23 Julie 2012 ~ 57 Kommentare

Ontwikkeling: Beproefde metodes vir radikale resultate

Geskryf deur Ebert Terblanche

Orania benodig ‘n verdere 2,500 wooneenhede wat van nuuts af gebou moet word om Hopetown (sy buurdorp) te kan ewenaar wat getal inwoners betref.

Dit is die vereiste om die dominante politieke rolspeler op plaaslike vlak in sy streek te word. Indien hierdie ontwikkeling slegs deur eksterne belegging gefinansier moet word, kan dit ‘n baie lang en moeisame ontwikkelingspad wees.

Die vraag is of daar beproefde metodes is waarop eiendomsontwikkeling en vestiging op Orania versnel kan word? Ek wil graag enkele gedagtes hieroor toelig.

Uitgebreide eiendomsbesit as katalisator vir gemeenskapsontwikkeling

Prof. Niall Ferguson, ekonomiese geskiedkundige van die Universiteit van Edinburg in Skotland, ag uitgebreide eiendomsbesit as ‘n hoeksteen van welvaart in die Weste.

The Ascent of Money – Niall Ferguson

In sy boek, The Ascent of Money: A financial history of the World, dui prof. Ferguson aan dat daar in geskiedkundige terme nie veel te kies tussen die verloop van gebeure in welvarende Noord-Amerika (VSA en Kanada) en in vergelyking met die Noorde, sukkelende Suid-Amerika is nie.

Suid-Amerika is vroeër as Noord-Amerika onderwerp en gekolonialiseer deur Spaanse Conquistadores. Suid-Amerika het oor belangrike natuurlike hulpbronne beskik, veral goud en silwer en selfs ook sjokoladebone. Op beide kontinente is inheemse bevolkings onderwerp deur gewelddadige metodes en is daar ook slawerny bedryf. Die gevestigde beskawings in Suid-Amerika (soos die Inca en Maja) was meer kompleks as hul eweknieë in die Noorde, maar van ekonomiese ontwikkeling in die Westerse sin was daar op beide kontinente min sprake.

Die vernaamste instelling wat egter (na eeue van Westerse vestiging) vir die Noorde ‘n onregverdige voordeel bo die Suide sou bied, is uitgebreide private eiendomsbesit.

In Noord-Amerika is elke nuwe kolonis, na sy aanvanklike dienstydperk van 8 jaar ‘n stukkie grond gegee as vergoeding. Baie soortgelyk aan die wyse waarop Vryburgers aan die Kaap aanvanklik grond bekom het.

Grondbesit het nie slegs vir die kolonis groter sekuriteit in die vorm van ‘n onbetwiste tuiste gebied nie, maar het ook toegang tot stemreg in die eerste state gebied. Hierdie grondbesitters-demokrasie het ‘n stabiele burgery geskep – grondbesitters neig meer konserwatief deur hul behoefte om hul eiendom te beskerm of te verbeter, eerder as om bloedige rewolusie aan te hang. Dit het ook ondernemerskap ondersteun, want deur hul grondbesit het Noord-Amerikaners oor sekuriteit beskik wat hulle toegang tot lenings vir ontwikkeling en besigheid besorg het. Eiendomsbesit het ook lojaliteit teenoor die gemeenskap en ‘n bereidwilligheid om daarvoor die nodige op te offer gekweek.

In Suid-Amerika daarteenoor, is die grond opgedeel en toegeken aan die Conquistadores, wat eiendombesit ingeperk het tot ‘n nuwe adelstand. Vir die burgery was eiendomsbesit so ontoeganklik soos die Pous en is ekonomiese ontwikkeling beperk tot die inisiatief van hierdie handjievol families wat reeds oor ongekende rykdom beskik het. Behalwe vir hul klein getalle het hulle dus ook min aanmoediging gehad om die finansiële risiko’s te neem wat volhoubare ontwikkeling en welvaartskepping vereis.

In sy opvolgwerk, Civilisation: The West and the Rest, brei prof. Ferguson op bogenoemde uit deur aan te dui hoe die instelling van uitgebreide private eiendomsbesit deel van 5 ander instellings is wat die Weste sy voorsprong bo die res gegee het, en dat hierdie instellings besig is om met sukses deur ander kulture oorgeneem te word, waarmee hulle soortgelyke sukses begin ervaar.

In Suid-Afrika is die gebrek aan ekonomiese ontwikkeling in tradisionele gebiede waar die konsep van private eiendomsreg vreemd is, vir elkeen waarneembaar. So ook in die inheemse trust-gebiede van Australië, Nieu-Seeland en die VSA.

Uit bogenoemde oorsig is dit duidelik dat uitgebreide private eiendomsbesit ‘n belangrike komponent van lewe in Orania en selfs ‘n voorvereiste vir die uiteindelike Afrikanergebied sal wees; waarsonder ontwikkeling en ‘n stabiele burgery moeilik bemiddel sal kan word.

Verskeie modelle kan ondersoek word waarmee groter toegang tot eiendomsbesit en gepaardgaande ordelike ontwikkeling bemiddel kan word. Onontwikkelde grond in ruil vir ‘n tydperk van arbeid sonder betaling (waartydens die arbeider gratis van basiese behuising, voedsel en skoolfondse voorsien word), is ‘n model wat goed gewerk het vir die Noord-Amerikaanse koloniste. Die vraag is of daar meer relevante, hedendaagse modelle is wat tred hou met die eise van ‘n moderne wêreld? As voorbeeld wil ek graag die konsep van groepselfbou bekendstel.

Groepselfbou – publieke behuising deur selfhelp

Publieke behuisingskemas verteenwoordig in sekere gevalle alles wat verkeerd is met die moderne samelewing.

Die verantwoordelikheid vir maatskaplike versorging deur verskaffing van huisvesting word deur gemeenskappe ontduik wanneer dit aan die staat oorgedra geword. Hierdie ontduiking het al te dikwels tot die uitbroei van sosiale euwels in massa behuisingskemas gelei. Sosiale probleme word gekonsentreer terwyl daar selfs in die gevalle waar lesse geleer is en publieke behuising versprei is (soos in Australië), daar min agting vir die eiendom van die staat is waar vandalisme en onbetaalde diensterekeninge hoogty vier.

Bestaan daar ‘n beter alternatief?

Kevin McCloud, bekroonde argitek en aanbieder van die Britse TV-program Grand Designs het die konsep van groepselfbou in ‘n aflewering van sy program bekendgestel.

