22 Januarie 2018 ~ 1 Kommentaar

Orania

Geskryf deur Hannes Snyman

 

Oor die dorre landstreek van Suid Afrika, en die swart gebrande grasvlaktes van ʼn volk rys ʼn groen vleiland, ʼn brandwag wat die tromme van ʼn naderende oorlog kan sien, en dit beeldsaai oor berge en deur dale van ʼn dreigende haat wat die harte van vrede laat in smart. Die trilling van ʼn oormag oor die velde kan voel nader.

Dit is hier waar ʼn volk op die walle van die Oranje sy waens gereedmaak, die veghekke versigtig rangskik en biddend herinner word aan die gelofte van ouds. Dit is hier waar die knieë gebuig en ʼn stortvloed trane van ʼn volk wat ʼn tweede keer vertrap en vermoor word. ʼn Land waar die verleier rondloop soos ʼn brullende leeu om te steel en te verwoes, die weduwees en wees, die oud en die swakkere wil verslind. ʼn Gulsige hiëna wat die velde verken en die baba vermorsel teen ossewa-wiel.

Op ʼn hard gebakte Karoovlakte rys ʼn lank vergete dorpie soos ʼn groenweiveld waar die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe word. Dit is hier waar die hart van ʼn moeder en die hande van ʼn vader aan die kind die toekoms van liefde, van vrede kan leer. Hier waar hul verwydering van ʼn woedende wêreld, gebore en getooi uit die sade van afguns en haat, hul kinders kan opbring soos ons vaders van ouds dit bedoel het toe hul die kuste van ons lieflike land kom verken het.

Nou, liewe vriende staan ons weer op die kruin van ʼn koppie want rondom ons het die vyand ons laer genader. Die vrede wat gevra is van ons Vader van bo, die seën op ʼn land wat getem is met traan en baie harde werk, lê weer dor voor ons oë.

Het die vyand ons gevolg van die land waar ons gevlug het van?

Het die vyand kom infiltreer die groen van ons harte en met dorings en distels besaai?

Weer staan ons knieë gebuig en bloed wat daaruit sypel soos ons biddend verlossing kom pleit. Ons trane vorm poele in die dorre aarde waar woede en haat begin groei. Ons hande gestrek na die hemele daar bo, skree ons luid: “Verlos ons van die bose, laat vrede en liefde ons harte kom buit”

In die dorre droë Karoo op die walle van die pragtige Oranje staan ons laer, stuur ons hartseer ons seine: “Vir jul wat hierdie mooi land ʼn woestyn geword het, ʼn oaselose brak-bitter grond, Kom bou dan hier saam, waar daar vrede en vreugde soos ʼn koel waterstroom die dorre laat groei en die dorings en distels ʼn vyeboom word en sal bot met die belofte van ʼn liefdes oes waar ons hande vat en biddend die wil en die hulp van onse Hemelse Vader kom bid!

Deel/Stuur

Een Reaksie op “Orania”

  1. Johann Dannhauser 31 Januarie 2018 at 08:24 Permalink

    Hierdie is darem ‘n erge negatiewe kommentaar. Ons het geen illusie oor die gevaar nie, maar ai, vriend, wat is jou oplossing?


Lewer Kommentaar

*