26 Januarie 2011 ~ 106 Kommentare

Wat is Orania se grootste struikelblok?

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Orania moet ‘n sukses wees. Baie meer Afrikaners moet Orania toe trek. Hier moet groot besighede opgerig word. Ons bejaardes moenie in aftree-oorde in die stede gaan woon nie, maar moet in Orania kom aftree.

Daar is soveel rede om te glo dat Orania eenvoudig ‘n sukses moet wees. Dat ons bevolking en ons ekonomie moet groei sodat meer grond aangekoop kan word, nog groeipunte geskep kan word en die droom van Afrikanerselfbeskikking waar kan word.

Nou wat is dan die rede dat dit nie gebeur nie?

Eerstens moet ek sê dat Orania reeds as ‘n sukses beskou kan word. Die grondwerk vir iets baie groter is die afgelope jaar gelê en die vestiging van konsepte soos selfwerksaamheid, ekologies volhoubare ontwikkeling, eie ekonomie en selfstandigheid was nie maklik nie, maar vandag funksioneer Orania uitstekend met eie arbeid, eie kapitaal en eie inisiatief. Om ‘n gemeenskap vir Afrikaners uit Afrikaners te skep was in die beginjare nie maklik nie, maar vandag doen Orania dit en doen dit daarby baie goed.

Ek hoor elke dag vrae soos: Waarom bly daar nog so min mense in Orania?

My antwoord is eenvoudig: Orania is hier vir die Afrikaner. Die dienste, grond en nodige hulpbronne soos water is beskikbaar. Orania as instelling kan egter nie volle verantwoordelikheid neem vir die groei van Orania nie. Orania as instelling kan egter die platform skep en die dienste lewer om dit vir meer Afrikaners moontlik te maak om na Orania te kom. Dit vra egter dat baie meer Afrikaners hul ingesteldheid sal moet verander.

Ek probeer glad nie my eie mense hierdeur aanvat nie, maar vra egter wel dat ons meer sal moet doen om Afrikaners anders oor hul toekoms te laat dink. Een groot deel van die verandering van ingesteldheid gaan oor materialisme. In my opinie is een van die grootste bedreigings vir die Afrikaner se voortbestaan sy geweldige drang na die materiële. Ek het verlede week weer ‘n e-pos ontvang van iemand wat sê dat hy Orania toe sal trek wanneer hy ‘n markverwante salaris, met goeie bevorderingsgeleenthede hier sal kry.

Al wat ek kan sê dat indien Afrikaners so gaan bly dink dit nog baie lank gaan wees voordat baie van hulle Orania toe sal kan trek.

Daar is egter ook ‘n toename in Afrikaners wat anders begin dink. ‘n Vriend van my vra nou die dag die volgende: “Sou ek Orania toe wou trek – watter besigheidsgeleenthede is daar nog beskikbaar?” Dit is die regte ingesteldheid.

Orania is reg om baie meer Afrikaners hier te verwelkom, maar baie meer Afrikaners sal anders oor hul toekoms moet begin dink. Indien jy bereid is om innovering bo korttermyninkomste, lewenskwaliteit bo lewenstyl en Afrikanerskap bo die ‘eie-ek’ te plaas, is Orania die antwoord vir jou.

Ons wat reeds oortuig is, sal voortaan baie meer moet doen om ons mense anders te laat dink. Indien ons dit nie regkry nie, sal Orania sukkel om vinniger te groei.

Deel/Stuur

106 Reaksies op “Wat is Orania se grootste struikelblok?”

  1. Ben le Roux 26 Januarie 2011 at 10:37 Permalink

    In die kort geskiedenis van Orania het daar al baie gekom en gegaan.Miskien meer as die wat gekom en gebly het.Diegene wat gekom en gegaan het het moontlik verkeerde verwagtinge gehad.Maar soos met die verversingspos destyds aan die kaap moes daar opofferings gemaak word.Liewe oom Jan het met ‘n kaal stuk grond begin.Die Voortrekkers moes pik en graaf in die grond loop steek om dorp te plant en stad te kweek.Die gemaklike agterblyende kritici het ewe gedwee sit en wag vir dinge om te gebeur om toe ewe skielik as groter Transvalers en Vrystaters as die Vaalpense en Blikore self te ontpop.Dit is maar eenmaal die verskil tussen ‘n pionier en die res.Ek self is ook maar tot ‘n mate hieraan skuldig maar met so baie wat reeds gefaal het is baie soos ek ook maar skrikkerig.Die prentjie is tog nie ‘n negatiewe een nie!Daar is genoeg belangstelling en daar is groei.Groei het mos die manier om te sneeubal.Meet maar Orania se groei oor die afgelope twintig jaar.Die eerste vyftien jaar was die pas maar stadig.Die laaste vyf jaar het die kurwe begin styg.Die afgelope drie jaar se groei oortref waarskynlik die van die vorige sewentien jaar.Elke nuwe geriefie maak dit meer aanloklik,elke nuwe suksesvolle onderneming verander gesindhede.Dit is frustrerend om so baie in te sit en nie onmiddellik resultate te sien nie maar solank as wat die twee komponente nl.belangstelling en groei daar is moet daar maar net geduld beoefen word.Soos wat die kurwe styg sal daar ‘n punt kom waar kommer uitgespreek word dat dinge begin hand uitruk.Ek is tog oortuig dat die manne wat die wa so ver deur die drif kon trek die leisels wel stewig vas het.

    • Theo Jacobs 2 Julie 2014 at 09:09 Permalink

      My ander probleem met orania se be stuur is as volg. EK het 12 jaar gelede self in orania gewoon. 2 jaar gelede het EK en my boet vir my moeder n huis in orania gekoop. EK was beveel om WEER aan soek te doen vir verblyfreg. EK kan U verseker EK het nie intussen in n Xhosa verander nie. Hoekom dit so moeilik maak vir die volk?

      • Jaco Kleynhans 2 Julie 2014 at 10:44 Permalink

        Theo,

        Daar is baie goeie redes waarom mense weer aansoek moet doen. Persone se omstandighede verander en Orania verander ook. Die verblyfreggsprek is ‘n geleentheid om hierdie veranderinge te bespreek.

        • Theo Jacobs 5 Julie 2014 at 09:40 Permalink

          Jaco, EK persoonlik voel dit bemoeilik sake vir die volk om weer te moet aansoek doen. Die enigste probleem wat EK kan voorsien is dat Mense intussen skei en weer trou, Kinders. So op die noot glo EK die goedgekeurde inwoner het en behou sy / haar verblyfreg. In die geval van n nuwe Huweliksmaat moet die persoon uit die aard van die saak aansoek doen vir verblyreg sou daar geen so n reg aan die persoon toegestaan is in die verlede nie, selfde met kinders. Dus elke individie moet eenmalig voor die Raad verskyn vir verblyfreg, in geval van sukses word so n persoon met n Orania of Afrikaner Repebliek ID boekie uitgeryk en is en bly deel van Orania. My adisionele voorstel is ( Soos my 4 stappe na vryheid skrywe vir die volk ) dat voor die uitreik van die ID elke volksgenoot ons ” Volks ooreenkoms ” moet onderteken. Die volksooreenkoms is op my rekords en Gaan ook eersdaags deur my publiek gemaak word.

  2. Jean Du Plessis 26 Januarie 2011 at 11:55 Permalink

    Ja Jaco, defnitief materialisme.

    As mens aankondig dat jy Orania toe gaan trek, dan is gewoonlik sewe uit die tien opmerkings negatief. Het selfs my vrou voor die tyd gewaarsku, maar sy moes dit maar self ondervind. Maar tog is dit beter as 2 jaar terug, toe dit 9/10 negatiewe terugvoering was. Feit bly staan, dat al hoe meer mense begin belang stel. Meer mense begin toekoms gerig dink. Baie wonder hoe dit in SA gaan lyk oor 10 jaar. Natuurlik vul mens die prentjie so ‘n effens in vir hulle :)

    Al wat dit kort, is dat een gesin van die familie of vriendekring Orania toe trek en dit kan basies ‘n ketting reaksie tot gevolg hê. Jy het altyd die voorlopers nodig.

    Verder dink ek die mense in RSA, ken nie Orania nie. Dit begin al beter word, maar min stel nog belang om bv. jul web tuiste te besoek. Meeste sit maar net terug en wag vir mondelingse terugvoering van iemand af en wil tog te graag “ek het mos vir jou gesê!” woorde gooi.

    ‘n Ander faktor is, beina almal dink mens het groot geld nodig om ‘n aandeel in Orania te bekom. Ek self stap nog die paadjie, maar mens sal uiteraard meer te wete wil kom, sonder om mense te pla.

    Wat korttermyn inkomste betref, kan mens baie maklik na ‘n paar dae in Orania vir mens self sekondêre en tersiêre geleenthede identifiseer. My gevoel is dat mense dink dat hul huidige salaris hul vir die toekoms gaan dra, maar eintlik is meeste mense net stelselmatig besig om te verarm in SA. Ek spaar eerder biedjie nou, knyp die luukser goedjies af en skep nuwe moontlikhede in ‘n plek wat volhoubaar vir my en my gesin sal wees.

    • Willem 27 Januarie 2011 at 15:34 Permalink

      Ek dink die grootse (eintlik die tweede grootse) euwel van ons tyd is “geld”. Ons hele lewe wentel daarom. Die feit dat ons toevallig daarmee kos ook koop is maar ‘n bysaak. Ongelukkig gaan ons nooit in die moderne tyd heeltemal daarvan kan wegkom nie. Daar is egter niks wat ons stop om nie soveel moontlik van ruilhandel gebruik te maak nie.

      Onthou ook net dat ons van geboorte af gebreinspoel word om te glo dat ons nie sonder al die goeters in ons lewe kan klaarkom nie. Hierdie programmering gaan maar baie moeilik verander word.

      Ek sou ook lankal ‘n plan gemaak het om soontoe te trek as die eiendoms pryse nie so hoog was nie. Dit help nie ek spandeer al my spaargeld op eiendom en het dan niks kapitaal oor vir ander dinge nie.

      • frits fourie 6 April 2013 at 05:55 Permalink

        dagse mense. eks op die oomblik een van die wat new zealand toe verkas het . na 12 jaar hier, kan ek die liefde vir my land nog steeds nie afskud nie.ek en my gesin wil bitter graag terug keer, en orania lyk vir ons na die beste opsie daar. als wat ons so ver gesien het en gelees het van orania, pas so reg in ons kraal. my grootste bekommernis is, sien geen eiendomme te huur nie,geen erwe te huur nie, my vraag is,moet mens dan wel af wees…..eiendom koop,besigheid begin?om jou daar te vestig….meskien mis ek inligting oor die gewone werkers klas afrikaner,wat daar woon,werk en huur. as daar dalk iemand is wat my op die regte spoor kan plaas sal ek dit baie waardeer. groetnis van melkplaas bestuurder uit new zealand.

      • Izak 28 Augustus 2013 at 13:08 Permalink

        Ek wou Orania toe maar het my vasgeloop teen ‘n paar dinge. Iets wat baie duidelikis, is dat Orania se “manne in beheer” geld soek, niks anders nie. Daar is ‘n paar manne wat ek die regters van Orania noem wat jou op die rooi tapyt plaas en sal oordeel op grond van een ding… jou finansiele status. Hulle stel nie belang in jou intellekruele eiendom as jy nie geld het nie en sal jou oordeel op grond daarvan. Dit is myns insiens onnosel verby.

        Wat meer is, daar is geen behuisings-infrastruktuur wat dit moontlik maak vir mense om soontoe te trek nie. Geen blyplek nie. Ek was in kontak met ‘n ene mnr du Plessis (nie ‘n baie vriendelike of oopkop kerel nie) ‘n week gelede wat se daar’s baie werk op die plase maar geen blyplek op die plase vir die wit werkers nie. Ekskuus? Het ek reg gehoor? Wat meer is, hulle laat jou nie toe om tydelik selfs in jou eie tent te woon nie.

        Vergeet maar om met die deur in die huis te val daar. Dis teenstrydig met Carel Boshoff se woorde (gaan kyk die 6 videos) waarin hy melding daarvan maak dat hulle baie verbaas was deur hoe min mense soontoe wou verhuis. Hallo Carel – daar is nie blyplek nie en julle skep nie eens tydelike moontlikhede nie. Hoe nou?

        Daar is talle mense regoor SA wat more Orania toe sal trek was dit nie vir die “manne in beheer” se eng “mindset” nie. Na al hierdie jare is daar iets soos 1000 inwoners in totaal (vrouens en kinders inkluis) maar dit dring nie deur tot die mense in Orania dat 1000 mense geen weerstand bied teen ‘n moontlike aanslag nie. Sal n ie gebeur nie? Dink weer ‘n slag. Wat het Julius Malemeas daar gaan doen – net nuuskierigheid? Moenie so onnosel wees nie. Hy het net 500 (of minder) gewapende manne nodig om Orania van die aardbol af te vee. En wie se hy beplan dit nie? Ken julle vir JM en sy trawante? Duidelik nie. Hy was nie op Orania om liefdesbande te gaan smee nie. Hy het planne, en hoe vinniger die “groot manne” van Orania wakker skrik uit hul pragtige drome van vrede, hoe beter gaan hulle ‘n kans het op oorlewing indien daar ‘n aanslag op Orania gaan wees.

        Julle het soveel blankes op Orania nodig as moontlik, en baie vinnig ook. Hou op om mense van buite wat julle van geen kant af ken nie, te oordeel. Skrik wakker!

