10 Julie 2017 ~ 18 Kommentare

Volkseie arbeid: hoekom is dit so belangrik?

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Orania is gebou op volkseie arbeid. Vir ons wat hier woon is dit van selfsprekend en ons vergeet dikwels hoe vreemd die konsep vir mense buite Orania is, selfs vir sommige van ons ondersteuners.

Volkseie arbeid is nie ‘n aardigheid nie, dit is as t’ ware die hoeksteen van Orania. Christenskap en Afrikanerskap is ook hoekstene van Orania, maar daar is ook ander dorpe wat ‘n Afrikaanse en Christelike karakter het, maar volkseie arbeid veral is dit is dit wat ons anders maak. Die ou Suid-Afrika was Christelik en Afrikaans gedomineerd, nogtans het dit tot ‘n val gekom.

Daarom weer ‘n verduideliking hoekom volkseie arbeid so uiters belangrik is, meer nog, hoekom die konsep van Orania en die volkstaat daarsonder ondenkbaar is.

 

Demografiese meerderheidsbesetting

Daar was al talle sogenaamde volkstaatplanne waarvan niks gekom het nie, omdat dit nie gepaard gegaan het met meerderheidsbesetting nie. Dit was planne (en daar is nog steeds sulkes) waar grense rondom wit woonbuurte getrek word en waar swart “uitlanders” in- en uitpendel en geen stemreg het nie. Dit is net ‘n poging om apartheid voort te sit en is daarom doodgebore. ‘n Volkstaat moet ‘n oorweldgende Afrikanermeerderheid hê. Dit kan net bereik word as die werksmag, wat in Suid-Afrika die meerderheid van die bevolking is, volksgenote is.

Dit is al oor en oor bewys dat vreemdelinge wat vir jou werk en wat mettertyd die meerderheid word, hulle nie vir altyd deur grense laat keer nie. Niemand wil elke dag na die werk pendel en in arm omstandighede anderkant die grens woon nie. Suid-Afrika kon nooit ‘n hoofsaaklike wit land word nie, soos Australië, Nieu-Seeland, VSA of Kanada nie, omdat van die begin af van slawearbeid en goedkoop vreemde arbeid gebruik gemaak is. Die demografiese ontwikkeling spreek vanself: waar daar nie werk vir blankes uit die laer range was nie, en waar net ‘n hoërklas gevorm het, kon geen volk ontstaan wat die hele gebied kon beset en bewerk nie. Die bevolkingsverhouding tussen blankes en nie-blankes het die hele tyd verswak.

In Orania is die les van die begin af geleer, al was dit ook verbonde met talle terugslae. Dit is egter die enigste dorp in Suid-Afrika sonder sy “lokasie” en die daarmee gepaardgaande bedreiging. Hier is werkgewers en werknemers volksgenote en woon langs mekaar.

 

Politieke mag

Saam met meerderheidsbesetting gaan ook politieke beheer gepaard. Na 1994 het die “lokasies” die beheer oor die eertydse blanke dorpe oorgeneem, met ver rykende gevolge vir die inwoners van ‘n dorp, soos elke Afrikaner in ‘n mindere of meerdere mate kan getuig. Orania het van die begin af ‘n homogene gemeenskap gevorm met sy eie nie-partypolitieke stelsel, wat in 2000 weer deur ‘n hofsaak herbevestig is. Dit het tot gevolg dat ons inwoners se heffings gebruik word vir die ontwikkeling van ons dorp en ons mense, en dat ons prioriteite in ag geneem word, soos goeie, werkende infrastruktuur en dienslewering, onderhoud van openbare geboue, sportterreine en museums, estetiese bevordering ensovoorts.

 

Werkskepping vir Afrikaners

Nie alle Afrikaners het gesogte akademiese kwalifikasies en kan op enige plek in die wêreld werk kry nie. Daar is meer en meer wat veral weens diskriminasie in die werksplek nêrens meer geholpe kan raak nie maar wat eintlik vaardig en toegewyd is. Veral die bloukraagsektor is vir blankes grootliks gesluit omdat die massas swart werksoekendes veral daar geakkommodeer moet word. Danksy die beginsel van volkseie arbeid in Orania kon hele beroepsgroepe vir Afrikaners herskep word wat elders amper nie meer bestaan nie, soos bouers, plaaswerkers, munisipale werkers, rakpakkers, kassiere, ensovoorts.