Groepselfbouprojek aan die Britse kus by Brighton wat 10 jaar gelede voltooi is

In 1989 is die konsep van gemeenskapselfbou en groepselfbou in die Verenigde Koninkryk van stapel gestuur en is daar vandag reeds meer as 200 projekte aangepak (ongeveer tien huise word met elke projek gebou). Hierdie konsep is aanvanklik deur nie-regeringsorganisasies ontwikkel, maar die sukses daarvan was so groot dat dit in sekere lande deel van regeringsbeleid geword het.

Volgens hierdie konsep word ‘n groep mense die geleentheid gegee om bekostigbare behuising te bekom deur hulle eie arbeid aan te wend om daardie behuising op te rig (wat dit bekostigbaar maak). In gevalle waar die groep mense werkloses insluit, dien die projek ook as vaardigheidsontwikkeling.

Die konsep werk as volg:

  1. ‘n Behuisingsprojek word aan ‘n groep mense (gesinne of enkellopendes) wat nie huise besit nie, toegeken.
  2. Die mense word aandeelhouers/lede van ‘n regspersoon (vereniging, maatskappy of koöperasie) wat die behuisingsprojek besit
  3. Die regspersoon ontvang ‘n lening (vanaf die departement van behuising of welsynsorganisasie op gunstige terme) vir die oprig van die aantal wooneenhede wat die groep mense benodig. Hierdie lening kan slegs aangewend word vir die koste van die grond wat aangekoop word (gewoonlik vanaf die munisipaliteit), die koste van die materiaal en die koste van spesialis-subkontrakteurs wat benodig word vir die werk wat die groep mense nie self kan verrig nie (argitekte, elektrisiëns, loodgieters, ens.) Die grond met bouperseel dien dan as sekuriteit vir die lening.
  4. Gedurende die oprigtingsfase moet elke aandeelhouer/lid ‘n minimum aantal ure per week afstaan aan die bou van die wooneenhede. Dit wissel gewoonlik tussen 20 en 30 ure per week, afhangende daarvan of die lede werkloos is of nie (daar is egter slegs een minimum vir ‘n spesifieke projek). Indien die lede nie die minimum ure werk nie, kan hulle hul aandeel in die regspersoon verbeur (volgens die wyse soos bepaal deur die reëls van die projek). Alle lede bou saam aan die hele projek. Lede bou dus nie slegs die wooneenhede wat hulle self gaan bewoon nie. Dit verhoog die lewensvatbaarheid van die projek deur samewerking, motivering, die deel van vaardighede en die wyse waarop dit ‘n gemeenskapsgevoel bevorder.
  5. Normale bouregulasies en inspeksies geld vir die projek. Die munisipaliteit verskaf gewoonlik advies of basiese opleiding soos benodig.
  6. Na voltooiing van die bouery, besit die regspersoon ‘n aantal eiendomme wat meer werd is as wat hulle gekos het, omdat die grootste deel van die arbeid gratis verskaf is. Die gratis arbeid deur die lede/aandeelhouers is dus omgeskakel in eienaarsbelang of ekwiteit binne die regspersoon. Hierdie sekuriteit stel die regspersoon in staat om ‘n kommersiële lening aan te gaan om die oorspronklike lening terug te betaal (wat die oorspronklike fonds in staat stel om binne ‘n relatiewe kort tyd weer ‘n volgende projek te finansier)
  7. Die lede kan dan die wooneenhede by die regspersoon huur teen die terugbetalingspaaiement van die nuwe lening. Nadat hierdie lening vereffen is, word eiendomsreg van die huise oorgedra aan die lede en word die regspersoon ontbind.

Nie alleen word hierdie metode vandag in die Verenigde Koninkryk aangewend nie, maar ook in Australië. In een van sewe deelstate in Australië (Victoria) is reeds meer as 830 huise deur goepselfbou-projekte gebou.

Hierdie metode maak uitgebreide eiendomsbesit moontlik deur minderbevoorregtes toegang tot bekostigbare wooneenhede te gee, terwyl hulle ook van meet af as eienaars verantwoordelik is vir die kwaliteit van die bouwerk en die instandhouding van die geboue. Verder dra dit by tot belegging, gemeenskapsontwikkeling, vaardigheidsontwikkeling en nuwe vestiging – arbeiders word deel van die stabiele burgery . Die belangrikste is egter dat hierdie mense self hul behuising bekostigbaar maak en nie afhanklik is van subsidies en donasies nie, wat die volhoubaarheid daarvan verhoog en dit moontlik maak om projekte soos hierdie op skaal uit te brei.

Die inwoners van Elim en Nerina (toekomstige inwoners) wat reeds werkservaring in Orania opgedoen het (in baie gevalle in die boubedryf) verteenwoordig ideale kandidate vir groepselfbou-projekte. So ‘n projek kan met vrug deur die Orania Beweging Helpsaamfonds oorweeg word na die afhandeling van Nerina.

My en jou finansiële steun aan die Helpsaamfonds kan al wees wat benodig word om die wa deur die drif te trek.

Deel/Stuur

57 Reaksies op “Ontwikkeling: Beproefde metodes vir radikale resultate”

  1. Rudolf Herbst 23 Julie 2012 at 15:35 Permalink

    Briljant!

  2. Wilma Hanekom 23 Julie 2012 at 17:22 Permalink

    Uitstekend!!

  3. Menefrego 23 Julie 2012 at 20:36 Permalink

    Uitstekende konsep Ebert.

    Ek dink dis die regte plan, en analoog aan die gedagte van “build it and they will come”, wat die ANC so effektief met sy HOP-program ingespan het, om ons dorpe te oorspoel.

    Ons moet buite die aanvaarde konsepte van die Suid-Afrikaanse eiendomsmark ‘n weg vind, om die ou maniere te verander, en dit vir gewone Afrikaners moontlik maak om vinniger volwaardige eienaars van hulle eie stukkie eiendom in die Volkstaat te word. Hierin is groot krag, en ‘n essensiële vryheids-element, soos jy alreeds aangedui het.

    Sou ons dit moontlik maak, vir ‘n jong gesin, om hul eerste huis in 15jaar af te betaal, of selfs minder, het ons ‘n baie kragtige besigheidproposisie beet. Die Clinton-behuisingsbubble het baie mense se toegang tot ‘n eie huis, onbekostigbaar gemaak, en die fenomeen waar Afrikaners langtermyn-finansiële slawe raak van die banke, ter wille van eiendom, is ‘n slegte een vir ekonomiese groei, omdat dit private kapitaalvorming, belegging, en besparing, bevark. Voorts raak die verkryging van huislenings slegs moeiliker, en dit lyk asof rentekoerse vir baie lank, baie laag gaan bly.

    Groepselfbou kan beslis ‘n kernelement vir ‘n plan uitmaak, wat die bogenoemde probleme aanspreek, en volkstaatvestiging moontlik maak.

