31 Julie 2015 ~ 1 Kommentaar

Is ons/hulle vyandig?

Twee insette tot hierdie inskrywing. Ek lees in bykans elke kritiek op konserwatiewes die een of ander verwysing na die ons/hulle-houding as bewys dat konserwatiewes skoor soek. Spesifiek wys diegene wat reken ons is eerstens Suid-Afrikaners en tweedens Afrikaners dikwels uit hoe die alternatief (Afrikaners in die eerste instansie) noodwendig van die ander inwoners van ons […]

Lees Verder

10 Junie 2015 ~ 2 Kommentare

Westerse minderhede in hul eie lande

MinderheidInEigenLand

Afrikaners sê deesdae graag dat ons die verlede moet vergeet en moet leer om aan te beweeg en op die toekoms te fokus. Daar is egter genoeg rede om nie net alles wat agter ons is te vergeet en te maak asof daar niks uit ons verlede te leer is nie. Een terrein waarop ons, […]

Lees Verder

31 Maart 2015 ~ 0 Kommentaar

‘n Nuwe intellektuele opkoms in Afrikanergeledere

oor-gemeenskap-en-plek1

Ons hoor gereeld dat die Afrikaner rigtingloos en leierloos is. Ons mense het ‘n diepe onsekerheid oor die toekoms en gryp graag na strooihalms in hul soeke na vastigheid. Terwyl Afrikaners oor die afgelope 21 jaar hul aanpasbaarheid ten toon gestel het, is dit ‘n feit dat die toekoms van die Afrikaner onseker is. Die […]

Lees Verder

01 Julie 2014 ~ 11 Kommentare

Sokker help Afrikaners om Westerse kultuur te herbevestig

NederlandSokker2

Die Sokkerwêreldbeker wat tans in Brasilië plaasvind, wys op interessante wyses uit hoe Suid-Afrikaners volgens identiteit internasionaal identifiseer. Suid-Afrika se swak sokkerspan het nie eers vir dié toernooi gekwalifiseer nie en gevolglik behoort Suid-Afrikaners nie juis vreeslik direk in die Wêreldbeker belang te stel nie. Tog is ‘n daar baie Suid-Afrikaners wat vasgenael voor die […]

Lees Verder

13 Mei 2014 ~ 2 Kommentare

Ware bedreigings en ware oplossings

Tydens die pasafgelope nasionale verkiesing het Afrikaners weer gewys wie hulle as hul grootste bedreiging beskou. Dit is natuurlik die ANC. Dié groot magtige party moet net gestop word is die antwoord wat jy by ‘n groot meerderheid Afrikaners sal kry as jy vir hulle vra wat die kriteria is wat hulle in politieke besluitneming […]

Lees Verder

06 Mei 2014 ~ 9 Kommentare

Stemdag is ook belangrik vir Afrikaners

Môre is ‘n belangrike dag vir Suid-Afrika. Dit is ook ‘n belangrike geleentheid vir Afrikaners. Of jy nou stem of nie stem nie die Afrikaner se rol in Suid-Afrika word in elk geval met elke verkiesing getoets. Sedert 1994 het ons rol in Suid-Afrika se politiek stelselmatig afgeneem. Voor 1994 was Afrikaners die primêre rolspelers […]

Lees Verder

19 Februarie 2014 ~ 39 Kommentare

Verkiesing 2014

Grafiek3

Afrikaners staan op die vooraand van die 2014 algemene verkiesing in Suid-Afrika by ‘n politieke kruispad. Die besluite wat ons met hierdie verkiesing neem kan verreikende gevolge hê vir ons vermoë om voordeel te trek uit die parlementêre politiek. Tog is dinge nie meer so duidelik as voorheen nie. Waar die DA met alle krag […]

Lees Verder

31 Januarie 2014 ~ 6 Kommentare

Konsentrasie nodig om impak te maak

Gedurende die 1990’s is daar gereeld na Afrikaners as onmisbaar verwys. Ten spyte van grootskaalse emigrasie na lande soos Australië en Nieu-Seeland was veral Afrikaner dokters, ingenieurs en sakemanne belangrik vir die volhoubaarheid van gemeenskappe, groot maatskappye en selfs die hele Suid-Afrikaanse ekonomie. Afrikaners het belangrike rolle in byna elke sektor van die ekonomie vertolk […]

Lees Verder

10 Desember 2013 ~ 23 Kommentare

Afrikaners en hul reaksie op Mandela-sterfte

Afrikaners se reaksie op die dood van voormalige president Nelson Mandela is nogals deur twee teenpole gekenmerk. Aan die een kant ‘n oordrewe verromantisering wat aan afgodery grens. Aan die ander kant ‘n reaksie van mense wat dink dat as hulle ‘terroris, terroris’ van hul dakke gaan afskree die wêreld skielik minder van Mandela gaan […]

Lees Verder

15 Julie 2013 ~ 4 Kommentare

Kom ons fokus eerder op Orania se trekfaktore

Afrikaners wat na selfbeskikking binne ‘n eie demografiese gebied strewe, insluitende baie Oraniërs, maak gereeld die fout om te veel op die stoot- eerder as trekfaktore te fokus wanneer hulle mense probeer oortuig om hierheen te trek. Ons weet almal hoe sleg dit op sekere terreine in Suid-Afrika gaan. Plaasmoorde en misdaad in die algemeen […]

Lees Verder