Welkom!

Orania Blog Die blog is ‘n plek waar ons artikels plaas wat met Orania en die gedagte van selfbeskikking verband hou. Die skrywers bestaan uit `n breë spektrum wat binne en buite Orania woonagtig is. Dit is ook ‘n kuierplek waar ons lekker saam kan gesels oor dit waarmee Orania besig is. Neem gerus deel deur kommentaar op plasings te lewer. Skrywers se menings weerspieël nie noodwendig die van Orania nie.

11 November 2010 ~ 0 Kommentaar

Vasgevang in vryheid

Geskryf deur Ebert Terblanche

Is “vryheid” ‘n hekwag wat tussen ons en die dinge wat ons halter staan? Is dit bloot iets wat staan in die sin om los te kom van diskriminasie, vervolging, haat, nyd, gedwonge nasiebou en hartseer?

Of is daar meer?

Sleutelwoorde:

03 November 2010 ~ 1 Kommentaar

Om Krugerdag te vier

Geskryf deur Ebert Terblanche

Trompie1

Op 10 Oktober 1825 is Oom Paul Kruger op Bulhoek in die Oos-Kaap gebore. Op elfjarige ouderdom sluit sy ouers hulself aan by Hendrik Potgieter se trekgenootskap en begin jong Paul ‘n tog wat hom tot op die skouers van ‘n selfstandige Afrikaner republiek sou neem.

Die vraag kan gevra word waarom ons onder andere hom vandag, in 2010, sou herdenk?

02 November 2010 ~ 3 Kommentare

Interessante artikel op die Solidariteit blog

Geskryf deur Jaco Kleynhans

SolidariteitBlog

Afrikanerselfbeskikking en -afskeiding binne die konteks van die internasionale reg Marieke Ehlers 1 November 2010 Hierdie artikel is die tweede een wat handel oor die internasionale regsimplikasies wat van toepassing is op moontlike Afrikanerselfbeskikking en -afskeiding. Ek beoog ’n verdere artikel oor dieselfde onderwerp wat sal handel oor die praktiese haalbaarheid asook die regsimplikasies daarvan […]

29 Oktober 2010 ~ 6 Kommentare

Arme Dinatjie op LitNet

Geskryf deur Jaco Kleynhans

SeNet

Arme Dina. Ek kry haar regtig jammer. Sy noem Orania ‘verkramp’ en beweer dat ons, onsself ‘toespin in ‘n sogenaamde ‘verkrampte, argaïese web’. Ek moet dit weer sê: Arme Dina. Sy was duidelik nog nooit op Orania nie en weet nog minder van dit waaroor Orania gaan. Ek wonder of sy die guts het om […]

26 Oktober 2010 ~ 1 Kommentaar

Praktiese oplossings hoef nie moeilik te wees nie

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Lusernland

Suid-Afrika is ‘n land met groot uitdagings. Hoewel baie Afrikaners (mag ek stout wees en selfs beweer – die meeste!) steeds glo dat die huidige regeringsvorm en sogenaamde demokrasie die oplossing vir hul probleme is, begin al meer Afrikaners wel besef dat ‘n heeltemal ander soort oplossing dalk net nodig is. Soos wat Afrikaans en […]

26 Oktober 2010 ~ 2 Kommentare

Jy kan nie die beste van altwee wêrelde wil hê nie.

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Die ou Suid-Afrika, wat 1994 finaal ten gronde gegaan het (al weier sekere mense om dit te glo), was een van die min lande wat die beste van die eerste en die derde wêreld met mekaar verbind het: Eerstewêreldse hoë standaarde, goeie onderwys, topgehalte universiteite en hospitale, ‘n goeie en werkende infrastruktuur, relatiewe stabiliteit, ‘n […]

19 Oktober 2010 ~ 1 Kommentaar

ʼn Eeue-oue tradisie op Orania aan die roer

Geskryf deur Ebert Terblanche

Vivat, Crescat, Floreat! Met hierdie seën word ons begroet in die Cantus-tradisie . Leef, groei en gedy!

ʼn Letterlike vertaling van die Latynse Cantus, sou “om te sing” beteken. In ʼn sekere Afrikaanse agtergrondskets word die Cantus opgesom as “ ’n Avontuur waar eeue-oue liederekuns, humor, vriendskap en kwinkslae beleef word op ʼn nuwerwetse, dog elegante en entoesiastiese wyse – met ʼn polsende, aansteeklike kameraderie en geesdrif altyd naby die oppervlak aanwesig.”

Sleutelwoorde: , ,

19 Oktober 2010 ~ 0 Kommentaar

As jy nie getalle het nie, gebruik dit wat jy het optimaal

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Ons almal weet dat ‘n ekonomie sonder mense wat werk, geld maak en spandeer en besighede op die manier aan die gang hou, nie kan werk nie. En die logiese afleiding is natuurlik ook dat meer mense meer ekonomiese aktiwiteit beteken. Natuurlik is daar baie meer rande wat rol in Johannesburg of Kaapstad as in […]

Sleutelwoorde: , , ,

15 Oktober 2010 ~ 11 Kommentare

My eerste sewe weke

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Môre is dit sewe weke sedert ons permanent in Orania hervestig het. Mense het my gewaarsku oor die dinge van die stadslewe wat ek sou mis en oor die moeilike aanpassing by die nuwe klimaat. Baie is gesê oor die karoo se stof, persepsies oor Orania en die uitdaging van ‘n nuwe leefwyse wat insluit […]