01 April 2011 ~ 38 Kommentare

Waarom eie arbeid ononderhandelbaar is

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl

 

Orania word maar om verskeie redes, dikwels ongegrond,  met skeptisisme en selfs agterdog bejeën. Dit is veral omdat Orania, veral vir stedelinge, so anders is. Jy mag anders en eksoties wees solank jy van ‘n ander ras is, maar as jy lyk soos die een wat jou met nuuskieirgheid bekyk dan gee dit aanstoot. As jy dieselfde lyk maar anders leef, dan is jy nie meer eksoties nie, maar ‘n “freak”.
Seker die vreemdste verskynsel in Orania vir buitenstaanders is die volkseie arbeid. Menige mense sou graag hier bly as dit net gegaan het oor Afrikaans, die rustige, medemenslike plattelandse leefwyse, die natuurskoon, die veiligheid, die lae pryse. Maar die volkseie arbeid is dikwels ‘n te hoë hekkie om te oorkom. Vir sekere mense word dit as die toppunt van rassisme beskou, asof ons swartmense so haat dat ons nie net sosiaal nie met hulle wil verkeer nie, soos waarskynlik meeste blanke Suid-Afrikaners, maar nie eens wil hê dat hulle werk en geld verdien nie.
Die volkseie arbeid beginsel is nie maar net ‘n bui uit die pionierstyd van Orania wat mettertyd danksy “groter realisme” agtergelaat word nie, dit is so fundamenteel tot die hele volkstaatstrewe waarvan Orania die bekendste vergestalting is, dat all die ander dinge daarsonder niks is nie.
Uit ‘n suiwer ekonomiese, en veral die huidige korttermynwins ekonomiese seining beskou maak volkseie arbeid nie sin nie. Liberale ekonome sien ekonomie suiwer as die doel om maksimum geld te maak en daarvoor moet enigiets wat in die pad daarvan staan, verwyder word. Op arbeidsterrein beteken dit dat die maksimum aanbod aan arbeid, wat in ‘n derde wêreld land soos Suid-Afrika goedkoop arbeid beteken, beskikbaar moet wees. Die informele Suid-Afrikaanse ekonomie funksioneer inderdaad so en dit het talle korttermyn voordele: jy kan vanoggend ‘n mens langs die pad oplaai, hy werk vir kleingeld in jou tuin of huis en jy kry werk gedoen wat jou ‘n breukdeel kos van waarvoor dit ‘n geregistreerde en gekwalifiseerde ambagsman dit sou gedoen het. Dis nie toevallig nie dat Suid-Afrikaanse huise baie mooier en meer weelderig lyk as selfs in lande soos Duitsland, Britanje of Frankryk.
Die korttermyn-wins redenasie is dieselfde as by die energie: gebruik goedkoop steenkool want dit maak energiekoste laer en trek beleggers. Dat jy jou bronne uitput en vorentoe nie net met groot besoedeling nie, maar met geen alternatiewe sit nie, staan op ‘n ander bladsy.
Net so ook met die volkseie arbeid: dit mag vandag goedkoop wees, maar die gevolge word nie in ag geneem nie.
Die tydelike, informele werkers moet ook iewers bly en hulle het ook ‘n lewe behalwe werk. Hulle bly dikwels in plakkerskampe, wat deesdae al hoe nader aan die spoggerige woonbuurte is. Hulle plant ook voort en bring ‘n stedelike, ontwortelde proletariaat mee wat hulle deeltydse werkgewers nie bedank vir die werksgeleentheid nie, maar hulle haat vir die weelde wat hulle het en die uitbuiting wat hulle toepas. Dis nie toevallig dat misdaad in veral stede en veral die ryk gebiede feitlik buite beheer is en dat geen heinings of alarms dit kan keer nie.
As ‘n mens dit in gedagte hou dan is die volkseie arbeid, ten spyte van alle beperkinge, die enigste gangbare weg. Daar is wel korttermyn-nadele, wat dit vir mense wat net aan die hier en nou en aan die rand en sent dink, onaantreklik maak. Dit is relatief duur en dikwels ten minste in die begin nie baie produktief nie. Witmense is dikwels nie gewoond aan handearbeid nie en ‘n vakmanstrots en vaardighede ontbreek. En, uit dieselfde oogpunt van die mense wat gemak soek en korttermyn kyk: jy kan nie ‘n wit werker soos ‘n onderdanige dienaar behandel nie en jy kan hom nie in die aand weer in die plakkerskamp aflaai en van hom vergeet nie.
Maar hierdie kastige nadele word meer as opgemaak deur die voordele. Ons  vestig ons eie Afrikanermense in ons omgewing, wat later ‘n stabiele en opbouende deel van ons samelewing word. Hulle stem vir dieselfde partye, aanbid in dieselfde kerke, beoefen in dieselfde gebiede en dikwels op dieselfde manier hulle vrye tyd. Jy as werkgewer  verleen daadwerklike liefdadigheid en het nog die voordeel van werk wat wel gedoen word. Vorentoe vestig ons waardevolle vaardighede, wat die vereiste is van ‘n eerste wêreldse samelewing. Met goedkoop arbeid sal jy ‘n derde wêreldland met groot ongelykhede bly; met duurder, maar gekwalifiseerde arbeid sal jy geleidelik ontwikkel in ‘n ontwikkelde land, met al die voordele daaraan verbonde soos hoë standaarde, goeie besighede, kwaliteit werk, betroubaarheid, hoë kultuur en beter veiligheid.
Verder kan ons met trots sê dat ons dit opgebou het en geen swart aktiviste kan daarmee stry nie of iets eis nie. En as jy wel in ‘n geskil met jou werker kom word dit op ‘n beskaafde manier opgelos, deur mediasie, en jy eindig nie met ‘n mes in die rug of ‘n deurgesnyde keel nie.
Waar volksvreemde plakkery ‘n bedreiging is, beteken vestiging van meer en meer Afrikaners ‘n verhoging van veiligheid. Arbeid trek mense, en dus moet ons die mag om arbeid te kan gee, gebruik om die regte mense te trek. Die redenasie dat die werklose massas in elk geval daar is en werk moet kry hou nie water nie, want dit is eers die insuig in die blanke en stedelike werksopset wat gemaak het dat hulle hulle plattelandse gebiede verlaat het en dikwels in monsters verander in die vreemde stadsopset met al die versoekinge rondom hulle.
Daar is dus geen alternatief en ook geen versagting as dit kom by volkseie arbeid nie. Dit is die een gebod wat vir altyd moet geld, anders beteken die volkstaat niks nie. Op kort termyn mag dit oordrewe ideologies voorkom, op lang termyn is dit die enigste haalbare werkswyse.
Om die volkseie arbeid uit die volkstaatidee en volkstaatpraktyk te haal is soos om God uit die kerk te haal. Die kerk sonder God is ‘n liefdadigheids- en kuierorganisasie wat geen bestaansreg het nie. Die volkstaat of Orania sonder volkseie arbeid is niks anders as talle ander netjiese dorpe met mooi natuurskoon wat onvolhoubaar is en op geleende tyd leef nie.

