03 April 2014 ~ 6 Kommentare

Optog in Brussel is belangrike stap vir selfbeskikkingsbewegings

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Die afgelope naweek het ‘n belangrike gebeurtenis vir volkere regoor die wêreld wat na selfbeskikking streef, plaasgevind. In die Europese hoofstad, Brussel, het 3500 mense van onder andere Skotland, Katalonië, Vlaandere en Suid-Tirool aan ‘n optog ten gunste van selfbeskikking deelgeneem.

Wat maak die gebeurtenis so betekenisvol? Die afgelope paar jaar is daar ‘n toename in volkere regoor die wêreld, maar in besonder in Europa, wat hul heil in selfstandigheid en groter outonomiteit begin soek. Die Europese projek met een geldeenheid en ‘n sentrale regering in Brussel begin toenemend krake te toon. Regerings in lande soos Italië, België en Spanje misluk ook toenemend weens korrupsie, binnegevegte, elitisme en ‘n totale onvermoë om die behoeftes van hul burgers te verstaan en daarvolgens te handel. Gevolglik sien ons dat volkere soos die Skotte, Kataloniërs, Suid-Tirolers en Vlaminge ernstig na selfbeskikking as ‘n uitweg uit die doodloopstraat waarin hulle tans verkeer, begin kyk.

Die relevansie van Sondag se optog in Brussel is egter eerstens dat dit enigsens plaasgevind het en tweedens dat dit in die teken van groter samewerking tussen volkere wat na selfbeskkiking streef, staan. Die feit dat die burgemeester van Brussel toegelaat het dat so ‘n optog plaasvind is ‘n teken dat selfs die politieke elite in Europa wat droom van een Europa sonder ‘n verskeidenheid van volkere en kulture nie meer die opkoms van die vryheidsbewegings regoor Europa kan ignoreer nie.

Tweedens was daar by Saterdag se optog ‘n groot mate van eensgesindheid onder ‘n uiters diverse groep mense van verskillende lande. Uit Suid-Afrika was daar ook ‘n afgevaardigde van Orania wat saam met die afvaardiging van Suid-Tirool aan die optog deelgeneem het. Selfbeskikkingsbewegings van regoor die wêreld begin toenemend beter saamwerk en hul verskille opsy skuif om ‘n sterk blok op elke internasionale verhoog te vorm. Suid-Afrikaanse selfbeskikkingsinstellings soos die Orania Beweging skakel ook reeds vir etlike jare met ander volkere wat na selfbeskikking streef en Orania het vandag ‘n goeie netwerk van vriende in plekke soos Vlaandere en Suid-Tirool.

In Mei vanjaar sal Europese lande hul verteenwoordigers na die Europese parlement verkies en een tendens om tydens dié verkiesings dop te hou is die mate waartoe partye wat selfbeskikking onderskryf, sal presteer. Nog belangriker is om te sien om hierdie partye na vanjaar se Europese verkiesing daarin sal slaag om hul verskille eenkant te skuif en ‘n sterk nuwe blok in die Europese Parlement te skep. Die afgelope paar jaar was daar herhaalde pogings om pro-selfbeskikkingspartye binne een blok te laat saamwerk, maar dit het telkemale misluk.

Die meeste Afrikaners wat na selfbeskikking streef het reeds besef dat selfbeskikking nie ‘n gebeurtenis is nie, maar wel ‘n proses. Om die waarheid te sê: Dit is meestal ‘n lang en moeisame proses. Een gesamentlike optog in Brussel gaan vir geen volk sy selfbeskikking verseker nie, maar dit gaan ‘n belangrike bydrae lewer om volkere wat wel selfbeskikking nastreef beter te laat saamwerk. Die Afrikaner kan en moet deel hiervan wees.

Deel/Stuur

6 Reaksies op “Optog in Brussel is belangrike stap vir selfbeskikkingsbewegings”

  1. Chris 3 April 2014 at 17:45 Permalink

    Ek dink u sit die plank behoorlik mis.

