Welkom!

Orania Blog Die blog is ‘n plek waar ons artikels plaas wat met Orania en die gedagte van selfbeskikking verband hou. Die skrywers bestaan uit `n breë spektrum wat binne en buite Orania woonagtig is. Dit is ook ‘n kuierplek waar ons lekker saam kan gesels oor dit waarmee Orania besig is. Neem gerus deel deur kommentaar op plasings te lewer. Skrywers se menings weerspieël nie noodwendig die van Orania nie.

26 Junie 2017 ~ 2 Kommentare

Tussen tuinafval en plantkos

Geskryf deur Gaby Leone

kompos

Die gehalte van ons grond bepaal die gehalte van dit wat ons daarin groei. Plantvoeding is vergelykbaar met wat ons liggame aan voedsel nodig het: ‘n plant in arm grond voel soos ons sou voel op ’n dieët van net brood en water. Voeg molm en kompos by en plante voel soos ons op ’n […]

22 Junie 2017 ~ 5 Kommentare

Die einde van ʼn beskawing en die Benediktus-opsie

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Die einde van ʼn beskawing en die Benediktus-opsie

Ons volkstaters moet seker soos Jeremia voel: ons sien hoe ons voorspellings van vernietiging, waarvoor ons destyds verwyt is, waar word. Ons put geen genot daaruit nie, want dit breek ook ons hart om te sien hoe dit wat kosbaar en deel van ons erfenis is, te gronde te sien gaan. Party word doelbewus vernietig, […]

20 Junie 2017 ~ 3 Kommentare

Het jy al in die Suide op ’n berg gestaan?

Geskryf deur Pieter Krige

trek-2Btapestry

Het jy al in die Suide op ’n berg gestaan; die sout van jou bestaan van jou ‘brou gevee soos die aarde ongenaakbaar onder voetsoolvellies kraak? Het jy al in die Suide in ’n maanligwatervalpoel met skaamtelose skoonheid die spieël met jou menswees geplas? Het jy al in die Suide jou plek met die kruis […]

13 Junie 2017 ~ 3 Kommentare

Komberse vir plante?

Geskryf deur Gaby Leone

Blare

Ek hoor dikwels: ‘Ek kan niks by my groei nie, my grond is net te sleg’. Hier in die Karoo is die grond van nature maar arm aan die nodige voedingsstowwe wat groente nodig het om te floreer. Ook daar waar die grond eens vrugbaar was, het ons moderne groeimetodes dit mettertyd verarm. Seisoen na […]

08 Junie 2017 ~ 7 Kommentare

Waarom jongmense die Postmodernisme moet beveg

Geskryf deur Ebert Terblanche

Jordan Peterson, professor in kliniese sielkunde van die Universiteit van Toronto verduidelik waarom jongmense moet organiseer en opstaan ​​teen die nihilistiese postmodernisme: Ek wil graag eerstens ‘n boek aanbeveel wat almal moet lees: Dit word “Explaining Postmodernism” genoem en is geskryf deur Stephen Hicks. Jy moet postmodernisme verstaan sodat jy weet waarteen jy te stane […]

07 Junie 2017 ~ 1 Kommentaar

Die dokter en die swembadpomp

Geskryf deur Carel Boshoff

surgeon’s at work

Spesialisering en geluk As ‘n jong man het ek jare gelede eenmaal die dubbelsinnige voorreg gehad om ‘n mediese spesialis gade te slaan, besig om ‘n operasie uit te voer. Dit was ‘n indrukwekkende prentjie: klinies, helder belig en ‘n hele span bekwame en toegewyde helpers gereed om op sy kleinste wenk te reageer deur […]

03 Junie 2017 ~ 3 Kommentare

Erken ook die skadevergoeding wat deur Afrikaners betaal word

Geskryf deur Ebert Terblanche

Die Suid-Afrikaanse ekonomie is diep gewond deur die ANC regering. Onlangse data wys dat werkloosheid in Suid-Afrika vanaf 24% tot 27% gestyg het. Die ANC-beleid van kaderontplooiing het dienslewering tot ‘n stilstand gebring selfs op terreine wat oorspoel word met geld. Neem maar onderwys as voorbeeld. Suid-Afrika spandeer 3.75 keer meer as Indië per laerskoolkind […]

02 Junie 2017 ~ 2 Kommentare

In die sweet van ons aangesig

Geskryf deur Gaby Leone

Gaby

Ons het gedurende ’n hittegolf in Desember hierso aangekom. Een van die meubelvervoerspan het net kop geskud en wou weet of ek seker is dat ek op so ’n warm plek gelukkig sal wees. Hy het gereed gelyk om alles weer op die trok te laai as ek enigsins sou huiwer. Ek is darem meer […]

31 Mei 2017 ~ 1 Kommentaar

Bittereinderdag op Orania – onthou die verlede, bou die toekoms

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Ox wagon 2

Op 31 Mei het belangrike gebeure in die Afrikaner se geskiedenis plaasgevind. Die bekendste een is seker die stigting van die Republiek in 1961, maar die eerste groot en eintlik besonder hartseer gebeurtenis was die Vrede van Vereniging wat op 31 Mei 1902 onderteken is en waarmee die Boererepublieke Transvaal en Oranje-Vrystaat hulle vryheid verloor […]

29 Mei 2017 ~ 2 Kommentare

Merkel op koers om vierde termyn te wen

Geskryf deur Jaco Kleynhans

start_bild

Oor die afgelope sestig jaar het die Christelik-Demokratiese Unie van Angela Merkel net vyf jaar ’n regering in die deelstaat Noordryn-Wesfale gelei. Dié deelstaat, waar een uit elke vyf Duitse kiesers woon, was nog altyd die hartland van die Sosiaal-Demokratiese Party. Tydens die onlangse verkiesing in Noordryn-Wesfale het die Christelik-Demokratiese Unie egter eerste geëindig. Daar […]