29 Mei 2014 ~ 17 Kommentare

Swart arbeid en swart sosialisasie

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Volgens die selfverklaarde verligte, nierassige, geglobaliseerde meningsvormers wat hulle geld daarmee verdien om een anti-Afrikanerartikel of verhandeling na die ander te skryf, is die gewone Afrikaner rassisties omdat hy nie met swartes na ure sosiaal verkeer nie. Die Orania- Afrikaner is superrassisties, omdat hulle boonop ook in werkstyd en vir besigheid nie met swartes wil verkeer nie, aldus die redenasie.

Alhoewel ons weet dat dié soort redenasie onsin is, word talle mense, veral diegene wat nie die Suid-Afrikaanse opset ken nie, soos buitelanders, negatief teenoor die Afrikaner en Orania spesifiek beïnvloed en wil juis die plek van die “superrassiste” besoek  vir ‘n soort “koue rilling toerismeervaring”.

In Orania werk en leef ons toekomsgerig en wil ons ons nie in eindelose debate oor wit skuld en rassisme laat betrek nie, maar ons word keer op keer daarin ingesleep en moet standpunt inneem oor ons verhouding met swartmense en ons houding teenoor apartheid en rassisme.

Wat eerstens opval, is dat die apartheidbedeling, wat algemeen as besonder rassisties veroordeel word, kontak en wisselwerking tussen witmense en ander rasse op werksvlak toegelaat en later selfs bevorder het, maar natuurlik met die veronderstelling dat die witman die baas en die anderskleurige die ondergeskikte is. Sosiale verkeer was egter nie graag gesien nie en is ontmoedig, of selfs verbied.

Soos ons almal weet, het die vreemde verdeling van “arbeidskontak aanvaarbaar, sosiale kontak nie aanvaarbaar nie” nie gekeer dat die swartmense die mag in die land oorgeneem het nie.

Orania word daarvan beskuldig dat ons die niekonsekwentheid van apartheid konsekwent tot totale isolasie voer en geen kontak met vreemde rasse wil hê nie. Dit mag in sekere gevalle vir enkeles wat Orania toe kom selfs ‘n trekpleister wees, maar in vandag se tyd is die houding van ‘n soort “superapartheid” nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd onaanvaarbaar en maak ons kwesbaar en ‘n teiken.

Ons behoort die apartheidlogika soos bo beskryf, om te keer en te sê: kontak op arbeidsvlak is onaanvaarbaar, maar op sosiale vlak is dit wel aanvaarbaar. Immers is daar ‘n sterk motivering om nie van swart arbeid nie, maar van volkseie arbeid gebruik te maak wat ook nie-Oraniërs kan begryp. Deur volkseie arbeid skakel jy konflikte en misverstande uit wat ontstaan waar ‘n verskillende werksetieke en verskillende tale en gelowe opmekaar tref. Ten spyte van die lippetaal ten gunste van ‘n “multikulturele” werksplek lewer dit in praktyk geen toegevoegde waarde op nie, maar skep frustrasie en konflik en verlaag selfs produktiwiteit en effektiwiteit, byvoorbeeld as begrippe nie verstaan word nie en dit wat vir die een ‘n goedbedoelde grap is, vir die ander een ‘n persoonlike belediging is. Alhoewel dit om polities-korrekte redes selde luid verkondig word, is daar oorgenoeg bewyse om hierdie stelling te steun. Om in tye van wydverspreide Afrikanerarmoede vir jou eie mense werk te skep is ook iets wat verdedig kan word teenoor nie-Afrikaners, veral as die regering deur diskriminerende wetgewing swartmense bevoordeel. Om egter te probeer redeneer dat jy “uit beginsel” nie met ‘n swarte by een tafel kan sit en ‘n drankie kan drink nie, is van die begin af ‘n uitsiglose poging, en in elk geval onaanvaarbaar. In die werksopset is daar ‘n afhanklikheidsverhouding, in die kuieropset is dit ‘n verhouding van gelykheid.

Die apartheidredenasie was dat wanneer iemand jou ondergeskikte is, hy jou nie bedreig nie want hy vat nie jou werk nie en bedreig nie jou ekonomiese mag nie. Wat tydens apartheid ten alle koste vermy moes word, was gelykheid, nie net op werksvlak nie, maar veral op sosiale vlak. Soos die ondervinding geleer het, was die ondergeskikte en onopgeleide werkers nietemin ‘n ekonomiese mag wat die land tot stilstand kon dwing.