        • Izak 28 Augustus 2013 at 13:10 Permalink

          Verskoon asb my spelfoute – ek het te vinnig getik.

          • andre venter 2 Oktober 2013 at 14:42 Permalink

            Ek stem saam izak ek probeer nou al hoe lank om enige navrae te kry rondom blyplek in orania,
            Ek sit ook met klein drie seuns wat ek in n ander tipe omgewing wil laat groei om afrikaans sterk te staan van kleins af .
            Maar as dit die geval is van bly plek dan lyk dit vir my dat als eers oor geld gaan en nie oor volk nie ,

          • thomas 4 Junie 2014 at 19:41 Permalink

            Izak ek stem heeltemal saam,dit is in opinie nie opreg Afrikaner nie nr1,ek het op ‘n skaap plaas grootgeword,het dit oorweeg om my huis te verkoop en grond daar aan te skaf en
            geleidelik op kleinskaal te begin boer,en omdat dit langs die
            Oranje gelee is kan mens gewasse aanplant en sodoende selfonderhoudend raak,maar ek sien op een van die plase of kleinhoewe te koop,los implimente is nie ingesluit nie omdat daardie artikels ingekoop moet word van wie,die manne met die monoppelie?As mens jou vee of groentes verkoop,wie beheer die verkoop en ontvang van kapitaal?Wie beheer jou lewenswyse daar.Klink vir my al te vol na ‘n Hitler storie,nee dankie ek is nog opsoek na Afrikaners

      • Elizma 7 Maart 2014 at 19:55 Permalink

        Wellem, ek stem saam met jou wat die eiendomme se pryse betref. Die meeste huise daar is basies gebou uit tydelike strukture en dit regverdig nie die pryse wat die eienaars dit teen verkoop nie. As dit n ekonomie gehad het wat uit sy nate bars, sou ek verstaan het.

        Dit is die eniste negatiewe punt wat ek persoonlik dink wat Orania verhinder om die volle potensiaal te bereik.

        Sodra ons n huis kry wat binne ons raamwerk val, word ons ook trotse inwoners van Orania.

      • Theo Jacobs 2 Julie 2014 at 09:01 Permalink

        Dit is juis hier waar die probleem lé, in orania kan jy nie n markverwante Selaris verwag nie maar word ver plig om markverwante pryse vir eiendom en dienste te betaal. Sodra orania hier die probleem suksesvol kan uitsorteer glo EK sal groei automaties verbeter.

        • Jaco Kleynhans 2 Julie 2014 at 10:47 Permalink

          Theo,

          Wat stel jy voor? Het jy ‘n spesifieke idee hoe ons die probleem vinniger kan oplos?

          Ek glo die beste manier is presies dit wat tans gedoen word: Vind meer privaat ontwikkelaars wat eiendom kan ontwikkel sodat daar ‘n hoër aanbod van eiendom kan wees. Tweedens: Maak van Orania ‘n plek waar entrepreneurs graag besigheid wil bedryf. So sal die ekonomie vinniger groei en sal salarisse ook met tyd toeneem.

          • Theo Jacobs 5 Julie 2014 at 09:29 Permalink

            EK stem Jaco. EK dink dit is van kardinale belang dat besighede op die been gebring word wat uitvoere doen ten einde (1) markverwante selarisse kan betaal (2) Orania se ekonomie kan versterk deur externe inkomste. Een idee bv is n vis plaas wat boer, slag, droog en uitvoer na lande waar gedroogde vis n stapel voedsel is.

  3. Ernie Langner 27 Januarie 2011 at 13:39 Permalink

    Bravo Jean! Ek hou van jou laaste stelling!
    Ek dink ook een van die grootste struikelblokke is die meerderheid Afrikaners se materialisme en verknogtheid aan semi-slawearbeid! Ons kan maar net die wegkom van ons 4X4’s, strandhuise en die alomteenwoordige ‘ousies’ (wat ons lui kinders se klere optel)nie! Dit gaan ‘n ongelooflike kopskuif verg om die meerderheid Afrikaners te oortuig om al daai ‘luukses’ te ruil vir vryheid deur selfwerksaamheid, ‘n kleiner inkomste (vir harder werk) en ‘n eenvoudiger bestaan. Dit bly net vir my eienaardig dat baie Afrikaners bereid is om in Oz te gaan swaarkry pleks van op Orania…

    • Chris Notnagel 7 Februarie 2011 at 11:48 Permalink

      Ek stem saam met die aanmerking dat baie SA’ners kom swaarkry in Oz. Ek en my gesin het 5 jaar gelede in Oz kom bly en dit het letterlik ons oe oopgemaak om te sien regtig hoe bederf ons was in SA. Hier in Oz het ek nie swart hulp nodig om die tuin in stand te hou, my kinders op te pas, die karre te was of die huis skoon te maak nie.
      Dit was vir ons in die begin moeilik om alles self te doen, maar ons het besef dat dit eintlik veronderstel is om so te wees, nie staat te maak op die ousies en tuinjonge nie. Die lewe is peperduur in Oz daar is baie mense wat maar finansieel swaar trek. Kyk maar net op die TV oor die onlangse vloede in Queensland hoe die gemiddelde huise lyk wat mense in bly. Suid Afrikaners kom Australie toe met die denke dat dit ‘n land van melk en heuning is, maar eintlik val jy finansieel en lewens standaard gewys – hulle se jy val, maar gelukkig op ‘n kussing. Daar is baie SA’ners wat hier in Oz kom leer hoe om hard te werk – kyk werk is hier baie, maar die lone is min. Omtrent elke SA familie wat ons ontmoet hou hulle maar so bietjie voor dat hulle nie swaar kry nie maar as jy eers dieper gesels dan begin jy hoor van bv. SA vrouens wat skoonmaakwerk doen by motelle om ‘n geldjie te verdien sodat hulle die pot aan die kook kan hou. Australie se ekonomie en bv huispryse is gerat vir ‘n dubbel inkomste, en as daar net een broodwinner is dan gaan dit maar swaar, al kry die een broodwinner ‘n groot salaris – die feit dat die ander een nie groot geld verdien nie trek die hele huishouding se lewensstyl onder. Daar is bv. baie SA’ners wat jare laas geld gehad het om te gaan uiteet. Ek vertel vir julle so bietjie van wat ons self gesien het aan hierdie kant en as jy dan dink aan Orania dan lyk dit al hoe meer aantreklik om die lewe in Oz te verruil – die belangrikste van als is nie luukshede nie maar om tussen jou eie te wees en jou eie taal en kultuur te kan geniet. Ek was bevoorreg om regoor Australie te reis en werk en het ‘n magdom kennis opgebou oor die lewe aan hierdie kant. Ek stel belang om ‘n boek te skryf oor die SA’ners se lewens in Oz, en wil vra of daar nie iemand is wat kundigheid het met die publikasie kant van skryf nie – boek skryf is iets wat ek nog nooit gedoen het nie, maar ek weet instinktief dat dit ‘n wenner sal wees. As iemand my wil kontak daaroor skakel my direk op +61 45 851 2079 (Mobile).

      Ek is beindruk deur die ywer en inisiatief wat in Orania ten toon gestel word en is trots om Afrikaner te wees.

      God se rykste seen oor my volksgenote – Eendrag Maak Mag

      Chris Notnagel

    • frits fourie 6 April 2013 at 06:01 Permalink

      dis nou so waar as vet!!12 jaar in nz…..weet waarvan ek praat.hier het ons kom leer om als self te doen. geen huis bediendes nie. hier is ons heeltemal ge rehab. van ons ou bederfde sa maniere. kolskoot my vriend!

  4. Swartskaap 29 Januarie 2011 at 12:39 Permalink

    Materialisme is die bakermat van kapitalisme wat die ekonomie laat groei en Afrikaners bemagtig! Wat julle sien as ʼn euwel is Orania se verlossing ,want op die einde van die dag gaan alles oor Rand en Sent! Ek kan nooit verstaan hoekom alles so bedruk moet wees met ons Afrikaners nie , dalk sien ek dit net van n ander kant en maak geen fout nie – Ek ondersteun die ideaal van Afrikaner vryheid en Orania ten volle , maar wat is fout met duur karre , groot huis met lapas , mooi restaurante, rugby stadions , groen en ruig parke , groot Staats geboue, duur monumente en ryk voorstede met gholfbane ? -Niks nie! Orania kan dit mos ook hê en nog baie meer! Ons is nie donderse kommuniste nie – alhoewel daar n klein plek is vir sosialisme in sekere staats instansies is…
    Ons ekonomiese vooruitstrewendheid loop hand en hand met ons kulturele vryheid!

    • Ben le Roux 29 Januarie 2011 at 15:16 Permalink

      Niks fout met materiele welvaart nie maar dit moet nie maak dat ons fokus verloor nie! Die bou van ‘n volkstaat het onder andere as voorvereiste dat daar materiele opofferings gemaak sal moet word.Voordat daar in ‘n huis gebly kan word moet dit eers gebou word en terwyl ons dit bou moet die garage solank as woonstel dien.Die voordele van die groot huis le nog voor.Maw ons kan nie oes voordat ons gesaai het nie. Dit word ongelukkig nog nie ten volle besef nie!

    • Jaco Kleynhans 30 Januarie 2011 at 12:37 Permalink

      Swartskaap,
      Niks fout met kapitalisme en ‘n strewe na meer van die materiële nie. Orania sal nooit vooruitgaan as inwoners nie na meer gaan strewe nie! Daar is egter ‘n groot verskil tussen so ‘n strewe en ‘n lewe waar die materiële jou eerste en oorheersende prioriteit geraak het en dinge soos identiteit, geloof, ens nie meer relevant is nie. Ek sien baie Afrikaners op hierdie verkeerde baan.

    • Thys Basson 7 November 2012 at 19:09 Permalink

      Baba Swartskaap, het jy baie wol…..
      Ek stem 100% met swartskaap saam. Orania moet strewe om ‘n eerstewêreld vooruitstrewende Afrikanerstad te word.

      Die vraag is hoe om dit binne die RSA se beperkings reg te kry. Interessant genoeg, lyk dit vir my asof volkseie arbeid en selfwerksaamheid al hoe aktueler sake word. Kyk maar na die stakings en nou weer die polaaswerkeropstand in De Doorns.

      Suid-Afrika is op valse sekuriteit gebou. Die kaarthuis is besig om ineen te stort. Die toestand in die land dwing ons eintlik om te kyk na ons eie antwoorde vir ons behoeftes. Elektrisiteitsverkaffing, arbeid, veiligheid, onderwys, mediese dienste ensovoorts.

      Orania is die basis waarvandaan Afrikanerselfstandigheid kan groei en waarons die vaardighede leer en kundigheid opbou om onsself ondermoeilike omstandighede te kan handhaaf. Daar is Orania besig met baanbrekerswerk wat relevant is vir elke vryheidsliewende Afrikaner sowel as Suid-Afrikaners.

      Orania moet homself posisioneer as ‘n oplossinggedrewe gemeenskap. Nuwe projekte is natuurlik ook nodig om die dorp te laat groei, en ons Afrikaners op ander plekke kan juis ‘n rol hierin speel. Almal het nie die kapitaal om hulle eie ondernemings te skep nie, en daarom moet meeste van ons maar bly waar ons ‘n werk het.

      Maar met tyd en die regte ontwikkeling sal meer mense hulleself op Orania kan kom vestig. Stellenbosch het bv 15 000 studente! Dit wys jou wat die impak van ‘n universiteit kan wees. Wat van kragstasies op Orania, windlaaiers, sonkragpanele, biodiesel ens. Miskien kan Orania eendag sy elektrisiteit aan Eskom verkoop, dan is die skoen mos behoorlik aan die ander voet…

      Dit gaan moeilik wees om die dorp te laat groei, maar dit is nie onmoontlik nie. Ek dink ook dat ons erens ‘n informele nedersetting of iets vir arm Afrikaners ook moet stig, miskien kan Orania ‘n model uitdink wat die behuisingsprobleem vir armes kan aanspreek. Dan groei sy stemkrag sodat hy maklik die omliggende munisipale verkiesing kan wen, sodoende kry hy meer middele tot sy beskikking om groter projekte aan te pak.

      Orania gee vir ons hoop, ek wil hê sy vuurtjie moet sterker en sterker brand…

      • Danie Smit 11 November 2012 at 04:20 Permalink

        Daar is groot gevaar om ‘n munisipale verkiesing te wen en instrimenteel te wees aan die ontwikkeling van die gebied buite Orania se aandele blok grense. was dit nie maar de Doorns se ondergang nie? Ontwikkeling lyk na welvaart,en plakkers van regoor SA sak op jou toe, Soos nou in die weskaap die ekonomiese, medies en opvoedkundige vlugtelinge van die Ooskaap oorstreoom die weskaap, en plaas groot druk op die wWeskaap, se diens verskaffing Neem deel aan hopetown se verkiesing, wen dit ook, maar moet nie vinnig groei, veral nie met sentrale regering geld nie, dan soek hulle weer iets van jou.

        • Jaco Kleynhans 12 November 2012 at 13:56 Permalink

          Gelukkig is Orania nog ver daar vandaan om suksesvol te lyk!