Deel/Stuur

38 Reaksies op “Waarom eie arbeid ononderhandelbaar is”

  1. Ben le Roux 2 April 2011 at 04:36 Permalink

    “Dis nie toevallig nie dat Suid-Afrikaanse huise baie mooier en meer weelderig lyk as selfs in lande soos Duitsland, Britanje of Frankryk.” Ek sou ons benadering as kitsch beskryf!In Europa het die eerste huise as ‘n natuurlike deel van die omgewing ontstaan.Deel van die omgewing soos byvoorbeeld ‘n miershoop of voelnes.Die grootste inmenging was om die veld ietwat te orden.Instandhouding was beperk tot die groentetuin en vrugteboord.Konings se paleise was die enigste met uitspattige tuine.’n Paar blommetjies of kruie in ‘n lang bak op die vensterbank was hoe ver fyntuin vir die gewone huishouding gegaan het. ‘n Terugkeer na geordende veld is ‘n kuns wat weer geleer moet word.Nie net sal dit ‘n groener inslag he nie maar ook die afhanklikheid van arbeid buite die gesin verminder. Ons het verleer om innoverend te dink en te doen.Ons benadering moet verander, nie net tov volkseie arbeid nie maar ook tov die meer ekonomiese gebruik van arbeid. Goedkoop vreemde arbeid het ons spandabelrig gemaak. In Orania word die visier duidelik op ‘n hoeer vlak gestel en vir baie is dit ‘n moeilike aanpassing, maar soos jy se Sebastiaan,maak die langtermyn voordele dit die moeite werd. Dit geld ook vir Jaco se blog oor groendenke.

  2. Ben le Roux 2 April 2011 at 04:37 Permalink

    “Dis nie toevallig nie dat Suid-Afrikaanse huise baie mooier en meer weelderig lyk as selfs in lande soos Duitsland, Britanje of Frankryk.” Ek sou ons benadering as kitsch beskryf! In Europa het die eerste huise as ‘n natuurlike deel van die omgewing ontstaan.Deel van die omgewing soos byvoorbeeld ‘n miershoop of voelnes.Die grootste inmenging was om die veld ietwat te orden.Instandhouding was beperk tot die groentetuin en vrugteboord.Konings se paleise was die enigste met uitspattige tuine.’n Paar blommetjies of kruie in ‘n lang bak op die vensterbank was hoe ver fyntuin vir die gewone huishouding gegaan het. ‘n Terugkeer na geordende veld is ‘n kuns wat weer geleer moet word.Nie net sal dit ‘n groener inslag he nie maar ook die afhanklikheid van arbeid buite die gesin verminder. Ons het verleer om innoverend te dink en te doen.Ons benadering moet verander, nie net tov volkseie arbeid nie maar ook tov die meer ekonomiese gebruik van arbeid. Goedkoop vreemde arbeid het ons spandabelrig gemaak. In Orania word die visier duidelik op ‘n hoeer vlak gestel en vir baie is dit ‘n moeilike aanpassing, maar soos jy se Sebastiaan,maak die langtermyn voordele dit die moeite werd. Dit geld ook vir Jaco se blog oor groendenke.

  3. Aardskip 2 April 2011 at 13:52 Permalink

    Wat gebeur as ‘n persoon spesialiste nodig is?

    Gestel die spesialiste is iets wat nie deur Volkseie arbeid verrig kan word nie soos skaapskeerders.

    • Sebastiaan 4 April 2011 at 08:19 Permalink

      Die doel en strewe met Orania se volkseie arbeid is ook om Afrikaner-spesialiste te skep. Ons het geen spesialiste in die begin gehad nie en as ons in die begin gesê het “ons het nie xyz want dit is (swart) spesialisberoepe, dan kon ons die volkseie arbeid en vryheid net daar begrawe het. Die waarheid is dat talle spesialiswerke feitlik slegs deur blankes gedoen word (vlieëniers, ouditeurs, spesialis-tegnici, ingenieurs ens), terwyl die sogenaamde swart spesialisberoepe soos skaapskeerder, plaaswerker, tuiniers, draadspanners ens maklik deur blankes aangeleer kan word. Ons moet die afhanklikheid van swart arbeid verminder, nie altyd nog meer nuwe uitsonderings maak nie.

  4. Ben le Roux 2 April 2011 at 14:57 Permalink

    Aardskip,die Ozzies skeer hulle eie skape, ons kan seker maar ook! Wat is daar wat mens nie eintlik maar self kan doen nie?

