02 Januarie 2018 ~ 6 Kommentare

Skakerings van groen 14: Nuttige goggas

Geskryf deur Gaby Leone

Een van my destydse kliënte in Gauteng het by my kom hulp soek met haar roostuin. Die pesbeheerdienste wat tot dusver haar rose elke 3 weke kom besproei het, het haar kinders en honde siek gemaak met die gifwalms. Na ‘n ruk van my omgewingsvriendelike pesbestuur bel sy toe vir my een oggend onthuts. Ek moet dadelik kom kyk wat se pesplaag nou op haar rose uitgebreek het. Toe ek daar aankom, sien ek, tot my verligting, ‘n hele kolonie liewenheersbesie larwes wat hulle daar tuis gemaak het.

 

Larwa

Volwasse

 

My kliënt het hulle toe nog nooit vantevore gesien nie. Haar tuin het weer begin lewe kry en nie lank daarna het die skoenlappers ook weer hul intrek geneem. Liewenheersbesies is my gunsteling nuttige insek as dit by pesbeheer kom. Dié piepklein insek eet tot 50 plantluise op ’n dag. Sy larwe lyk so skrikwekkend, dat jy dit maklik met ’n pes kan verwar, maar dié plantluis monster breek alle rekords in sy grootteklas teen 200 plantluise op ’n dag!

 

Onder is ‘n foto van mosterd in my tonnel bedek met plantluise,

toe spring die liewenheersbesies aan die werk en…

 

so lyk dit nou:

 

In my geval het dit die besies ‘n ruk gevat om die plantluise te vind, so ‘n mens moet maar geduld hê. Onthou dat die meeste plaagmiddels die plantluise sowel as die besies sal doodmaak, so probeer om nie te spuit nie.

 

As dit moet, probeer eers met seepsproei na sononder wanneer bye en skoenlappers al gaan inkruip het: Meng 1t skottelgoedwasmiddel en 1e voedselolie met 2L water en spuit elke tweede dag vir ‘n week. Die seep vorm ‘n lagie oor die plantluis wat dit laat verstik en is nie skadelik vir groter insekte. Die olie keer dat die besproeiīng of reën dit dadelik weer afspoel.

Deel/Stuur

6 Reaksies op “Skakerings van groen 14: Nuttige goggas”

  1. Estelle van Wyk 2 Januarie 2018 at 18:17 Permalink

    Hulle word nie verniet Liewenheerbesies genoem nie ne!!

    Pragtige en leersame Blog.

    Groot waardering.

  2. Esther Stieger 2 Januarie 2018 at 18:25 Permalink

    Ek het dopkewertjies op my 2 olyfbome wat die blare vreet en verniel. Die bome was baie mooi gesond toe ek dit aanvanklik 3 jaar gelede gekoop het. Ongeveer ‘n jaar gelede het die probleem met die olyfkewers ontstaan en hulle ontsier my twee olyfbome se blare erg.Die olyfkewers of ‘beatles’ is khaki-kleurig met swart strepe in die lengte van hul doppe.Hulle is helfte kleiner as Liewenheersbesies en spring soos vlooie as hulle versteur word. Ek hou nie daarvan om met gif te werk nie maar het uit desperasie al 2x met Malathion gespuit. Vir ‘n rukkie sien mens hulle nie maar hulle keer telkens terug. Ek is skoon moedeloos en weet nie wat om nou te doen nie want daar is nie ‘n enkele blaar waaraan hulle nie vreet nie! Die blare is dus almal vol kolletjies en gaatjies. Is daar raad vir hierdie plaag?
    By voorbaat dankie!’
    Esther Stieger,
    Potchefstroom

  3. Anoniem 2 Januarie 2018 at 21:40 Permalink

    Goeie atrikel. Kan u dalk n artikel skryf oor al die eetbare plantspesies in die Noord Kaap en enige nuttige wenke hoe om daar te oorleef indien n persoon daar verdwaal het?

  4. Wim 3 Januarie 2018 at 16:01 Permalink

    interessant artikel.
    Ik vroeg me af of jullie ook al bezig zijn met het opvangen en gebruiken van regenwater, zoals in permacultuur gebruikelijk is? Gezien jullie in de droge Karoo wonen, lijkt me dat toch nodig als je aan permacultuur wil doen.
    In zuid-Portugal was er een gebied bedreigd door verwoestijning. Sepp Holzer heeft er toen een groot meer aangelegd zodat er altijd overvloedig water aanwezig is, zie het filmpje hieronder. Zou dit ook interessant zijn voor Orania?
    https://www.youtube.com/watch?v=OUryneCjxV4

  5. Willem Fourie 7 Januarie 2018 at 16:23 Permalink

    Uitstekend !!
    Biologies beheeragente


Lewer Kommentaar

*