31 Januarie 2011 ~ 14 Kommentare

Wees net ’n Afrikaner

Geskryf deur Rozanne Meyer en Quintin Diederichs

21 Junie 2010

Ek het groot geword as ’n Afrikaanse meisie in ’n nie-rassistiese pastorale huis en het my opvoeding ontvang in nie-rassige skole. Mens kan sê dat ons kleurblind grootgemaak was,maar tog was daar ’n logiese grenslyn waarvan ek van kindsbeen af bewus was.

Ek onthou nog hoe ons, na 1994, verby die see gery het en toe ’n wit meisie gesien het wat hand-aan-hand met ’n swart man geloop het. Ek het onwillekeurig gestaar, nie dat dit ’n sonde was nie maar omdat dit half vreemd voorgekom het.

Vrae het by my opgeduik soos wie se taal hulle met mekaar praat, wie se tradisies geëerbiedig word en watter kulturele aanpassings hulle en hul families moet maak om hul verhouding in konteks van hul wedersydse agtergronde te aanvaar. My ma het ’n afkeurende opmerking gemaak. Rassisme is verkeerd maar om nie-rassig te wees verander niks aan die feit dat daar ’n natuurlike verdeling binne die mensdom is nie. So was ons maar groot gemaak.

Die natuurlike verdeling het selfs binne my eie rassegroep plaasgevind want die Engelse in my tuisdorp het my altyd ’nboeremeisie genoem. Ek was anders as hulle. Die Oos-Kaap is natuurlik oorwegend Engelssprekend en ek was gedurende my kinderjare altyd onder die wanindruk dat Afrikaans ’n primitiewe taal is en selfs dat Afrikaners primitiewe mense is waarop die Engelse neerkyk.

Ek het later wel tot die besef gekom dat die Afrikaner die meerderheid blanke bevolkingsgroep in suidelike Afrika is en dat ek deel van ’n volk is wat ’n merkwaardige erfenis het. Ons is anders as die res, nie beter of slegter nie – net natuurlik deur geboorte en mens-vorming in ons eie groep verdeel.

Ons was nog altyd ’n trotse volk, nie omdat ons oor die nie-blankes regeer het nie, maar omdat ons óns was. Omdat ons Afrikaners is. Dit het my lank gevat om te begryp waar ons ingebore trots vandaan kom – wat die oorsprong van hierdie ingeboude liefde vir ons volk is wat terselfdertyd ’n ongetwyfelde liefde vir ons vaderland opwek.

Dis toe dat dié boeremeisie besef het wat ek alles het en wat van my ’n Afrikaner maak. Is dit ironies dat ek myself en my eie mense eers hier in die buiteland werklik gevind het? Die ou mense het ’n  gesegde wat lui: “as ’n negosiekas ’n stoel word”. As niks iets word. Ek moes myself eers losmaak van al die struwelinge in die nuwe Suid-Afrika en van meet af ’n behoorlike introspeksie beoefen om die waarde van my Afrikaner identiteit op te spoor.

Afrikaners het so baie om op trots te wees, so ’n ryk geskiedenis. Ons kan inspirasie vind in die dade van heldhaftige generaals soos de Wet, Kemp en Maritz wat die Boere kommando’s teen die Empaaier gelei het. Onthou genl. Koos de la Rey wat gesien was as een van die bevoegste militêre strateë van sy era. Min bevelvoerders kon deur die eeue soveel verliese aan die magtige Britse leër toedien as genl. de la Rey tydens ons volk se stryd om ons vryheid en onafhanklikheid te verdedig. Ons kan praat oor merkwaardige intellektualiste soos Jan Smuts – ’n stigterslid van die Volkebond asook die Verenigde Nasies.

C.J. Langenhoven, die skrywer van daardie pragtige volkslied wat ons oë laat traan: Die Stem. Jacob Hendrik Pierneef, een van die beste landskap-kunstenaars van die Twintigste Eeu. Chris Barnard, die man wat die eerste suksesvolle hartoorplanting ter wêreld  uitgevoer het. Anton Rupert, een van die suksesvolste entrepreneurs van die vorige eeu. Dr. H.F. Verwoerd, die staatsman wat ons finaal uit die imperialistiese kloue van Brittanje gelei het en die beste ekonomiese bloeitydperk in Suid-Afrika se geskiedenis bewerkstellig het.