      • Karen Smit 5 November 2014 at 14:22 Permalink

        As jy 6jaar lank soek vir werk en jou cv 200keer pm stuur en jou vrou kannie werk nie (gestrem) dan bars jy. Kies tussen toilet papier of pms doekies. Kies tussen margirien of suiker. Dit raak so erg jy kan naderhand nie meer fax ansoeke stuur. Jy loop met jou enigste hem en broek onderhou toe en hoop hul kom nie agter dis oud ongestryk. Jy staar jou kinders in die gesig en sien hoe hulle verhonger. Ek kan n boek skryf. Jy gebruik later swart kombi taxis om by die hospitaal te kom.Intussen sorg ek nog vir kinders wat nie werk kry nie. Toe kry my man werk deur n kerkkennis. Ons kan basiese koop. Ek bestudeur Orania en wil weet hoe gemaak om daar te vestig. Om weer mens te wees. Hulle se hul help die wat nie”het” nie.Ek is moeg vir polities korrek wees. Ek wil n bestaan maak en weet dis ek, my hande werk. Ek was n bestuurder by Checkers en rug opgeneuk. Kan ek as ek so diep
        Blacklisted is n kans gegee word. My man se ondervinding in die toerisme bedryf is wyd. Ons kar loop nou eers na twee jaar se staan. Sal ons goegekeur word. Ons is arm maar sterk in geloof om die laaste ses jaar te oorleef. Moet ons grond koop. Sou graag wou. Ek lees goed en sleg oor Orania maar ek wil graag in die toekoms daar vestig. Hoe gemaak?

        • Jaco Kleynhans 5 November 2014 at 14:34 Permalink

          Goeiedag,

          Die beste is om Orania te kom besoek en self te kyk watter geleenthede hier is. Stuur ook gerus alle vrae oor Orania na inligting@orania.co.za dan stuur ons vir u volledige inligting.

      • Hein Rutgers 7 April 2016 at 13:29 Permalink

        Goeie dag mense

        Ek werk al n paar jaar al op n plan om ons mense saam te bring op een plek en saam die volk te stig wat ons wil he.

        As julle van my plan wil hoor en bespreek epos my asb.

        hain_rutgers@yahoo.co.uk

    • Izak 28 Augustus 2013 at 13:17 Permalink

      Swartskaap – jou mooi bakkie, al jou mooi aardse goedjies en vet bankrekening kan nie lojaliteit en getrouheid van ‘n rasegte Afrikaner soos ek koop nie. Wanneer alle hel losbrand in SA gaan ek nie aan jou sy veg nie want die eerste ding wat jy gaan doen is om jou aardse goed te wil beskerm waarin ek geen belang kan he nie.

      Die Afrikaner het inherent goddeloos en sleg geword met sy vet bank rekeninge. Sy geld en sy aardse besittings het sy god geword. Dis hoekom sy grootste vyand vandag die land regeer en besig is om wittes af te maai. Skrik wakker mense.

  5. Swartskaap 30 Januarie 2011 at 21:48 Permalink

    Hi Jaco,
    Ek het toevallig jou gesprek op Solidariteit se blog raak gelees aangaande landbou in Orania. Ek verstaan die hele strategie vir die uitlegging van die Volkstaat wat strek van Orania tot die weskus omdat die populasie laer is in die area en die voordeel van ʼn kus sal kan geniet , maar behalwe vir Saldanha is daar ander natuurlike hawes in die weskus wat dalk eendag kan deel vorm van die volkstaat? n ander idee wat ek aan julle wil stel is dat die Vrystaat die tweede laagste populasie in Suid-Afrika het hoekom nie dalk die Volkstaat vergroot na ʼn gedeelte van die Vrystaat wat meer landbou grond het nie? Dalk in die ver toekoms as Orania en die Volkstaat welvarend genoeg is kan ons Bloemfontein bekom om die nuut en Oud te meng vir ʼn nuwe begin! Ek het al baie navorsing gedoen en enige iets is moontlik.. wat dink julle?

  6. Jan Wessels (UITEINDELIK KENNIS GEMAAK) 7 Februarie 2011 at 11:10 Permalink

    Ek en my vrou het Orania besoek. Ons besoek was werklik ervaar as ‘n tragedie. Ek is werksaam by ‘n Munisipaliteit in Vereeniging. Tydens ons besoek was daar anderskleuriges wat Orania besoek het en die lang grasse en onnet areas verfilm het. Daar kan vele redes wees waarom ons die besoek negatief ervaar het. Miskien was ons verwagting grrot, en dus dalk die rede. Maar nie te min.
    Ek self sal more skuif na Orania, maar ek twyfel of my vrou wel sal saamkom.
    Ons beide is lojale hard werkende afrikaners. Ons is albei naby aftrede. Ons het al Eropa besoek en spesifiek verneem van die Belge en hulle standaards.
    In kort dink ek dat Iemand op bustand moet wees as enige een Orania wil besoek. Daar moet ‘n advertensie op gesit word wat se – NIEMAND VERLAAT ORANIA NIE AS SULKES NIE “N KOPIE KOFIE GEDRINK HET SAAM MET BESTUUR NIE”
    My volgende voorstel sou wees om ‘n komitee saam te stel wat ‘n koste studie sal saamstel om ‘n model saam te stel van byvoorbeeld :
    Wat dit kos vir ‘n paartjie om daar te kom aftree met verskeie pakette naamlik:
    1) Eie perseel aankoop en eenvoudig te bou
    2) ‘n huis koop en daar gaan woon
    3) Die aftree oord

    Hierdie studie moet breedvoerig aandui wat die kofie/kruideniers ware kos, bou koste ens.
    Dit sal dan die moeite werd wees om so iets te gebruik om dan die aftree oorde se manne te werf om by Orania te gaan aftree

    Met ons besoek en ervaring wat so onpersoonlik was het ek destyds gewonder, wat kan ek doen om die situasie te verander, en daarom dan het ek die minste gedoen en my maandelikse aftrek order te magtig, maar die vorige skrywes is n bewys dat daar sal meer gedoen moet word.
    Al moet daar ‘n volgende kampanje plaasvind wat busse aanry en mense verblyf gee sodat hulle ingeligte besluite kan neem
    Kyk maar hoe van die vakansie bemarkings plaasvind. Byvoorbeeld kry iemand om ‘n Orania besoeker se minimum koste te sponser (Verbluf – Bed en ontbyt gratis) maar jy moet ten minste ‘n 4 uur lesing en rondwys deurloop.
    Iets soos dit wat ek voorstel.
    In Belgie het die munisipaliteit elke eienaar toegelaat om 2x hoenders aan te hou wat die afval eet en so dus afval verwydering vereenvoudig.
    ‘n ander saak is dat daar sekere belasting toegewings gemaak word aan hulle wat hul besigheid bedryf (Woon op die bo vertrek van die besigheid) en sodoende minder op die paaie mhoef te reis – so spaar de paaie.
    Hulle kultuur is fietsry, al hierdie dinge kan aan gedink word.
    Ek sal graag by Orania wil aftree, maar ek wil nie daar gaan woon sodat ek voel ek moet my alles inkort sodat ons die plek kan opbou nie, nee daar moet ‘n belans wees

    Vir interesantheid mag ek dalk weet wat kos die erwe, wat kos die elektriese krag vir so 2 mense en watter ander belastin ookm dalk nog betaal moet word?

    Dankie vir die geleentheid om te kan skryf en so ook my hart kan uitpraat, al het dit so lank geneem

    Mag God met julle wees

    Jan Wessels

    • ERNA FEST 7 Februarie 2011 at 13:13 Permalink

      MENEER, OM TROTS AFRIKAANS TE WEES BETEKEN JY SAL MAAR MOET ‘N BIETJIE GAAN WERK AAN JOU SPELLING. DIT IRRITEER MY GRENSLOOS AS MENSE ‘N EIER WIL Lê MAAR NIE EERS KAN REGKOM MET SY EIE TAAL NIE.

      DUITSE NAMIBIESE GROETE

      • Ruben Rens 8 Februarie 2011 at 17:58 Permalink

        Hoor! Hoor! Ek kan nie glo hoe die mense deesdae spel nie! Dit is skrikwekkend! Dan praat ons nie van `n tikfout hier en daar nie!

        • Lance 30 Junie 2013 at 21:24 Permalink

          Ek het by verskeie geleenthede, in die verlede al mense gemaan om na hulle spelling te kyk, en die oorgrote meerderheid, sal jou eerder aanval “dit is nie ‘n spel toets nie, ondersteun eerder die mense as om hulle te kritiseer, ensovoorts, ensovoorts! Niks anders as iemand wat ‘n paar oorvee met ‘n Deutz “diff” kort nie… (“ewenaar” vd res)

          Ek maak soms ook “vingerfoute, tik ook soms ‘n letter “mis”, verstaan selfoon taal meer as die meeste mense (jare in die rekenaar bedryf, een van vele “talente”) en voel, dat as jy dut, i.p.v dit wil spel, en klyntjie i.p.v kleintjie, moet jy nie jou onnoselheid wil wegsteek, en nie jou foute kan erken nie! As jy minder ge”jol” het, gesit en geleer het, trots op jou witvel en taal geha(t) het, sou jy aanvaar het dat die korrekte keuse, die strewe na “verbeter jou standaarde waar jy kan” sou gewees het, en nie slapgatheid nie.. M.a.w.: word wakker en kry “grip” in die lewe…

          In alle vorme van elektroniese kommunikasie, word die gebruik van konstante HOOFLETTERS gesien as SKREEU!!! Dit net so min aanvaarbaar as mense wat swak spelling wil “reg praat”… (En moet nou nie die verskoning gebruik van maar hulle kan ‘n spel probleem hê..) Disleksie, is iets heeltemal anders.

    • John Strydom 8 Februarie 2011 at 07:17 Permalink

      Beste Jan

      Jou kommentaar hieronder word waardeer en ek wil graag ‘n bietjie tyd daaraan spandeer.

      Dit is gereeld so dat mense se verwagtinge groter is as die realiteite. Ek wonder of dit nie is omdat ons al 350 jaar werk aan Suid Afrika en weet wat ons bereik het nie, en nog steeds verwag dat Orania “groter” moet wees nie? Mense voel hartseer oor die land en wil hê dit moet hier beter wees.

      Die waarheid is tweeledig: ons moes letterlik voor begin, en ons is maar 20 jaar oud. Ons kon nie die ou RSA net hierheen verplaas en verder bou nie: ons moes nuut begin met ‘n HEEL NUWE filosofie. Hierdie filosofie se naam is “eie arbeid” en die enormiteit hiervan besef mens eers na ‘n hele tyd van eie belewenis. Dalk is dit die rede vir die “lang gras”? Dalk ook jou vrou se vrees? Glo my as ek sê dat selfs mense wat buite “hard werk” of “self werk” nie verstaan hoe VOLLEDIGE selfwerksaamheid die samelewing raak nie (positief en negatief).

      Wat jou volgende (uitstekende) voorstelle betref: ons doen reeds heelwat daarvan. Ons bied gratis toere aan besoekers waartydens ons die idee, implikasies, politiek en praktyk van Orania verduidelik en uitwys. As julle besoek “onpersoonlik” verloop het, verneem ek graag besonderhede omdat ons moeite doen om dit anders te maak.

      Die idee van hoenders vir afval vind byval: by ons mag mense hoenders aanhou as hulle nie lastig is nie (stink of raas), en ons gebruik ‘n sisteem wat Linda Woodrow ontwerp het waar hoenders onkruid beheer, ploeg, bemes en insekte beheer: haar boek is uiters interessant!

      Ook die gedagtes oor gemengde gebruike is in die kol: ons stadsbeplanner het dit reeds in ons beplanning ingeskryf. Ook ander idees soos vullissortering, sonwaterverwarming en alternatiewe rioolstelsels werk REEDS in Orania!

      Daar is tans drie verskillende aftree-ontwikkelings in Orania: twee het reeds afgeskop en een is in finale beplanning: sodoende glo ons dat honderde aktiewe afgetredenes ‘n massiewe inspuiting sal beteken!

      Mnr Wessels: ek vertrou dat u betrokke sal bly: selfs al woon u nie hier nie. As ons hier ‘n toekoms wil skep sal EK EN U dit moet doen! Ek sien u graag weer hier vir die toer wat u waarskynlik laas misgeloop het!

      John Strydom

      • Danie Smit 11 November 2012 at 04:48 Permalink

        Is die verwagting dat Orania , groter moet wees en beter fasiliteite moet he, nie maar net ‘n voorspoed toewensing vir Orania nie? Kritiek is nie noodwendig negatief nie, kyk eerder na kritiek, evalueer dit, veral as jy in Orania bly sal jy baie beter oor die geldigheid van of die lesse in kritiek kan besluit. Moontlik kan dit wat met die eerste oog opslag gelyk het na kritiek, wel ‘n bydrae lewer tot sneller groei en ontwikkeling. Orania, wat homself al sonder twyfel bewys het, ry maar net deur ‘n paar karoo en Noord Kaap dorpe.

  7. Jan Greeff 7 Februarie 2011 at 11:41 Permalink

    Materialisme en vrees het aanleiding gegee tot die oorgawe van Suid-Afrika aan die kortsigtige massas wat nou alles vernietig. Materialisme en vrees spruit uit selfsug – die teenoorgestelde van liefde en die domein van Satan.

    Sogenaamde Afrikaners wat deur materialisme en vrees gedryf word behoort nie in Orania welkom te wees nie al wil hulle daarheen gaan. Hulle sal net die fondasie vorm van die volgende oorgawe.

