bij de Joden in Noord-West Europa en zij riepen hun volksgenoten op om naar Israel te gaan. Wat denk je dat er gebeurde? Dat deze ‘israel-werkers’ door hun volksgenoten met open armen werden ontvangen? Ik hoorde kort geleden nog zo’n ‘israel-werker’ zijn verhaal vertellen. Deze man was toen 16 jaar oud omtrent, nu een oude man. Hij vertelde: “wij deden dit werk tussen 1935 – 1940 en wij werden door onze joodse landgenoten niet alleen weggehoond, maar soms zelfs bij de deur weggeslagen.” — Dus, ik denk, dat teleurstelling en afwijzing erbij hoort. Maar de opdracht van Orania is goed, goed, goed. Met God’s genade, en met vallen en opstaan, kan het lukken. Ik zie het als de enige kans voor de Afrikaners. Wij moeten doorgaan!

    • E Terblanche 12 Februarie 2013 at 10:17 Permalink

      Dankie Tulpenvaas, jou vergelykings en ondersteuning is inderdaad bemoedigend. Ons sal beslis eerder vasbyt as opgee, want ons glo en vertrou dat ons stryd goed is.

      Groete

  7. Jaco Grobler 29 Januarie 2013 at 16:50 Permalink

    Lekker skrywe, net die laaste stukkie verwerk ek as Afrikaner nie lekker nie.

    Ek dink weer glad nie baie Afrikaners kyk neer op Orania nie (in elk geval nie enige met wie ek omgaan nie) Daar is wel ‘n wanpersepsie by die ‘gemiddelde Afrikaner’ oor wat Orania probeer bereik en wees, en hierin le ‘n probleem, nietemin, laat dit hulle nie ‘neerkyk’ op Orania nie.
    Om ondersteuning te kry vir enige doel is verbrands moeilik, kyk maar na ons renosters, al 50 miljoen van ons Suid Afrikaners is wel bewus van die situasie, en almal weet dit is ons erfenis, maar die hulp en ondersteuning bly hopeloos te min. Al is dit ONS diere, ONS erfenis, dit gee ongelukkig nie renosters wat as ‘n spesie algehele uitwissing in die gesig staar die reg om van elke Suid Afrikaner ‘n paar rand te verwag nie. As ek nou nie ‘n rooi neus op my kar het nie, kan Ronnie my nie net stormloop in die KNP nie, maar dis wat jy hier doen.
    ‘n Ander sienswyse, dink jy nie dit mag dalk voel vir Afrikaners op ander plekke of Oraniers dalk ‘neerkyk’ op hulle nie… so al asof Oraniers voel ‘die ander’ manier van Afrikaans wees en leef in nie goed genoeg vir HULLE nie ? Julle is tog trots en lief vir julle lewenstyl en skryf dit hoog aan, hoekom sal dit nie vir die oningeligte afrikaner so voorkom nie ? dit is ook sekerlik nie sy/haar skuld oor hulle nie alles van Orania weet nie.
    Ek kan baie maklik se: ‘Dis ‘n skande hoe baie Oraniers dit nie sal oorweeg om by my te kom kuier in Pretoria nie, want my lewensstyl en waardestelsel pas hulle nie? Nog ‘n voorbeeld, wat as ek JUIS in my omgewing bly om Afrikanerskap, selfwerksaamheid en volksliefde lewendig te hou en aan te wakker. Dan kan ek verder gaan en se ek doen hierdie dinge in my omgewing sonder om te verwag Oraniers moet my finasieel ondersteun in my bestaan en doelwitte…Dis so al asof jy se dat Orania automaties moet ondersteun word deur alle afrikaners, basta wat die res doen vir volk en vaderland.

    Jy maak ook asof Orania hel op aarde is en dat ‘julle’ alles prysgee vir Afrikanerskap, wel ek het nuus vir jou, daar is duisende Afrikaners wat meer doen in hulle omgewing vir afrikaans en die afrikaner gemeenskappe as baie van Orania se inwoners. Ek hoef nie my afrikanerskap uit te leef in een spesifieke area nie, ek doen dit oral, ek hoef ook nie net een organisasie ondersteun wat ons volk onderskraag nie, ek kan talle ondersteun.
    So terloops, wie dink jy sloof homself die meeste af vir (of as gevolg van) Afrikanerskap, jy, wat ‘n pos het daar tussen jou eie mense, taal, geloof en omgewing, of die 45 jarige afrikaanse persoon wat hard gestudeer en gewerk het om ‘n loopbaan te bou, en nou in ‘n wegneem ete restaurant werk in ‘n slegte deel van die stad, AS GEVOLG VAN die taal wat hy praat ? Selfbejammering doen geen saak goed nie, as die juk te swaar is vir jou, deel dit, of gee dit aan vir iemant met breer skouers.