Nadat ek dit als besef het, het ek ook ’n groeiende gaping gesien: mans wat hul “karate water” met ’n pinkie in die lug drink, dames wat nie sonder ’n huishulp kan klaar kom nie en Afrikaans wat by baie gesinne in die passasiersitplek sit – kortom: ons volkstrots, kultuur en tradisies word vandag afgeskeep!

Skuldgevoelens van die veronderstelde verlede is stadig maar seker besig om ’n houvas in ons huise en binne ons kultuur te vind. Liberale breinspoeling is besig om ons te beroof van ons trots. Ek het iemand eendag hoor sê: “Die moderne Afrikaner sal nog in sy eie bed vermoor word voordat hy bereid sal wees om ’n  vinger te lig om die einste bed op te maak” . Laksheid en volksvreemde arbeid is inderdaad die oorsprong van baie Afrikaners se ondergang.

Wat het geword van selfbeskikking oor ons eie lot en trots op ons eie arbeid?  Waarom word ons deur ’n ander nasie regeer en hoekom kyk so baie Afrikaners neer op die idee dat ons self ons eie handearbeid kan verrig in ons huise, in ons tuine en in ons werksplekke? Daar is niks vreemd aan die edele konsep dat ’n volk homself kan regeer en sy eie arbeid kan verrig nie. Myns insiens het Afrikaners geen reg om te kla oor hul omstandighede as hulle nie bereid gaan wees om hul eie “vuilwerk” te doen nie en hulle reeds aanvaar het dat hulle verewig onderdanig aan ’n ander nasie gaan wees.

Ons lewe in ’n benoude tyd in Suid-Afrika, waar baie mense begin sin maak van die onweerswolke waarin ons onsself bevind vir die afgelope 16jaar. Daar is mense wat glo dat die “Nag van die lang messe” om die draai is. Die meriete van hierdie doemprofesie is debatteerbaar. Dit is immers ’n feit  dat ’n groot deel van die volk vandag blind en doof is t.o.v. die bedreigings wat reg voor ons is en  vir ons almal in die oë staar. Niemand is so blind soos die mense wat nie wil sien nie!

Talle mense, insluitend Siener van Rensburg en Johanna Brand, het al visioene gehad oor die lot van ons land en die uitdunning van ons volk. Ek is van mening dat ons tans deur ’n smeltkroes gaan wat besig is om die koring van die kaf te skei. Die joiner  en die bittereinder word só geïdentifiseer: die wat verkies om heerlik stroomaf te swem, al lei dit na hul ruïnasie; en die wat besluit het om stroomop te swem vir vryheid en geregtigheid, hopelik lei dit na ’n etnies homogene Afrikaner volkstaat waar die volk selfbeskikking oor sy eie instellings sal hê. Solank as wat hierdie instellings met ons eie hande opgebou en onderhou word sal ons die morele hoër grond hê.

Dit is ongelukkig wel so dat baie mense tydens die uitstappie  van sogenaamde demokrasie die pad duister geraak het, hul veggees verloor het en besluit het om maar die moord en verkragting op ons volk te verduur solank as wat hul eie sekuriteitskomplekse se hekke tog net werk en die elektriese heinings die boewe se vingers deeglik skok. En so is die leuens, korrupsie en bloedvergieting van hierdie benarde samelewing besig om talle Afrikanerharte stukkie vir stukkie  te vernietig.

Vir al die gemelde redes het ’n boeremeisie besef waar haar voorvaders vandaan kom, die rol wat haar volk deur die eeue in Afrika gespeel het  en nog kan speel in die toekoms. Ek weier om te aanvaar dat die stryd vir die Afrikaner se voortbestaan verlore is. Te veel opofferings was deur ons voorvaders gemaak vir ons om vandag te bestaan. Om nou ons rûe op ons taal, kultuur en erfenis te draai is lafhartig en werklikwaar te absurd om enigsins te oorweeg.