  4. Daan Badenhorst 24 Julie 2012 at 13:51 Permalink

    Briljante Plan.

  5. Frans de Klerk 24 Julie 2012 at 18:05 Permalink

    Ebert het jy dalk meer inligting oor die bestuur van so ‘n projek. Ek kan my heelwat probleme indink, indien so ‘n projek nie reg bestuur word nie.

    • E Terblanche 24 Julie 2012 at 20:44 Permalink

      Frans, in beginsel word risiko beperk deur dinge so eenvoudig moontlik te hou. Boumetodes en bouplanne word gestandardiseer en daar mag nie van afgewyk word nie. Die administrasie van so ‘n projek word deur die borgfonds behartig en sluit in boekhouding, rekonsiliasie van die klokstelsel en bestel van materiaal. ‘n Bouadviseur word ook vir die projek aangestel, wat weekliks met die bouers vergader om hul take vir die week te bespreek en wat toestemming gee vir verlof of afwesigheid, en dissiplinêre optrede hanteer. Die bouadviseur keur ook die aankoop van materiaal goed.

      Die lede/aandeelhouers van die projek word ook streng gekeur en in sekere modelle word daar van hulle verwag om ‘n deposito te verskaf.

      Indien so ‘n projek oorweeg word, sou dit raadsaam wees om by die agentskappe wat dit reeds doen aan te klop om lesse te leer wat reeds geleer is en om beste praktyke vas te stel.

  6. Tinus Rautenbach 24 Julie 2012 at 20:14 Permalink

    Man, ek is opgewonde oor wat daar by julle aan die gebeur is.
    Trots AFRIKANER groete.

  7. johann brits 24 Julie 2012 at 20:21 Permalink

    ek droom al so lank om ‘n huis te bou sonder binnemure.daar kan aansienlik koste gespaar word en m.b.v. skuifpanele of meubels word binnekant gerangskik.m.a.w. net ‘n dop word gebou en bewoon en die res kom later.

    • Rudolf Herbst 25 Julie 2012 at 16:46 Permalink

      Ek’t al dieselfde gedagtes gehad. In stede van binne mure kan die ingeboude kaste dien as skeidsmuur tussen 2 vertrekke. Leefareas iss deesdae in elk geval aaneenlopend/oop plan…
      dei voordeel daarvan is dat mens die binnekant van so ‘n woning tot ‘n kan “herrangskik” sonder om te veel kostes aan te gaan.

  8. Philip 24 Julie 2012 at 20:33 Permalink

    Lanklaas so n eenvoudige, dog goed deurdagte voorstel en stukkie vernuwende denke teegekom. Frans, daar kan mos by die Engelse en Australiers kers opgesteek word indien enige aspekte van so projek kwel. Daar is kennelik meer meriete in so n projek as nadele.

  9. ANDRIES MARITZ 25 Julie 2012 at 00:43 Permalink

    EK IS BEMOEDIG DEUR WAT JULLE HIERMEE KAN VERMAG EN DIE GEBRUIK VAN PROF. NEIL FURGESON SE BEVINDINGS/DENKWYSE IS SLIM VAN JOU.

    TWEE ASPEKTE:

    1) JY VERWYS TEREG NA STRENG KEURING VAN DIE DEELNEMERS/TOEKOMSTIGE EIENAARS, WANT DIT IS UITERS BELANGRIK OMDAT JY DIE REGTE TIPE MENSE MOET INBRING OMDAT HULLE ‘N GROOT DEEL VAN JOU BEVOLKINGGROEP GAAN UITMAAK EN JY STRENG SAL MOET KEUR OM NIE TOEKOMSTIGE SOSIALE PROBLEME ALDAAR TE SKEP NIE. AL KLINK DIT HOE ONPOPULER, SLUIT DINGE SOOS AFHANKLIKHEIDPROBLEME, AIDS EN DIES MEER IN.

    M.A.W. SO STRENG SOOS IMMIGRASIEVEREISTES OF STRENGER, WANT JY MOET VERSEKER DAT JY DIE ROOM AFSKEP EN DIT SAL ORANIA NET GOED DOEN IN DIE TOEKOMS OMDAT JY SODOENDE ‘N BRILJANTE TOEVOEGING MAAK, SO KEUR STRENG !!

    2) HET JULLE GENOEG GROND/BOUPERSELE,ENS. VIR ‘N “BEVOLKINGONTPLOFFING” WANT DUISENDE GOEIE KWALITEIT MENSE KAN OP HIERDIE WYSE TOEGEVOEG WORD.

    STERKTE EN VOORSPOED, EK WENS JULLE ALLE SUKSES TOE HIER VANUIT NEW ZEALAND.

    ORANIA TE KAN BEHARTIG ?

    • E Terblanche 26 Julie 2012 at 02:24 Permalink

      Dankie vir die kommentaar.

      My verwagting is dat die streng keuring sal poog om slegs een vraag te beantwoord: Beskik die aansoeker oor die vermoë en toewyding om sy verantwoordelikheid teenoor die projek na te kom? Verblyfregaansoeke is iets anders wat deur die Dorpsraad hanteer word.

      Oor die grond en boupersele: Orania beskik oor genoeg onontwikkelde grond – die diens daarvan is iets waaraan die Dorpsraad en verskeie ontwikkelaars voortdurend werk en hulp sal verwelkom word.

      Sterkte daar in Nieu-Seeland.

  10. Sakkie van der Merwe 25 Julie 2012 at 02:15 Permalink

    Ek dink dit het BAIE potensiaal!Ek moet bely dat ek, met ons besoek aan Orania, die gevoel gekry het dat Orania net vir ryk mense toeganklik is. Ek was ook nie enigste een wat so gevoel het nie! Hopelik sal hierdie stelsel daardie gevoel besweer. Stem 100% met Andries Maritz saam. Indien dit nie BEHOORLIK bestuur en beheer word nie, kan dit weer net nog n “vinnig ryk word vir enkeles” projek word.

    • Jannie 25 Julie 2012 at 06:10 Permalink

      Ag nee Sakkie, enige iemand wat Orania ken sal met die eerste oogopslag sien dis vir almal ongeag finansiele posisie. Natuurlik help dit as mens geld het, maar selfs jongmense met feitlik niks word in Elim gehelp.

  11. Nico Groenewald 25 Julie 2012 at 12:07 Permalink

    Ebert, ek dink die groot saak het baie om die lyf. Ek wil graag ‘n verdere stuiwer in die armbeurs werp: Daar is verskeie mense, veral ouer mense, wat graag beter opbrengs op hul belegging sal wil kry. By so ‘n groepsbehuising is die risiko van wanbetaling laag, terwyl die waarde van die eiendom die koste ver oorskrei. Dit sal dus beide partye baat om sulke tipe beleggings te bekom: Die beter opbrengs bevoordeel die belegger (wat natuurlik uitsluitlik “ons mense” kan wees), terwyl die opnemer van die verband dit teen ‘n baie redelike koers kan kry. Sterkte.