  5. Marna 4 April 2011 at 20:06 Permalink

    Hallo Sebastiaan, baie duidelik gegronde uiteensetting van ons hoof strewe, naamlik dat die basis van ‘n volk se ondergang, is volksvreemde arbeid…. En ja jy is reg: volkseie-arbeid is die basis van Orania se sukses…. Ongelukkig is jy reg dat die rede hoekom nie meer hulle hier kom vestig nie, is omdat ons mense te lui is om die basiese werk self te doen….

    Vir ons wat dit al meer as 20jaar self doen, is daar net geen alternatief nie!

    Baie geluk met ‘n mooi uiteensetting!!

  6. Jelleke Wierenga 5 April 2011 at 05:13 Permalink

    Ja, inderdaad, Orania sou uit sy nate gebars het as dit nie was vir die hoë springlat van volkseie arbeid nie, wat in die praktyk meestal neerkom op “doen jou eie harde en vuil werk self”. ‘n Mens is ‘n rariteit in die gemiddelde blanke woonbuurt as jy self jou huis- en tuinwerk doen, self (as vrou) die meeste herstelwerkies doen, jou motor net vir lang afstande gebruik en eenvoudig en gesond wil lewe.

    ‘n Vriendin wat ‘n tyd lank in Jemen gewerk het, vertel watter kultuurskok dit is om terug te kom: die ongebreidelde materialisme, die selfsugtige verbruikersmentaliteit en die “kaal” kleredrag.

    Iets wat my lankal hinder, is hoe materialisties, gemaksugtig en onverskillig jeens die omgewing die meeste Afrikaners is. Die nuutste motor en viertrekvoertuig, selfoon, televisie, klanktoerusting en geriefsartikels: dís die nuwe gebooie. Spreek jy jou boonop uit teen die afgod en dwelm wat rugby en sport geword het, is jy beslis persona non grata in die meeste Afrikanerkringe.

    Hopelik sal Orania die tuiste word van al hoe meer denkende Afrikaners wat bewustelik lewe met die toekoms in gedagte, die langtermynwinste, soos Sebastiaan sê. In die boek “Voices of our ancestors” vertel die skrywer Dhyani Ywahoo hoe die Cherokee-Indianestam van Amerika die belange van sewe nageslagte in ag neem wanneer besluite geneem word.

    Mag ons klein wit stam hier aan die suidpunt van Afrika op ‘n nuwe fondament van selfrespek, respek teenoor ander, respek vir die omgewing en respek vir ons nageslag begin lewe.

  7. Lukas 5 April 2011 at 05:56 Permalink

    Ek stem saam, volkseie arbeid in Orania is ononderhandelbaar. Die uitdaging waarmee Oania egter huidiglik sit is dat daar nie genoeg geleenthede vir volkseie arbeid vir huidige of voornemende Oraniers is nie. Die bestuur van Orania sal moet begin kyk na maniere om volgehoue werksgeleenthede te skep vir jong Afrikaners wat selftrots, ekonomiese vooruitgang, werksbevrediging, loppbaan bevorderingsgeleenthede aan die werker sal bied. Met nie te veel geld nie, klein bietjie inisiatief en baie deursettingsvermoee is sulke opsies/oplossings legio.

    • ARNOLD DE BEER 4 Junie 2011 at 15:35 Permalink

      Ek wil graag hierby aansluit:
      Ek kan nie aan ‘n beter idee dink as die een nie!
      Vestig Opleiding skole in Orania. Dit hoef nie oornag te gebeur nie.
      Ons weet almal wat in NSA. rondom Afrikaanse skole aan die gang is.
      Kry daardie jong Afrikaners om hulle studies in hulle eie taal en tussen hulle eie mense te kom doen.
      Al gaan hy na opleiding elders heen, maak dit nie saak nie.
      Die Komminuste sê mos: Gee jou kind net vir sewe jaar vir ons, dan kan jy hom terug kry.
      Hy is daarna vir die res van sy lewe ‘n komminus.
      Dit geld ook vir ons. Kry die Afrikaner kinders uit die NSA skole, so gou as moontlik.
      Dan het ons ‘n Volkstater vir die res van sy lewe!!
      Hierdie Volkstaat resep is, wat my betref, die vinnigste metode om ‘n eie grongebied te bekom.
      Daardie selfde kinders sal dit doen.
      Hoe meer Orania opgeleide studente die wêreld gaan verken, hoe meer sal Orania baat.
      Daar is baie ander voordele: ‘n Paar honderd Studente het ‘n infrastruktuur nodig. hulle het persoonlike behoeftes waarvoor talle besighede geskep moet word.
      Die voordele is teveel om op te noem.
      Meer en meer werk word geskep.
      Gesondheids dienste moet tred hou. Behuising, ontspanning ens.ens.
      Ek glo nie daar bestaan ‘n landbou kollege meer in NSA nie.
      Wel! nie soos ons dit jare gelede geken het nie. Orania is by uitstek geskik vir so iets.
      Kom nou mense dink aan nog Planne!!!
      Ek glo dat Orania selfs buitelanse finansieele hulp en skenkings sal ontvang vir so ‘n projek!!!!

  8. Bennie Burger 5 April 2011 at 06:15 Permalink

    Ek dink nie dat daar enigsins ‘n menings verskil is oor volkseie arbeid onder die mense wat Orania as inwoner en uitwoner (soos ek) en die volkstaat beginsel ondersteun nie. Immers lui die spreekwoord “Arbeid Adel”. Daar moet teen twee aspekte gewaak word. Eie arbeid moet altyd die middel tot die doel wees en nie die doel self nie. Daar moet deurentyd innoverend gedink word en groter klem moet op meganisasie gelê word want die feit van die saak is dat Orania ook ekonomies moet groei. Met beperkte grondgebied en grondstowwe is dit voorwaar ‘n uitdaging. Om dit te maak werk kan ons as voorbeeld die stamland Nederland navolg.