My boodskap is eenvoudig: die wat hulself nog deel van die Afrikanervolk beskou moet nóú  hande vat en saamstaan deur hierdie donker  tydperk. Kom ons keer terug na ons wortels, na dit waarvoor ons voorvaders gestaan en geveg het. Ons is kinders van die Here en ons moet net in Hom vertrou en glo dat Sy hand ons uit die spreekwoordelike Babilon uit sal lei. Laat Gods water oor Gods akker loop terwyl ons bid en hard werk om ons vryheid te herstel.

Soos President Kruger gesê het: “Neem uit die verlede wat goed, skoon en edel is, en bou daarop die toekoms”.

Dis tyd dat ons voet neersit en opstaan vir ons voortbestaan, tyd om te leer uit ons foute van die verlede en te begryp dat ons as bittereinder Afrikaners reeds alles het wat ons benodig om hierdie smeltkroes waarin ons onsself tans bevind te oorleef. Na oorlewing volg die soet geure van vryheid en oorwinning.

Wees nét ’n Afrikaner, jy is genoeg.

 

“250 000 Afrikaners teenwoordig by die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949″

Rozanne Meyer

Rozanne is in 1987 in Oos-Londen gebore en het haar honneursgraad in Besigheidsbestuur by die Universiteit van Wallis voltooi. Na haar studies in Europa het sy onlangs teruggekeer na Afrika om permanent op Orania te vestig as jong besigheidsvrou, skrywer en kampvegter vir Afrikaner-vryheid.

 

 

Deel/Stuur

14 Reaksies op “Wees net ’n Afrikaner”

  1. Elon 31 Januarie 2011 at 12:37 Permalink

    Dankie vir die inspirerende stuk Rozanne, ek deel dit graag met almal wat ek ken.

  2. Gert Botha 1 Februarie 2011 at 07:42 Permalink

    Uitstekend.Met sulke jongmense het ons volk n toekoms.

  3. Ernie Langner 1 Februarie 2011 at 12:16 Permalink

    Fantasties Rozanne! Jy het die mees volwasse siening oor Afrikanerskap wat ek nog raakgeloop het by mense jonger as 30!! Dit gaan nog baie lank duur om die verband Afrikaner=Rassis in hierdie land af te breek. Baie Afrikaners dink jy kan dit net doen deur assimilasie (integrasie en aanpassing by die meerderheid) of deur weg te kruip agter mure, stil te bly en alles maar net gelate te aanvaar.
    Ek glo egter die beste teenvoeter vir rassisme is om eenvoudig ons as Afrikaners op ‘n gelyke voet as al die ander volke in ons mooi land te sien. Ons is nie beter of slegter as enige van hulle nie. Ons het, net soos die Zoeloe, Xhosa en Sotho ‘n pragtige kultuur en geskiedenis. Deur ons eie as kosbaar te beskou en te vertroetel, kan ons ook ander se kulture en gebruike begin waardeer en respekteer.
    Die dag as ons eienaarskap opneem van ons Afrikanerskap en dit begin uitleef (soos wat op Orania gebeur), sal ons die nodige respek en erkenning kry. Terwyl ons nog die mense rondom ons wat anders praat en lyk as minderwaardig beskou, hulle vir goedkoop arbeid gebruik en nie met hulle goeie verhoudings bou nie, gaan dit bitter moeilik wees om die beeld van ‘rassis’ af te skud en aan te beweeg.
    Orania het die potensiaal om mense te help om van al hierdie vooroordele ontslae te raak. As jy eers al die arbeid op jou eie moet doen, begin jy respek kry vir hulle wat dit al die jare teen ‘n karige dagloon moes doen.
    As ons as Afrikaners ons kosbare kultuur, taal en geskiedenis omarm en daarop ons toekoms bou met vreedsame naasbestaan as een van ons doelwitte, sal dit dalk die Griekwa, die Nama, die Zoeloe en die Xhosa ook inspireer om dieselfde te doen. Daar is genoeg plek vir elke trotse volk in Suid Afrika wat na homself wil omsien. Daar is selfs genoeg plek vir al die mense wat hulself glad nie sien as deel van ‘n etniese minderheid nie, maar wat liewer die droom van ‘n gryse mensemassa sonder grense wil uitleef.
    Nogmaals dankie Rozanne, jy het my weereens laat besef hoe broodnodig dit is dat ons as Afrikaners moet saamstaan en dit wat ons eie is, moet opeis en vier!