  12. Frank 25 Julie 2012 at 15:17 Permalink

    Wonderlike konsep, sterkte – almal kyk…

  13. Frans de Klerk 25 Julie 2012 at 17:03 Permalink

    Ebert

    Jy noem ‘n paar belangrike punte rakende die bestuur van so ‘n projek. Ek dink dit moet deeglik in ag geneem word wanneer so iets beplan word.

    Ek wil graag ‘n vraag of twee vra en hoor of jy weet hoe dit hanteer kan word: Sê nou daar word vyf huise beplan en vyf gesinne is betrokke. Bou almal saam aan die vyf huise of elkeen op sy eie? Indien saam gebou word, hoe word die aangeleentheid van “te min” of “te veel” ure gewerk hanteer?

    • E Terblanche 26 Julie 2012 at 00:47 Permalink

      Frans, die modelle wat gebruik word wissel van instelling tot instelling, so dit lyk my nie of daar absolute antwoorde op alle is vrae nie. In hierdie opsig kan die konsep aangepas word om spesifieke omstandighede te pas.

      Oor jou vrae die volgende:

      Die vyf gesinne bou saam al vyf die huise.

      Te min ure:
      Die gesin wat oor tyd te min ure werk, moet ekstra ure inwerk om hul agterstand terug te werk. Hulle het ook die opsie om vriende, familie of arbeiders wat hulle self betaal (mits goedkeuring gekry word) te gebruik om hulle agterstand te help afwerk. In geval van beplande afwesigheid kan hul substitute aanwys om namens hulle in te staan vir die ooreengekome tydperk (ook afhanklik van goedkeuring).

      Wat gebeur as ‘n gesin nie hul tekort aan tyd terugwerk nie? Indien hul nie aanvaarbare reëlings tref soos hierbo genoem word nie, verloor hulle hul aandeel in die projek en word na ‘n proses uitgeskop. In welke geval die reëls van die projek sal bepaal wat dan gebeur; hetsy ‘n nuwe gesin toegelaat word om aan boort te kom (wat dan ook die tyd moet inwerk waarmee die ander gesin agter geraak het); of die oorblywende gesinne maak die 5 huise klaar en besit die ekstra huis dan saam (deur die regspersoon).

      Te veel ure:
      Ekstra ure in een week gewerk kan nie oorgedra word na die volgende week nie en word verloor. (om oortyd te ontmoedig)
      ‘n Uitsondering geld indien ‘n reëling met die bouadviseur getref is om tyd op te bou met die oog op verlof. Indien hulle baie oortyd werk deur die projek, doen hulle dit of vir die liefde van die saak, of die projek kan erkenning daarvoor gee deur ‘n prys aan hulle toe te ken aan die einde (bv. ‘n koopbewys vir meubels).

  14. R Pienaar 25 Julie 2012 at 18:09 Permalink

    Ek dink ons is op die regte spoor. Stuiwer in die beurs: Kan daar nie klein besigheidskomplekse aan so ‘n ontwikkeling gekoppel word om die nodige infra-struktuur daar te stel nie. Dan bou die besigheidseienaars hulle eie winkels/kantore. Wat van ‘n gedeeltelike bydrae tot die oprigting en bedryf van bv. hospitalisasie-geriewe?

    Sterkte my kinders, Oom Ref

  15. Frans de Klerk 26 Julie 2012 at 06:47 Permalink

    Ebert

    Het jy dalk vir ons ‘n voorbeeld van die reëls van ‘n stelsel wat elders gewerk het? Sosiale spanning is die voorland indien so ‘n projek nie reg bestuur word nie.

    Hierdie stelsel het die vermoë om boukoste met 50% te sny, indien dit reg werk. Die voorwaarde is egter dat ‘n instelling, soos byvoorbeeld die Helpsaamfonds, moet instaan vir die bestuur van die projek en die vergoeding van die boubestuurder.

    • E Terblanche 26 Julie 2012 at 06:56 Permalink

      Frans,

      Jy is heeltemal reg in jou gevolgtrekking.

      Ek sal kyk wat ek kan opdelf, so nie sal ek skrywes rig aan die betrokke instellings en kyk wat ons van hulle kan kry. Ek sal per e-pos terugvoer gee.

  16. Appie Pienaar 26 Julie 2012 at 08:38 Permalink

    Hallo Ebert

    Interessante konsep. Die groot waarde daarvan lê seker by die onderlinge motivering en die gratis arbeid.

    Ek dink die finansiering kan problematies wees. Dis een ding om geld by ‘n paar weldoeners teen gunstige terme te leen, maar om daarna ‘n kommersiële bank te betrek is iets gans anders. Geen kommersiële bank sal ‘n eiendomslening aan ‘n regspersoon toestaan alleen op grond van die onderliggende eiendomswaarde nie. As die individue wat die regspersoon besit/bestuur se persoonlike inkomste onvoldoende is, dink ek ‘n bank sal baie skepties wees om betrokke te raak.

    Met jou resep sou mens seker kon bou teen R2,500 tot R3,000 per m2. Ek kan nie sien dat ‘n eenheid van so 80 m2 jou minder as R200,000 tot R250,000 gaan kos nie. Dit beteken dat die individu wat uiteindelik moet instaan vir hierdie skuld darem seker so minstens R6,000 – R8,000 per maand moet verdien. Is dit realisties vir die teikenmark?

    • E Terblanche 26 Julie 2012 at 09:42 Permalink

      Hallo Appie, lekker om jou inset te ontvang. Dankie daarvoor.

      Jy is heeltemal reg, indien ‘n lener nie die paaiement kan bekostig nie, kan die uitlener die lening nie toestaan kragtens die Nasionale Kredietwet nie.

      Die skema soos ek dit beskryf het, beskik dus wel oor ‘n intreedrempel en gaan nie vir almal toeganklik wees nie. Dit is natuurlik waarom daar steeds ‘n aanvraag na publieke behuising is waar hierdie skemas beskikbaar is en waarom daar altyd ‘n behoefte sal bly vir behuising soos Nerina en Elim.

      Die teikenmark wat ek in gedagte het vir bogenoemde sal gemik wees op diegene wat al ‘n paar jaar in Elim en of Nerina gebly het en reeds indiensopleiding gekry het wat hulle op ‘n posvlak plaas waar hulle graag sal wil begin kyk na ‘n eie plek. In sekere gevalle sal dit getroudes wees waar die man en die vrou ‘n inkomste verdien.