    Jelleke,hoe welkom sal ek in Orania wees as ek met my nuwe viertrek voertuig selfoon klanktoerusting en geriefsartikels ‘n besigheid op Orania stig met al die nuutste tegnologiese toerusting en steeds ‘n stoere uitgesproke Blou Bul ondersteuner bly?

    • Sebastiaan 2 Mei 2011 at 07:55 Permalink

      Orania is ‘n plek vir alle Afrikaners wat hier tuis voel en die beginsels ondersteun. Ons het van die heel eenvoudigste tot die heel gesofistikeerde mense hier, alternatiewes sowel as deursnee-Afrikaners. Ek persoonlik verkies die soort lewe wat Jelleke beskryf, maar ek voel beslis nie ongemaklik nie met iemand wat hou van die nuutste tegnologie, selfs al is hy ‘n bloubul !-). Hier is baie bloubulle op Orania, en ek en talle ander ry ook 4trekvoertuie,in my geval is dit ‘n noodsaaklikheid, nie ‘n luukse nie.

  9. Nonna-Mari Riese 5 April 2011 at 07:08 Permalink

    Dit is waar dat die Afrikaner mense materialisties, sport behep en gemaksugtig geword het. Ek kon onthou as kind het bitter min mense tuinjonge of huishulpe gehad. Dit was beperk tot ryk mense waar die pa en ma gewerk het. Ons het as kinder saam met ons ouers in die tuin gewerk en in die huis. Tiener-nukke was nie geduld nie en is ons gestraf as ons onbeskof was met ouer mense. Maar helaas ons jong mense van vandag is eenvoudig LUI!!! Want daar is ‘n Alina in die huis en ‘n Petrus in die tuin. Kinders leer nie meer werkstrots wat begin by ‘n eenvoudige ding soos bed opmaak. Ons Afrikaner het ook nie meer eie trots en sien jy op baie straat hoeke mense wat eerder sal bedel as om hul dienste as huishulpe of tuinwerkers aan te bied. Ek is ‘n enkel ouer en het altyd gese ek sal eerder as ‘n bediende werk voor ek sal staan en bedel. Ek luister na die vroue van my ouderdom, en dit is veel makliker en koop elke aand kos of vra die huiswerker om te kook, as wat dit is om self te kook.En kinders leer van ons af om lui te wees. My kinders moet ongelukkig, teenstrydig met die sogenaamde kinderwette, my help om die huis en daar voor verdien hulle sakgeld. Kinders moet leer om self goed te doen en dat jy alleenlik beloon kan word indien jy jou kant ook bring. EN ek stem saam met Jelleka, ons kinders loop half naak en dit kan my grensloos irriteer. Ek stem vir eie beskikking, nie om rassisties te wees maar ek voel dieselfde waardes, geloof en geskiedenis hoort bymekkaar.

  10. Theo Berning 5 April 2011 at 09:37 Permalink

    As ‘n buitestaander bewonder en beny ek die samelewings dinamiek wat in die afgelope jare tot stand gekom het in Orania en sal graag in die nabye toekoms Orania wil besoek.Ek wil net byvoeg dat met gemaksugtigheid leer ‘n mens swaar om verantwoordelik te wees en karakterontwikkeling te toon. Wanneer ‘n mens se verantwoordeliks sin versterk en groei dan begin hy ook beter oor homself te voel en lewer toenemend konstruktiewe bydraes tot sy samelewing. ‘n Klemverskuiwing moet kom in ons blankes se denkwyse oor indiensneming van ‘n medeblanke vir romp-slomp skoonmaak-tipe werk en natuurlik andersom. Eie trots staan baie in die pad want indiensneming is gedoen met die baas-klaas benadering in die verlede en nogsteeds.
    Ek glo die gemeenskap in Orania het daardie klemverskuiwing gedoen en die resultaat is ‘n vredevolle vrug van geregtigheid en sinergie.Volkseie arbeid is beslis ‘n proses wat ‘n bepalende rol speel by volksidentiteit en volkssamehorigheid.

  11. Du Toit Maritz 5 April 2011 at 10:40 Permalink

    Die beginsel van minder grond per landbouer en intensiewe, eerder as ekstensiewe landbou (soos op Orania), is internasionaal die reel, eerder as die uitsondering.

    Ek was onlangs in Tasmanie, en die plase daar het my baie laat dink aan wat in Orania gebeur: die plase is kleiner, word intensief bewerk deur ‘n boer en sy gesin. Buite-arbeid word net in uitsonderingsgevalle ingekry, soos wanneer die oes afgehaal moet word of spesieke projekte geloods word (soos die bou van ‘n dam of skuur). Veeboerdery en melkerye word deur gesinne gedoen, sonder veel hulp. Ek verstaan dat dit ook in groot dele van Europa ook so werk.

    So afgesien van alle ander oorwegings, is Orania eintlik ‘n model van vernuwing in landbou en van ekonomiese opbou in buite-stedelike gebiede.

    Dit is tog interessant hoe mense wat Orania besoek dit probeer vergelyk met Waterkloof of Linden of sulke plekke: ‘n beter vergelyking sou wees met naburige dorpe soos Phillipstown – gaan kyk gerus hoe ander Noord-Kaapse dorpe lyk , dan praat ons weer (die hele dorp, nie net die paar rykmanshuise nie!).

    So ek is bly dit gaan goed met Orania – ek dink julle het reeds baie reggekry in ‘n kort rukkie.