  4. Jan-Pieter 2 Februarie 2011 at 20:18 Permalink

    Verskoon my Ernie, maar ek kan nie saam stem nie. Jy maak asof ons grootste probleem as Afrikaners die rassis-beeld is. Die meerderheid van ons sukkel om eenvoudig net te oorleef (finansieel ens), praatjies oor die gruwelikste liberale sonde doen niks vir niemand nie! Rassisme en hoe die swart massas ons beskou is nie ons probleem nie – vra net Willemientjie! Hoe ons prakties ons ‘selfbeskikking beleid’ uitleef is uiters belangrik. Ek wil nie onbeskof wees nie, maar die soort mense wat jou sienings deel het ons huidige situasie geskep!

    • Ernie Langner 3 Februarie 2011 at 14:12 Permalink

      Dis goed dat ons van mekaar kan verskil van siening. Ek stem met jou saam oor die praktiese uitleef van selfbeskikking. Die mense van Orania doen dit reeds. Ek as uitwoner (stadsbewoner) konsentreer nogal om deurlopend Afrikanerbesighede te ondersteun (loodgieters, ens)en om besighede wat Afrikaans as taal ignoreer op hulle leemte te wys. ‘n Mens moet dit net op ‘n positiewe manier doen. Ek is nie seker wat jy met jou laaste sin bedoel nie. Ek het in ’92 NEE gestem, want ek het geglo die onderhandelingsproses gaan hopeloos te min Afrikanerselfbeskikking tot gevolg hê. En dit was toe ook so! Maar dit help nie ons sit en kla daaroor nie. Die beste is nou om die bul by die horings te pak en vir ons ‘n plek in hierdie land oop te werk!

    • Rozanne Meyer 16 Februarie 2011 at 09:48 Permalink

      Ek stem saam. Rassisme is nie ons grootste probleem nie. n tekort aan Afrikaner trots en identiteit is wel n probleem. ’n Tekort aan dit maak transformasie soveel makliker en dis wat jy sien in skole (verengelsing) ens. Maar n sterk identiteit beteken jy het rigting in die lewe en dit is wat jou pad bepaal, en in ons geval was die pad Orania.

    • afrikaaner bloed 22 Oktober 2012 at 14:54 Permalink

      kan jy lees ,kan jy sien ons volk word vermoor dit is nie net enige skiet dood moord nie ,kinders,babas,vrouens,mans al wat afrikaner is word gemartelop die wreedste minier wat enige mens kan dink ,en ons is die fout? nee dis mense soos jy die wat niks doen wat net soos hulle self veruking en oorlewing sal handaf op enige koste selfs om jou volk te veraai nee ons uitwisting is nie as gevolg van hulle nie dit is or afrikaners wat hulle rug draai en soos lafharde verskoonings maak as jy so slim is se my waar is jou kinders se vryheid om the kan speel ,waar is hulle vryheid om veilig te wees nee daar is nie en jy moet skaam wees net om ons taal te praat want jy vir dien nie ons voorvaders voor bekly het nie jy is nes hulle sy is reg met die hart van a afrikaner en ek ge eer tot haar

  5. Rod Savage 6 Februarie 2011 at 05:37 Permalink

    Rozanne ek is engels spreekend en my afrikaans is nie so goed nie maar ek stem saam met wat jy geskryf het.
    Net soodra ek n kans kry sal ek kom kuier.

  6. koos 8 Februarie 2011 at 12:19 Permalink

    Wys jou! daar IS hoop.

  7. Giel Horn, P E. 20 Februarie 2011 at 10:56 Permalink

    Wat IS dit tog met almal. NIEMAND is meer ‘n rasis nie. Met die huidige regering net so rasisties as die vorige, maar met die skop nou by die ander voet, verklaar al wat ‘n witte is “ek is nie rasisties nie.” En dit terwyl swart bemagtiging, regstellende aksie en grondhervormimg wat ‘n rasistiese beslag het, tesame beslis die grootste remskoen aan ons ekonomiese groei is. As enigiemand verwag hierdie ou man moet julle glo kan julle loop slaap. Rasisme is ‘n natuurlike, instinktiewe eienskap by al wat leef en beef regoor die aarbol. Soos die engels uitdrukking oor voelswerms dit baie duidelik stel. (hoe de joos kry mens twee kolletjies op daai e)

    Daar is alewig uit allerhande oorde verklarings dat velkleur niks met die persoon te make het nie. SNERT ! Die wese BINNE die vel kweek die vel, hare, skubbe, vere of wat ookal. Dit is juis die uitwendige verbeeltenis van waarmee jy te doen het. Waar die luipert, tier en jagluipert byna eenders lyk is die verkil tog sigbaar, en enige veldbewoner weet op sig wat se opterde om te verwag. Net die mens wil kamma die verskille ontken.