    Ons begeerte om daar te gaan aftree word bemoeilik deur die feit dat ons dan baie min van ons kinders en kleinkinders sal sien – hulle omstandighede is sodanig dat hulle bykans nooit op Orania sal kan kom nie. Ons vertrou dat dit sal verander maar berus by die leiding van ons Here en Verlosser vir wat moet gebeur.

  8. Louis 7 Februarie 2011 at 12:50 Permalink

    Almal ken sekerlik die Engelse spreekwoord: “It takes money to make money”. Hierdie spreekwoord is oral in hierdie wye wêreld van toepassing.

    Dit is al letterlik jare lank by my ‘n innige en brandende begeerte om ons gesin permanent in Orania te kan vestig.En hierdie begeerte word elke dag aangevuur as ek na my twee pragtige jong kinders kyk en aan hulle toekoms dink. Enige normale ouer verkies tog dat sy kinders in ‘n skoon, veilige, standvastige en kultureel-en-Godsdiens aanvaarbare omgewing soos Orania grootword om ‘n goeie grondslag van ewige waarde te hê.

    Maar almal wat die siening van “Sou ek Orania toe wou trek – watter besigheidsgeleenthede is daar nog beskikbaar?” huldig moet net asseblief die volgende probeer onthou:
    Daar is gewone, eerlike en hardwerkende mense soos ons wat nie die kapitaal of kennis het om ‘n vinnig ‘n suksesvolle entrepreneur te word nie. Ek het jare se ondervinding in ‘n beroep wat net in ‘n voedsel verwante omgewing gebruik sal kan word (kwaliteitsbeheer).Indien ek dus (met geld wat uit die lug moet val) iets heeltemal anders in Orania op die been sou kon bring, dit sou beteken dat my gebrek aan verwante kennis sou veroorsaak dat ek jare langer gaan sukkel om op peil te kom omdat al my kennis op ‘n ander gebied lê.

    En nee, ons het nie ‘n luukse voertuig, 4×4, Plasma TV ens. nie. Ons huur tans ‘n huis soos baie ander normale mense, en moet soos duisende ander mense spaarsamig werk om elke maand al die stygende verpligtinge na te kan kom en net normaal te kan lewe.

    En voor iemand vra – ja, my CV lê al meer as ‘n jaar in Orania waar ek ook al aktief werk gesoek het. Ek het nie gesoek na ‘n werk met goeie bevorderings moontlikhede nie. Nee. ENIGE werk wat net genoeg inkoste sal genereer om ons aan die lewe te hou – sonder luukshede. Want my belange was nog altyd by lewens kwaliteit van ons gesin.

    Moet dus nie so fel wees in julle oordeel en sinspeel daarop dat almal van ons gemaklikheidshalwe verkies om nie by julle aan te sluit nie. Indien ons dit enigsins kon beskostig om vir ‘n jaar of wat die mas te kon opkom sonder ‘n vaste inkomste om die huidige finansiële verpligtinge te kon nakom, sou ons dit lankal gedoen het.

    Jaco, dit is ‘n gesonde besigheids strategie om mense na Orania te wil lok en hiermee meer kapitaal en algemene investering te wil genereer. Maar ek stel voor dat jy/julle meer konsentreer op gevestigde maatskappye wat wil uitbrei of hervestig deur aan hulle al die voordele van Orania uit te lig (en daar is baie). Hierdie maatskappye sal tog dadelik werkskepping en groei teweegbring?

    Eers dan sal die “normale” werkers soos ons kan kom, wat verdere groei teweeg sal bring. Almal kan nie net eienaars van besighede wees nie, want wie gaan al die werk doen? As julle optimaal wil groei, hou met respek asseblief op om salaristrekkers wat ‘n opregte hunkering het om te hervestig te marginaliseer deur ons te laat voel dat gewilliges aan julle alles skuld vir die voorreg om daar te kan woon. Hierdie saak is heeltemal 50/50, want julle is afhanklik van ELKEEN wat sy hoed daar ophang. Selfs gewone mense soos ek.

    • Jaco Kleynhans 7 Februarie 2011 at 13:17 Permalink

      Louis,
      Ek verstaan jou uitgangspunt heeltemal en ek besef dat daar ongelukkig nog baie Afrikaners is wat nie maklik na Orania sal kan verhuis nie, maar soos wat Orania groei sal dit al hoe makliker word. Intussen moet almal van ons saamwerk om daardie entrepreneurs hier te kry!
      Groete,
      Jaco

    • Rudolf Herbst 9 Februarie 2011 at 14:42 Permalink

      Beste Louis,

      Ek het absolute begrip vir jou situasie en frustrasie, maar….

      Kom ons kyk of wat ek gedoen het, met God se hulp, kan help.

      Jou en menigte ander Afrikaners hunker daarna om in Orania te gaan woon en te help met die uitbou daarvan asook die voordeel wat dit inhou vir ons nageslagte soos jy uitgewys het.

      My antwoord: TREKARBEIDERS

      Dit is verseker nie die ideaalste situasie wat daar is om as trekarbeider te funksioneer nie, (mis vroulief en die kinders baie), maar die wete dat jy finansieël ‘n bydrae lewer en die voorreg wat jou nageslag het om volkseie onderig te ontvang in ons Moedertaal, maak dit beslis die moeite werd.

      Na my en my gesin se eerste besoek aan Orania het ons voor presies al die uitdagings te staan gekom as wat jy tans opper. Nogtans het ons nie ophou glo en hoop dat daar wel’n uitkoms sou kom nie, wat toe ook gebeur het.

      Daar was ‘n huurhuis beskikbaar en ons het onmiddelik met die eienaar in verbinding getree en was sommer in ‘n japtrap inwoners van Orania.

      Dink nou vir jouself as nog net 2000 gesinne soos ek die besluit neem om trekarbeiders te word, terwyl hulle hul gesinne solank Orania toe verskuif, wat dit nie vir die Orania ekonomie gaan doen nie.

      Die boukontrakteurs op Orania en moontlike eiendoms ontwikkelaars sal nie weet waar om grond te vat om behuising vir slegs 500 gesinne beskikbaar te stel nie, wat nog 2000.

      Nie net sal so ‘n populasie ontploffing en te stimulering van Orania se ekonomie deur broodnodige “buitelandse valuta” ons in staat stel om nog meer behuising te bou nie, maar eersdaags sit ons dan ook in ‘n posisie om nog ‘n groeipunt, gebou op die Orania model, te laat realiseer.

      Dink net aan al die besigheidsgeleenthede wat die nuwe inwoners as gevolg van vraag en aanbod sal laat ontstaan. Voor jy weet is daar nog bouspanne, elektrisiëns, dokters, munisipale werkers, klerewinkels, vermaaklikheids dienste, voedsel prosesserings aanlegte, en noem dit maar op, in Orania nodig.

      Manne/Vroue wat dan trekarbeiders word kan saamry klubs stig en so dit meer bekostigbaar vir almal maak om ten minste 1 en self 2 of 3 keer per maand na die res van die gesin in Orania te kan gaan vir ‘n naweek. (Daar is reeds heelwat wat die trekarbeider beleid volg, van die manne werk selfs in China)

      Wanneer jy dan eers in Orania gevestig is sal jy duidelik kan sien dat die mark in Orania nogal totaal en al oop is vir enige iemand om ‘n besigheidsgeleentheid te identifiseer en dan te laat realiseer. Daar moet net in gedagte gehou word dat watter inisiatief ookal aangepak gaan word nie noodwendig onmiddelik winsgewend gaan wees nie, maar as mens dit so kan bestuur dat daar 1 of meer werksgeleenthede vir huidige en potensiële Orania inwoners geskep kan word met minimum winsgrense of self net om die boeke te laat balanseer is die stryd reeds halfpad gewen. Wat ookal aangepak word is dan ook met die oogmerk op toekomstige volhoubaarheid en om dan geleenthede te skep wat wel winsgewend en lewensonderhoudend vir die volgende generasie Oraniërs sal wees.

      Vir nou stel ek voor dat uitwoners, wat tans geen weg sien om op Orania te vestig nie, lidmaatskap opneem van die Orania Beweging en sommer ook vir hulle ‘n bankrekening open by Orania Spaar en Krediet waar hulle nou reeds kan belê, (aandele koop en spaar), en dan so vir hul nageslag die geleentheid bied om dan oor 10 of 20 jaar daar te kan vestig. (Dalk gouer…)

      Dit is ‘n feit dat hierdie ‘n gemeenskaplike projek vir alle Afrikaners deur alle Afrikaners is en dan ook moet wees. Orania het elke Afrikaner wat ernstig is oor sy/haar en hul nageslagte se VRYHEID en selfbeskikking se hulp nodig. Hoe gering dit ookal mag wees.

      Met pennies en sjielings het ons voorouers van Suid-Afrika die magtigste land in Afrika en een van die magtigste in die wêreld gemaak, as ons wil praat van Rand en sent. Vandag moet ons ieder en elk ook bereid wees om dit te doen. Al pluk ons nie in ons leeftyd die vrugte nie, maar die wete dat ons help deur lidmaatskap van die Orania Beweging en selfs net deur op voetsoolvlak Volksgenote in te lig, is alreeds vir my ‘n bewys dat ons soos voorheen aanstons weer gaan opstaan as die magtige Afrikaner Volk van Afrika.

      Boeregroete vir jou en ek glo jou gesindheid sal positief wees in die toekoms as Ambassadeer vir Orania.

    • Karen Smit 5 November 2014 at 14:51 Permalink

      Louis
      U kommentaar was uitstekend. Presies wat ek wou se of bedoel net meer intelligent bewoord. Ek is lewensmoeg van swaarkry. Ons is baie dankbaar aan God dat my man werk gekry het. Na 7 maande kan ek dit nog steeds nie glo nie. Ons lewe ver onder die broodlyn. Ek wil graag orania as aftree “hoop” koester maar helaasgeld en alles wat dit bring ontbreek in ons lewe. God se ganade os alles. Oor spelling wat ander oor kerm: ek het n probleem en julle laat mens skaamkry. Niemand is per (vf)ek nie.

  9. ERNA FEST 7 Februarie 2011 at 13:32 Permalink

    LOUIS

    BETER AS DIT KON JY DIT NIE STEL NIE! ORANIA IS NET VIR MENSE WAT GELD HET. GEWONE MENSE SOOS JY SAL NIE DIE MAS KAN OPKOM NIE. AS JY WEL ‘N WERK DAAR KAN KRY SAL DIT HEEL WAARSKYNLIK TEEN ‘N HONGERLOON WEES. JULLE SAL WAARSKYNLIK VAN MAAND TOT MAAND KAN OORLEEF, MAAR JY SAL BESLIS NIE KAN GELD WEGSIT VIR JOU OUDAG NIE. JY SAL MOET AANHOU WERK VIR DIE RES VAN JOU LEWE OF ORANIA VERLAAT.

    EK DAAG ORANIA UIT OM VIR MY(ONS) DIE TEENDEEL TE BEWYS.

    • Jaco Kleynhans 7 Februarie 2011 at 13:49 Permalink

      Beste Erna,
      Jy hoef ons nie uit te daag nie. Ons besef hierdie uitdaging al vir lank. Jy moet egter eers vra: Wie is Orania? Mense sê malik: Orania moet of Orania kan nie of Ek daag Orania uit, maar Orania is net die somtotaal van sy inwoners en ondersteuners. Daar is nie erens iemand of ‘n instelling met baie geld wat toutjies trek om goed te laat gebeur nie. Ek kan jou belowe dat as ek dit makliker kon laat gebeur dat mense uit die middelklas hier hervestig en goeie salarisse kry, dan sou ek dit doen, maar daarvoor het jy groot werkgewers en industrieë nodig, iets wat ons nog maar mee begin.
      Jy is egter verkeerd indien jy dink dat Orania net vir rykmense is. Om die waarheid te sê wens ek soms meer rykmense wil Orania toe trek omdat dit meer geld hierheen sal bring. Orania bestaan hoofsaaklik uit middelklas entrepreneurs, werkersklas Afrikaners en afgetredenes. Hier is enkele rykmense, maar heeltemal te min om ons ekonomie sodanig uit te bou dat hier meer beter betalende poste beskikbaar kan wees.
      Ons werk dus hard aan hierdie uitdaging en hopelik sal hier oor ‘n paar jaar baie meer poste beskikbaar wees. Intussen is dit sonder twyfel makliker om as entrepreneur hierheen te skuif as iemand wat ‘n middelklaswerk soek.
      Ek hoop jy gaan help om hiervan ‘n sukses te maak!

      Groete,
      Jaco

      • ERNA FEST 8 Februarie 2011 at 06:26 Permalink

        GOEIEMORE JACO EN ORANIA

        EK WENS EK KON JULLE HELP OM ‘N SUKSES TE MAAK.
        LOGIKA Sê NET VIR MY DAT ENIGE PERSOON WAT ‘N SUKSESVOLLE BESIGHEID WIL BEGIN KYK NA DIE HOEVEELHEID VOETE WAT IN DIE ARIA IS. JY EN EK WEET DAT IN ORANIA DIT ONGELUKKIG NIE DIE GEVAL IS NIE. WERKSKEPPING KAN DALK HELP OM MEER MENSE TE LOK WAT DAN WEER
        KAN HELP OM DIE NUWE BESIGHEDE TE ONDERSTEUN.

        ORANIA IS ‘N HARTSAAK. LOUIS EN SY FAMILIE SE BEGINSELS EN WAARDES IS WAT ORANIA NODIG HET. GEE HULLE ‘N KANS!