 

Minder konflik met ‘n homogene werksmag

Waar daar ‘n homogene werksmag bestaan en werkgewer en werknemer dieselfde taal praat en dieselfde waardes en kultuur deel, is konflik baie minder en gewoonlik redelik maklik oplosbaar. In homogene samelewings is daar selde stakings, en hulle gaan ook gewoonlik sonder geweldpleging gepaard. In Suid-Afrika is feitlik geen staking net oor werksverwante sake nie, daar is altyd ‘n groter vraagstuk van rassisme, uitbuiting, wit kapitalisme, strukturele geweld, swart bevryding, weg met Afrikaans, ensovoorts en kan daarom selde bevredigend opgelos word. Stakings in etnies verdeelde samelewings word dan ook dikwels monsterings van etniese of rasgebonde mag. Misverstande oor taalgrense heen maak dikwels van ‘n onskuldige grappie ‘n rassistiese belediging. In Orania was daar nog nooit ‘n staking of wegblyaksie nie.

Ontwikkeling van ‘n gesonde ekonomie

Eie arbeid lei tot beter vergoeding, omdat jou volksgenote meer lojaal en meer produktief is as vreemdes wat voel hulle word uitgebuit en wat daarom vyandig teenoor die werkgewer en die maatskappy staan. Die saamlopende verdeling van ras en klas is gevaarlik want werkgewer en werknemer is nie vennote nie, maar vyande, en daarom is die kommunistiese logika in Suid-Afrika veral onder swart vakbondlede so aantreklik. Die belange van die ras of groep kom eerste, volgens die logika. In ‘n homogene samelewing kom de belange van die land en die maatskappy eerste. ‘n Florerende maatskappy kan beter lone betaal, tevrede werkers werk meer effektief en spandeer hulle geld meer doelgerig en op ‘n hoër vlak. Werknemers wat die werkgewer nie as vyand nie, maar as vennoot en voorbeeld sien, strewe nie na sy vernietiging nie, maar daarna om sy voorbeeld te volg en self eendag selfstandig te wees. Waar mense etnies homogeen is, het hulle ook dieselfde behoefte aan produkte en dienste en kan dit vir mekaar voorsien. Die uitwerking van ‘n werkmag met heeltemal ander gewoontes en voorkeure is in elke klein dorp se ekonomie te sien, met die soort winkels wat ontstaan vir swart behoeftes, terwyl ander, wat meer op die wit mark gerig is, verdwyn. Meer nog, die geld sirkuleer nie. Swart werknemers spandeer hulle geld in byvoorbeeld Sjinese goedkoop winkels, en die Sjinees koop nie plaaslik nie maar by sy familie in Johannesburg of selfs Sjina. Dis hoekom so veel klein dorpe net verder verarm. Dit is nie toevallig dat Orania seker die meeste besighede

gemeet aan die bevolkingsgetal het.

 

 

 

Deel/Stuur

18 Reaksies op “Volkseie arbeid: hoekom is dit so belangrik?”

  1. Rassie Erasmus 10 Julie 2017 at 16:32 Permalink

    Hoe is pryse vir ‘n erf? Wat is die hitte grade winter en somer weer?
    Groete
    Rassie.

    • Sebastiaan Biehl 10 Julie 2017 at 16:40 Permalink

      Rassie, erfpryse wissel tussen R60 000 en R300 000. Winters is koud deur die nag (rondom vriespunt) maar draaglik deur die dag (15-20), somers is baie warm (tot 40 grade en selfs meer.

