Welkom!

Orania Blog Die blog is ‘n plek waar ons artikels plaas wat met Orania en die gedagte van selfbeskikking verband hou. Die skrywers bestaan uit `n breë spektrum wat binne en buite Orania woonagtig is. Dit is ook ‘n kuierplek waar ons lekker saam kan gesels oor dit waarmee Orania besig is. Neem gerus deel deur kommentaar op plasings te lewer. Skrywers se menings weerspieël nie noodwendig die van Orania nie.

22 Julie 2011 ~ 11 Kommentare

Lesse wat die Afrikaner en Orania by die Amish kan leer

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Amish

Ek lees vandag weer ‘n interessante artikel oor die geweldige toename in die Amish-bevolking van Noord-Amerika en ongelooflike wyse waarop hulle daarin slaag om ten spyte van ‘n vinnig veranderende wêreld hul kultuur en tradisies behou te laat bly. Hoewel Afrikaners ‘n moderne volk is wat nie soos die Amish vernuwing vermy nie, is daar […]

19 Julie 2011 ~ 33 Kommentare

Roepman: Die groot geswoeg

Geskryf deur Jaco Kleynhans

roepman

Deur Sebastiaan Biehl Dit is altyd ‘n besonderse gebeurtenis wanneer daar ‘n Afrikaanse film verskyn in ‘n omgewing waar Engels die omgangstaal, trouens die enigste taal is wat in die openbaar gepraat (mag) word. ‘n Film is iets wat ‘n groot gehoor bereik en wat ‘n uitdrukking van ‘n volk en ‘n taal se vermoë […]

19 Julie 2011 ~ 9 Kommentare

Die drie beginsels van Orania

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl Waaroor gaan Orania? Mag swartmense ook daar bly? Hoekom wil julle julleself isoleer? Wie is ‘n Afrikaner? Hoekom kan jy jou Afrikanerskap nie ook in ‘n gemengde Suid-Afrika uitleef nie? Skop julle nie teen die prikkels nie? Is dit die opoffering werd? Gaan dit nie maar daaroor om net tussen wittes en […]

18 Julie 2011 ~ 2 Kommentare

Die eksotiese Burma en sy hoofstad Rangoen. In die tydgleuf 50 jaar terug

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl. ‘n Besoeker kan Burma slegs per vliegtuig bereik. Daar is geen landverbinding met bus of trein en toeriste word nie in die grensdistrikte toegelaat nie omdat daar nog ‘n lae-intensiteit-oorlog teen sekere van Burma se minderheidsvolke plaasvind. Dus was vlieg na die hoofstad Rangoen die enigste opsie. Die eerste wat ons van […]

11 Julie 2011 ~ 2 Kommentare

‘n Lang treinrit en ‘n blitstoer van Bangkok

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl.   In die middag het ons op die trein van Butterworth na Bangkok geklim, ‘n rit van 24 uur. As trein-entoesias was dit vir my ‘n genot om so lank te kon trein ry. Saam met die stuk van Singapoer na Kuala Lumpur en van daar af na Butterworth was dit naby […]

11 Julie 2011 ~ 4 Kommentare

Boekresensie “Politokrasie” van Koos Malan

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Politokrasie

Geskryf deur Sebastiaan Biehl. Die boek Politokrasie van prof Koos Malan handel oor die staat en sy ontstaan, en veral oor die absolutistiese aanspraak wat die staat op ons as mense het, en laastens ’n alternatief vir ‘n beter bestel. Die staat is die enigste instelling wat ons onverdeelde lojaliteit opeis, bo godsdiens, ras, geslag, […]

06 Julie 2011 ~ 1 Kommentaar

Van Singapoer na Georgetown

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl Van Singapoer het ons op die trein geklim na Maleisië en het die tweede skof van ons reis aangedurf.  Die ou stasie van Singapoer, ‘n Art Deco gebou wat die Britte in die 1930’s gebou het en wat aan die Maleisiese spoorweë behoort, was reeds die poort na ‘n ander wêreld, waar […]

01 Julie 2011 ~ 1 Kommentaar

Aantekeninge oor ‘n reis deur die Verre Ooste (Suid-Oos-Asië)

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl   Dit was my eerste kennismaking met Asië (afgesien van Arabië, wat eintlik ‘n vasteland op sy eie is, en min met die “regte” Asië in gemeen het) en die doel was eenmaal om ‘n nuwe kultuursfeer te leer ken en ook om spesifiek Myanmar (Burma) te sien solank dit nog sy […]

Sleutelwoorde: ,

10 Junie 2011 ~ 21 Kommentare

Wat van die Britte?

Geskryf deur Jaco Kleynhans

LizzieVanZyl

Toe ek verlede Dinsdagoggend saam met mede-Oraniërs die bitterkoue trotseer om Bittereinderdag by die nabygeleë Doornbult Konsentrasiekampterrein te herdenk, het ek weer oor die Afrikaner se verhouding met die Britte begin dink. Dit is net asof daar te veel uitstaande sake is wat ten spyte van die Afrikaner se opkoms in die middel van die […]

26 Mei 2011 ~ 47 Kommentare

Is daar nog hoop vir Afrikanerselfbeskikking?

Geskryf deur Jaco Kleynhans

My standpunt was nog altyd dat Afrikanerselfbeskikking nie by die stembus gemeet sal kan word nie. Laas in die 1994-verkiesing is dit werklik by die stembus getoets. Sedertdien was daar nie ‘n enkele verkiesing waar Afrikaners hard en duidelik die geleentheid gegun is om hul kruise agter die selfbeskikkingsgedagte te trek nie.   Die VF […]