        EK WOON IN NAMIBIA EN RUIL DIT VIR NIKS OP AARDE NIE. HIER IS OOK AF EN TOE GEWELD EN DIS OOK NIE ALTYD MAANSKYN EN ROSE NIE. DIE REGERING MAAK MENS OOK AF EN TOE VIES, VERAL DIE KORUSPSIE WAT KLAARBLYKLIK NOOIT UITGEROEI SAL WORD NIE. BAIE BLANKES HET MAAR HULLE EIE BESIGHEDE BEGIN NA DIE REGSTELLENDE AKSIES EN DIT GAAN MEESTAL GOED. ONS IS GESEëND EN BAIE DANKBAAR DAAROOR.

        EK WENS JULLE ALLE SUKSES TOE EN LEES GRAAG JULLE NUUSBRIEFIES. AS ORANIA NIE SO VER WAS NIE WAS EK LANKAL ‘N BESOEKER DAAR.

        GROETNIS UIT ‘N SOPNAT NAMIBIA
        ERNA

        • Riaan V 27 Februarie 2011 at 11:58 Permalink

          Hoofletters ERNA, jy het hierbo op iemand gespring oor spelling, klippe in glashuise???? Aria is iets wat in operas gesing word, Namibia is Engels ens. Skreeu op ander(hoofletters) is ook nie mooi/beskaafd nie

    • Louis 7 Februarie 2011 at 14:10 Permalink

      Dankie Erna!

      Weet jy, ek sal tevrede wees daarmee om van maand tot maand in Orania te kan oorleef. Of om te werk tot op my oudste van oudae. Vir my is die belangrikste ding nie my en my vrou se weelde of welvaart nie, maar uit en uit my kinders se opvoeding en veiligheid.

      Ons sal met die absoluut minste kan klaarkom, solank die kinders net in die beste moontlike omgewing is in hulle vormingsjare. In die “wêreld hier buite” Orania word hulle heeltemal te gou van hulle onskuld beroof al probeer ons as ouers ons bes. DIT is hoekom ek myself oor ‘n mik sal werk as hande arbeider of wat ookal, solank my kinders die baat vind daarby. Ongelukkig is daar klaarblyklik tans in Orania geen moontlikhede vir iemand wat nie geld het nie. Dit is ongelooflik jammer.

      Dit is soos wat Jaco hierbo sê – almal moet ook help om die entrepreneurs daar te kry. En ek HET al met verskeie besigheidsmense gesels, maar hulle dink regtig dat’n mens ‘n grap maak. In hul koppe het hulle seker ‘n idee van ‘n ossewa en Voortrekker kappies. Sodra ons die resep het om dit vir bestaande besighede baie aanloklik te maak om te belê in Orania deur middel van byvoorbeeld minimale huur op besigheidserwe en massiewe munisipale kortings op water en elektrisiteit, gaan dit te stadig na ons sin gaan.

      Ek dink as Orania dalk ‘n spesifieke persoon, kom ons noem dit maar bemarker, op die pad kan sit wat geidentifiseerde besighede buite Orania kan gaan sien met konkrete en aanloklike aanbiedinge, is daar hopelik binnekort baie werksgeleenthede daar. Dit kan nie te gou gebeur nie.

      Dalk bestaan daar al so iemand? Wat ookal die geval mag wees, ek hoop vir net voorspoed in Orania wat tot ons almal se voordeel sal strek in die lang termyn.

    • Izak 28 Augustus 2013 at 13:24 Permalink

      100% In die kol Erna!

  10. Henk Celliers 7 Februarie 2011 at 13:49 Permalink

    Hallo Jaco,Orania is vir my n ogelooflike konsep,ek was aangenaam verras toe ek so tweejaar gelede die eerstekeer daar aangedoen het,my probleem is egter dat ek nie 42jr se besigheid en belange net so kan stop en verkoop nie. Ek poog egter om stelselmatig my los te wikkel en tog eendag my daar te kom vestig,sterkte met julle pogings, ek dinktog dat daar besigheids geleenthede is bv. n brandstof verspreidings depo vir daardie hele area,n inbelsentrum,waar lokaliteit nie van belang is nie ens.ens. Sien julle in April met die skou
    Groete Henk

    • Jaco Kleynhans 7 Februarie 2011 at 13:51 Permalink

      Beste Henk,
      Jou ervaring is ook dié van duisende ander Afrikaners. Ek glo egter die wal gaan een of ander tyd figuurlik gesproke begin breek en dan sal dit vir baie mense makliker raak kom hierheen te verhuis.

      Groete,
      Jaco

  11. koos 8 Februarie 2011 at 12:14 Permalink

    Ek dink meer kan gedoen word om Orania te bemark. Gebruik ook die webblad om besoekers in te lig oor geleenthede wat tans in Orania bestaan. Die opstel en publikasie van ‘n groeiplan kan baie help om moontlike geleenthede uit te wys. Ek sit soos duisende ander mense en kyk waar kan ek vir my ‘n ruimte in Orania vind.

    • Rudolf Herbst 9 Februarie 2011 at 14:56 Permalink

      Dagsê koos,

      Vra gerus vir Jaco of John Strydom om vir jou die GOP van Orania aan te stuur.

      Dit help om dit in skrif en met planne voor jou te hê. Dalk sien jy presies waar jy ‘n geleentheid kan ontgin wat die ander almal steeds miskyk.

  12. Ron Gouws 8 Februarie 2011 at 20:31 Permalink

    Ek praat met mense om my asof ek alreeds in Orania bly. Dit bly my droom. Maar, soos iemand dit ook in die blog genoem het, ek sal graag wil weet watse besigheids geleenthede is daar op Orania.

    Intussen droom ek maar voort……

    • Rudolf Herbst 9 Februarie 2011 at 15:00 Permalink

      Dagsê Ron,

      Enige besigheidsgeleentheid wat jy aan kan dink is doenbaar in Orania.

      Ons lewe in die tegnologiese eeu waar almal oombliklik met vriende,familie en selfs kliënte van regoor die wêreld sonder moeite kan kommunikeer.

      Waar daar ‘n wil is is daar’n weg…

  13. Johan 8 Februarie 2011 at 20:49 Permalink

    Ek glo dat die gemiddelde Wit Afrikaner so besig is om n’bestaan te probeer voer dat ons nie besef hoe radikaal en “baie binnekort” omstandighede in ons land drasties gaan versleg nie.

    Ons sal baie vinnig in die belang van ons kinders en geliefdes moet begin hande vat. Dit is egter God se wil dat ons mekaar sal dra deur verdrukking om sodoende sy karakter te weerspeel.

    Jou geld of n’ tekort daaraan gaan vir jou niks beteken oor twee jaar van nou af nie.

    Orania sal binnekort n’ lewens hawe word maar ons sal die geleentheid
    nou moet benut om daarvoor voor te berei.
    Ons sal dus nou al die kapasiteit van Orania spoedig moet verbeter.

    Ek plaas n’ beroep op alle Magtige Manne ,die tyd is hier om tot aksie oor te gaan.

    Ek is n’ entripeneur geseend met die gawe om probleme in geleenthede om te skakel en glo ons kan die omstandighede wat voorle in ons land tot Orania en ons eie voordeel laat dien.

    Ongelukkig soos ek genoem het is die tyd min asook kapitaal en mannekrag .

    Daarom sal on moet begin saamstaan.

    Eerstins: Kos
    Ons kan in Orania begin verskillende voedsame kossoorte verbou om te dien as nood voedsel in ramp getuisterde lande daar bestaan sulke produkte wat n’ rakleeftyd het van 25 jaar Daar sal altyd iemand wees
    wat dit nodig sal he reg oor die wereld.

    So kan ons ook ons self toerus vir onvoorsiende tye en glo my hulle gaan kom.

    Tweedens: Basiese noodhulp :
    Basiese bekostigbare pakkies , rugsakke ensomeer.

    Derdens : Lojaliteit
    Daar is duisende Afrikaners wat produkte sal koop wat in Orania verbou kan word en sodoende daartoe kan lei dat Orania as n’ ikoon kan uitstaan.

    Gebottelde water van Orania , die revier loop oor sy naate
    Ek verstaan die Orania rivier is die minste gekontamineer van alle reviere in Suid Afrika.

    Al wat nodig is is mense wat wil betrokke raak sodat die bal aan die rol gesit kan word.

    Die plan is om van elke Afrikaner wat wil inkoop in die droom om Orania te laat verwesenlik te verwag om n’ klein bydrae te maak hetsy kundigheid of Finansiel.

    Julle sal verbaas wees wat ons sal kan vermag as ons saamstaan, die moontlikhede is oneindig.
    Nog n’ idee!

    Wat van n’Magtige Manne saamtrek op Orania waar ons in 4 dae n’ paar hout huise oprig.
    EEN DRAG MAAK MAG!

    Ek sal met liefde my kontak besonderhede op my volgende brief bekend stel na aanleiding van die terugvoering wat ek ontvang op hierdie brief.

    Die tyd is nou!

    • Rudolf Herbst 9 Februarie 2011 at 15:08 Permalink

      Dagsê Johan,

      Jy het presies die regte uitkyk oor die feit dat ons as eenheid moet saamstaan. En jy is 100% reg dat die geleenthede in Orania legio is. Ons Volksgenote met die $$$ moet nog net die kopskuif maak.

      Aaangaande die gebottelde water…,dit word reeds gedoen. Dalk kan jy die Orania Beweging kontak oor inligting van wie dit tans doen en jou hulp aanbied om dit te bemark in die res van die land.

      Groete!!

  14. Jaco Kleynhans 10 Februarie 2011 at 09:00 Permalink

    Vriende,
    Dankie vir ‘n heerlike debat en gesprek! Ek dink ook dat daar baie geleenthede in Orania is. Hier was natuurlik ook al baie mislukte pogings, maar as iets een keer nie gewerk het nie beteken dit nie dat dit nie in die toekoms sal werk nie.

    As ek moet dink aan ‘n paar goeie besigheidsgeleenthede waarvoor daar ‘n behoefte in Orania is, dan dink ek ten minste aan die volgende: (My persoonlike gedagtes – ander inwoners mag dalk verskil?)
    1. DVD-winkel
    2. Fliek
    3. Dieseldepot
    4. Apteek
    5. Groentewinkel
    6. Meubelwinkel (veral elektriese huisapparate)
    7. Kwekery
    8. Rekenaarbesigheid (veral rekenaarondersteuning)
    9. Kunsmisverspreider
    Daar is sekerlik nog baie ander potensiële idees ook. Hierdie 8 fokus hoofsaaklik op dienste en winkels, terwyl daar vir industrieë natuurlik ook gemeenthede kan wees.

    • koos 10 Februarie 2011 at 10:27 Permalink

      Na my mening is die werklike toekoms vir mense in Orania ondernemings wat in die dorp gevestig word, maar wat geld van elders kan laat invloei. Dit is die tiepe van ondernemer wat na Orania gelok moet word. Maar ek dink steeds daar kan meer gedoen word om hierdie mense te trek. Jaco is tog ‘n man wat invloedryke mense ken. As jy eers een of twee meningsvormers kan oortuig wat die voordele van Orania is, kan die spreekwoordelike damwal dalk breek. Die meeste afrikaners is eenvoudig bang om so ‘n skuif te maak, en wag om te sien dat ander voorloop en die risiko moet neem. Daar is tog nie rede waarom ‘n vervaardiger van die een of ander produk, noodwendig in ‘n stad gevestig moet wees nie. Dit is die tiepe onderneming wat geld laat invloei en werksgeleenthede skep.

      • Jaco Kleynhans 10 Februarie 2011 at 10:30 Permalink

        Baie geldige punt. Daar is ‘n persoon wat besig is om ‘n alumimiumfabriek hier te bou en dit is die soort fabriek wat enige plek kan wees. Sy bestaande fabriek is in die Vaaldriehoek en hy ‘kloon’ dit net in ‘n kleiner weergawe (soos ek verstaan) hier. Baie Afrikaners besig groot fabrieke en kan waarskynlik dieselfde doen. Ons moet hulle net oortuig om dit te doen. Ek beplan ‘n Orania Opedag binnekort in Pretoria en hoop om potensiële Orania-beleggers ook soontoe te lok.

        • Rudolf Herbst 10 Februarie 2011 at 11:50 Permalink

          Wonderlike nuus.

        • Wynand 10 Februarie 2011 at 12:01 Permalink

          Beste Jaco

          Weet jy of die SEACOM kabel naby Orania verby loop. Sover ek weet loop die kabel langs die Natalse kus af tot in die Kaap en dan deur die Karoo Gauteng toe.
          Toegang tot die kabel (of die twee nuwe kabels wat nog moet kom via die weskus) maak velerlei handelsmoontlikhede oop; bv. Inbelsentrums, sagteware ontwikkeling, ‘virtuele’ kolleges en – universiteite en vele meer. Met ‘n vinnige internetverbindings en genoeg bandwydte is daar daar werklik geen rede waarom die volgende internet miljoenêr nie uit Oranie kan kom nie.
          Hoe het julle tans toegang tot die internet?