  2. Nic Graaff 10 Julie 2017 at 17:52 Permalink

    wat is die opsies wat daar is om n erf te koop deposito en terme

    • Sebastiaan 12 Julie 2017 at 08:25 Permalink

      Nico, die beste is om die eiendomsagente te kontak oor erwe: Afsaal Eiendomme 053-2070040, of Seeff Eiendomme, 072 5472157. Kyk ook op die webblad http://www.afsaal-op-orania.co.za
      Onthou dat jy eers verblyfreg moet kry voor jy kan eiendom koop. Verblyfregvorms word verkry by lenie@orania.co.za

  3. Joop Swanepoel 10 Julie 2017 at 18:22 Permalink

    Alles baie waar – selfs die ‘bastion’ Europa wys ons nou dat as jy nie waak oor jou werkersmag nie, kan jy oorstroom word en onkeerbaar verander word in iets anders as die heersende kultuur. As die Afrikanerkultuur eers vernietig is, sal dit nooit weer terugkeer nie. Dus is dit ononderhandelbaar om ons werkgeleenthede in Orania vir volksgenote te reserveer.

  4. jason howe 10 Julie 2017 at 18:28 Permalink

    Ek Wen’s daar was plek vir die bruin man.
    Ons kan nie meer so lewe nie.

  5. Andre 10 Julie 2017 at 19:20 Permalink

    Sebastiaan, jy slaan die spyker op die kop. Die model het reeds bewys dit werk al kan dit dalk nog biethjie verfyn word en met mense soos jy wat dit vertroetel sal dit net beter en sterker word.

    Ek beplan reeds my inskakeling met volle begrip dat ek my eie heil sal moet skep, maar ten minste is daar n standvastige platform geskep. Miskien is dit juis wat so goed is, die wat wil (en verstaan dit is nie n gratis rit nie), die kan dit oor n periode doen met maklikke inskakeling en beplanning, solank daar begrip is vir die doelwit.

    Groete Andre

  6. Theuns VAN TONDER 10 Julie 2017 at 21:49 Permalink

    Werkers is altyd baie meer as die besigheidseienaars. Getalle werkers is dus nodig om groei te bewerkstellig. Verblyf vir hierdie werkers is dan sekerlik die belangrikste element om dit moontlik te maak om voldoende werkers te kry. Weens die feit dat hul reeds min geld het “huur” te duur sonder geld en koop onmoontlik. Erwe , huise en plotte in Orania is relatief duur vs buurdorpe. Is daar goedkoop behuising beskikbaar om “werklose” mense te akkommodeer en terselfdertyd hande beskikbaar te kry vir groei? Hoe word behuising vir werkers opgelos?

    • Sebastiaan 11 Julie 2017 at 12:56 Permalink

      Theuns, dit is ‘n bietjie van ‘n hoender-eier situasie. Ons moet eers bekostigbare huurbehuisng skep voor jy groot getalle werkers kan akkommodeer. Tans is die Gannabosprojek aan die gang wat verligting vir werkers wat wil huur sal bring. Terselfdertyd is dit ook belangrik om bekostigbare erwe beskikbaar te stel sodat ook mense met ‘n kleiner inkomste huiseienaars kan word. Die Kleingelukerwe wat die Dorpsraad teen kosprys beskikbaar gestel het, maak so iets moontlik en ‘n hele paar mense uit die lae middelklas kon hulle eie huise bou. Meer lede vir die Orania Beweging help ook en ek wil almal wat nog nie ‘n lid is, aanmoedig om dit te doen. Nou is dit egter ook belangrik dat werkers ‘n langtermyn denke ontwikkel en vir hulle ‘n toekomsperspektief opbou en nie net van dag tot dag lewe nie. ‘n Hoër salaris alleen help nie as jy gewoond is om alles uit te gee. Van die opgeleide bouers verdien nie sleg nie, maar kan dikwels nie met geld werk nie.

  7. Andre van Rooyen 11 Julie 2017 at 09:17 Permalink

    Mooi artikel Sebastiaan in eenvoudige Afrikaans. Ek het egter nooit besef dat wanneer vakbonde onderhandel oor salarisse, alle werkgewers geraak word. Maw die wat goeie winste het sowel as digene met swak winste. Dus begin die ‘onderste’ groep dit al moeiliker vind om te oorleef, gevolglik verloor betrokke wernemers uiteindelik net hul werk as die werkgewers ondergaan. Die sterker wergewers oorleef tot die volgende rondte. Een buurman wat ek geken het, het tydens stakings dadelik sy besigheid gesluit en later as alles oorgewaai het onder ‘n nuwe besigheidsnaam begin; maar ek kon nooit die logika hiervan verstaan.