    Moet tog nou netnie kom beweer ek is met haatspraak besig nie. Die erkenning (en herkenning) van verskille het NIKS met respek of minagting te make nie. My minagting berus by die ontkennings wat ek alewig hoor.

    Terwyl ek nou aan kritiseer is, wie het daai vreeslike woord “donateur” uitgedink wat ek al so dikwels in die Orania nuusbrief gesien het. Toe ek nog mog bloed skenk was ek beslis nie ‘n “bloeddonner”, askies, “bloeddonateur” nie.

    Genoeg van galbraak:

    Aan Rozanne, pragtige stukkie skryfwerk, Boerenooi. Jy is die soort nooi wat ‘n pa sy seun wil sien huistoe bring.

    Aan Ornia, voorspoed. Die groot vooruitgang wat ek van een besoek tot die volgende kan sien is indrukwekkend.

    N.S.
    Op die tema van verengelsing, my van is nie Hawn nie, daar is ‘n regte Boere RRRR in.

    • Giel Horn, P E. 20 Februarie 2011 at 11:00 Permalink

      Jammer oor luipert vir luiperd.

  8. Kacho 2 Maart 2011 at 18:18 Permalink

    Lees bietjie hierdie persoon se boodskap, ek het dit op ‘n MSN blog gevind. Kyk na die waardering vir ons volk en vir ons taal. Dit laat ‘n mens met nuwe oë en waardering kyk na wie jy is en wat jou taal vir jou beteken.

    IIk voel met jullie mee,hoe erg.Ik ben vlaming die in Canada woont,ik heb dat gekend toen ik kind was in Vlaanderen.Je denkt dat het werelddak op je hoofd is ingestort,aanvaard mijn leedwezen.Jullie zijn de eerste Afrikaners die ek besoek.Zou graag jullie wondermooie taal beter kennen,misschien iemand in jullie buurt die me afrikaans wil leren door elkqaar te schrijven,Mijn e-mail adres is wlodewyckx@live.ca onderstussen hoop ik van harte dat jullie toekomst beter zal zijn.Kracht nu Boere.Ik ken de geschiedenis van jullie volk.Een antwoordje aub asteblief.Walter

  9. Lia 17 Junie 2011 at 13:30 Permalink

    Liewe mede Afrikaners,1 Korintiers 13

    Hierdie volgende woorde kom van ‘n 14 jarige meisie wat se ouers geskei is onlangs,’n alcholis alreeds was,deel van ‘gang fights’ was en die meerderheid van my vriende in verkrag/mollesteer deur mede afrikaners wat meeste familie ook is,in hierdie tyd van my lewe het ek soos ‘n matroos gepraat,ek was vyande met my eie ma en met die wereld,ek was ‘n rasis maar toe ek bekeer is,wel,kon ek lig sien.Daar is net EEN lig in bestaan mense!!!Om te vlug gaan nie help nie,slegte mense is in elke volk. Ek huil soos ek hier skryf want ek weet my ma wil hier kom bly en dat my plek nou hier in Heidelberg is omdat ek werk onder Jesus na Hy my lewe gered het.Liefte genees alle sere,om te vlug van realityd gaan niks help nie. JY is op hierdie planeet gesit om ‘n verskil te maak. Gaan jy jou roeping ignoreer net om so kamstig veilig te wees? Gaan in die wereld in en staan vir wat jy in glo!!!!!Vergewe,ek sal weet ,dit maak jou vry.

  10. Carol Peyper Lourens 12 Julie 2012 at 09:05 Permalink

    Groot inspirasie hieruit geput! baie dankie!


Lewer Kommentaar

*