      Dit is in hierdie gaping tussen Elim en huise in Kleingeluk wat reeds teen R300,000 verhandel waar daar tans ‘n gebrek aan aanbod is.

      Dit gesê is daar permutasies van groepselfbou waar daar nie eiendomsoordrag plaasvind nie en waar die bouers bloot die huise by ‘n behuisingskema huur nadat hulle dit gebou het. Byvoorbeeld waar die deelnemers werkloos is of slegs deeltydse werk het. Die groepselfbouprojek wat Kevin McCleod in Brighton op sy program bekendgestel het (waarna ek verwys het in my skrywe) is ‘n voorbeeld hiervan. Ek is nie seker of die video vanuit Suid-Afrika gekyk kan word nie, maar die skakel daarna is: http://www.abc.net.au/iview/#/view/24525

      • Louis 26 Julie 2012 at 15:45 Permalink

        Die naaam vir die projek is die “Hedgehog Self Build Co-op”, jy kan dit ook op youtube kyk http://www.youtube.com/watch?v=JQsOWs9QHxI

      • Simon 3 Augustus 2012 at 01:12 Permalink

        Moontlike voorstelle t.o.v. finansiering wat miskien mag werk:

        1. Die eiendom kan aangebied word aan die deelnemer(s) as ‘n opsie om die eiendom oor x aantal jare teen ‘n vasgestelde prys te koop. Intussen kan ‘n gedeelte van die “maandelikse huur” na voltooiing gaan as paaiement vir die afbetaling van die opsie prys en in trust gehou word terwyl dit ook rente verdien (moontlik selfs in die groeifonds). Hopelik teen die tyd as die opsie beskikbaar word is die uitstaande bedrag klein genoeg dat groot lenings bedrae nie nodig is nie.

        2. Die projek finansierder kan (inisieel) ‘n aandeel in die projek behou en sodoende hoef die huis koper ‘n lening vir slegs die ander gedeelte van die aandeel te bekom (teen 50% van sê R250,000.00 is die lening vir R125,000.00). Die projek finasierder kan dan vergoed word deur proporsionele huur op sy aandeel. Die huis koper het dan die opsie om later die res of nog ‘n gedeelte van die uitstaande aandeel te koop.

  17. Blinder 29 Julie 2012 at 11:28 Permalink

    My name is Dimitrios and I am a white activist. I am in touch with many white movements in Europe, but the last months I see that the europeans care only about the economy and they don’t see that the white race is in danger. The only whites who are fighting for their survival are the whites in RSA, Rodesia amd southern Africa generally. My dream is to move in South Africa, send news to Greece from there, learn afrikaans and give the struggle together with the other whites. But to do this I must first find a job and a cheap place to stay. Orania is the place of my drams to live with my future family. For now, I just inform greek-speaking people for Boer genocide. My blog is: http://stop-boer-genocide.blogspot.gr (my last article is for Orania)
    If you could help me about residence in Orania, my e-mail is the mail of the blog, d_blinder@yahoo.com

    Thank you for your time.
    I hope to have news from you soon.

    Dimitrios Tsikas

    • E Terblanche 31 Julie 2012 at 06:32 Permalink

      Hello Dimitrios,

      We appreciate your interest in Orania and your sympathy for Afrikaners.

      I do however need to stress that we do not base our ideals and our movement on the failed ideologies of the past. We do not adhere to ideas of racial superiority or Nazism.

      We are building Orania as an expression of our culture and of what we want to achieve as a people. The fact that people who identify themselves as Afrikaners and associate them with the Afrikaner history and traditions are also considered to be “white” is a side-issue and beside the point really. What we wish to focus on is respect for human rights, minority rights and the good sense that cultures and peoples have a right to exist and express themselves through their institutions.

      Our primary concern therefore is whether people who want to join Orania identify themselves as Afrikaners, including taking responsibility for the good and the negative elements of our history such as the oppression of black people during apartheid, wish to contribute to the Afrikaner culture and are willing to contribute to the Orania community. Therefore a white person from Iceland who does not identify himself as an Afrikaner is just as unable to join Orania as a resident as a black person who does the same.

      We are not against any other culture and wish that everyone, including the Greeks with your long and proud history and the Zulu with theirs, wil find a way to prosper and grow.

      You are welcome to visit Orania for any length of time to get to know the town and its citizens, but if you wish to become a citizen you’ll have to become a naturalised Afrikaner first and foremost and then focus on building a future for Afrikaners.

      Orania is not a camp for whites disgruntled with their diminished status or who wish to isolate themselves from other cultures.

      • Rudolf Herbst 31 Julie 2012 at 09:39 Permalink

        Goeie antwoord.

        Wens net meer mense wil dit besef, dan sal hulle ophou met hul marginalisering en beskuldigings van absolute rassehaat van dié wat wel in Orania bly en s tasbaars en volhoubaar vir die nageslag daar stel!

      • Blinder 5 Augustus 2012 at 16:21 Permalink

        I understand the meaning and the way of Orania. The reason that you make a peacefull struggle is something that, as a part of european culture, I admire on you. I knew at the begining that you are not racists. I am not a racist and I don’t support racism, too. I just admire the boer history and I inform people in Europe about you. This is the reason that I want to become like you and stay in Orania. I have already start to search for job in SA and I hope to come in Orania in 2013.

        If you want to inform people of my blog about you (in english or greek language), you could send me articles and everything you want.

        Thank you.

      • Frank 16 Augustus 2012 at 08:52 Permalink

        BAIE goeie antwoord! Maak my trots…

  18. Gerhardus 31 Julie 2012 at 14:03 Permalink

    Glad nie ‘n slegte plan nie. Om alle kommer en vrae die hoof te bied kan daar gekyk word na ‘n toetsgroep. Na die afloop van die projek, kan die deelnemers die reels en regulasies opstel vir toekomstige projekte, en so kan verdere problem uitgesorteer word met die tweede groep. Begin eers, en begin klein… Want ek het vertroue in die plan, Oranie se strukture en die deelnemers.

  19. Sanette Strydom 2 Augustus 2012 at 09:04 Permalink

    Ek hou van die idee. Ons het al ‘n geruime tyd die behoefte om Orania toe te trek, maar omdat ons nie geld het vir ‘n deposito op ‘n huis nie, sal dit vir ons altyd net ‘n droom bly. My man het baie ondervinding as elektrisiën en loodgieter – maar het nie kwalifikasies daarin nie – so hy sal baie goed aangewend kan word in so ‘n soort projek…
    Al lyk dit of Orania altyd maar vir ons net ‘n droom sal bly, wens ek julle sterkte toe.

