Welkom!

Orania Blog Die blog is ‘n plek waar ons artikels plaas wat met Orania en die gedagte van selfbeskikking verband hou. Die skrywers bestaan uit `n breë spektrum wat binne en buite Orania woonagtig is. Dit is ook ‘n kuierplek waar ons lekker saam kan gesels oor dit waarmee Orania besig is. Neem gerus deel deur kommentaar op plasings te lewer. Skrywers se menings weerspieël nie noodwendig die van Orania nie.

20 Maart 2017 ~ 0 Kommentaar

ʼn Saterdag-skryfskool met die begaafde professor Nico Luwes

Geskryf deur Hannes Snyman

Toneelspel

Dis vroeg en die lugversorger dreun reeds eentonig voort. Die lug binne die ouditorium is ʼn welkome lafenis na die bedompige Karoo-lug buite. ʼn Konstante instroming van gretige leerders kom die ouditorium binne. Hulle vriendelike groet bring ʼn meer ontspanne atmosfeer saam met hulle. Ek het daardie oggend die voorreg gehad om deel te wees […]

14 Maart 2017 ~ 1 Kommentaar

Die herdefiniëring van manlikheid – ‘n Boekresensie

Geskryf deur Jaco Kleynhans

index

Redefining Manhood – Jim Ewing Hoe definieer jy jou manlikheid vandag en hoe beïnvloed dit die omgewing om ons? Ons leef vandag in ‘n era waar feminisme en die “wit man as sondebok-sindroom” verwoestende gevolge vir mans inhou. Eensaamheid, depressie en selfmoord onder mans styg byna in elke Westerse land en talle studies in die […]

01 Maart 2017 ~ 8 Kommentare

Ope brief aan ʼn oorlede vriend. Het Orania ʼn kans?

Geskryf deur Klaus Baron Von der Ropp

Ope brief aan ʼn oorlede vriend. Het Orania ʼn kans?

Uit Duits vertaal deur Sebastiaan Biehl     Dr. Klaus von der Ropp, die outeur van ‘n fiktiewe brief aan wyle prof. Carel Boshoff, is ‘n Duitse regsgeleerde, deskundige en navorser met ‘n langdurige en diepgrondige kennis van Afrika en ‘n besondere band met die Afrikaner. Hy was een van die eerste (en baie min) meningsvormers […]

24 Februarie 2017 ~ 0 Kommentaar

Orania 2017. Steeds vorentoe.

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

infrastruktuur

2016 was ʼn goeie jaar vir Orania wat ontwikkeling en vooruitgang betref het. Talle infrastruktuurprojekte is voltooi en nuwes is van stapel gestuur. Die doel om ʼn klein landelike stad te skep is nie meer net ʼn beplanning vir die toekoms nie, dit begin werklikheid word. Vir jare was die inwonergetal van 1000 die magiese […]

20 Februarie 2017 ~ 7 Kommentare

Die grond treur

Geskryf deur Pieter Krige

Treurgrond (800×600)

16 Januarie 2003 Pieter Hattingh is op sy plaas Doringfontein naby Roedtan aangeval. Hy is Sondag 19 Januarie 2003 aan sy beserings oorlede. Twee sinnetjies. Twee kort sinnetjies wat my sommige aande laat wakker skrik. Ek is Pieter Stephnaus Krige en ek wil graag met julle hierdie twee sinne deel, omdat hierdie twee sinne my […]

20 Februarie 2017 ~ 1 Kommentaar

Die sleutel tot ’n ryk en vol bestaan

Geskryf deur Jaco Kleynhans

  In die liberaal-demokratiese idioom waarbinne soveel van ons mense toenemend vasgevang is, hang my geluk en volheid slegs van myself af. Die individu neem die groot besluit om vry, gelukkig en sterk te wees en verseker daardeur dat sy toekoms nie deur eksterne faktore bepaal word nie. Konserwatiewe mense vind ’n ryk en vol […]

14 Februarie 2017 ~ 0 Kommentaar

Die huwelik as fondament van ons samelewing

Geskryf deur Sarel Roets

Die huwelik as fondament van ons samelewing

Mattheus 18:1 – 9 “Wee die wêreld weens die struikelblokke!” Ons Vader in die Hemel het dit beskik dat gelowiges altyd binne gemeenskappe met mekaar staan. Ja, gemeenskappe, want kerklike gemeentes is maar een so ’n gemeenskap. Die gesin soos deur God voorgeskryf in 1 Pet. 3 is dalk die heel belangrikste gemeenskap. Die huwelik […]

13 Februarie 2017 ~ 2 Kommentare

Hoekom ek tuis voel in Orania

Geskryf deur Hannes Snyman

Orania boomplant

Dit is reeds amper ʼn jaar dat ek Orania my tuiste gemaak het. Onvoorsiene verwikkelinge het ons gebring na ons huidige tuisdorp. Met ʼn negatiewe uitkyk op die heel onskuldige dorpie het ek met ʼn baie kritieke oog alles gade geslaan. Baie gou het blomme gepryk waar ek dorings en distels verwag het. Die vriendelikheid […]

07 Februarie 2017 ~ 0 Kommentaar

Trooskos

Geskryf deur Pieter Krige

Trooskos

Kersfees ete. Ek maak ‘n waarskynlik onwetenskaplike steekproef, siende ek self deel van die eksperiment is, sommerso tussen kennisse en by die kantoor. “Hoe lyk julle Kersete?” Ek verwag ’n legio antwoorde, ek sien in my geestesoog ’n wye verskeidenheid eksotiese temas, ek sien kalkoen en bloubessies, die realiteit troos my egter veel meer. “Koue […]

06 Februarie 2017 ~ 2 Kommentare

Linkse onverdraagsaamheid en die opkoms van die nuwe verkramptes

Geskryf deur James Kemp

Onverdraagsaamheid

(Hierdie artikel het oorspronklik op www.maroelamedia.co.za verskyn) Die Amerikaanse president, Donald Trump, se inhuldigingstoespraak moes Vrydagaand kompeteer vir mediadekking met `n paar betogers wat die polisie uitgetart het terwyl hulle plakkate met anti-Trump slagspreuke rondswaai. Die polisiemagte het die situasie professioneel ontlont en Trump se presidensiële konvooi kon deur die strate van Washington DC beweeg. […]