    Orania is tog op hierdie stadium maar ‘n baie klein deel van die afrikanerdom, en ek verseker jou, ons almal wat lief is vir ons nasie gaan nog hard baklei vir ons behoud, nie net Oraniers nie.

    Wees tog assablief meer geduldig met Afrikaners wat nie alles so duidelik sien soos julle nie, die oorweldigende meerderheid het nie eers die opsie om dit te oorweeg om na ‘n wonderlike plek soos Orania te verkas nie, al wou hulle hoe graag.

    • E Terblanche 4 Februarie 2013 at 02:48 Permalink

      Hallo Jaco, dankie vir jou kommentaar.

      Eerstens wil ek noem dat die idee van die blog is om perspektiewe te toets en debat te stimuleer. Daarom is dit ook nodig om aanvegbare stellings te maak.

      My klagte in die laaste paragraaf is gebasseer op persoonlike ervaring. Dit is ironies dat daar sedert 1994 meer mense in plaasaanvalle dood of ernstig beseer is, as wat daar lede van die Orania Beweging is.

      Tog kom dit vir my voor asof die wyse waarop ek en jy Orania verstaan, fundamenteel verskil. Help my reg as ek verkeerd is, maar dit kom voor asof jy Orania verstaan as ‘n plattelandse dorpie waar Afrikaners lekker saambly.

      Ek beskou Orania as deel van ‘n groter gedagte, ‘n gedagte wat uit die geskiedenis leer wat wys dat volke wat as minderheid versprei is tussen ‘n anderse meerderheid, se tale en tradisies nie oor die duur oorleef nie. Elke volk het êrens ‘n meerderheid nodig om volhoubaar hul kultuurefenis uit te leef, oor te dra en te ontwikkel.

      Daar is wel baie Afrikaners wat stry om oorlewing, finansieël en fisies, in die gebiede waar hulle en hul taalgenote mider as 10% van die bevolking uitmaak. Ongelukkig dui statistiek, die geskiedenis en menslike wetenskappe aan dat sodanige stryd ‘n korttermyn stryd is wat ten beste slegs korttermyn instandhouding kan bewerkstellig en niks doen om die langtermyn onsekerheid en -risko vir die oorlewing van ‘n volk te verbeter nie.

      As sodanig is Orania ‘n poging om ‘n ruimte te skep waar Afrikaners ‘n meerderheid is, en as meerderheid hul demokratiese reg kan uitoefen om hul eie skole, hospitale, ouetehuise, polisiediens ens. te ontwikkel en in stand te hou, met ‘n verminderde risiko om dit te verloor.

      Op hul eie gaan die handhawing van taal, die beoefening van volkseie arbeid en die bou van eie instellings Afrikaners oor die duur nie beskerm nie. Slegs indien dit ook met konsentrasie van Afrikaners wat die meerheid van ‘n streek/gebied gepaart gaan, word die kans op langtermynoorlewing aansienlik verhoog.

      Daar is immers baie volke wat, hoewel hulle op nasionale vlak minderhede is, steeds oorleef ten spyte van vyandige regerings (soos die Baske, die Tibetane, Toearegs, Koerde en Palestyne), terwyl daar geen voorbeelde is van verspreide minderhede, wat oral minderhede was, wat oor die duur oorleef het nie.

      Beteken dit dat ek neerkyk op mense watbuite Orania werk en woeker? Beslis nie! Hulle stryd om so goed as moontlik te vaar is ‘n menslike een. Tog is dit nie onredelik van my om te verwag dat hulle darem as lede van die Orania Beweging sal aansluit nie, en dit is juis hier waar my vele gesprekke met Afrikaners wat nie lid is nie, vir my daarop wys dat hulle reken dat hulle hulself beter ag as om hulle te assosieer met Orania.