          • Jaco Kleynhans 10 Februarie 2011 at 12:14 Permalink

            Wynand,
            Jy praat nou die taal wat ek wens baie meer Oraniërs (ek praat hier van ons ondersteuners veral) moet begin praat en dit gaan oor tegnologie-gekoppelde werksgeleenthede.
            As ek reg is loop SEACOM nie te ver van ons af verby nie, maar dat dit steeds baie geld gaan kos om aan hom te koppel. Ons het tans ‘n internetprobleem in Orania. Hier is geen ADSL nie en hoewel ons tans aktief met Telkom daaroor onderhandel is daar geen sekerheid dat ons dit binnekort gaan kry nie. Ons moet egter aanhou baklei daarvoor.
            Dan het ons, ons eie internetdiensverskaffer, Oranet, wat ‘n Diginet-lyn gebruik en internet onderverdeel en verkoop. Dit is ‘n baie goeie inisiatief en die mense wat daarvoor verantwoordelik is, moet baie krediet kry, maar dit is tans nog baie duur en soms ook baie stadig.
            Die ander opsie is ‘n koordlose internetdiensverskaffer wat ons het. Baie mense gebruik dit, maar die aanvangskoste is hoop (So R3600 as jy dit by jou huis laat opsit) en die diens is baie wisselvallig – omtrent ‘n dag elke week af!
            Vodacom beplan tans om ‘n nuwe toring by Orania op te sit en dit lyk asof hulle dit sterk oorweeg om die toring 3G-gereed te maak – hulle vervang glo ou 3G-toerusting in die stede met nuwe 4G-toerusting en gebruik dan die ou toerusting om torings in die platteland op te gradeer. Sal moet sien wat hiervan kom, maar ek sien hulle het dit al geadverteer. 3G het egter ook sy beperkinge wat spoed en koste aanbetref.

            Jaco

    • Jean Du Plessis 10 Februarie 2011 at 11:32 Permalink

      Voeg “selfstorings ruimtes” daarby – veral vir nuwe intrekkers wat dit sal benut aan die begin.

  15. Wynand 10 Februarie 2011 at 13:17 Permalink

    Hallo Jaco

    As julle vir Telkom gaan wag gaan julle te lank wag.

    SA was so min as twee dekades gelede nog beskou as ‘n sagteware ontwikkelingsnodus (agv onder andere die hoë vlak van opleiding van mense in die rekenaarbedryf). Vandag is dit helaas nie meer so nie, Indië en selfs Israel vervul nou ‘n soortgelyke rol en ongelukkig is dit so dat indien mens eers die inisiatief verloor het dit feitlik onmoontlik om jou verlore status weer te herstel. Telkom is volgens verskeie waarnemers in die bedryf grootliks vir hierdie verlies verantwoordelik.

    Die ‘mense in beheer’ kon nog nooit insien dat telekommunikasie een van die heel belangrikste bedrywe vir die hedendaagse ekonomie is nie. Dit gaan in die toekoms in alle waarskynlikheid nog veel belangriker raak.

    My voorstel is dat julle self moet uitvind presies wat nodig is om aan die lyn te koppel. Daarna kan julle beleggers mobiliseer om in die kabel te belê. Miskien is daar selfs entrepreneurs (plaaslik of in die buiteland) wat nie bang is om buite die ‘boks’ te dink nie en gaan die werwing van beleggers makliker wees as wat mens dink.

    Ek is nie oortuig daarvan dat die SA regering ‘n groot behoefte daaraan het dat Orania suksesvol moet wees nie. Telkom sal dus sekerlik ook nie oor hul voete val om behulpsaam te wees nie.

    Dalk is daar binnekort tegnologie beskikbaar wat dit moontlik sal maak om die beste en vinnigste telekommunikasie te bewerkstellig sonder hulp.

    ‘n Nota ter wille van die anekdotiese:
    Korea het die wêreld se heel vinnigste kommunikasie-netwerk. Hulle is tans weer besig met verdere opgradering. Dit sal nadese moontlik wees om ‘n vollengte rolprent in 12 sekondes af te laai. Dit is hoe die kompetisie lyk.

    Groete
    Wynand

  16. Johan 14 Februarie 2011 at 06:43 Permalink

    Goei dag aan almal

    Soos ek belowe het reageer ek weer aangaande daadwerklike aksie met betrekking op Orania.

    Ek beskou die saak as lewens belangrik dat ons sal begin aksie neem.

    Ons kan nog baie gedagtes uitruil maar dit is bai belangriker dat almal van ons wat ernstig is sal begin met n’ netwerk.

    Tyd is ons grootste struikelblok daarom is elke gewillige se hulp,hoe gering ookal van groot waarde.

    Dit is belangrik dat ons verskillende vaardighede en bronne identiviseer sodet ons mobil kan raak.

    Ek vra dat Jaco Kleynhans my aseblief sal kontak aan gaande die saak.

    Persone wat dus ernstig is en wil betrokke raak kan my kontak.

    My kontak besonderhede:Loopvoon /0839548251/Epos:jebrunswick@gmail.com

    EK DAAG JULLE DUS UIT OM AL REEDS HIER TOT AKSIE OOR TE GAAN!
    Ek vra dat my besonderhede aangestuur sal word deur woord van mond

    Ek is seker daar is baie mense wat nie na die komentaar kyk nie of selfs weet daarvan nie.

    My gebed is dat God Sy wil aan ons sal openbaar en daarom versoek ek ook alle bejaardes en persone op wie se hart dit rus om vir ons te
    bid vir eenheid,wysheid,insigen,sukses. Ook dat die duister magte verblind sal word teen die inisiatief.

    Shalom

  17. Arnold de Beer 12 Maart 2011 at 15:22 Permalink

    Johan, nou praat jy my taal.Kom ons (dit is nou manne en vroue wat die selfde wil doen) laat waai. Het self baie planne. Teveel om op te noem hier.Ek het feitlik al die nodige gereedskap ens.
    Wat my egter pla is die volgende: Is daar erwe beskikbaar. Wat kos dit? Orania sal slegs ontwikkel as daar grond teen n baie goeie prys beskikbaar is.
    Ek self beplan om daar te gaan woon!
    Ek gaan ook hier my sel en E-pos adres gee.
    Arnie by 0727777754 En arnieann@telkomsa.net.
    Ek hoor graag van mense wat deel van die oplossing wil wees en nie deel van die probleem wil wees nie.

    • Kobus 17 Maart 2011 at 14:16 Permalink

      Johan, Ek is ʼn ingeneer in die telekommunikasie bedryf, sal graag Orania wil besoek en kyk of ek ʼn verskil kan maak.
      Kobus by 0832662011 of kobus.lourens@ericsson.com

  18. Arnold de Beer 13 Maart 2011 at 10:00 Permalink

    Ek hoop Orania gaan ook in n “Wil he gier” ontaard! Ek se ontaard, want dit is wat n gier is. Tyd gelede was dit die “4X4 wil he gier”. Geld word altyd vir die giere gevind.
    Bele in n Orania gier.Dink net: Hoeveel mense regoor die geskiedenis heen kry die geleentheid om in so n groot gier deel te he. En dit is n groot belegging vir jou nasate. Nie soos n 4×4 of plasma TV of so n kort termyn snaaksigheid nie.
    Dit is ook baie makliker as wat die voortekkers dit gehad het.
    Die Orania projek is seker die mees opwindende projek wat ek nog beleef het. Om n nuwe tuiste vir n volk te help skep is die maak van geskiedenis.
    Ek is seker dat daar n Afrikaner Boer in Suid Afrika is wat hierdie hele onderneming baie beter as ek kan beskryf.
    Die vermoe ontbreek my om die grootheid daarvan in woorde om te sit.
    Ek gaan beslis deel wees van hierdie geskiedenis!
    En ek daag enigeen uit om my te probeer keer.
    Doemprofete inkluis.

  19. Arnold de Beer 14 Maart 2011 at 18:45 Permalink

    Is dit al die krag onderbrekings wat die stilte veroorsaak????

  20. Johan 14 Maart 2011 at 21:01 Permalink

    Dankie Arnold

    vir jou humor sin maar jy mag dalk n’ punt beet he.

    Daar kan sekerlik geen ander verduideliking wees vir so min reaksie nie.
    Wat my egter verbaas is dat die res van die land ook met krag onderbrekings moet sit .
    Waar is al die hardebaarde? Dit nou daargelaat met al die spottery.

    Ek wil net graag se dit is lekker om met n’ paar positiewe manne te
    kon kennis maak die afgelope tyd.

    Daar heers n’ opgewondinheid in my hart oor alles wat reeds op die tafel is.

    Ons moeddig steeds magtige manne en vroue aan om betrokke te raak by “Aksie Grondslag!”

    Soos ek voorheen gevra het is ons besig om n’ netwek op te stel van
    lede wat daadwerklik wil betrokke raak en wil begin voortbou aan ons bestaansreg.

    Kontak my direk by 0839548251
    of stuur n’ epos aan: jebrunswick@gmail.com

  21. ARNOLD DE BEER 15 Maart 2011 at 18:21 Permalink

    “Aksie Grondslag” Mooi naam. Hierdie aksie gaan die koring van die kaf skei. Nou sal ons sien of dit verder as “Praat dit reg” sal gaan.
    Daar is baie manne EN vroue wat net hiervoor gewag het.
    Ek dink dat baie mense het so n ietwat verkeerde persepsie oor Orania het.
    Ek merk dit in baie van die briewe wat hulle skryf.
    Orania bied slegs n geleentheid om jou eie ding te gaan doen. Hulle bied n pragtige werkende infrastruktuur aan.Kerk, skool ens.ens. Verder is die mense wat daar gaan woon,dit wat Orania maak.Dit is die doel van “Aksie Grondslag”. Orania wil mense daarheen trek om sake ondernemings te begin wat geld van “buite” inbring. Sodoende kan daar dan werk geskep word. Dit gaan nie werk om daarheen te verhuis en dan hoop om n werk raak te loop nie.Nog nie.
    Dit is ook so dat almal nie entrepeneurs kan wees nie,maar op hierdie stadium is dit wat Orania die nodigste het.
    Orania is vir Afrikaners deur Afrikaners!Raak nou betrokke en maak geskiedenis. Julle kinders en die se kinders sal dit nog op skool leer in die toekoms.
    Die wat kan en die wil het maak kontak met Johan.

  22. Clint 17 Maart 2011 at 08:42 Permalink

    I would like someone in Orania to answer these few questions if possible? Or someone that has these answers.
    1. How much would building a 3 bedroom house cost to build from scratch?
    2. Is there a petrol station in Orania?
    3. In terms of the monetary system, what is the exchange rate,Rand to Orania money?
    4. Is there a company that makes bricks, cement, windows ect?
    5. What is needed to be part of the Orania Committee?
    6. What would land cost in Orania?

    Thank you
    Clint

    • Jaco Kleynhans 17 Maart 2011 at 12:11 Permalink

      Answers:
      1. Much the same cost as in South African cities. Probably around R5000 per square meter, but it all depends on building material used, design, etc. There’s several building teams in South Africa.
      2. Yes we do have our own petrol station.
      3. One Ora equals One Rand.
      4. One company that makes cement bricks, more than one local business that supplies building materials.
      5. I don’t understand the question. Which committee?
      6. Contact Sebastiaan op afsaal@oranet.co.za . Probably between R80 000 and more than R2 million for small holdings. It all depends on what you need.

      • Clint 22 Maart 2011 at 06:14 Permalink

        Hi Jaco,
        Thanks for the response. In connection with question 5, The ppl that discuss what happens in orania.

      • Clint 22 Maart 2011 at 11:20 Permalink

        Hi Jaco,

        I was looking at your answer for question 1 and it seems a bit crazy to say that it cost about R5000/sq.m. I stay in the west Rand and i can garauntee you that that is not the cost of property. If you buy a piece of property(700sq/m minimum) with a house already built you are looking at between R650 000 – R1.2million. Now if you divide the sq/m by the price you looking at between R950 – R1800 per sq/m. At R5000 per square meter im going to pay R3’500’000. Is there gold or oil under the house?lol

  23. Hanlie Grundling 19 Maart 2011 at 20:50 Permalink

    Ek het al vir baie jare n begeerte om na Orania te verhuis, maar kon nooit inligting daaroor bekom nie. Die “blog” is baie insiggewend. Ongelukkig is dit duidelik dat daar tans nie vir gewone staatsamptenare enige bestaansreg is nie, dus sal Orania n onverwesentlike droom bly.

    Sterkte aan almal wat by magte is om die Afrikaner se droom te verwesentlik.

  24. ARNOLD DE BEER 20 Maart 2011 at 16:03 Permalink

    Hanlie. Beteken jou brief dat jy nog sal moet werk as jy in Orania is?
    Moet jy vir die ‘Staat” werk?

  25. Monica 23 Maart 2011 at 16:07 Permalink

    Ek het na die Orania Dvd gekyk en kon my oe nie glo nie! Dit is glad nie hoe ek Orania voorgestel het nie! Ek het voorheen nog altyd mense teegekom wat met minagting van Orania praat,asof dit n groot plakkersdorp vir witmense is! Hulle moet beslis na die dvd kyk! Hierdie mense werk hard,is veilig en gelukkig. Alles is skoon en netjies! Ek beplan om volgende jaar na Orania te verhuis. Ek wil deel wees van hierdie Afrikaners en ook my deel bydra tot die dorp se ontwikkeling,hoe gering dit ookal mag wees.

  26. ARNOLD DE BEER 23 Maart 2011 at 20:55 Permalink

    Clint: I think you misunderstand. It will cost you +/- R5000/p sqr mtr to build a house,no matter where.