  12. Johan Smith 5 April 2011 at 11:10 Permalink

    Goeie verduideliking en berig. Is altyd amuserend om te hoor van mense wat eie arbeid teenstaan en iets daaroor te se het en dan altyd ‘n rassistiese konnetasie tot gevolg het, maar die werklikheid is dat ons wit kinders aangemoedig word om in Engeland, Amerika en elders te gaan werk en ‘n baie lae klas werk te doen. Uit Orania se oogpunt is dit nie om mense as slawe te gebruik nie maar om ons eie nasie self voorsienend te maak om te bestaan daarom stel ek voor Orania moet gaan kers opsteek in Israel en kyk na die kibboets sisteem waar jong kinders na skool heen gaan om te werk en in daardie tyd hulleself vind soos ons in die vroeee dae in die weermag gehad het ….daai tyd wat jy opgroei en selfstandigheid kry buite jou huis en verstaan waaroor dit gaan om te werk. Ons kan dan Orania meer toeganklik maak vir jong mense wat dan sal sien waaroor alles gaan en hopelik in die toekoms hulleself daar sal kom vestig. Ek was al ‘n paar keer in Australia en daar staan niks verkeerds met die mense om hande in eie sak te steek en enige werk te doen nie……hoekom ons ook nie? Ek dink daar is gulde geleenthede om so iets van die grond af te bring met die beskikbaarheid van grond en water en weereens eie groente en vrugte wat weer inkomstes kan inbring. Ek wens om in die nabye toekoms my eie gewig in te gooi in Orania self en nie as ‘n uitwoner nie.

  13. MECHIEL VAN NIEKERK 5 April 2011 at 12:18 Permalink

    EK HET ORANIA HELP BOU! EK IS ‘N DOSENT BY ‘N OPLEIDINGSKOLLEGE IN GEORGE WAAR EK VERPLIG IS OM ALLE RASSE OP TE LEI IN DIE ELEKTRIESE INGENEURSWESE (AMBAGTE).HIER WORD GEEN KEURING VAN MOONTLIKE KANDIDATE GEDOEN NIE,OF DIE MAN NOU GESKIK IS OF NIE,HY MOET EENVOUDIG NET OPGELEI WORD.SOOS ONS WEET,HET DIE TOTALE ONDERWYS EN OPLEIDINGSTELSEL JAMMERLIK MISLUK.EK SOU WOU SIEN DAT DAAR TE ORANIA MET ‘N OPLEIDINGSENTRUM BEGIN WORD WAAR AFRIKANERSEUNS WEER MET TROTS EN WAARDIGHEID OPGELEI KAN WORD.DIE HUIDIGE METODE VAN OPLEIDING IS ‘N GRUWELIKE VERMORSING VAN ONS GELD.’N AMPTENAAR VAN DIE ELEKTRIESE SETA HET VIR MY PERSOONLIK GESE “THE LEARNERS SHALL BE COMPETENT AND YOU WILL SEE TO IT” HY WAS BLANK EN,LESER,ONNODIG OM TE VERKLAAR DAT HIERDIE MENSE NIE EERS BEHOORLIK KAN LEES OF SKRYF NIE!EK HET OP ‘N PLAAS NABY HOPETOWN OPGEGROEI,EK EN MY EGGENOTE WAS DIE EERSTE PAARTJIE WAT TE ORANIA IN DIE HUWELIK BEVESTIG IS,ONS ONTHAAL WAS IN DIE MENASIE,TANS DIE AFSAAL KAFEE.EK IS LIEF VIR ORANIA,EK IS LIEF VIR AFRIKAANS,EK IS LIEF VIR OPLEIDING,MAAR DIE MEESTE VAN ALLES,EK IS LIEF VIR GOD DIE VADER,GOD DIE SEUN EN GOD DIE HEILIGE GEES!

    • ARNOLD DE BEER 4 Junie 2011 at 15:50 Permalink

      Mechiel;
      Ek het my brief geskryf nog voordat ek by joune beland het. Ek voel so goed hieroor, dat my stoom ketel wil bars.
      WAT KAN GEDOEN WORD OM DIT IN WERKING TE SIT.Ken jy nie dalk die regte mense of “konneksies nie.
      Dan kan jy met groot spoed weer Orania toe trek.
      Ons kinders is ons Volkstaat!!!

  14. Piet 5 April 2011 at 12:49 Permalink

    Ek wil nie baie se nie, maar ek voel baie sterk dat Orania se voortbestaan daarvan afhang of julle slegs volkseie arbeid gaan gebruik; goed of sleg, bepland of onbepland. Die oomblik wat julle volksanderses daar toelaat sal alles verander(nie oornag nie, dit gebeur altyd so langsamerhand dat niemand agterkom dat dit gebeur nie, maar uiteindelik is dit net so dodelik). My Redes: Wil julle dieselfde elemente daar invoer wat Hilbrow en ons stede na dit verander het wat hulle nou is? ‘n Teken langs ons paaie lees: “Don’t fool yourself; Speed Kills”. Hou maar liewer aan met julle slakkegang. Dis ‘n ordentelike slakkegang. Die blitssnel waarvoor julle dit kan verruil werk nerens nie, al skreeu die voorstaanders daarvan daaroor dat jy hulle by die eindes van die aarde kan hoor.