    • Simon 4 Augustus 2012 at 01:42 Permalink

      Hallo Sanette

      As iemand wat ook droom om Orania toe te trek hou ek duim vas vir julle dat dit sal realiseer.

      • Sanette Strydom 6 Augustus 2012 at 06:59 Permalink

        Baie dankie Simon, dieselfde vir jou.

  20. Thys Basson 18 Augustus 2012 at 19:39 Permalink

    Goeinaand Patriotte,

    Ek lewer nie eintlik kommentaar op die huisbouskema nie, alhoewel dit goed klink, wat ek eintlik baie opgewonde oor is, is dit:

    Kyk hier http://www.seawatergreenhouse.com

    Die ouens gebruik hidroponiese tonnels om varswater te maak! Jy vat ‘n tonnel, koel hom af deur seewater te gebruik, vang die waterdamp op en siedaar! genoeg water om mee te boer en nog ekstra om te drink om meer te boer buite die tonnel.

    Hulle doen dit al klaar in Abu Dabi, Australie en ander plekke, Dit werk regtig, en dit is eintlik goedkoper want jy het nie duur grond naby waterbronne nodig nie, ek haal hulle aan:

    “Freshwater production: The fresh water produced is pure and distilled from seawater, with no need for chemical treatment.

    No fossil-fuel requirements: Unlike traditional greenhouses, which often rely on gas or other fossil fuels for temperature control and CO2 enrichment, Seawater Greenhouse systems use only seawater and sunlight to control the growing environments, with equal effectiveness.

    Pesticide free: Our seawater evaporators have a biocidal and scrubbing effect on the ventilation airflow. This greatly reduces or eliminates the need for pesticides.

    Land: Our technology enables the development of land normally considered unsuitable for agriculture.

    Cost-effective: Commercial grade crops yields, coupled with significantly lower capital and operating costs result in enhanced operator economics.

    Salt and mineral production: Salt gained in the process can be sold and other minerals used as crop nutrients.

    Import Substitution and Jobs: On a country or regional level, there may be advantages linked to import substitution. Most arid regions of the world are net importers of horticultural produce. By employing Seawater Greenhouse systems on a large scale these regions could see rises in local green employment as well as reductions in costs by substituting expensive imports with high-quality, locally produced Seawater Greenhouse crops.”

    Wat dink julle hiervan, sal Orania so iets kan implementeer langs Weskus? Ek het tonnelboerdery geswot by Elsenburg, dit is “1000” keer produktiwer as normale boerdery.

    Vertel my wat julle sê

    Thys, outjie van die see

    • E Terblanche 20 Augustus 2012 at 09:38 Permalink

      Hallo Thys, dankie vir die inligting. Dit lyk baie opwindend; die grootste uitdaging sal natuurlik wees (soos met alles op Orania) om die kapitaal, kundigheid en arbeiders te bekom om die projek te implementeer.

      Jy kan dalk vir dr. John Strydom by die Orania Beweging se kantoor kontak – hy is ook betrokke by landboubedrywighede op Orania.

    • Menefrego 26 Augustus 2012 at 20:47 Permalink

      Haai Thys! Gewonder wat van jou geword het.

      Ek het self vroeër al na hierdie son-verdamper idee gekyk, en met heelwat idees rondgespeel rondom die optimering van die verdampings-kondensasie siklus…..maar….die hantering van die pekelwater is ‘n effense probleem (dis OK op klein skaal, en vir lokale gebruik, maar waarskynlik onekonomies in grootskaalse kommersiële boerdery). So ook duursaamheid en afkoelingseffekte.

      Multi-Effek Disstilasie (MED) aanlegte, gekoppel aan ‘n son-termiese aanleg is baie meer effektief en boonop skaleerbaar, indien mens die water vir grootskaalse tonnelboerdery wil aanwend.

      Gaan kyk gerus na Abengoa se Eureka installasie (dis die 2MW kleintjie). Dit het 35x 120vk.m. spieëls en gebaseer op ‘n MED lewering van 1.8kWh/ku.m, hoort mens met direkte son-termiese omsetting (effektiwiteite in ag geneem), tipies so 12 600 ku.m/dag se varswater uit so ‘n aanleg te produseer. Pekelwater saturasie word laag gehou, en loop direk terug see toe.

      ‘n Innoverende ontwerp vir ‘n aanleg soos die, kan (met die regte randvoorwaardes), R5m-R7m kos (maal met Pi).

      Vir ‘n son-verdamper kweekhuis, kan mens (na my raming) tipies kyk na ‘n syfer van so 250ku.m. per ha per dag, wat sou beteken dat mens (afhangende van gewas en besproeiïngsmetode), so 5 tot 7 ha plante, per ha verdamper kan hanteer – nie te vrot nie….behalwe vir al die ander probleme.

      Kontak my asseblief by Menefrego94@gmail.com , ek het ‘n patriot uit jou kennisveld se hulp nodig.

      • Lance 9 Junie 2013 at 00:08 Permalink

        Ek het ook al gewonder ook die varswater uit soutwater uit, en het so ruk gelede, ‘n artikel gelees dat hulle nou met sout, wat geen goeie waarde, of gebruike inhou, op groot skaal sit. Op hierdie stadium word dit klaarblyklik in groot mate weg gery en in die woestyn begrawe, aangesien die terug pomp (of loop…) daarvan die sout waarde te hoog maak vir lewe in die see..

        Ek is nie ‘n kenner op die onderwerp nie, maar uit ‘n leke oogpunt blyk dit nogal heel geloofwaardig te wees. Weet iemand dalk meer hiervan?

  21. Arnold de Beerr 5 September 2012 at 12:50 Permalink

    Ek is ‘n boukontrakteur en doen opgraderings werk vir groot maatskappye. Ek doen alles self. Gebruik nie buite kontrakteurs nie.
    Om ‘n woonhuis te bou is wel duur en die werk moet reggedoen word.
    Wat my die meeste hinder eerstens is die aankoop van ‘n lee erf.
    Hoe word dit bekom op Orania.Ek sal my huis geheel en al self bou, maar is ook bereid om ander met hulle bouery te help.
    Ek sal net sekere tye die tyd kan afstaan, omdat die inkomste aan hierdie kant moet voortgaan.
    Indien bou erwe nie te duur is nie, en verkieslik oor ‘n tyd afbetaal kan word, begin ek onmiddelik.

    • Quintin Diederichs 22 Oktober 2012 at 13:31 Permalink

      Arnold, selfwerksaamheid is een van die belangrikste bestanddele wat Orania maak werk.

