Welkom!

Orania Blog Die blog is ‘n plek waar ons artikels plaas wat met Orania en die gedagte van selfbeskikking verband hou. Die skrywers bestaan uit `n breë spektrum wat binne en buite Orania woonagtig is. Dit is ook ‘n kuierplek waar ons lekker saam kan gesels oor dit waarmee Orania besig is. Neem gerus deel deur kommentaar op plasings te lewer. Skrywers se menings weerspieël nie noodwendig die van Orania nie.

01 April 2011 ~ 38 Kommentare

Waarom eie arbeid ononderhandelbaar is

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl   Orania word maar om verskeie redes, dikwels ongegrond,  met skeptisisme en selfs agterdog bejeën. Dit is veral omdat Orania, veral vir stedelinge, so anders is. Jy mag anders en eksoties wees solank jy van ‘n ander ras is, maar as jy lyk soos die een wat jou met nuuskieirgheid bekyk dan […]

29 Maart 2011 ~ 19 Kommentare

Komaan, gaan groen!

Geskryf deur Jaco Kleynhans

SolidariteitVoorblad

Die volgende storie het onlangs in die Solidariteit Tydskrif verskyn: (www.solidariteittydskrif.co.za) Oral waar ’n mens gaan, sien jy hoe ondernemings ”groener” probeer wees en behoorlik daarmee spog. Om groen te wees, is deesdae ’n statussimbool. Mense hou van mense wat groen is en veral van ondernemings wat groen sake doen. JACO KLEYNHANS skryf waarom groener […]

16 Maart 2011 ~ 1 Kommentaar

Orania verloor ‘n vadersfiguur met die afsterwe van prof Carel Boshoff

Geskryf deur Jaco Kleynhans

IMG_2917

Professor Carel Boshoff van Orania is vroeër vandag oorlede. Prof Boshoff was die afgelope jaar siek weens kanker en sy gesondheid het veral die afgelope maand ernstig agteruitgegaan. Prof Boshoff se begrafnisdiens vind plaas op Saterdag, 19 Maart 2011, om 11:00 vanuit die Orania Gemeenskapsaal waarna die teraardebestelling by die Orania Begraafplaas sal plaasvind. Prof […]

03 Maart 2011 ~ 37 Kommentare

Wat doen mense dan in Orania?

Geskryf deur Rozanne Meyer en Quintin Diederichs

  Die legendariese Nasionale Pers-joernalis en professor extraordinaire van geskiedenis by die Universiteit van Stellenbosch, dr. Leopold Scholtz, het in ’n onlangse artikel verduidelik dat alhoewel hy skepties is oor ’n Afrikaner volkstaat, hy wel groot respek het vir Orania-leiers soos mnre. Carel Boshoff IV en Frans de Klerk. Verder meen dr. Scholtz dat “ons […]

18 Februarie 2011 ~ 17 Kommentare

Afrikaner aan Zuma: Hou jou sielkundige tuiste

Geskryf deur Rozanne Meyer en Quintin Diederichs

Pieter du Toit en Lizel Steenkamp se artikel, getiteld “Zuma aan Afrikaner: Dáár is jou tuiste”, wat op 17 Februarie in die Beeld verskyn het, het betrekking. Jacob Zuma en die ANC maak ‘n groot fout as hulle dink dat Afrikaners tevrede gaan wees met ’n sg. “sielkundige tuiste” waar ons almal gelukkig en vry […]

17 Februarie 2011 ~ 4 Kommentare

Die Afrikanertuiste moet "sielkundig" wees?

Geskryf deur Ebert Terblanche

Watter nut het ’n Afrikaanse skool vir die oordrag en uitbreiding van my kultuur as daardie skool net in my gedagtes bestaan?

15 Februarie 2011 ~ 6 Kommentare

Republiek!

Geskryf deur Rozanne Meyer en Quintin Diederichs

29679_405088767892_582777892_4516810_491535_n

Sedert die dae van die antieke stadstate van Atene en Sparta was die westerse beskawing blootgestel aan die konsep van ‘n demokratiese magstruktuur wat later in die jaar ca. 509 v.C. gelei het tot die stigting van die Romeinse Republiek. Die Senatus Populus Que Romanus (SPQR), of “die senaat en mense van Rome”, was die soewereine […]

31 Januarie 2011 ~ 14 Kommentare

Wees net ’n Afrikaner

Geskryf deur Rozanne Meyer en Quintin Diederichs

2400AfrikaansChildrenPretoria_Protest_ScaredtoLeaveHomeOct2008

21 Junie 2010 Ek het groot geword as ’n Afrikaanse meisie in ’n nie-rassistiese pastorale huis en het my opvoeding ontvang in nie-rassige skole. Mens kan sê dat ons kleurblind grootgemaak was,maar tog was daar ’n logiese grenslyn waarvan ek van kindsbeen af bewus was. Ek onthou nog hoe ons, na 1994, verby die see […]

26 Januarie 2011 ~ 4 Kommentare

Konserwatisme as lewensbeskouing

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Tydens ‘n skemerkelkie-gesprek met ‘n mede-Oraniër, wat polities nog soekende is, het hy my gevra wat ek as konserwatief beskou en hoekom ek dit as my lewens- en wêreldbeskouing betrag en glo dat Orania en die Afrikaner se strewe dit as fondasie behoort te hê. Konserwatief is natuurlik, soos liberaal, ‘n woord wat verskillende betekenisse […]

26 Januarie 2011 ~ 116 Kommentare

Wat is Orania se grootste struikelblok?

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Orania moet ‘n sukses wees. Baie meer Afrikaners moet Orania toe trek. Hier moet groot besighede opgerig word. Ons bejaardes moenie in aftree-oorde in die stede gaan woon nie, maar moet in Orania kom aftree. Daar is soveel rede om te glo dat Orania eenvoudig ‘n sukses moet wees. Dat ons bevolking en ons ekonomie […]