  15. Pienaartjie 6 April 2011 at 16:25 Permalink

    Sebastiaan, dit is altyd interessant om voor- en teenstanders se reaksies waar te neem, en ek het groot waardering vir jou goed gebalanseerde artikel. Maar, eie arbeid kan mens se^ het onder andere twee bene waarop dit staan: As DIE ALMAGTIGE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die bouers daaraan, en: Kry eers jou land om te produseer, dan moet jy vir jou ‘n huis bou. Ons moet dus nie die wa voor die osse inspan nie.
    As amper 68-jarige is dit nogal ‘n moeilike taak om die twee waarheidsbene bymekaar te bring. Die rede? As jy jou hele lewe lank na sin in die lewe soek en dit eers op jou oudag aan jou geopenbaar word, dan sit jy nogal met ‘n groot tammele^tjie.
    Want jy sien, die Een wat aan ons as DIE ALMAGTIGE verkondig word, IS NIE ‘N MENS SOOS JY EN EK NIE! Wie was Sy raadgewer, of wie het aan Hom eerste gegee sodat Hy so ‘n wese moet vergeld? En dan het Langenhoven ook hoeka ‘n profetiese woord gespreek toe Hy die volgende gese^ het: Die probleem met hierdie volk is dat jy beter weet as ek, die ander beter as jy en hulle almal beter as mekaar! M.a.w., aan planne ontbreek dit nooit nie, en ons is so gou om raad te gee, maar by wie is die guns van DIE ALLERHOOGSTE?
    Daar is ‘n Skrifwoord wat se^: Sy oog is op die nederige van hart! Wie is daar onder ons wat bereid is om eers afgebreek te word voordat Hy so ‘n persoon sal opbou? Alles wat met hierdie volk tot vandag toe gebeur het, was dit nie om ons tot stilstand te dwing nie?
    En, die geleentheid wat besig is om op Orania te ontvou, is dit werklik net gebolsterde Afrikaners wat dit sal waarmaak? Dink weer: Hy wat se^ dat Hy DIE ALMAGTIGE ken, maar nie liefde vir sy eie het nie, so ‘n mens se DIENS-NA-BO is tevergeefs!
    Daarom, laat ons die slap hande oprig (bid en werk) en laat ons die oog op die enige waaragtige Messias gevestig hou (in daad en woord), en Sy troon van Barmhartigheid vootdurend biddend nader om ook aan ons, terwille van SY GROTE NAAM wat ons tot vandag-toe geminag het (hoeveel verksillende sogenaamde kergroepe is daar op Orania alleen nie?) waardeur Hy ons voorouers oorwinning oor die duistere magte geskenk het, om ons te vergewe, weer lewend te maak volgens SY WOORD, sodat ons gelowig Orania tot Sy eer sal opbou en nie tot eer van ‘n verdorwe volk nie. Amein (= deur die geloof sal dit so wees)!

    • Sebastiaan 2 Mei 2011 at 07:28 Permalink

      Heeltemal reg. As ons dit doen wat ons doen sonder erkenning aan God doen, dan sal ons misluk. En as ons die volkstaat bou om dan daar as volk sonder God te lewe sal dit ook alles verniet wees. Orania is ‘n daad van geloof, selfs al leef nie almal in Orania daarvolgens nie.

  16. Johan Conradie 6 April 2011 at 19:36 Permalink

    Opregte Swartleiers weet dat Volkseie-arbeid ononderhandelbaar is en sal nooit as rassisties beskou word nie – die toekoms van ‘n volk is in gedrang sou aan hierdie beginsel getorring word. Om ’n skewe dispensasie soos hier reg te trek, sal nie vermag word met politici wat uitsien na ‘n maandelikse salaris en byvoordele nie.
    Afrikaners wat nie self wil werk nie, veroorsaak rassisme. Hulle gebruik van vreemde arbeid is niks anders as om hul hovaardigheid, verwaandheid en luiheid te onderstreep nie. Swartmense is minderwaardig daarom moet hulle aangewend word vir die dom- en swaarwerk. Opregte Swartleiers kan ons bystaan om hul mense altyd weg te hou van ‘n Afrikaner-Volkstaat. Afrikaners moet gedwing word om self te leer werk. Dit sal hulle aarde toe bring, vreedsame rasseverhoudings kweek met ander volke, met die nodige respek en samehorigheid.
    Die Nasionaliste onder Swartmense doen hul volksgenote ‘n geweldige onreg aan om altyd aangewese te wees op ’n toekoms waar wittes aanhou help en werk skep – dit skep ’n geweldige minderwaardigheidsgevoel onder Swartmense. Wat het geword van die Swartbewussyngevoel van trots en eie identiteit ? die huidige atmosfeer ontmoedig ondernemingskap onder Swartmense.
    Die Engelse se Konsentrasiekampe was ‘n Wêreld-Eerste, toe die Wittes se Apartheid maar die Swartmense aan die Suide van Afrika het gekom met “Partheid” ‘n sisteem waar mense aangehou word om bates op te bou en later ‘n Part hiervan moet afstaan. ‘n Part afstaan aan iemand wat nie saam geswoeg en gesweet het nie, wat nie gewaag het en risiko’s geloop het nie. ‘n Sisteem waar mag bekom word met getalle, om te kan inpalm en bates te vergader sonder harde werk, ywer en wysheid. Dit is valse gevoelens van sukses en verdoem hulle tot aanhoudende verloorders met minderwaardigheidkomplekse – wat ‘n destruktiewe manier om die Swart-Jeug as entrepreneurs ‘n toekoms te ontsê.
    Orania is nie ’n land nie, dit is op hierdie stadium ’n dorp, een van baie dorpe in die beoogde gebied van die Volkstaat. Afrikaners moet spoedig hulself toerus met die vaardighede om effektief, produktief en skeppend met die hele wêreld van masjiene en voertuie te mee kan werk. Wat mense honderd jaar gelede sonder hierdie toerusting en tegnologie in drie jaar vermag het, sal nou in drie dae gedoen word indien hierdie lamheid oorkom kan word.
    Gaan beset die gebied tussen Saldanha en die Namibiese grens, honderde gesinne is reg om te skuif al is dit stuk-stuk. Begeesterde Afrikaners sal eiendomme elders verkoop en eiendomme in die voorgestelde gebied koop. Baie mense sal tussentyd huur tot die tyd sal leer wanneer finaal geskuif moet word.
    Daar is baie geleenthede vir ondernemingskap;
    Wie gaan die veranderings en aanbouings doen ?- ‘n bou-span in elke dorp vir nodige onderhoud en baie nutsmanne.
    Wat van tuindienste – landskapargitekte en tuinboukundiges met spanne teen ‘n vaste maandelikse tarief wat deurentyd die tuin beplant soos seisoene en giere aanbreek.
    Sekuriteitsdienste, Huis-Skoonmaakdienste en wasgoedversorging !

