06 Mei 2014 ~ 9 Kommentare

Stemdag is ook belangrik vir Afrikaners

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Môre is ‘n belangrike dag vir Suid-Afrika. Dit is ook ‘n belangrike geleentheid vir Afrikaners. Of jy nou stem of nie stem nie die Afrikaner se rol in Suid-Afrika word in elk geval met elke verkiesing getoets.

Sedert 1994 het ons rol in Suid-Afrika se politiek stelselmatig afgeneem. Voor 1994 was Afrikaners die primêre rolspelers in Suid-Afrika se politieke bedeling. In 1994 en kort daarna is hierdie posisie deur swart Suid-Afrikaners, verteenwoordig deur die ANC, oorgeneem. Afrikaners het egter steeds ‘n belangrike sekondêre rolspeler gebly.

In 1994 het die Nasionale Party meer as 20% van die stemme op hom verenig en daardeur verseker dat Afrikaners steeds sentraal in die na-1994 bedeling kon staan. Die Vryheidsfront het self goed gevaar en daardeur meegebring dat Afrikanerbelange en selfs die reg tot selfbeskikking deel van die na-1994 politieke gesprek kon wees.

Teen 1999 was dit alles vergete. Die Nasionale Party het totaal misluk en reeds begin wegkwyn. Die Vryheidsfront het ‘n groot pakslae gekry. Intussen is diskriminerende beleid wat spesifiek Afrikaners teiken aanvaar en is ons tot tweedeklasburgers afgegradeer.

Vandag bykans 20 jaar nadat Afrikaners hul mag verloor het, kan ons, onsself afvra wat ‘n nasionale verkiesing vir ons beteken. Ons rol in nasionale politiek neem steeds af en minder en minder opposisiepartye doen nog die moeite om Afrikanerstemme op gefokusde wyses te werf.

Die demografie van Suid-Afrika tel ook sterk teen ons en Afrikaners maak ‘n dalende persentasie van die land se bevolking uit. ‘n Mens sal dus neig om te dink dat môre se verkiesing nie veel betekenis vir ons mense inhou nie. Dit is egter nie die geval nie.

Die meeste Afrikaners is vandag tereg diep bekommerd oor hul toekoms in Suid-Afrika. Honderde duisende van ons mense het reeds emigreer en nog honderde duisende se ekonomiese posisie het sodanig afgeneem dat hulle in besonderse swak omstandighede moet probeer oorleef.

‘n Verkiesing is die gulde geleentheid vir enige groep wat oor sy huidige omstandighede ongelukkig is om ‘n stelling te maak.

Watter stellings kan Afrikaners môre maak? Afrikaners wat nie wil stem nie, maar wat wel geregistreer is om te stem moenie net wegbly van die stembus nie. Bederf eerder jou stembrief en bring so ‘n protesstem uit. Indien jy nie geregistreer is nie moet jy moeite doen om die land daarvan te laat hoor. Daar is min sin daaraan om nie geregistreer te wees nie en net stil te bly daaroor. Laat jou stem hoor deur ‘n brief vir ‘n koerant te skryf, op radioprogramme in te bel of watter ander openbare stappe ookal te neem om jou protes te verduidelik.

Indien jy beplan om wel te stem moet jy slim stem. ‘n Stem vir ‘n party wat nie identiteit belangrik ag nie beteken dat jou stem net in die massas kan wegraak. Oorweeg dan eerder ‘n stem vir ‘n party waar jou stem ‘n boodskap aan die res van Suid-Afrika sal stuur. Hopelik ‘n boodskap dat ons hier is om te bly en dat ons as Afrikaners ‘n tuiste aan die suidpunt van Afrika het.

Deel/Stuur

9 Reaksies op “Stemdag is ook belangrik vir Afrikaners”

  1. Danie 6 Mei 2014 at 18:23 Permalink

    Wat die Afrikaner se saak verder versleg is die feit dat die Afrikanerstem uitmekaar gespat het en tussen verskeie politieke partye beland het. Waar ons stem getalle so verdeel is tussen hierdie partye dat die Afrikaner geen noemenswaardige bloc binne enige van hierdie partye verteenwoordig nie.

    Interessant dat die Kleurling gemeenskap nou ook besin en hulle eie party op die been bring waar daar daadwerklik na hule eie belange omgesien kan word en nie aan ander (partye) toevertrou word nie.
    En ek het nog geen geluide van “rassistiese / regse / afstigters … ”
    teenoor die Kleurlinggemeenskap gehoor nie.

    Dieselfde moet in die Afrikaner gemeenskap gebeur.

  2. shaun daniels 8 Mei 2014 at 01:26 Permalink

    Ek is ‘n “Kleurling” gebore in 1985. Ek het “Wit” Afrikaanse peet-ouers en was groot gemaak met goeie beginsels. Die “Kleurling” gemeenskap word nog steeds ge-onderdruk deur manipulasie and skuld gevoelens. Die kleurling-volk weet nie wat dit is om saam te staan nie. Wanneer een op beweeg probeer die ander bliksems hom of haar af bring. In daai asem verdwyn die kleurling-volk se stem. Die vraag is wanneer gaan ons kan saamstaan as ons gedurig afbreek… Patricia de Lille was ‘n goeie voorbeeld, ja sy is nou saam met Tannie Helen Zille en doen “OKAY”, maar wat het van die ID geword? Trevor Manuel sit met sy agterkant in die Presidensie en adviseer daai Ninja Turtle beter bekend as Jacob Zuma. Trevor kan die antwoord wees vir die Kleurling stem, maar hy is gevang deur manipulasie van die verlede beter bekend as Apartheid.