      Dis natuurlik geldig om te vra of Orania hoop op sukses het, maar dit hang slegs van sy hoeveelheid steun onder Afrikaners af. Indien die geskatte 800,000 kiesers wat Nee gestem het tydens die referendum, byvoorbeeld, die R40 per maand aan die Orania Beweging afstaan, sal Orania met rasseskrede kon ontwikkel met die inspuiting van R384 miljoen per jaar, en sou geen Afrikaner meer nodig hê om in ‘n wegneem ete restaurant in die slegte deel van die stad te werk nie, tensy hy/sy graag wou.

      • Jaco Grobler 11 Februarie 2013 at 16:15 Permalink

        E Terblanche,

        Ons sienings van Orania verskil nie so baie as wat jy dink nie, ek sien beslis nie Orania as ‘n tipiese afrikaanse dorpie nie, ek is goed bewus van wat julle beoefen en poog, en trots daarop. Ek sien dit bloot nie as die ENIGSTE uitweg vir behoud van taal en volk op hierdie stadium van ons geskiedenis nie. (Dat dit’n baie belangrike komponent is, is nie altemit nie.) Daar moet nog baie water onder die brug vloei voor afrikaners in ander dele van die land (en wereld) so sal dink, en dan as sulks Orania se saak noodgedwonge sal ondersteun. Ek is van die opinie dat daar ook ruimte vir die behoud van die Afrikaner is op ander plekke en ruimtes. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Ek sal biedjie kyk na jou ‘mislukte groepe’ se geskedenis as ek tyd kry, maar kyk byvoorbeeld na die Amish gemeenskappe in Amerika en Kanada, hulle regeer nie hulself nie, en gehoorsaam aan die wette van die land en regering van die dag, tog toon hulle gemeenskappe astronomiese groei, en hulle betaan binne eie reg, kultuur en godsdiens.
        Ons het nou baie ander dinge bespreek, maar al wat ek oorspronklik wou se in my eerste pos is dat jy ‘n baie snaakse manier het om Afrikaners te probeer oortuig om by te dra tot julle (en hulle) eie toekoms deur Orania te ondersteun, deur aan te doen dat Oraniers alles vir die die doel gee, en hulle niks.

        My siening omtrent hoe ekonomiese bemagtiging bewerkstellig kan/moet word verskil ook van joune, maar dit is ‘n bespreking vir ‘n ander geleendheid.

        Groete daar.

        • E Terblanche 12 Februarie 2013 at 10:14 Permalink

          Beste Jaco,

          Interessant dat jy die Amish noem. Dit lyk egter vir my asof hulle my argument staaf eerder as joune. Die Amish is immers in distrikte gekonsentreer, en is nie oral ylverspreid nie. So is die Amish byvoorbeeld die meerderheid in Holmes County in Ohio.

          As Afrikaners daarin slaag om as ylverspreide getalleminderheid – ‘n getalleminderheid in elke enkele distrik – hul kultuur, lewensstandaard en getalle te handhaaf, dan sal hul die eerste en enigste volk in die geskiedenis van die aarde wees om dit reg te kry. Seker nie onmoontlik nie, maar hoogs onwaarskynlik. Jy sal meer as ‘n ysere wil benodig om dit reg te kry.

          Die volkekunde leer ons ongelukkig dat elke volk ‘n ruimte benodig waar hy ‘n meerderheid is. Volke kan natuurlik as minderhede elders floreer as hulle ook êrens ‘n meerderheid is, maar as hulle oral die minderheid is, is hul stelling onhoudbaar.

          Ek dink nie ek het in my skrywe gestel dat Oraniërs alles gee terwyl die res van die Afrikanerdom niks gee nie. Dit sal tog ‘n feitefout wees, want die Oraniërs is baie trots op en dankbaar vir die meer as 3000 “uitwoner” lede van die Orania Beweging wat groot opofferings bring om die Orania Beweging, Helpsaamfonds en Groeifonds te steun. Daardie 3000 gesinne kyk beslis nie neer op Orania nie. Die vraag wat ek probeer vra, is waar is die res van die ongeveer 750,000 Afrikanergesinne daarbuite? Ongelukkig vind ek in my gesprekke met hulle, dat hulle neerkyk op Orania deur ander “oplossings” (soos die liberale grondwet) as meerderwaardige “oplossings” aan te hang.