    Baie oues van dae sal in die voorgestelde gebied wil gaan vestig, wie gaan na hulle omsien ? sal daar Afrikaners wees wat verswaktes kan versorg soos om te was en om te draai.
    Pendeldienste ! verskillende tipes bussies, dokter of hospitaal toe, winkels toe !
    Baie afgetredenes is in staat om sulke dienste te bekostig maar waar is ons eie mense, is die vraag wat baie opgehaal word.
    Baie Afrikaners sal steeds buite die Volkstaat nog aanhou moet werk. Sal dit nie verblydend wees dat ons eie mense na ons oues en kinders kan omsien nie – hoeveel hardwerkendes is daar ? mense met integriteit en trots. Ons het baie vêr geval, so vêr dat ons liewer ‘n swartman sal huur om die trok of trekker te bestuur want ons eie mense is te sleg en skelm, met oneindige sosiale probleme sodat hulle byvoorbaat buite rekening gelaat word as werkers. Wat ‘n uitdaging om hierdie mense weer op die spoor te kry met dissipline soos in die Romeinse tyd.
    Naweke sal baie by hul kinders en ouers gaan kuier – wie gaan hulle by die lughawe kom haal of wie gaan ’n motorverhurings-onderneming bedryf waar Volkstaters motors, bakkies en bussies kan huur vir die naweek. Wat van ‘n parkeerarea naby lughawens waar motors tot op datum versien word vir enige dag se regstaan.
    Niemand op hierdie aarde – met al die kennis in pag – sal weet hoeveel Afrikaners moet verskuif en wanneer dit sal wees watter skuif die spreekwoordelike laaste strooi sal wees, wat ons vryheidsideaal onstuitbaar gaan laat opvlam nie.
    Die wind en golwe in daardie gebied moet benut word – plase sonder mielies maar turbines wat inkomstes kan genereer.
    Ons het geen sterk saak op hierdie stadium nie, ook geen hof en land kan nou maklik oortuig word nie, geen beweging en geen protes kan ons werklik effektief help nie. Wat dodelik gaan wees, is die pas waarmee Afrikaners gaan skuif, skuiwe wat mense en volke sal oortuig dat ons die wil het om te oorleef. Die hele gebied sal begin roer en sy eie wind genereer.
    Emigrasie en al die ander opsies is ‘n persoonlike uitkoms, om egter die Afrikaner en Afrikaans te laat oorleef sal moet wees soos twee honderd volke hulself handhaaf – ondervinding deur baie oorloë en konflik – meerderheidsbesetting van ‘n gebied waar elke skroef en steen deur Afrikaners self gedraai en gepak gaan word.

  17. Marie Verster 7 April 2011 at 12:25 Permalink

    Ek dink eie arbeid is ‘n wonderlike idee, daar is so baie wat ons as afrikaner kan doen by onself, tegnieke en kunste wat ons self kan aanleer sonder om afhanklik te wees van ander om dit vir ons te doen.
    Ek is ook seker dat dit soveel meer vir die mense van Oranja beteken om self die arbeid te verrig en te weet dat alles te danke is aan hulle eie harde werk.
    Ek glo persoonlik dat as volkseie-arbeid werk, hoekom dit dan verander.
    Ek is in 1984 gebore, is nou 27, en het groot geword in die tyd toe ons land net begin verander het. My ouma het my groot gemaak en sy was baie ouderwets, so ek het basies met die selfde beginsels groot geword. Ek het my ouma gehelp komberse trap in die bad en stoepe geskrop met ‘n borsel want sy het geglo nuwe metodes werk nie so goed nie, dit is dae wat ek nooit sal vergeet nie, en vandag wens ek ek kan by my venster uitkyk en kinders sien kaalvoet speel en modderkoekies bak. Ons kinders word vandag so gou groot dat hulle uitmis op die dinge wat regtig betekenis gee aan die lewe.
    Ons kinders en selfs ons, weet glad nie wat dit is om hard te werk en ding vir jouself te doen nie.
    Dit is wonderlik om te dink dat daar ‘n plek is soos Oranja waar die Afrikaner self sy hande ingespan het, om die voortbestaan van ‘n volk te kan verbeter.

  18. DJ Venter 14 April 2011 at 11:06 Permalink

    Ek is Ekonomie student aan n universiteit in Pretoria… vele kere word ek gefrustreerd deur die handboek waruit ons leer. So ek het onlangs my eie web blad begin om ander studente meer te vertel oor hoe ek die wereld sien ervaar wat in kontras is met die handboek. Ek is so aangemoedig deur die ekonomiese vooruitgang van orania wat gebaseer is op eie arbeid en die Ora geldstelsel. Ek kan nie wag om my Thesis te skryf nie, ek wil defnitief iets insluit oor orania se ekonomie.
    hou so aan!

    • Jaco Kleynhans 15 April 2011 at 09:20 Permalink

      Ons sien uit na jou tesis. Sterkte daarmee en kom maak gerus ‘n draai in Orania!

  19. Sebastiaan 2 Mei 2011 at 11:19 Permalink

    ‘n Groot lof aan al die komentaarskrywers. Die komentare is goed beredeneerd, insiggewend en behandel die onderwerp. Vergelyk dit met Praag se komentaarblad vol gevloek en beledigings heen en weer en bydrae wat niks met die onderwerp te doen het nie.