    • Clint 24 Maart 2011 at 09:08 Permalink

      Arnold: Why dont the ppl of orania look into building cheaper house/townhouse for ppl that want to move there.Its not like all ppl that want to move there has a million or two million to spend and Im sure you will get a big response if that were the case. Please could you xplain R5000/sqm to build a house. What square meterage are you calculatiing? Just my opinion, it seems that only the rich would be able to move to orania. It sounds more like Orania is used as a gimick to bring in the money from all over the world. As i understand it Orania was setup to be a safe place for the continuation of the white/afrikaaner race.

  27. ARNOLD DE BEER 24 Maart 2011 at 22:35 Permalink

    Clint: Different building methods are being tested as far as I know. And it is also true that a lot of ppl want to move there. Affordable housing is a problem.All building materials are available at current prices from a number of suppliers in Orania.
    Building costs vary alot. Depending on where,type of construction and the price of a plot. It is calculated on an average of between R2500 and up to R7500 per sqr.mtr.ie: 10X10=100SQ Mtr X R5000=R500,000 (Madness)
    No Orania is not a ripoff!!!
    The people who live there “are” Orania. So if you would like to live in a clean safe place amongst good people, then that is where you will want to be.
    The infrastructure is working as it should.
    Oh!!! It is not only the poor who wants to live in Orania, People from all over the world are interested.They to are fedup with the Black degradation of their environments.
    Global warming is a lesser evil!!!
    Nice corresponding with you and have a nice day.

    • Clint 25 Maart 2011 at 06:09 Permalink

      Look, dont get me wrong, i dont want to argue, but do enjoy a good debate so i can get all my facts right. In terms of the building material, why dont the ppl of arania apply for subsidies from the goverment. if they can put up houses in locations(3 bedroom)and then sell it between R6000 & R30000 then why cant orania be subsidised. Seeing that all the presidents have visited and say good things about orania, surely the ppl of orania have a foot in the door already. I never said orania is a ripoff. Im thinking of getting the dvd to show my parents as orania is there type of living, this is why am asking all these questions. Please dont take offense. Once again, thanks for the answers.

  28. ARNOLD DE BEER 25 Maart 2011 at 18:06 Permalink

    Clint: I like what you are saying. About loans.subsidies and all that stuff,I am not so clued up.
    No hard feelings from my side, and I realy enjoy having someone with whom I can share ideas.
    It seems to me that you have plenty of ideas. That is what Orania needs. Join your folks and go make a difference there.
    Can you think of anything more exciting?
    The whole world is watching. They know it can be done.We now need the ppl. with guts. The world is ready to help!!!

  29. Dick Davel 29 Mei 2011 at 00:26 Permalink

    Volksgenote wat dit oorweeg om Orania toe te kom en ‘n lewe wil kom maak, moet die volgende baie sterk oorweeg:
    1)Orania se binne bedryfsmoontlikhede is beperk tot die inwoners en besoekers, soos die gewone handelsbesighede is redelik voldoende. Jaco Kleynhans se voorstel van leemtes wat nog gevul kan word, kan positief oorweeg word met sekere voorbehoude, ‘n DVD winkel is beslis ‘n behoefte, maar sal as ‘n sekondere besigheid saam met iets anders bedryf moet word, bloot omdat die mark in Orania beperk is. Orania het nie ‘n fliek nie, maar ek is bevrees dat dit gladnie haalbaar is in Orania nie. Dieseldepot sal beslis werk en die behoefte is daar,daar is egter wel iemand wat navraag by my gedoen het vir ‘n depot, wat reeds elders ook ‘n depot het. Ek het hom na die regte persone verwys maar self nie opgevolg nie. Groentewinkel sal met die Orania Produsente Koöperasie meeding wat problematies mag wees.’n ordentlike meubelwinkel wat wyer kyk as Orania, ‘n algehele wenner! Alhoewel die OPK ‘n kwekery beplan, is ‘n kwekery nie gebiedsgebonde nie en sal werk. Orania en die omgewing het ‘n groot behoefte aan ‘n apteek, veral as dit die buurdorpe kan bedien, sal dit baie beslis werk. Omdat Orania baie sentraal geleë is, sal kunsmisverspreiding ‘n goeie oorweging wees, maar die kompetisie is baie sterk.
    2)Skeppingsbesighede wat ‘n produk kan vervaardig en buite Orania bemark, is van die mees haalbare opsies. besighede wat aan iets toegevoegde waarde kan gee. Bv, ‘n kersfabriek, meubelfabriek, sponsmatrasfabriek, ingineurswerke wat staalprodukte kan vervaardig, motoringineurswerke wat of ratkaste, ewenaars ens herbou.Enige iets wat geskep kan word; kuns, verpakking, herwinnig, herstelwerke.

  30. Danie Smit 6 November 2012 at 03:25 Permalink

    Berig in ou Voorgrond. Is dit waar ?
    Ek het iets raak gelees in ‘n ou Voorgrand, wat ek glo Orania bestuur , kan , vir die ontwikkeling van Orania se onthalwe ,aan Oraniers en Afrikaners, verduidelik.

    Blykbaar volgens die artikel in die Voorgrond, word besluite met ‘n 80% meerdeerheid deur Orania pioniers en hulle erfgename besluit. Is so? Is Orania ‘n moderne , wetlike d.m.v. voorkeur aandele , monargie met adelstand en tipe Britse konings gesin? Is alle aandeelhours grond reg eienaars, Stemlose gepeupel of bywoners op die grond van Orania aselstand , die stigters lede?

    Indien dit indeddaad waar is , is daar nie beter , meer regverdige maniere om die oorsproklike beleggers en hulle erfgename te vergoed, vir hulle finansiele risiko’s in die ontstaan van Orania nie ? bv 100 aandele vir elke oorspronklike een rand, terwyl daarop volgende rande net een aandeel per rand investering kry.
    Indien die stemreg verskans word in die oorspronklike stigters en hulle nageslag, sal ek en my vrou , byde gegraduueerde profesioneel gekwalifiseerd ongelukkig nie ‘n belegging in Orania kan oorweeg nie. Is dit die rede hoekom Orania nie regtig op groot skaal profesionele persone , entrepeneurs en groot werkgewers kan trek nie, ten spyte van alle ander positiewe punte van ‘n Orania lewe. Ek persoonlik , gaan nie van my geld gee om ‘n bywoner op ‘n ander man se grond te word nie,netnou is sy nageslag wat oor my of my erfgename se toekoms moet besluit ‘n skollie, wat nie eers op my erf welkom sal wees nie.

    Is daar dalk waarheid in die artikel, is dit hoekom die dorpsraad my versoek vir ‘n verduideliking oor stemreg ignoreer?

    • Jaco Kleynhans 7 November 2012 at 09:35 Permalink

      Orania Bestuursdienste (die oorspronklike aankoper) besit die restant van Orania. Dit is die grond wat nog nie ontwikkel is nie. OBD gebruik nie sy stem in enige verkiesings, ens nie en daarom is daar geen sprake van ‘n klein groepie wat die dorp regeer soos wat soms beweer word nie. Daar is tans ‘n proses aan die gang om OBD te ontbondel en dit behoort seker binne die volgende jaar te gebeur. Die restant sal dan aan die Orania Dorpsraad vir ontwikkeling oorgedra word. Hierdie ingewikkelde proses was maar deel van die moeilike ontwikkeling van Orania in sy eerste jare, maar dit word toenemend uitgesorteer.

  31. Frits 7 November 2012 at 10:16 Permalink

    Dagse Jaco,

    ik ben van mening, dat Orania al een grote vooruitgang heeft gemaakt. Orania kan op veel sympathie rekenen, niet alleen bij Afrikaners. En dat was een aantal jaren geleden volgens mij een stuk minder. Orania zelf heeft duidelijk voortuitgang gemaakt: het is niet meer een achteraf-niks-plekkie, zoals in het begin. Het begint een echt dorp te worden, waar het hoe dan ook aantrekkelijk is om te verblijven. Maar inderdaad, er moeten meer Afrikaners naar Orania toe komen. Misschien kan Orania zelf daar ook iets ten gunste aan veranderen door bepaalde aanbiedingen te doen aan Afrikaners, zodat zij besluiten om naar Orania te komen. Ik denk zelf ook aan zendingswerk ten behoeve van Orania. Ik zie eigenlijk wel veel mogelijkheden hier.

    • Jaco Kleynhans 7 November 2012 at 10:19 Permalink

      Beste Frits,

      Dankie vir die positiewe boodskap. Ek stem met jou saam. Ons moet die moontlikhede ontgin en werk maak daarvan.

      Dankie,
      Jaco

  32. Frits 7 November 2012 at 12:04 Permalink

    Inderdaad,Orania-werkers kunnen bijv. scholen langs gaan met een presentatie-programma aangaande Orania. Zij kunnen toestemming vragen aan de directie, of zij de leerlingen (kleintjes en groten) 1 uurtje les mogen geven over Orania en de Orania-beweging. Als dit op een zinvolle, leuke en vriendelijke manier gebeurt, zal dit alleen maar welwillendheid kweken. Iets dergelijks moet ook gebeuren voor Afrikaner-studenten op hogere scholen. Orania-werkers kunnen ook witte plakkerskampen langs gaan. Ik zag onlangs een doku over een wit-afrikaner-plakkerskamp in SA, ik meen ergens in de buurt van Pretoria. Een berooid en verarmd, afrikanergezin kwam in beeld, de moeder uitgeput, met 4 – 5 kleine kinderen. Ga naar deze mensen toe en bied hen een plekje in Orania aan. De kinderen kunnen gelijk naar de scholen die in Orania zijn. De boodschap voor deze mensen is deze: Afrikaners zullen het alleen maar zwaarder krijgen onder de zwarte meerderheidsregering. Het lijkt er bijna op, alsof er voor Afrikaners gaan plaats meer is in SA onder dit politiek bestel. Wat gaan wij nu doen? Schelden, rascistische taal uitslaan tegen swartmensen? Nee! In plaats van schelden en klagen en negativiteit, gaan wij voor ons zelf zorgen, wij gaan een land voor de Afrikaners stichten, waar Afrikaners een leven kunnen opbouwen zonder voortdurend bedreigd te worden en waar Afrikaners zichzelf kunnen zijn. – Man, jullie hebben een prachtige boodschap. En hoe meer dit doordringt tot de gewone Afrikaner, hoe meer Orania zal groeien. En hoe meer Orania zal groeien en meer succesvoller wordt, hoe meer Afrikaners zich zullen willen inzetten voor de Volkstaat. De huidige, tegen Afrikaners discriminerende politiek van de zwarte meerderheidsregering dwingt Afrikaners er toe om voor zichzelf te gaan zorgen. Mijns inziens werkt de huidige zwarte regering zelf een vrije volkstaat voor de Afrikaners in de hand. Orania is het begin, het doel is een Afrikanerland van Orania tot aan de Westkust. Jullie, Afrikaners, valt niets te verwijten: jullie worden onrechtvaardig behandeld en ieder mens zoekt in zo’n situatie een uitweg, een plek van rust. Dus, jullie hebben een goede rechtsgrond voor de stichting van een nieuw land. Afrikaners moeten op den duur met grotere getale naar Orania en omgeving trekken. Dit is nodig om zodoende een getalsmeerderheid te krijgen. Dat is van belang. Maar er is een kans. Steve Hofmeyr zei: Ons het net één kans om dit reg te kry. – Misschien heeft hij wel gelijk. Misschien zijn Orania-werkers daar nu mee bezig. En ik vind, als ik dat met West-Europa vergelijk, dat er ondanks de altijd aanwezige tegenslagen en moeilijkheden die dit soort projekten als vanzelf met zich meebrengen, dat er onder de Afrikanres veel goede wil aan wezig is; er is onder jullie voor mij verrassend veel goede bereidheid. Hoopvol, vind ik.

  33. Frits 11 November 2012 at 09:35 Permalink

    Beste Jaco,

    deze week moest ik nog even nadenken over je artikeltje “Grootste struikelblok voor Orania” hierboven. Je schrijft, dat iemand naar Orania wil komen op voorwaarde van een goed salaris en promotie-mogelijkheden. Welnu, ik neem aan, dat deze man/vrouw dan waarschijnlijk niet zal komen. Ik wil niets slechts zeggen van mensen met zo’n instelling, maar behoren zij niet tot de oude generatie: de de Klerk’s, de Botha’s, de AWB. Die generatie is dood en begraven en als Afrikaners daar aan blijven vast houden, gaan zij verliezen. Maar, Jaco, wat een vreugde is het om te zien, dat er een nieuwe generatie Afrikaners opstaat! Ik denk aan Orania’s burgermeester, Carel Boshoff (een verrukkelijke man), een man als Dirk Hermann, een vrouw als Linda Strydom, Philip van Staden van Solidariteit, een zangeres als Karlien van Jaarsveld. Mensen, stuk voor stuk met het hart op de goede plaats: gezonde en rustige liefde voor die volkie en lief vir die Heere. Ik las van de week een artikeltje van Sunette Bridges (Boervrouliga), eigenlijk dezelfde inzet/geest van aanpakken en een antwoord zoeken voor de Afrikaners. Mijn vrouw en ik zien uit naar een nieuw land voor het volk, een land van Orania tot aan de Westkust, een land dat niet kiest voor rascisme en modern, westers liberalisme. De weg naar dat land is natuurlijk geen makkelijke. Er komen veel, veel problemen. Maar het land, Jaco, met God’s zegen, komt er. De Carel Boshoffs, de Dirk Hermanns, de Linda’s, de Sunette’s, de Karlien van Stadens, deze nieuwe generatie Afrikaners gaat ons voor. Deze week is weer een boer vermoord, maar er is hoop, verdorie, er is hoop!