          Jy is reg dat die wyse waarop ekonomiese bemagtiging bewerkstellig moet word ‘n onderwerp vir ‘n ander geleentheid is, want ek het nog nie ‘n artikel daaroor geskryf om my mening volledig uiteen te sit nie.

          Groete,
          Ebert

  8. Etienne van der Lingen 11 Februarie 2013 at 04:57 Permalink

    Groete aan Almal.

    Ek is nuut tot die Orania beweging. En het so veel as moontlik navorsing gedoen omtrent die saak. En ek het meer vrae as stellings om te maak.

    Ek hou van die idee agter die Orania beweging, in my werksloopbaan as n jong Afrikaner is daar ongelukkig nie veel hoop nie, nie net asgevolg van die instellings van die nuwe regering nie maar ook asgevolg van ekonomiese veranderinge in die wereld. Daarom hoop ek dat n plek soos Orania vir my n uitweg kan bied.

    Maar, ek vind dit baie moeilik om n manier te vind om inteskakel by die Orania beweging. Ek verstaan dis heel eenvoudig om n lid te word en finansieel bydrae te maak to die saak, maar n mens moet tog die vraag vra, wat word gedoen met die lidmaatskap geld, of donasies? En hoe sal dit my of enige ander Afrikaner bevoordeel om n bydra te maak. Ek meen, al maak ek n bydra van miljoene wat word daar gedoen met die fondse?

    Ek het navraag gedoen omtrent lang termyn huur van huise op Orania en soos ek verstaan is daar nie baie beskikbaar of niks beskikbaar nie, en dit is seker een van die grootste struikel blokke vir enige Afrikaner wat wel Orania toe wil verhuis.

    Ek huur tans n eiendom in Pretoria wat my meer per maand kos as wat n redelike huis in Orania my sal kos(van wat ek gesien het), en tog kan ek nie n bank lening bekom nie blood omdat my inkomste nie soos n normale persoon bekom word nie. En so is my hande afgekap.

    Ek reken dat dit die Orania beweging goed sal doen om meer inligtig te verskaf aan die Afrikaner gemeetskap oor wat daar presies gedoen word op Orania en hoe dit die dood gewone Afrikaner sal bevoordeel om die beweging te ondersteun, wat daar gedoen word met lidmaaskap gelde en wat dit vir die lid kan beteken. Is daar ondersteuning van die Orania overhede vir mense wat besighede wil vestig in Orania?

    Die punt is dus, daar is baie mense soos ek wat belangstel in Orania, en graag wil deelneem en wat nie eers afhanklik sal wees van n werk in Orania nie maar wel n kontrubusie kan maak. Ons kort net bietjie meer inligting en ondersteuning van die mense in Orania om die skuiwing te maak.

    Vriendelike groete van Pretoria
    Etienne van der Lingen

    • Jaco Kleynhans 11 Februarie 2013 at 06:09 Permalink

      Etienne,

      Dankie vir jou navraag. Ek gaan in kort hier antwoord en dan is jy ook welkom om verdere vrae te stuur na jaco@orania.co.za. Eerstens wat doen die Orania Beweging. Eerstens is dit ons hoofdoel om die idee van Orania na soveel as moontlik Afrikaners uit te dra en so steun te werf vir ons ideaal van selfbeskikking. Ledegeld word dus primêr aangewend vir kommunikasie- en bemarkingsdoeleindes. Dit behels die onderhoud van Orania se webblad, uitgee van ons tydskrif, druk van pamflette, ens, betaling van toergidse en betrokkenheid by groter projekte in Orania om die beeld van die dorp te verbeter.

      Verder het die Orania Beweging ook die Helpsaamfonds en Groeifonds gestig. Die Helpsaamfonds samel fondse in vir behuisingsprojekte, onderwys, mediese en maatskaplike dienste in Orania. Deur ons projekte kan ons al sowat 100 werkersklasinwoners van gesubsidieerde behuising voorsien.

      Die Groeifonds is ‘n beleggingsfonds waarin jy geld belê wat dan in ontwikkelingsprojekte in Orania aangewend word. Daardeur is al verskeie klein besighede tot stand gebring. Ons beplan tans ook ‘n kantoorontwikkeling deur die Groeifonds. Beleggers kry ‘n opbrengs van so tussen 5% en 7% per jaar op hul belegging in die Groeifonds.

