13 Oktober 2017 ~ 3 Kommentare

Skakerings van Groen 11: Eetbare onkruid

Geskryf deur Gaby Leone

As ons mooi daaroor dink, bestaan die verskil tussen blaargroente en onkruid net in ons koppe. Dis die mensdom wat besluit het watter plante in watter boksie hoort. In ‘n organiese tuin met goed-versorgde grond groei daar onkruidsoorte wat selfs meer voedsaam en meestal net so lekker is as die groente daarin. Hieronder ‘n paar voorbeelde:

 

Withondebossie: vit A en C en kalsium

     

Knapsekêrel: kalsium, fosfor, karoteen

Varkbossie: vit A en C

 

Porselein: Omega 3

             

 

Perdeblom: diuretiese eienskappe, vit A en C, kalsium en potassium

Die perdeblom help om bloeddruk te verlaag, maar is nie geskik vir mense met maagswere, galblaas inflammasie of spysverteringsprobleme.

As jy dus nie kans sien om jou eie groente te kweek, gaan skoffel ‘n bietjie vir vanaand se slaai. Dis die ‘minste- onderhoud’ manier van kosgroei ooit!

 

As ek nou net ‘n manier sou kon vind om dubbeltjies te bemark…

 

Deel/Stuur

3 Reaksies op “Skakerings van Groen 11: Eetbare onkruid”

  1. Appie Pienaar 13 Oktober 2017 at 14:00 Permalink

    Baie interessant. Ek hoop jy het jou feite reg met hierdie vyf bossies wat maar alte bekend is in my tuin! Anders gaan iemand met groot maagpyn opeindig en jou daarvoor blameer! My eie definisie van onkruid is dat dit meestal uitheems aan die streek is, nie eintlik natuurlike vyande of eters het nie en daarom so maklik kan oorneem.

    Weet jy miskien wat die Engelse of wetenskaplike name vir hierdie bossies is. Ek sal darem eers my eie navorsing wil doen voor ek dit probeer!

    • Sebastiaan Biehl 13 Oktober 2017 at 14:46 Permalink

      Appie, ek weet net (ook uit eie ondervinding) dat jy wel die perdeblom se blare (maar nie stingel of blom) kan eet. Effens bitter maar eetbaar. Oor die ander sal ek nie kan sê nie.

    • Gaby Leone 18 Oktober 2017 at 14:27 Permalink

      In Engels in volgorde soos bo staan hulle bekend as:
      1. Lambs quarters
      2. Blackjack
      3. Pigweed
      4. Purslane
      5. Dandelion


Lewer Kommentaar

*