      Ek kan dadelik aflei in die paar woorde wat jy hierbo geskryf het dat jy soos ‘n vis in die water sal voel hier by ons. Gedienste erwe op Orania is heel bekostigbaar – skakel gerus vir Afsaal Eiendomme vir meer inligting: 073 164 9936.

      Terloops, hier is baie geleenthede vir boukontrakteurs op Orania!

  22. Oomjan 20 September 2012 at 22:25 Permalink

    Baie interessante konsepte en voorstelle.

    Oorweeg gerus die korbeelkonsep. Dit is eie aan die vroee geskiedenis van die Karoo. Dit kom ook voor in lande soos Griekeland.

    Ek is van mening dat dit baie goedkoop en maklik gedoen kan word. Met die hedendaagse tegnologie en argitektuur kan dit gebruikers-vriendelik en esteties aangepas word.

    ‘n Korbeelhuis word oorwegend met klip gebou. En daar is baie klippe langs die Oranjerivier. Kyk gerus op die net.

    Groete.

  23. Quintin Diederichs 22 Oktober 2012 at 14:02 Permalink

    Aitsa! Ebert, ek is spyt ek kom nou eers op hierdie artikel af. Daar is baie meriete om so ‘n projek op Orania van stapel te stuur.

    Boumateriaal behoort nie te veel kopsere te veroorsaak as mens plaaslike verskaffers soos Andre de Vos hulle gebruik vir stene nie. Die groepselfbou konsep het dus die addisionele voordeel dat dit ‘n groter mark vir Orania gebaseerde nywerhede skep.

    My enigste kommernis is die huidige tekort aan beskikbare bouinspekteurs op Orania. Sonder ordentlike toesig kan so ‘n groepselfbou projek gevaarlik raak. Gevestigde boukontrakteurs wat minstens by die NHBRC geregistreer is kan seker vrywilliglik (of vir vergoeding as dit moet) instaan vir inspeksiedoeleindes, maar sulke ervare en geregistreerde boukontrakteurs op Orania het eenvoudig nie die tyd nie omrede hulle, soos jy weet, reeds toegegooi is met projekte…

    Nietemin, die konsep soos uiteengesit word van punt A tot G hierbo is lewensvatbaar vir ‘n gemeenskap soos Orania. Ek hou veral van die feit dat dit die potensiaal inhou om welvaart in ‘n kort tydjie te skep vir Afrikaners wat wil en kan werk.

    Ek sien Frans het heelwat belangstelling getoon hierbo – hopelik kan VAB, Elim en die Helpsaamfond gesamentlik so ‘n groepselfbou projek aanpak in die nabye toekoms… die doel is immers om ons gemeenskap te bevorder en die tekort aan behuising aan te spreek. Ek ken ‘n paar opregte hardwerkende jong Oraniers wat hierby sal baat!

  24. Quintin Diederichs 22 Oktober 2012 at 14:02 Permalink

    … jammer – Francois de Vos :)

  25. Ludwig Everson 4 November 2012 at 12:12 Permalink

    Dit is goed dat mense die moontlike probleme kan sien, maar dink julle nie wat ons eerder in die Afrikaner Volkstaat nodig het, is mense met durf? Die konsep word ook met aardskepe gebruik. Die aardskip boutegnieke is redelike basis en kan reedelik billik gebou word as mens self bou. Indien VAB/Kambro bereid is dat die mense die grond wat op die terein of in die omgewing kan gebruik word so huis nogal goed koop.

    Kan julle voorstel hoe hard mense sal werk vir hulle eie huis?

  26. Danie Smit 6 November 2012 at 14:31 Permalink

    Ludwig, het Orania, of as daar nie is nie, is dit nie tyd vir ‘n ,volhoubare lewe forum op Orania niew? dink net as Orania die model in SA kan raak vir volhobare leef tegnieke. Is jy met jou aardskip projek nie die regte man om so iets by Orania te begin nie?

  27. Jacques dT 20 Desember 2012 at 01:13 Permalink

    Hallo Ebert,

    Hierdie artikel het baie waarde. Ek hoop van harte dat OB dit implementeer want op hierdie manier kan Orania se bevolkingsgroei met enorme spronge vooruit beweeg.

    My vrae is egter:
    1)Watter werk is daar vir hierdie mense wanneer die huise klaar gebou is – hoe gaan hulle dan inkomste genereer?
    2) Wie onderhou hierdie ‘werklose’ bouers terwyl hulle bou?
    (My vra is geensins kritiek nie, maar opreg.)

    Gedeeltelik wil ek dan sommer ook ‘n anwoord bied i.t.v. wat met hulle gebeur na die huisskema:
    Ek sou die behuisingskema deel van ‘n selfs groter ontwikkelingskema (OS)maak nl: Beplan die OS in twee fases:
    1) Fase een: Dis die behuisingsskema soos jy hierbo verduidelik het (‘n briljante plan!).
    2) Fase twee. Vooraf identifiseer ‘n besigheidsopsie(s) selfs nog voor die OS begin. Identifiseer ‘n sakegeleentheid (bv. ‘n fabriek) (of ‘n paar kleineres)wat op Orania bedryf kan word, en waarvoor daar ‘n markgeleentheid is. Fase twee behels dan die oprigting van die infrastruktuur (gebou ens) hiervoor. Dit sluit dan ook opleiding van die werkers in om die besighede te bedryf. Die res werk dieselfde as jou plan waar gedeelde eienaarskap aan hulle oorgedra word, soos die besigheid van die grond af kom.

    Groete,

    Jacques

    • Jaco Kleynhans 20 Desember 2012 at 07:37 Permalink

      Jacques,

      Ek is ook positief oor so ‘n projek, maar die Orania Beweging kan slegs ‘n katalisator vir so ‘n projek wees. Ek dink die Orania-model vereis juis dat ons nie meer van instellings en organisasies moet of kan verwag om alles aan te pak nie, maar dat projekte soos hierdie uit die gemeenskap self moet kom. Ons sal dus almal saam koppe bymekaar moet sit oor hoe om so ‘n projek aan te pak.

      • Jacques 7 Januarie 2013 at 09:31 Permalink

        Hallo Jaco, ek stem saam. ‘n Moontlike werkswyse (sommer baie rofweg):
        1) Iemand met projekbestuur agtergrond is direk betrokke van A tot Z.
        2) Projek plan word aangebied
        3) Kandidate word gewerf vir die projek e.g. 5
        4) Keuring, Induksie, orientering
        5) Finansiering
        6) Bou aktiwiteit van begin tot end
        7) Opleiding vir nuwe besigheid
        8) Oprigting van fasiliteit
        9) Operasionele oprigting
        10)Inkubasie bestuur
        11)Begin volgende projek.

        Kom ons gesels verder.