  3. Wat gaan julle nou doen... 8 Mei 2014 at 14:22 Permalink

    Het een van julle al gaan luister wat Orania se hoogste stemme is… EFF. Dit is belaglik – julle word gesien as ver Regs in Orania… En nou. Ek se vote for change… En nee hierdie is beslis nie n aanval op “julle” nie. Maar net gretig om te hoor wat julle nou se. JUlle is so geneig om bekommer uit te stort oor ons ander mense wat in the res van Suid Afrika woon. Ek dink julle kan self ook maar bietjie begin kommer toon teenoor wat by julle in Orania aan die gebeer is. Ek wonder ook net of julle al gehoor het wat die res van die samelewing se opinie is oor julle. Just saying…

    • Jaco Kleynhans 8 Mei 2014 at 14:35 Permalink

      Wel dit is baie eenvoudig. Ons het ‘n stemlokaal in Orania en mense van Orania en die plase stem hier. So hier het heelwat plaaswerkers gestem en ons gevolgtrekking sal wees dat dit plaaswerkers is wat vir die EFF gestem het, maar dit sal nie bewys kan word nie, want elke persoon se stem is ‘n geheim. Ons standpunt is eenvoudig: Ons het belangriker dinge om ons mee besig te hou as om hieroor bekommerd te wees!

    • Sebastiaan 9 Mei 2014 at 16:23 Permalink

      Die media het natuurlik weer ‘n hele gedoente gemaak van 4 EVV stemme. Verlede keer was die bohaai oor 3 ANC stemme. Dit is 4 te veel ,maar dit is 4 uit 300. En, soos al herhaaldelik genoem is, stem by Orania se stembus nie uitsluitlik Orania se inwoners nie, maar ook plaaswerkers uit die omgewing, die waarnemers, joernaliste, polisiemanne en enige iemand wat nie by sy eie stembus uitgekom het nie en toevallig naby Orania is en wil stem. Dit bekommer my meer dat hier 44 mense vir die DA gestem het, ‘n party wat teen selfbeskikking, Afrikaans en Christelike waardes is.

  4. Lea Nkathane 8 Mei 2014 at 16:55 Permalink

    Let me write this in English in order to express myself clearly. Jonga man you people have the nerve to complain about feeling left out, about not having a rightful place in the new South Africa. Who amongst you complaining right now or your forefathers ever lifted a finger to alleviate the Africans from the oppression brought upon them by the Afrikaners? you have the nerve really! You sit there in that little town cutting yourselves off from the rest of the country and expect to have a place in the new South Africa? let me tell you something: those who fought for this freedom we are enjoying today had a vision for the new South Africa and that vision was to transform South African into a nation that knows no colour, where black and white could live together peacefully. oh you cant take that? then take a hike tata. Yes, you are right indeed many of your people left this country post the 1994 elections and I will tell you exactly why; they left because they could not stand the idea and positive change the new South Africa would bring, they enjoyed oppressing others, it was fun for them to kill innocent people, it was fun for them to rape innocent people, it was fun for them to grab young blacks of the street at night and beat them up for no particular reason but for their own enjoyment I would now conclude, they liked the fact that the typical black man had to walk around with a dompass (for what particular reason need our people be prisoners in their own country and own homes for that matter?). Doing all these things was fun for them hence they left as soon as De Klerk and associates gave way for a better future and South Africa. In the new South Africa all races are accommodated, I do not see blacks chucking whites in a van because they do not have a dompass. It is really heart breaking to see that the community of Orania are still so backwards, you are a disgrace to the rest of the white community. I suggest you pack up and leave or accept the status quo because the new South Africa is here to stay. Elkeen verdien ‘n plekkie in die son.Do have a lovely day!

    • Jaco Kleynhans 8 Mei 2014 at 16:59 Permalink

      Lea. Your understanding of minority rights as practised around the world are really lacking. We have a right to self-determination as mentioned in the South African constitution and we ask you to respect that. South Africa don’t only belong to the majority. Minorities also have a place and we will work hard to protect that right.

    • Mike 9 Mei 2014 at 11:37 Permalink

      Lea after reading your comment I must say I am so glad there is a place like Orania and there is people like the Oranians. We only want our Godgiven right like so many other nations have in the world and that is to decide our own future. Why is it that the black people in SA want to deny us that right?

      The white people who left SA after 1994 did so because they most probably lost their jobs because of Affirmative Action, those people must still maintain their families. Many of them left because of the crime rate after 1994, they must protect their families.

      There were many wrongs during apartheid but you cannot replace that with another apartheid. All people in SA decided on a better SA after 1994 but now it seems that it was only the white people who decided on that. In the SA of today after apartheid and after we all decided to make SA a better place the current ANC regime decided on its own to make SA difficult for us afrikaners and that is why we build Oranias.

      Lea we want nothing from the ANC regime, the only thing we want from them is to recognize our right to freedom, the same thing they had fought for and that is all.

    • Sebastiaan 9 Mei 2014 at 16:34 Permalink

      Lea, you really believe the ANC created a nation where colour does not exist and the races live peacefulle side by side? That may be the rethoric at events commemorating mr Mandela, but it is not the policy that is practised by the ANC. If the government wants peacefull cooperation, as we want it, why is there so much hate-speech, ignorance of farm murders, discrimination etc? The bad apartheid you are refering to is more than 30 years past (dompass etc was already stopped in the 1980’s). The precondition for reconciliation is to stop dwelling in the past. South Africa cannot change its past, but presently it is messing up its future under the ANC. Mr Mandelas message, what many whites adore him for, was reconciliation, not revenge.


Lewer Kommentaar

*