Welkom!

Orania Blog Die blog is ‘n plek waar ons artikels plaas wat met Orania en die gedagte van selfbeskikking verband hou. Die skrywers bestaan uit `n breë spektrum wat binne en buite Orania woonagtig is. Dit is ook ‘n kuierplek waar ons lekker saam kan gesels oor dit waarmee Orania besig is. Neem gerus deel deur kommentaar op plasings te lewer. Skrywers se menings weerspieël nie noodwendig die van Orania nie.

11 Julie 2011 ~ 4 Kommentare

Boekresensie “Politokrasie” van Koos Malan

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Politokrasie

Geskryf deur Sebastiaan Biehl. Die boek Politokrasie van prof Koos Malan handel oor die staat en sy ontstaan, en veral oor die absolutistiese aanspraak wat die staat op ons as mense het, en laastens ’n alternatief vir ‘n beter bestel. Die staat is die enigste instelling wat ons onverdeelde lojaliteit opeis, bo godsdiens, ras, geslag, […]

06 Julie 2011 ~ 1 Kommentaar

Van Singapoer na Georgetown

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl Van Singapoer het ons op die trein geklim na Maleisië en het die tweede skof van ons reis aangedurf.  Die ou stasie van Singapoer, ‘n Art Deco gebou wat die Britte in die 1930’s gebou het en wat aan die Maleisiese spoorweë behoort, was reeds die poort na ‘n ander wêreld, waar […]

01 Julie 2011 ~ 1 Kommentaar

Aantekeninge oor ‘n reis deur die Verre Ooste (Suid-Oos-Asië)

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl   Dit was my eerste kennismaking met Asië (afgesien van Arabië, wat eintlik ‘n vasteland op sy eie is, en min met die “regte” Asië in gemeen het) en die doel was eenmaal om ‘n nuwe kultuursfeer te leer ken en ook om spesifiek Myanmar (Burma) te sien solank dit nog sy […]

Sleutelwoorde: ,

10 Junie 2011 ~ 21 Kommentare

Wat van die Britte?

Geskryf deur Jaco Kleynhans

LizzieVanZyl

Toe ek verlede Dinsdagoggend saam met mede-Oraniërs die bitterkoue trotseer om Bittereinderdag by die nabygeleë Doornbult Konsentrasiekampterrein te herdenk, het ek weer oor die Afrikaner se verhouding met die Britte begin dink. Dit is net asof daar te veel uitstaande sake is wat ten spyte van die Afrikaner se opkoms in die middel van die […]

26 Mei 2011 ~ 47 Kommentare

Is daar nog hoop vir Afrikanerselfbeskikking?

Geskryf deur Jaco Kleynhans

My standpunt was nog altyd dat Afrikanerselfbeskikking nie by die stembus gemeet sal kan word nie. Laas in die 1994-verkiesing is dit werklik by die stembus getoets. Sedertdien was daar nie ‘n enkele verkiesing waar Afrikaners hard en duidelik die geleentheid gegun is om hul kruise agter die selfbeskikkingsgedagte te trek nie.   Die VF […]

13 Mei 2011 ~ 2 Kommentare

Kandidate vir uitwoner-verkiesing van Orania Verteenwoordigende Raad

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Verkiesingplakkaat

Orania hou volgende week sy eie verkiesing. Die Orania Verteenwoordigende Raad bestaan uit 8 lede waarvan 7 deur inwoners en 1 deur uitwoners verkies word. Sowat 5900 uitwoners het vir die verkiesing geregistreer. Die twee “Uitwoner” kandidate waaruit een deur geregistreerde uitwoners (per internet) gekies word is:       Jaco Mulder Jaco Mulder is […]

12 Mei 2011 ~ 5 Kommentare

Munisipale verkiesings: dit behoort ons koud te laat

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl. Van meet af wil ek dit duidelik stel dat ek geen aanhanger van die leuse “stem reg, bly weg” is nie. Diegene wat so ‘n uiters maklike weg volg (jy hoef net niks te doen nie en het die gevoel dat jy in verset  teen die bewind is) is soos die pasifistiese […]

03 Mei 2011 ~ 4 Kommentare

Dit is tyd om self moue op te rol

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Orania is net die somtotaal van die intellektuele, arbeids- en kapitale vermoë van sy inwoners en ondersteuners. Indien iets nie in Orania gebeur nie kan ek en jy net vinger wys na ons eie onvermoë of dan wel die tekort aan kapasiteit. Om dit te verstaan vereis egter van elkeen van ons om ‘n denksprong […]

02 Mei 2011 ~ 8 Kommentare

Die drie fases van ontwikkeling in ‘n mens en ‘n volk

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl. Lesers is dalk vertroud met die liberale paradigma, dat mense as individue al hoe meer ontwikkel en uiteindelik ‘n finale toestand bereik wat volgens die liberaliste naby aan die ideale mens is. Die Amerikaanse liberale denker en politieke wetenskaplike Francis Fukuyama het dit met sy essay “The end of History” uitgespel, maar […]

02 Mei 2011 ~ 8 Kommentare

“Vryheidsdag”: Hoe vry is ons werklik?

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl Elke jaar op 27 April (ek sou 1 April verkies) vier Suid-Afrika sy sogenaamde Vryheidsdag. In die eerste plek is dit ‘n dag om die eerste algemene verkiesing te vier, en die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika, waar swart en wit dieselfde regte het, of so word ons vertel. Sonder twyfel het […]