        Jacques

    • E Terblanche 10 Januarie 2013 at 05:36 Permalink

      Hallo Jaques,

      Die gedagte met groepselfbou is dat mense wat reeds ‘n werk en ‘n inkomste het, hulle vrye tyd (vroegoggende, laatmiddae en naweke) gebruik om aan die bouprojek deel te neem. Soos Appie Pienaar hierbo uitgewys het, sal mense wat nie ‘n inkomste verdien nie, nie kwalifiseer vir lenings om eienaarskap van hul huise oor te neem nie.

      Selfs indien so ‘n projek gedoen word vir minderbevoorregtes, sal hulle steeds oor ‘n werk en ‘n inkomste moet beskik om ‘n nominale huur te betaal en om kos op hul tafels te sit, want die “dole” bestaan nie in Orania nie.

      Jou gedagte dat ‘n onderneming ook op so ‘n koöperatiewe grondslag opgerig word, is iets wat ek ook sal ondersteun, hoewel dit afsonderlik van die huisbouprojek gedoen sal moet word, want meer as 90% van nuwe besighede oorleef nie vir 5 jaar in gevestigde ekonomieë nie, om van ‘n ontwikkelende ekonomie soos Orania nie eens te praat nie. Indien so ‘n besigheid sou misluk, moet dit nie die behuising van die deelnemers bedreig nie, want dan word daar agteruit geboer. tog kan dit wel gedoen word en die Mondragon Koöperasie van die Baske in Spanje is ‘n goeie voorbeeld.

      Soos Jaco egter noem, sal inisiatief vir sulke projekte deur die entoesiasme van die deelnemers in die gemeenskap gedryf moet word, want uiteindelik moet hulle self verantwoordelikheid vaar vir die sukses of mislukking daarvan, want as hulle dit nie doen nie, is dit hoog waarskynlik dat hulle wel op die rotse sal loop.

      Groete

  28. Hannie Tembelem 4 Mei 2013 at 23:18 Permalink

    goeie dag
    My naam is Hannie Tembelem van
    Gauteng Suid-Afrika wil ek die poging
    van mnr James Barry aan te beveel hoe
    ek was in die behoefte van ‘n lening van
    R150, 000 my skuld te konsolideer elke
    waar ek draai altyd neer op my totdat ‘n
    vriend van my vertel om hom te kontak
    en my grootste verbasing het ek my
    lening van hom, is my en my gesin
    woon nou gelukkig
    Jy kan hulle kontak om joune te kry.
    jamesbarryfinancialhelp@gmail.com
    Dankie

  29. HANSIE KILIAN 14 Augustus 2013 at 00:18 Permalink

    WAT OOK VAN DIE VERKOOP VAN PEKAN NEUT BOME–TEEN N BEDRAG PER BOOM EN DAN BESTUUR VANUIT ORANIA.
    NET N GEDAGTE.
    VOORWAARTS EN VOORSPOED
    VANUIT CALGARY KANADA

  30. HANSIE KILIAN 14 Augustus 2013 at 00:20 Permalink

    WAT VAN DIE VERKOOP VAN N PEKAN NEUT BOOM-TEEN N BEDRAG EN DAN BESTUUR OM N DEEL MET DIE KOPER-
    VOORWAARTS OPWAARTS EN GROETE VANUIT CALGARY KANADA

  31. Nic Groenewald 28 Augustus 2013 at 21:22 Permalink

    Ek het pas afgekom op ‘n boukonsep wat baie stewig is, en baie maklik, en ek glo ook nie duur is nie. Dit is ‘n samevoeging van skeephouers (containers), langs mekaar, op mekaar, of op enige wyse wat sin maak om spasie te skep. Vensters en deure word uitgesny, terwyl buite en binne met enige geskikte materiaal afgerond word sodat die oorspronkile staal nie meer sigbaar is nie. Dit word onskep tot hipermoderne wonings. ‘n Tipiese huis sal so 4 houers gebruik, maar dit kan werkilik na smaak vergroot word. EK verstaan so ‘n houer is teen ongeveer R15 000 beskikbaar, en ek dink hulle is 6 meter lank. (Dit kan ook 12 meter wees, nie baie seker nie). Hulle word aanvanklik met ‘n kraan opmekaar gestapel, en daarna begin jy self stuk vir stuk verander soos jy wil. Maklik en vinnig!

  32. Hannes Swanepoel 8 Januarie 2014 at 12:22 Permalink

    Ek het Orania reeds ‘n paar keer besoek en hou baie van die omgewing.

    In beroep is ekself ‘n geregistreerde boukontrakteur en stel ek spesifiek baie belang in die oprigting van strooibaal konstruksies as alternatief. Wat my werklik teleurstel is die onkunde en swak konstruksies in die verband wat opgerig word.

    Bestaan daar enige mate van boubeheer inspeksies om die voorkoms en veiligheid van konstruksies te ondersoek?

    Ek het begrip dat daar heelwat onkunde in die verband bestaan, maar is ook bewus van netjiese konstruksies wat reeds in Orania opgerig is.

    Ek stel werklik voor dat daar voelers uitgesteek word na ‘n tipe SETA Tegniese kollege vir jongmense wat alle ambagte in die konstruksie bedryf dek.

    Ek verstaan ook dat daar is reeds heelwat ervare persone in die bedryf is en kan die praktiese deel baie handig ingespan word tydens opleiding.

    Sterkte
    Hannes

    • Jaco Kleynhans 8 Januarie 2014 at 15:17 Permalink

      Hannes. Daar is bouinspeksies in Orania en daar word opgetree teen eienaars wat nie die regulasies nakom nie.

      Ons begin vanjaar met bou-opleiding in Orania. Eers sal dit net fokus op indiensopleiding en ‘n beperkte teoretiese deel en dan sal ons dit stelselmatig uitbrei. Ander tegniese rigtings behoort ook binne die volgende twee jaar aangebied te word.

  33. Pieter van 29 Augustus 2014 at 10:36 Permalink

    Het jy nodig om ‘n vinnige payday lening?

    Moet jy ‘n besigheid lening?

    Jy kan aansoek doen vir ‘n lening van R10,000.00 te R850,000.00

    Om aansoek te doen wat jy nodig het om hy volgende dokumentasie:

    1 Afskrif van jou ID
    2 jongste salarisstrokie
    3 Drie maande bankstaat.
    4 Bewys van verblyf

    Terme en voorwaardes geld.

    Vir meer inligting kontak Redwood Credit Union via:

    E-posadres: sa.no.ipeleng@gmail.com
    Kontak Tel: +27610011084
    Kontak Tel: +27613909328
    Faks Nommer: +27864331698


Lewer Kommentaar

*