Orania se strewe is nog nooit ondermyn deur swart gesagsfigure, amptenare, joernaliste of toeriste nie wat een keer in hulle lewe hierna toe kom, met Orania se verteenwoordigers vergader, iets saam eet en dan met ‘n positiewe houding weer wegry. Daarteenoor bedreig die vestiging van plase of nywerhede met swart werkers ons posisie wel. Vreemd genoeg is daar minder onmin oor laasgenoemde as oor eersgenoemde.

Deel/Stuur

17 Reaksies op “Swart arbeid en swart sosialisasie”

  1. Stephan 29 Mei 2014 at 19:47 Permalink

    Ek was baie geamuseerd om hierdie artikel te lees. Dit sou enige apartheidspropagandis trots gemaak het. Die argumentasie is om hoflik te wees “gekronkeld” en is in realiteit maar oneerlik en onsinnig. Wees eerlik en gee toe hoekom jy apart wil leef. Hou op om twak te probeer aan intelligente mense te verkoop.

    Op die einde van die dag gaan dit oor oorlewing en dit doen jy deur met jou eie saam te staan en ‘n muur teen die kwade op te rig. As jy dit vir propaganda doeleindes…..go for it!

    • Helena 30 Mei 2014 at 15:00 Permalink

      Wat se ‘n dubbelsinnige skrywe is die? Is dit veronderstel om negatief te wees met ‘n positiewe klank?

      • Stephan 30 Mei 2014 at 19:58 Permalink

        Helena, Vertel vir my wat is so dubbelsinnig?

        • Helena 2 Junie 2014 at 12:25 Permalink

          “Wees eerlik en gee toe hoekom jy apart wil leef. “Hou op om twak te probeer aan intelligente mense te verkoop.”.” EN “Op die einde van die dag gaan dit oor oorlewing en dit doen jy deur met jou eie saam te staan” …………. GO FOR IT!en ‘n muur teen die kwade op te rig WEET NIE REGTIG WAT JY HIERMEE BEDOEL NIE. DANKIE SIMON “DITTO”

    • Simon 31 Mei 2014 at 02:44 Permalink

      “Hou op om twak te probeer aan intelligente mense te verkoop.”

      Wie sou die intelligente mense wees?

  2. Jerry Roos 29 Mei 2014 at 22:54 Permalink

    Net ‘n paar woorde oor die kwistige gebruik van die woord Apartheid. Almal weet wat op 27 April 1994 gebeur het. Maar talle het vergeet wat op 28 April 1994 en verder tot vandag toe gebeur het. DIe woord Apartheid het ‘n natuurlike dood gesterf. Derhalwe, indien enige persoon die woord gebruik in my omgewing, skakel ek onmiddelik af. Die woord is nou ‘n gerieflike politieke sweep wat deur mense gebruik word met min visie en swak of geen doelstellinge nie. Dis afsonderlike ontwikkeling, mense!

  3. Sebastiaan 30 Mei 2014 at 11:52 Permalink

    Lyk my party mense verstaan nie my argument nie. Hierdie skrywe gaan nie daaroor om apartheid/afsonderlike ontwikkeling of te verdedig of te verdoem nie. Die kernargument is dat swart arbeid ons van ons vryheid ontneem het, nie sosiale vermenging nie. Die voorstaanders van apartheid het altyd geargumenteer dat een swarte in die kerk, in die skool, by ‘n klub ens “die dun end van die wig” is en tot ineenstorting van “blank Suid-Afrika” sou lei, terwyl hulle geensins aandag gegee het aan die ondermynende gevolge van swart arbeid nie. Ek bepleit nie sosiale vermenging nie, ek verkies ook om tussen my eie mense te wees en met hulle te assosieer, maar sosiale kontak bedreig nie ons vryheid nie, vreemde arbeid wel. Selfs in tye waar apartheid/afsonderlike ontwikkeling op sy hoogtepunt was, het dit reeds die kiem van sy eie ondergang in hom gedra, naamlik die afhanklikheid van volksvreemde arbeid.

    • Megan Groenewald 30 Mei 2014 at 18:31 Permalink

      Die geskiedenis het bewys dat die indiensneming van volksvreemdes ons ondergang was. Dus moet ons juis nou wegbeweeg daarvandaan. Ons moet ons eie werk doen, ons eie toekoms bou, fisies en geestelik. Dit is die beginsel van ‘n eie volkstaat. Ongelukkig is ons nou die minderheid waar ons eers die meerderheid was. Solank ons dit besef en daarvolgens lewe en die idee verkondig aan ons volksgenote wat nog nie daar is nie, al voel ons hoe klein en nietig. Een saadjie geplant deur een individu kan tot groot dinge lei. Vir ons nageslag. Orania is maar net die begin.