  20. Stefan 4 Mei 2011 at 22:00 Permalink

    Goeie dag lesers. Eie arbeid is soos n kultuur en n lewenstyl. Dit wat in Orania gedoen word help om die afrikaner kultuur te behou en daarop te bou. Vandag se mense tot op n punt verval waar hulle eerder swart arbeid gebruik en dit is agv eie arbeid nie deel is van daai lewe is nie. As jy n jongman is kan jy baie van die take self doen en soos wat jy ouer word raak dit moeiliker. Daar sal altyd genoeg jong mense wees om die take te verrig, maar jy moet hulle daardie kultuur insluit en dit is wat Orania doen. n Jongman kan nie veraltyd aanhou met daardie arbeid. Daar moet n beter toekoms wees, elke jongman moet goeie opleiding ontvang sodat hy vir homself kan versorg. Ek stem n opleidings sentrum in Orania sal baie help vir die jongmense, veral die van buite. Ek al gesien hoe lyk die jongmense by die Suid-Kaap Kollege en dit lyk maar sleg (jy sal hom eers n paar goeie klappe moet gee).

    Orania is n landbou dorp en meeste besigheid kom seker van die boere af, dit sal goed wees as Orania produkte (soos werksgereedskap) kan vervaardig vir die boere (en selfs as n uitvoer produk bemark). Dit sal nuwe vaardighede skep in Orania.

    • ARNOLD DE BEER 4 Junie 2011 at 16:19 Permalink

      Stefan;
      Ek het ‘n ent terug ook so ‘n voorstel gemaak.
      Wat van ‘n Landbou Skool. Dit gaan Orania so goed adverteer. Meeste mense was altyd onder die indruk (ek ook) dat Orania vir die Maniaks was.
      Die kinders en jongmense moet een van die daë oorvat. Daar is nie meer so baie tyd oor nie.
      Wat kan gedoen word om dit in plek te kry.????

  21. Hester van Rensburg 26 Junie 2011 at 15:01 Permalink

    Ek oorweeg dit om in Orania te kom woon. Dit sal ‘n groot stap wees, maar ek is al gewoond daaraan om my eie ding te doen. Ons wit vrouens is baie gemaklik as ons die kans kry maar as dit daarop neerkom kan ons baie meer doen as wat ons dink ons kan. Ek verf self mure, spit en maak my eie groentetuin, en kan my eie huis skoon hou, kos maak ens. Ons vrouens moet net die beeld van hulpelose poppies afskud – so sal ons ook meer respek verdien. Dit doen geen afbreek aan jou vroulikheid nie. Jy hoef nie ‘n kakiebroek en “two-tone” hemp te begin dra nie! Ek kan nie verstaan dat mense kan dink handewerk is benede hulle nie.

  22. How to become self-employed 30 November 2011 at 11:36 Permalink

    I like the helpful info you supply in your articles. I’ll bookmark your blog and test once more here frequently. I am slightly sure I’ll learn lots of new stuff proper here! Good luck for the next!

  23. How to be self employed 31 Desember 2011 at 20:08 Permalink

    Interesting Post , Many thanks. living in North East Scotland it’s excellent to find a useful sitelike yours, especially with goodadditions like the one above. Many thanks and keep up the good work.

  24. self-employment 14 Februarie 2012 at 10:33 Permalink

    great advice It’s Info like that, encourages people to keep returning to a excellent site like this. Thank you

  25. business startup course 25 Mei 2012 at 11:24 Permalink

    It’s information like that, motivates people to keep returning to a fantastic resource like this site.

  26. Grow Your Business 25 Augustus 2012 at 17:39 Permalink

    I found this looking for something else, and have to say found it very informative. thanks and keep up the good work.

  27. Danie Smit 14 November 2012 at 02:49 Permalink

    Die huidige begin van die Weskaap se oestyd, en plaaswerkers of dan dorps plakkers en tydelike werkers, wat so geweldadig staak. Is dit dan nie a.g.v. erkers wat na die Weskaap ingevoer of gestroom het, daar na toe en werk gegee isnie? Sou daar so iets gewees het as die boere gebly het by hulle tradissionele werkers . Nou is daar boere , wat heel jaar met skuld moes werk , wat nou geen oestyd gaan he nie. Gaan dit werd wees om jou plaas te verloor omdat jy voorheen minder wou betaal , gedink jy kry ‘n getroue werker?Nou word jy aan die hakskeen gebyt. Buite arbeid , nie Afrikaner , sal nie dadelik nie ,maar dis ‘n geleidelike gly na die vernietiging van Orania. Betaal effe meer , bestuur jou werkers goed, ja daar is vrot Afrikaanse Appels, dis hoekom ek vandag nog na 30 jaar ontsettend bly is oor my tyd in 1SAI in bloem. Ek het in ‘n Dr huis in die Weskaap groot geraak en gedink alle mense is verantwoordelik soos my ouers. Eie arbeid kan werk, dit gaan werk. Orania, moet dit net baie jaloers oppas. ASB ALMAL PAS EIE ARBEID OP.

  28. Danie Smit 15 November 2012 at 07:55 Permalink

    My skoonpa is ‘n boer in sy sewentigs in die Weskaap, sy voerskuur, is gisteraand afgebrand. Orania het ‘n unieke opset in die dat die grond aan ‘n maatskappy behoort en die reel van Afrikaner arbeid alleen toepasbaar is. Hou daarby dit kan ‘n herhaling voorkom wat nou in die Weskaap besig is om te gebeur

  29. HK 14 Maart 2013 at 20:40 Permalink

    Die enigste mense wat wil onderhandel oor arbeid is slegte lui wit mense wat eerder as swart babas gebore moes gewees het. Wit mense in gegoede woonbuurte gebruik goedkoop arbeid van die straat af want hul is te sleg en te lui om hul eie gras te sny en hul eie huise skoon te maak en dan kry hul ook so knippie by die bediende. Misdaad sal met 50% val as wit mense mekaar se veiligheid weer begin in ag neem. Maar jou buurman bring die kriminele van die straat af as goedkoop arbeid sodat hulle by jou kan inbreek en die balans kan steel.

  30. karen 17 Maart 2013 at 18:45 Permalink

    HK, ‘knippie by die bediende’ is in baie swak smaak.


Lewer Kommentaar

*