  8. Schalk Albertyn 11 Julie 2017 at 11:55 Permalink

    Uitstekende uiteensetting van ‘n belangrike beginsel wat Orania maak werk, Sebastiaan. Daar is egter ‘n ernstige probleem wat nog nie voldoende aangespreek is nie en wat al groter word soos Orania groei.Die sg. werkersmag wat nie eiendom in Orania besit nie, maar slegs huurders van huise, kamers, ens is, het geen “stemreg” of inspraak in die beleid van die dorp nie. Dit hou verband met die feit dat die dorp as ‘n maatskappy (aandeleblok maatskappy) funksioneer waar slegs aandeelhouers, resp. eienaars van eiendom, inspraak en stemreg het oor hoe die dorp bestuur word en hoe beleid gevorm word. Op die oomblik is die getal nie-aandeelhouers alreeds meer as die getal aandeelhouers. Is daar nie ‘n gevaar dat hulle mettertyd dieselfde onmagtige gevoel sal begin ontwikkel as wat die massa politiek-onbemagtigde swartmense in die ou SA gedryf het tot die rewolusionere optredes wat die Nasionale Party regering tot oorgawe gedwing het nie? Daar sal dringend na kreatiewe oplossings gesoek moet word om hierdie mense ook “stemreg” binne die beleidmakende en bestuursaspekte van Orania te gee, want die bestaande stelsel is totaal onvoldoende (hier verwys ek na die verkiesing van die OVR en die enkele verteenwoordiger vir die Direksie van VAB wat deur nie-aandeelhouers aangewys word).
    Ons kan nie net volstaan met die gedagte dat ons besig is om ‘n volkstaat te bou nie. Die staatsbestel moet ook gelykberegtiging vir alle burgers daarstel. Indien die huidige werkersklas nie voel dat hulle deel is van ‘n toekoms wat hulle vir hulle kinders en nageslag bou nie, is die bestel wat ons hier vestig nie volhoubaar nie. Regverdigheid teenoor almal wat hulself verbind het om in Orania te woon en werk, moet een van die boustene van ons ideaal wees.
    Ek het nie die antwoord/e op hierdie probleem nie, maar wil graag lojale kritiek op die huidige bestel lewer en sien dat hieroor ‘n gesprek sal loskom wat kreatiewe oplossings sal bied.

    • Sebastiaan 11 Julie 2017 at 12:49 Permalink

      Dit is inderdaad ‘n belangrike punt. Ons kan nie Orania soos deur ‘n aristokrasie bestuur nie, aan die ander kant is een mens een stem ook nie regverdig nie, want immers het aandeelhouers baie meer ingesit en is dikwels meer lojale en stabile inwoners as huurders. Die OVR bied darem vir elke inwoner die kans om te stem en balanseer die VAB. Maar die debat moet voortgaan. Mense wat al lank in Orania woon en werk en hulle bydrae lewer, maar nogtans huur omdat eiendom vir hulle onbekostigbaar is, moet ook erkenning en seggenskap kry.

      • Johan 11 Julie 2017 at 13:36 Permalink

        Dis vandag met informatika maklik om ‘n oop meritokrasie met geweegde stem te bedryf.

        Dis soortgelyk, op ‘n manier, aan die stem stelsels in sommige antieke republieke, en derhalwe nie vreemd tot Republikeinse denke nie.

        Ons het almal eerstehands ervaar wat die rampspoedige gevolge van ‘n demokratiese stelsel is, en Republikanisme is derhalwe daarmee besoedel dat die twee in baie mense se gedagtewêreld, vandag ononderskeidbaar is.

        Deur meritokrasie, kan opbouende bydraes beloon word deur dinge soos jare stryd, belastingbydrae, eiendomsbesit, kwalifikasie, gesingrootte by te reken in ‘n stemgewig.