    • A Schlemmer 31 Mei 2014 at 07:48 Permalink

      Jy kon dit nie beter verduidelik nie Sebastiaan. Hou so aan, ek geniet jou artikels.

    • Arnold 31 Mei 2014 at 19:16 Permalink

      Ek kan sien hoe jy jou “punt” probeer stel Sebastiaan. Ek is drie swart tale redelik goed magtig. Ek het tussen hulle grootgeword.
      Voordat ek as ‘n “gatkruiper” gesien word, wil ek enig iemand daag om ‘n groter Rassis en regse as ek self te wil wees. Gaaf ! nou met daardie arument uit die weg, kan ek my punt maak.
      Ek gebruik swart arbeid al vir langer as wat ek wil onthou. Hulle is my “slawe” Kom ons gebruik maar die moderne woord wat “werkers” genoem word.
      Ek behandel hulle soos die Bybel my voorskryf. Ek het nie die reg om buite daadie menslikke riglyne te beweeg nie. Ek sal gestraf word daarvoor.
      Ek het ook nie nodig om met hom sosiaal te verkeer nie, want hy is nie in my liga nie.Ek gaan ook nie onregverdig teenoor hom wees om hom te forseer om buite sy gemaksone te beweeg nie. Hy hy het reeds die een wat hy bo myne verkies. En nog nooit het hulle my probeer oorreed om in hulle gemaksone in te gaan nie. Dit is ‘n natuurlikke grens wat NIE oorgesteek moet word nie.
      Om van swart arbeiders gebruik te maak is vir beide partye voordelig, mits die regte reëls toegepas en gehandhaaf word.
      En dit is ook so dat swartes hulle self op ‘n natuurlikke wyse beskikbaar stel om as “werkers” aangestel te word.
      En ons moet hom dit gun wat hy graag wil hê, mits dit dit uitvoerbaar is.
      Dus moet daar ‘n skool gestig word om hierdie Meester/Slaaf verhouding korrek aan te wend.
      Dan sal niemand vir niemand ‘n bedreiging wees nie.
      Hierdie is die KERN van ons probleme.

  4. Arnold 31 Mei 2014 at 18:51 Permalink

    Slawe arbeid is so oud soos die mens self. Ongelukkig het die woord “slaaf” sy werklikke betekenis verloor.
    Net jammer dat die mens dit totaal verongeluk het. Slawe is ongelooflik onmenslik behandel, en in ander gevalle weer toegelaat om buite hulle natuurlikke habitat ‘n lewe te maak. Met dit bedoel ek dat daar van hulle verwag was om soos Nie-Slawe op te tree, en aan hulle is magte gegee waartoe hulle nooit instaat sou kon wees nie.
    Dit is natuurlik ook nie nodig om “slawe” onmenslik te behandel nie. En dit was die groot fout wat gemaak was. Natuurlik sal hulle in opstand kom daarteen.
    Die hele natuurlikke balans is versteur. So veel so dat niemand meer weet wat die regte resep en roete is nie.
    Dit is nou maar so dat die natuur sekere mense so geskape het dat hulle of Meesters of slawe moet wees. Ons het nog steeds slawe tot hierdie heden toe. Hulle word net anders genoem.
    En daar is absoluut niks daarmee verkeerd om “slawe”in jou diens te hê nie.
    Weet net waar om die streep te trek. En dit is die groot uitdaging.
    Die Meesters, en NIE die “slawe” is verantwoordelik vir hierdie chaotiese toestand wat plaasgevind het.
    Ons het probeer om slimmer te wees.

    • Gemsbok 1 Junie 2014 at 14:40 Permalink

      Arnold, ek hoop regtigwaar dat my oë vir my lieg en dat jy nie besig is om die gebruik van swart arbeid op Orania se blog te kom goedpraat nie.

      Feit is, na alles, slawerny of nie, salaristrekker of nie, bepaal die grootste deel van ‘n land se bevolking hoe daardie land uiteindelik lyk. En daardie gedeelte is die klase, nie die base nie.

      Mens noem dit demografie, maar jy kan dit sommer “grootbaas” noem, want hy het gepraat en hy het klaar gepraat.