    Die ontstaan van ‘n verenigde Europa maak juis selfbeskikking moontlik. Omdat die nasionale regerings sekere bevoegdhede na Brussel oordra, kan kleiner lande ‘n meer volledige landsbestuur ontwikkel. Die geheim van die Europese Unie is dat dit geen wette met inhoud maak nie, maar slegs raamwerkwette. Hierdie wette (riglyne) bepaal wat gedoen moet word. Hoe dit ingevul word, mag die lidstate self bepaal. Die groot voordeel is dat klein lande nie groot hoeveelhede amptenare hoef te hê nie.

    Danksy die riglyn-mag van Europa kon Nederland in 2010 reeds vier van sy vyftien departemente ophef, omdat die Europese riglyne deur die provinsies uitgevoer kon word.

    So ‘n riglyn bepaal byvoorbeeld dat die geluid by ‘n vliegveld gemeet moet word en dat ‘n lidstaat self die maksimale geluidsvolume vir lughawens moet bepaal. Die riglyn bepaal ook hoe die geluid gemeet moet word. Met die riglyn-wet kan die geluidsvolume per land verskil, maar kan die rekenmetode vergelyk word. As ‘n lidstaat nie van so’n reël hou nie, bepaal hy “gewoon” dat die vliegveld 100000 dB mag produseer. Dus: Europa bepaal wat gedoen moet word, die lidstaat bepaal hoe dit gedoen word en die munisipaliteit voer dit uit. Op gebiede waar Europa geen riglyne stel, is lidstate nog steeds vry om hul eie reëlings te bepaal. Buitendien hoef ‘n lidstaat nie alle Europese riglyne te op te volg nie en kan lidstate ook probeer keer dat Europa ‘n riglyn instel.

    Verder bied die Europese vrye mark die grootste kans vir klein minderhede. Waar bedrywe vroeër slegs binne hul eie landsgrense kon handel, is die handel tans Pan-Europees. As ‘n minderheid sou afskei, beteken dit direk dat die mark baie kleiner word. Nou, met die oop grense, kan kleiner lande blywend handel dryf en afskei sonder dat die ekonomie geraak word. Dit veroorsaak die pro-Europese standpunte van die bestuur en inwoners van Skotland, Vlaandere en Katalonië.

    Buitendien is dit juis Europa wat die regte van minderhede en kleiner lande versterk het.

    Eerstens met die Euro: wanneer Duitsland die stand van sy Duitse Mark verander het, het lande soos Denemarke en Nederland standaard in ‘n klein ekonomiese krisis van ‘n paar maande geval. Buitendien is dit vir ‘n moondheid wat sy sin nie kry, maklik om ekonomiese sanksies in te stel. En die klein lande was in die sop.

    Tweedens het Europa die bewussyn van minderhede gestimuleer met ‘n spesiale fonds: Die Fonds vir Plaaslike Ontwikkeling/Fonds voor regionale ontwikkeling. Die fonds verseker minderheidsregte wat nasionale regerings dekades lank weggehou het van hul minderhede. So moet nasionale regerings inheemse minderheidstale en kulture beskerm en behou. Nasionale regerings het plaaslike verskille dekades lank probeer ondermyn om ‘n sterk nasionale bewussyn te kan kweek. Die Fonds is byvoorbeeld baie aktief in Suid-Tirool.

    Die derde rede is die subsidiariteitsbeginsel, waarmee ook Orania probeer werk. Noem dit in dieselfde kamer waar Marine Le Pen is en sy sal begin skree en gil. Subsidiariteit stel dat elke taak op ‘n owerheidsvlak uitgevoer word waar dit die beste uitgevoer kan word. Dit beteken dat gemeenskappe soms dikwels beter sake kan reël as die nasionale regerings. Die Front Nasional is nie net teen Europa nie, maar ook teen die uitvoering van take op die plaaslike vlak, omdat dit die nasionale bewussyn sou ondermyn. Uitgangspunt van die Franse nasionalisme (ook van die UMP en Franse Sosialiste) is dat die nasionale belang bo plaaslike belange gaan. Dit is presies hoekom die tale Bretons in Bretagne (Wes-Frankryk), Nederlands in Frans-Vlaandere (Noord-Frankryk) en Baskies in Frans Baskenland (Suid-Frankryk) dekades lank onderdruk is, onderrig in die tale geweier is en die inwoners van die gebiede stelselmatig verfrans is. Om te stel dat die Franse Front Nasional (as ook die PVV, wat die regte van die Nederlandse INHEEMSE Antilliaanse en Friese minderhede ontken) selfbeskikking steun, is totale onsin.