  9. Ben 14 Julie 2017 at 15:28 Permalink

    Wat van meer as een stem na gelang van verantwoordelikheid – ambagopleiding, universititsopleiding, besit van eiendom ens. Sommige met voer stemme en ander met een? Stel uitdagings en skep regverdigheid…

  10. Ben 14 Julie 2017 at 15:29 Permalink

    vier pardon

  11. Ben 22 Julie 2017 at 13:51 Permalink

    Persoonlik dink ek ‘n na-aping van (Duitse) Nasionaal Sosialisme of ‘n een-man-een-stem Engelse demokrasie nie hier sal werk nie. As Orania die trots van Afrikaners in die breë wil wees, sal meer unieke stelsels ontwikkel moet word.

    In repliek op Jason Howe hierbo: die meerderheid bruinmense in die Noordkaap stem ANC en as ‘n mens kyk na wat by die Universiteit van Wes-Kaapland en Stellenbosch gebeur het wonder jy oor die lojaliteit jeens Afrikaans. Hoekom dan Afrikaans en nie Engels nie? sou ‘n mens kon vra.

    Staatkundig/polities gesien het Afrikaans myns insiens minder geraamtes in die kas as die Engelse wêreld en die verfoeilike “klein apartheid” met wit-swart bordjies was eerder ‘n oorblyfsel uit Engelse myne. Afrikaners was die eerste om die etniese diversiteit ter plaatse te erken en skole en universiteite te bou wat waardigheid hieraan verleen. NP van Wyk Louw het wel toentertyd ‘n essay oor die bruinmense geskryf wat steeds relevant is. Was die Angola-oorlog dan ook nie bloot ‘n beskerming van jou lotsbestemming nie, soos uitgestippel in Sefanja 3? Die gebied anderkant die Riviere van Kus, dus Suider-Afrika…

    Kultureel het komponiste (wat by die meeste onbekend is) aansluiting gevind by van die beste uit die Europese kultuurerfenis en ‘n bydrae gemaak tot die skep van ‘n Nuwe Wêreld in Afrika. Hoe sou ‘n skrywer soos Van Wyk Louw internasionaal geranglys word? Elisabeth Eybers het die top prys vir letterkunde in Nederland verower…

    Sosio-maatskaplik is die mees welvarende land in Afrika in die 1960’s geskep, miskien juis omdat die mense a.g.v. internasionale sanksies geforseer was om meer selfvoorsienend te raak.

    Geestelik kan dalk by die Quakers geleer word, maar Van Wyk Louw het ook ‘n ander essay geskryf oor die bloei van Afrikaanse te midde van Afrika sosialisme, getalle en geweld en Engelse kapitalisme en internasionalisme.

    Doen diegene wat verengels dit dus nie in essensie vanweë “international business” nie? Verkoop jou siel aan mammon…

    Soek eers die Koninkryk van die Hemele, m.a.w. oplossings op ‘n geestelike vlak… Dit geld stellig vir ‘n volkstaat ook…

  12. Hennie de Bruin 24 Julie 2017 at 17:00 Permalink

    Waarlik `n uitstekende skrywe en verduideliking, dankie Sebastiaan.
    Die vraag na bekostigbare behuising is `n groot en duur probleem, maar daar is sterk moontlikhede om dit te oorkom en so ook die Orania droom uit te brei na naburige dorpe.
    Strydenburg het die kapasiteit om verblyf te bied aan honderde Orania werknemers.
    Deur `n pendelroete te vestig tussen Orania en Strydenburg, kan selfs kinders die geleentheid kry om `n volkseie opvoeding te ontvang binne Orania, sonder die hoë koste van koshuisverblyf.
    Die gemeenskaplike koste kan dus laag gehou word en werknemers kan kwaliteit behuising geniet binne hul finansiële kapasiteit.

    Die beginsel van eie-arbeid is van uiterste belang, dus moet alle rolspelers die Orania beleid onderskryf en ondersteun.

  13. Herman Fyfer 25 Julie 2017 at 10:40 Permalink

    Dankie Sebastian,volkseie arbeid is die enigste oplossing.


Lewer Kommentaar

*