  5. Arnold 1 Junie 2014 at 15:00 Permalink

    Dag Gemsbok;
    Ek het al reeds verskeie kere op Orania gaan kuier. ‘n Pragtige plek, met net sulke pragtige mense.
    Ek het ook die voorreg gehad om in hulle winkels ‘n dit en ‘n dat te koop.
    Een aand gou vir my ‘n pizza gaan koop by daardie kafee langs die vulstasie.
    En terwyl ek moes wag dat die ding gaar word, het verskeie swartes ook daar aangedoen om inkopies te doen. En net soos dit met my die geval was, was hulle ook beleefd gehelp. Hulle het betaal vir wat hulle gekoop het, en het die plek weer verlaat. Het jy ‘n probleem daarmee?
    By die bottelstoor doer bo op die bult het ek ‘n soortgelyke geval beleef.
    By die OK Basaar winkel ook so ‘n geval.
    By die petrol pompe ook so ‘n geval.
    Sien jy jou weg oop om vir my te verduidelik waar jy die streep trek?

    • Gemsbok 1 Junie 2014 at 23:23 Permalink

      Dag Arnold,

      Dit is nie swart klandisie wat ons ons onafhanklikheid gekos het nie.

      Talle lande ontvang toeriste en sakemense sonder dat die burgers van daardie lande se seggenskap in hul eie sake nadelig geraak word.

      Die gebruik van vreemde arbeid is geheel iets anders. Mense wat kom vir werk sit huis op, kry ‘n gesin, en as hulle arm is, laag besoldig en oor geen vaardighede beskik nie, kry hulle sommer baie kinders ook en binnekort soek hulle almal stemreg en wanneer hulle dit kry, is daar 10 van hulle vir elke baas en sy gesin wat kan stem. Raai wie wys dan die regering aan en waar sit die baas en sy gesinnetjie dan?

      Klink dit bekend?

      Dit is wat in Suid-Afrika gebeur het, waar Afrikaners hulself só met goedkoop vreemde arbeid omring het, dat ons nêrens eers meer ‘n Afrikanerburgemeester kan verkies kry nie. En dit nadat ons groot dele van die land vir meer as 300 jaar regeer het en in die Vrystaat ‘n volsyrekte meerderheid van 4 teen 1 was. Geen ander volk in die geskiedenis van die wêreld het homself nog so in ‘n hoek vasgeverf nie. En dit met oop oë. Wat ‘n gatslag!

      En nou kom praat jy dit hier, waar Afrikaners besig is om met bloed en sweet te wys dat ‘n alternatief vir onderhorigheid moontlik is deur slegs Afrikanerarbeid te gebruik, en jy kom praat swart arbeid goed. Sies man!

  6. Sebastiaan 2 Junie 2014 at 09:29 Permalink

    Dankie Gemsbok. Jy stel dit baie goed en duidelik. Aan die hewige reaksie kan ek aflei dat ek ‘n senuwee raakgeboor het by sommige van ons mense. Ek veroordeel niemand wat volksvreemde arbeid gebruik solank die mense dit ver van die volkstaat af doen, en dan ook besef dat die prys daarvan permanente onderhorigheid aan ‘n vreemde bewind is. Dit help nie om “vryheid” te skreeu en vierkleurvlae te swaai sonder volkseie arbeid en meerderheidsbesetting. Vryheid= meerderheidsbesetting=volkseie arbeid. Suid-Afrika was die laaste land waar ‘n elite oor ‘n massa werkers regeer het. Ongeag of die werkers goed of sleg behandel is was die stelse onvolhoubaar. Ons lewe in 2014 en die ANC regeer reeds 20 jaar en ons voel dit duidelik. Party mense redeneer asof ons in 1970 of selfs 1880 lewe.

    • Rudolf 2 Junie 2014 at 18:15 Permalink

      Lekker giggel ek nou Sebastiaan….

      Andere redeneer selfs vanuit ‘n 1720 oogpunt.

  7. Armando Horn 6 Junie 2014 at 14:17 Permalink

    Goeie artikel Sebastiaan. Arnold ken nie die groter prentjie soos wat in die mynbedryf aangaan en al die pilare wat die blankes nie meer het om op steun te maak nie. Selfs ons geloof in die werksplek word nie aanvaar nie, waar alerhande gewoontes en kulture in jou keelgat afgedruk word. Net n ou klein voorbeeldjie waar taal gebriuk, gebriuk is om n oomie van laat in sy vyftigs in die pad te steek. Hy het vir die werkers gese hulle moet nou nie soos bobbejane werk nie en vir hulle n beter metode van werk voorgestel. Almal weet in ons taal beteken dit bloot om slimmer te werk, maar daai was die laaste dag op die myn.


Lewer Kommentaar

*