      Daar is baie bottelnekke in die ontwikkeling van Orania en ek dink die Orania Beweging probeer ‘n aktiewe rol speel in die verwydering van hierdie bottelnekke soos die tekort aan behuising. Anders belangrike instellings is egter ook die Orania Dorpsraad, die Sakekamer en enkele ander.

      Laat weet gerus of dit jou vrae antwoord.

  9. Etienne van der Lingen 11 Februarie 2013 at 06:24 Permalink

    Jaco,

    Baie dankie vir jou terugvoering om my vrae te beantwoord.
    Dis is baie insrukwekkend om te sien wat die mense van Orania al bereik het, en dit wil so voorkom dat daar vooruitgang is met die Orania bewegining. Ek het dan nog n paar vrae wat ek aan jou wil stel omdat ek baie graag wil deelneem en n positiewe bydrae wil maak.

    1. Is daar tans enige projek om te help met behuising in die sin van eiendomme wat ontwikkel word met die doel om uit te verhuur, of n finansieele instansie wat spesialiseer om “huis lenings”te verskaf eksklusief aan mense wat goedgekeur is om eiendom te koop op Orania.

    2. Soos ek verstaan is daar n vlieg veld in Orania, word dit tans aktief ontwikkel en aan wie behoort die vlieg veld. Ek vra so omdat ek spesifiek in die lugvaart sektor werk as n vlieenier.

    Groete
    Etienne

    • Jaco Kleynhans 11 Februarie 2013 at 06:55 Permalink

      Etienne,

      Ek het toevallig minder as 30 minute gelede by die vliegveld verbygery en toe land daar ‘n klein vliegtuig so hy word gebruik en is tans besig om opgegradeer te word. Die persoon wat die inisiatief daar neem is Andre Coetsee (eienaar van Orania Oewerpark). Sy e-posadres is andre@oewerpark.co.za.

      Wat huislenings aanbetref is ons eie bank (Orania Spaar en Krediet) die enigste instelling. Hulle e-pos is osk@oranet.co.za.

      Die Helpsaamfonds ontwikkel woonstelle vir verhuring en ons beplan ‘n ontwikkeling van 16 woonstelle vir later vanjaar. Die planne is verlede week voltooi. Dit is ‘n openbare/privaat vennootskap. Agt van die woonstelle sal deur die Helpsaamfonds gebou word en gesubsidieerd uitverhuur word (dus teen ‘n laer tarief as die gewone prys in die dorp). Vir die ander agt sal ons privaat beleggers soek.

    • Jaco Kleynhans 11 Februarie 2013 at 07:41 Permalink

      Etienne,

      Wat lenings aanbetref is dit hoofsaaklik ons eie bank (Orania Spaar en Krediet) wat lenings uitgee.

      Die Helpsaamfonds pak verskeie bouprojekte aan. Vanjaar gaan ons 16 woonstelle bou. Agt self finansier en agt deur privaatbeleggers finansier.

      Ek is vanoggend by die vliegveld verby toe daar ‘n vliegtuig geland het. Hy is dus in gebruik en word stelselmatig opgegradeer. Skakel gerus vir Andre Coetsee (andre@oewerpark.co.za) vir meer inligting daaroor.

  10. Etienne van der Lingen 11 Februarie 2013 at 07:47 Permalink

    Hi Jaco,

    Ek se vir jou weer eens baie dankie vir jou insette.
    Dit is baie goeie nuus die bou van die woonstelle en so voorts.
    Ek sal die Orania nuus aanhou dophou en gaan Maart maand n besoek kom afle.

  11. Kerneels Foord 30 Julie 2013 at 20:09 Permalink

    Goeie naand. Graag wil ek net meer uit vind betrekkende lenings in jul dorp. Indien mense in jul dorp en area huise of plase wil koop, is dit voltitel en kan ons aansoek doen by die dorp se bank vir lenings?

    • Jaco Kleynhans 31 Julie 2013 at 07:36 Permalink

      Eiendom in die dorp is deel van ‘n aandeleblokskema. Finansiering word nie deur SA banke gedoen nie, maar wel deur ons plaaslike bank, OSK. Skakel hulle by 053 207 0010 of osk@oranet.co.za.

      Daar is wel landbougrond wat deel van Orania is en wat voltitel met voorwaardes is.


Lewer Kommentaar

*