  34. Chris 13 Mei 2013 at 04:23 Permalink

    Vyftien jaar gelede het ek Kanada toe gekom vir ‘n kort kontrak en toe hier vasgehaak. Net om dit duidelik te stel: ek was nooit regtig van plan om te emigreer nie. Toe ek uit SA weg is, het bitter min nog by Orania aangegaan en het baie Afrikaners (ekself ingesluit) gedink dis ‘n idee wat nooit sal werk nie.

    Ek het onlangs maar eers op die webwerf afgekom en kan nie glo wat julle daar uitgerig het nie. Wat het die res van SA regtig in die laaste 15 jaar vir die Afrikaners gedoen? Wat het regering bereik in hulle pogings om hulle eie mense se lot te verbeter?

    Ek dink julle kan waarlik trots wees op wat julle bereik het en dit maak my sommer trots om Afrikaans te wees.
    Ek stem saam dat dit slim is om nie te aantreklik te lyk vir enige iemand anders as Afrikaners nie. ‘n Goeie grondslag kan gele word sonder dat die massas soontoe stroom.

    My ma kuier vir lang tydperke hier by ons. Ek kyk nou die dag hoe sy die sneeu van die voorpaadjie afspit en dink toe so by myself dat daar geen manier was hoe ‘n Waterkloof tannie dit in SA sou doen nie. Dis maar goed ons het nie sneeu nie. Ek dink nie die probleem is soseer die materialistiese dinge nie, maar meer die feit dat ons as ‘n nasie besig was om te verleer hoe om hard te werk om dit te bekom. Dis fantasties dat julle nou terugbeweeg na basiese waardes soos harde werk.

    Hier waar ek nou bly is die klein groepie Afrikaners baie populere werkers, juis oor hulle werksetiek. Dit is definitief ons grootste uitvoerproduk

    As ek weer in SA is, kom ek verseker daar kuier. Dit lyk amper te goed om waar te wees. Hou so aan!

  35. Ina Botha 29 Junie 2013 at 18:49 Permalink

    Ek kuier op die oomblik by my dogter in Dubai waar sy werk. Maar my seuns bly in Klerksdorp as ek by my dogter bly moet ek als opgee en my diere wegmaak wat ek nie oor my hart kry nie. Ek wil net graag weet is daai klein huisies of woonstelle om te huur vir my en wat is die koste daarvan
    Die self werk skrik my nie af maar die verblyf is my probleem Asb wag op spoedige antw asb
    Dankie

  36. BOERSEUN 8 Augustus 2014 at 10:41 Permalink

    groete so in die more

    ek wil niemand aanval op die vlog nie

    ek sien daar baie mense wat aanval en kritiseer /

    ek wil net een vraag vra , hoekom as julle die andwoorder het , implementeer julle dit nie self nie .

    dis tog baie maklik dan word die probleme opgelos maar instede wil julle leiding gee en kritiseer na die persone wat n vision gevat het en dit bewerkliheid het

    ek sal in n oogwink orania toe trek as dit vir my beskoor is

    aan die mense van orania ek sien julle december vir n heerlike vakansie

    groete

    boerseun

  37. Theuns 10 November 2014 at 22:20 Permalink

    Die vrae van 2010 is steeds in 2014 onbe-antwoord- wat doen jy om ‘n inkomste te verdien in Orania? Geen nywerheid, geen inmaakfabriek, steeds niks buiten huise te koop teen ongelooflike duur pryse. Kan verstaan hoekom daar min werklike groei is. Orania is net vir rykes en paar heel armstes wat arbeiders wil wees. Daar is geen middelklas nie. So lyk dit.

    • Jaco Kleynhans 11 November 2014 at 08:33 Permalink

      Beste Theuns. Jammer om te sê, maar jy sit die pos lelik mis. Hier is noemenswaardige groei in Orania. Ons gaan vanjaar ‘n styging in bevolking van meer as 10% hê en ons ekonomie sal met heelwat meer groei. Orania is net vir rykes? Waar kry jy dit? Hier is ongelukkig baie min rykes in Orania- ons wens hier wil meer ryk mense hierheen trek, want ryk mense bring saam met hulle werksgeleenthede en ‘n goeie belastingbasis. Die meerderheid van mense wat Orania toe trek is uit die lae inkomste omdat hier baie werk vir hulle is en hulle uit baie slegte omstandighede werklik hier ‘n beter lewe kom maak.

      Wat Orania se eiendomspryse aanbetref: Ja dit is baie hoër as die res van die platteland, maar ons is nie ‘n plattelandse dorpie nie. Ons is ‘n Afrikanerstad in wording en weens ‘n groot vraag en lae aanbod styg pryse vinnig. Indien Orania soos jy beweer nie juis groei nie sou pryse laer gewees het. Daar is tans ook die minste eiendomme in baie jare in die mark en ontwikkelaars kan nie voortbly met die bou van nuwe huise nie.

      Wat doen jy om ‘n inkomste te verdien? Dit is ‘n baie relevante vraag en vir een of ander rede beskou jy Orania hier anders anders ander plekke. Orania (wie ookal dit is) moet nywerhede en fabrieke bou en so vinnig en maklik werk skep vir baie mense. Natuurlik sal ons graag baie meer nywerhede en fabrieke hier wil hê, maar wie moet dit bou? Ons moet entrepreneurs hierheen lok om dit te kom doen en dit gebeur reeds. Ja hier is nie groot fabrieke nie, maar hier is al hoe meer klein fabrieke wat werkskep. Nog beter is dat die dienstesektor in Orania vinnig ontwikkel en dat ons daardeur selfs beter werksgeleenthede sien ontstaan.
      Beste Theuns. Jy kan op die negatiewe bly fokus of eerder sien wat werklik alles in Orania gebeur en daarvan kom deel wees.

  38. Allan 26 April 2015 at 14:11 Permalink

    Hi Jaco.
    Ek geniet al die ‘good,bad,en ugly’wat ek lees van Orania. Feit bly staan dat as ons boerevolk nie weer, soos in die verlede vir onsself gaan sorg nie, gaan ons maar moet aanvaar dat ons deur die nuwe wereld orde ingesluk gaan word.

    Rebelse kinders, wetteloosheid in ons huise,ens. Sondae gaan ons kerk toe en probeer die wereld bewys dat ons ‘okay’is.

    My kort storie:
    Het die hele wereld vol gebly.Oz, N/Z, USA, 12 Lande in Afrika. My vrae is? Wys my die plek waar daar nie probleme is nie? Hoe lank gaan ons nog hardloop? Hoe lank gaan ons nog kritiseer? Waarheen volgende?

    Ek was oral. Ek praat ander tale. Ek is vir niemand kwaad nie. Ek probeer volgens Galasiers 5 ( vrugte van die gees ) lewe en my huis lei. My Skepper is goed vir ons en ons wen elke dag. My besigheid is suksesvol.

    Hoekom?
    Ek wag vir niemand om my sukses te bewerkstellig nie.
    Ek kyk na alle mense met n ‘Jesus’oog. (maw) ek konsentreer op die goeie en probeer die slegte, negatiewe vermy.

    Doelwit.
    Ek en my gesin wil graag kom kyk na Orania en ons besigheid daarvandaan verder bedryf. Hoop nog miljoene wit mense het genoeg moed om te gaan en op te hou wag. Laat ons almal weer pioniers word soos in die dae toe ons nog sterk leiers gehad het. Almal moes saamwerk en elke dag nog n baksteen op gister se baksteen bou en sodoende het ons weer n nuwe stad gebou, vry van die vrugte van die vlees.
    Orania kan n suksesvolle land raak met universiteite, lughawens, treine, hoogste geboue in Afrika, fabrieke, landbou, ens. Met n sober God vresende parlement en n veilige toekoms vir ons nageslag.

    Hoekom wag ons nog en hoekom bemark Orania hulself nie BAIE meer aggressief nie.

    Groetnis.
    Allan.

  39. Martinus Potgieter 10 September 2015 at 11:47 Permalink

    Goeiedag aan almal,

    Ek het n idee wat dalk die probleem van die tekort aan goedkoop verblyfeenhede kan oplos.

    Ek dink ook daaraan om myself in Orania te vestig en het reeds navrae gedoen en terugvoering ontvang i.v.m die vereistes ens. ens.
    Ek self het nie die koopkrag om n huis daar vir myself op te rig nie en ook nie die kapitaal om n tradisioneel-komersieele besigheid te skep nie.
    Ek het toe so my ‘dinkhoedjie’ opgesit en myself daaraan herhinder dat, “n Boer maak n plan”.

    My idee mag dalk van groot waarde wees en ek nooi persone wie die kapitaal het om te bele in so n onderneming om my te kontak sodat die lewenvatbaarheid daarvan bespreek kan word.

    Met hardwerkende Godsvresende mense kan alles bereik word!

  40. Philip Soine 12 Maart 2016 at 15:03 Permalink

    EK SMAG om op Orania te kom woon. Daar is egter NIE bekostigbare aftree eiendomme vir GEWONE middelklas Afrikaners nie!!

    • Jaco Kleynhans 14 Maart 2016 at 09:15 Permalink

      Philip. Ons is diep bewus hiervan. In Orania soos in die meeste ander plekke word prys deur vraag en aanbod bepaal. Hier is ‘n baie groot vraag na eiendom in Orania en die aanbod is uiters beperk. Die uitdaging is om meer eiendom te bou en om die koste van nuwe projekte te beperk. Boukoste is tans besonder hoog omdat boumateriaal oor lang afstande vervoer moet word en omdat arbeidskoste in Orania effens hoër as in ander plekke in Suid-Afrika is. Ons het nie soos talle ander dorpe in Suid-Afrika ‘n groot hoeveelheid ou infrastruktuur nie en om uit te brei moet nuwe infrastruktuur (paaie, watersuiwering, rioolverwerking, elektrisiteit, ens) aangelê word. Ons werk egter daaraan om ook hierdie bottelnek te probeer hanteer, maar meer privaatontwikkelaars is nodig om huise te bou.

  41. Cecil 16 Junie 2016 at 18:10 Permalink

    Naand wil graag hoor of daar huise te huur is in Orania? Dankie Cecil..

    • Sebastiaan Biehl 17 Junie 2016 at 13:37 Permalink

      Hallo Cecil, ek het geantwoord op die vraag, jy het dit elders ook geplaas.

      • Cecil 20 Junie 2016 at 12:59 Permalink

        Dankie Sebastiaan, ek dal moet gaan kyk waar ek dit gepaas het sien daar n is paas blog’s van Orania Dankie..

        • Sebastiaan 21 Junie 2016 at 08:32 Permalink

          Hallo Cecil,

          vir ingeval sit ek dit weer hier onderaan:
          Navrae vir beskikbare eiendom in Orania

          1. Afsaal Eiendomme
          Kontakpersoon: Theo Röhm
          Werktelnr: 053-2070040
          Selnommer: 082 316 6859
          Webblad: http://www.afsaal-op-orania.co.za
          E-pos: eiendom@afsaal-op-orania.co.za

          2. Orania Eiendomme
          Kontakpersoon: Riana Els
          Selnommer: 0725189434
          E-pos: oraeiendomme@gmail.com

          3. Vluytjeskraal Noord Boerdery en Ontwikkeling Bpk
          Kontakpersoon: Manie Opperman
          Selfoonnr: 083 225 8199
          Webblad: http://www.vkn.co.za

          E-pos: admin@vkn.co.za

          4. Orania Dorpsraad
          Kontakpersoon: Christo Conradie
          Telnr: 053 2070063
          E-pos: christo@orania.co.za

          5. SEEFF Eiendomme
          Kontakpersoon: Kobus van der Merwe
          Telnr: 072 5472 157
          E-pos: orania@seeff.com
          Straatadres: Granaatsteenstraat A177 LM Rekenmeesters en
          Olienhoutweg S017 Die Wynhuis

          6. Sommige eiendom word ook privaat deur eienaars verkoop.

  42. Chris 26 Julie 2016 at 22:56 Permalink

    Wat is die potentiele impak van die anc se sogenaamde onteieningswet op Orania?

    • Sebastiaan 28 Julie 2016 at 08:54 Permalink

      Beste Chris,

      ek hoop daar sal nog mense antwoord wat beter kennis van die wet het.
      Ek kan wel solank vir jou ‘n antwoord gee op spesifiek die kwessie van grondonteiening uit “Gereelde vrae oor Orania”:

      Wat is die moontlikheid van grondeise in Orania en die regering se planne om grond te onteien?
      Orania is in die Karoo geleë waar geen swart stamme gewoon het nie en geen gedwonge verskuiwing plaasgevind het nie en waar daar baie min grondeise is. Verder word Orania se landbougrond ook deur die eienaars self bewerk en bestaan daar dus nie die situasie van swart gesinne wat al lank op die grond woon en dus voel hulle het aanspraak op die grond wat hulle bewerk en ‘n regering wat hulle simpatiek gesind is nie.
      Die regering se planne om grond bo ‘n sekere grootte of grond wat nie effektief benut word nie te onteien geld ook nie vir Orania nie, want alle boerderyeenhede is relatief klein (niks bo 1000 ha nie) en word intensief benut.

  43. jurie dorfling 30 November 2016 at 11:55 Permalink

    Gereelde nuus

    • Gemsbok 1 Desember 2016 at 07:13 Permalink

      Skakel in by Orania se blad op Facebook. Daar word daagliks nuus uit die gemeenskap geplaas.


Lewer Kommentaar

*