    Ek voel jammer vir die PVV-simpatie van meneer Kleynhans wat in hierdie artikel klink. Hoewel ek soms saamstem die PVV se immigrasie-standpunte, maak die party misbruik van burgers se onwetendheid oor die Europese Unie. Ja, die Europese Unie het seker sy ontwerpfoute, soos die swak parlement, die ingewikkelde verkiesingstelsel en burgerlike inligtingstelsel. Die PVV het egter nie gekies om die probleme te verhelp nie, maar om ‘n tipe struisvoëlpolitiek te voer wat ons geen stap digterby die oplossing bring nie. Want die opheffing van die Europese Unie sou ‘n slag wees teen die ekonomie en Europa se welvaart as ook teen minderheidsregte en kanse op selfbeskikking in Europa.

    Die Orania Beweging moet terdeë besef dat die PVV se belangstelling in Orania nie voortkom uit die steun vir selfbeskikking nie, maar uit sy belangstelling in die Dietse gedagte, wat Afrikaans- en Nederlandssprekendes in Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika wil verenig.

    • Jaco Kleynhans 4 April 2014 at 08:34 Permalink

      Beste Chris,

      Ek vind alles wat jy interessant, maar baie daarvan uiters naïef. Gaan lees gerus Thierry Baudet se boek, Oikofobie. Dit weerlê heelwat van u argumente oor die ‘goed’ van die Europese Unie.

      U maak ‘n onbillike afleiding oor die partye waarna ek verwys. Ek noem nêrens PVV en FN as selfbeskikkingspartye nie. Gaan lees asb weer wat ek geskryf het.

      Bande met die PVV en FN is belangrik vir die Afrikaner, maar daar is heelwat partye in Europa wat spesifiek selfbeskikking nastreef.

      U is duidelik ten gunste van sentrale mag, iets wat ons in Orania teenstaan. ‘n Sentrale regering met (tans sowat 10 000 reëls!) in Brussel is magshonger en sal uiteindelik tot ‘n politieke eenheid of federasie lei.

      Waar ek wel met u saamstem dat dat minderhede in lande soos Frankryk lank onderdruk is en eintlik maar forseer is om te assimileer. Dit is juis waarom die opkoms van selfbeskikkingspartye in verskeie lande tans dopgehou moet word in die hoop dat minderhede in Europa weer hulself beter kan organiseer.

      • Ropie 8 April 2014 at 13:08 Permalink

        Heeltemal reg Jaco Kleynhans!
        Ek stem saam.

    • Ropie 8 April 2014 at 13:07 Permalink

      Chris,
      Ek lees: “Dit veroorsaak die pro-Europese standpunte van die bestuur en inwoners van Skotland, Vlaandere en Katalonië”

      Pro-Europees is nie die selfde ding as pro Europese Unie nie!

  2. A Schlemmer 4 April 2014 at 11:50 Permalink

    Op ‘n ander punt, ek self het maar redelik onlangs van Suid – Tirool te hore gekom.

    Op DSTV is daar ‘n program “The Alps from above”. Daar het hulle onlangs Suid-Tirool besoek.

    Ek was rerig beindruk met die pragtige natuurskoon van daardie area. Ongelooflik mooi, met baie wynlande.

    Maar dan die Alpe het seker van die mooiste natuurskoon in die wereld.

  3. Deon 6 April 2014 at 12:53 Permalink

    Hi, Jaco.
    Ek dink een van die grootste bydrae tot ontwikeling in enige plek kan duer n ambagsman gegee word, dalk moet n mens dieper kyk waar n mens dit tot voordeel van Orania kan gebruik, n ambagsman kan baie dinge herstel, en ook vervaardig, so kan mens baie goed maak, regmaak en verkoop. Die wereld kan nie beweeg sonder n ambagsman nie. Ongelukig is dit maar so dat baie geleerdes en soos ons hulle hier ken “townhouse piete” op ambagsmanne neerkyk. Dalk kan ons Orania ook optel met ambagsmanne

Lewer Kommentaar

*