29 Maart 2011 ~ 19 Kommentare

Komaan, gaan groen!

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Die volgende storie het onlangs in die Solidariteit Tydskrif verskyn: (www.solidariteittydskrif.co.za)

Oral waar ’n mens gaan, sien jy hoe ondernemings ”groener” probeer wees en behoorlik daarmee spog. Om groen te wees, is deesdae ’n statussimbool. Mense hou van mense wat groen is en veral van ondernemings wat groen sake doen. JACO KLEYNHANS skryf waarom groener beter is.

Mense regoor die wêreld het veral gedurende die tweede helfte van die een-en-twintigste eeu begin besef dat die beskerming van ons mooi aarde nie iets is wat net deur die skep van groot wildparke en die herwinning van koeldrankblikkies en plastiek verseker sal word nie.

Om te verseker dat die aarde en sy ongelooflike aanbod van hulpbronne vir ons nageslagte behoue bly, sal elke inwoner van hierdie planet meer in harmonie moet begin leef met die grond waarop ons loop, die lug wat ons inasem en die watermassas wat om ons ruis.

DIE AARDE KAN NET SOVEEL VAT

Die wêreldbevolking stuur tans soos ’n sneltrein op die sewe miljard-merk af, wat al meer druk op die aarde se hulpbronne plaas. Reënwoude word uitgewis sodat meer landbougrond in die massas se voedselbehoeftes kan voldoen. Skoon drinkwater is ’n skaars kommoditeit met slegs sowat 1% van die aarde se water wat vir drinkwater beskikbaar is.

Lugbesoedeling het ’n groot invloed op die aarde se klimaat en veroorsaak grootskaalse gesondheidsprobleme. Net sowat 1% van China se bevolking asem lug in wat volgens die Europese Unie aanvaarbaar is. Verder word die wêreld ’n rommelhoop met stede en selfs lande wat beheer oor afval verloor. Net in die Stille Oseaan alleen is na raming reeds meer as 100 miljoen ton afval gestort.

DIE ANTWOORD LÊ BY JOU

Die beskerming van die aarde se hulpbronne is egter nie iets wat sommer suksesvol afgedwing kan word nie. Enkele van die positiewe stappe wat reeds gedoen is, is die toenemende gebruik van alternatiewe energiebronne, beter bestuur van waterbronne en ’n groter fokus op herwinning wat deur veral Westerse lande aangemoedig en selfs afgedwing word.

Die werklike antwoord lê nie net by wat Eskom of jou munisipaliteit doen nie, maar ook by wat jy as individu doen. Terwyl dit belangrik is dat daar van steenkool- en oliegedrewe energieopwekking na die gebruik van son-, wind- en geotermiese energie oorgeskakel moet word, is daar nou reeds dinge wat elke individu kan doen om ’n verskil te maak.

DIÉ GEWOONTES KAN JOU SIEK MAAK

Die uitbuiting van ons natuurlike hulpbronne en swak praktyke wat die aarde se voortbestaan bedreig, gaan nie net vir volgende geslagte hoofbrekens besorg nie, maar het nou reeds ’n negatiewe uitwerking op die huidige geslag aardbewoners. Lugbesoedeling beïnvloedmiljardemense se gesondheid elke dag nadelig.

Die drink van besoedelde water maak mense nou reeds siek en kan selfs genetiese probleme vir volgende geslagte inhou. Die gebruik van chemiese stowwe in die verbouing van landbouprodukte en die vervaardiging van etlike ander items het ook negatiewe gevolge op ons gesondheid.

’n Groot toename in longsiektes en kanker word reeds deur navorsers aan mensgemaakte besoedeling toegeskryf. Die Wêreldgesondheidsorganisasie raam dat sowat 25% van sterftes in die ontwikkelende wêreld (wat Suid-Afrika insluit) deur omgewingsfaktore soos besoedeling veroorsaak word, terwyl navorsing deur die Cornell Universiteit in die VSA aantoon dat tot soveel as 40% van sterftes vandag aan besoedeling toegeskryf kan word. Ons is dus besig om deur ons eie omgewingsonvriendelike praktyke ons eie dood te veroorsaak.

DAAR IS HOOP

Tog is daar danksy veral toenemende mediadekking ’n groter bewustheid onder mense in veral Westerse lande oor wat nodig is om die probleem op te los. Al meer gemeenskappe, maatskappye en selfs net individue begin bewus word van die voordele daarvan om ”groen” te leef. Daar is ook ’n toename in die toepassing van eenvoudige aksies wat kan verseker dat jy as individu groener leef.

Een gemeenskap in Suid-Afrika wat baie sterk op ekologiese volhoubaarheid ingestel

is, is Orania in die Noord-Kaap. In Orania behels ekologiese volhoubaarheid eerstens ’n ingesteldheid van inwoners om dinge te doen wat nie altyd die makliker keuse is nie, maar wel die beter een wanneer dit by die gebruik van natuurlike hulpbronne kom. Die sanksionering vanmeer volhoubare praktyke is goed, maar ’n groeiende gemeenskapskultuur van ”groen wees” is selfs beter.

Groen-lesse uit Orania

* Al ontvang jou munisipaliteit nie geskeide vullis nie, is dit steeds goed om jou vullis te skei. In Orania word vullis geskei in vyf dromme waaruit slegs een onherwinbaar is en die munisipaliteit die res herwin en verkoop. Jy kan dit ook by jou huis doen en uitvind waar afval soos plastiek, papier, glas en metaal herwin kan word.
* Moenie voedselafval in jou vullisdrom gooi nie, maar begrawe dit in jou tuin. Dit maak jou grond ryker. Selfs sekere papierafval kan suksesvol in jou eie tuin herwin word.
* Vervang jou elektriese geiser met een wat deur die son verhit word. Sonverwarmers raak al goedkoper en dit kan ’n besparing van tussen R200 en R500 per maand op jou munisipale rekening meebring.
* Beplan om sekere toestelle in jou huis stelselmatig na sonkrag oor te skakel of selfs na windkrag, indien jy in ’n winderige deel van die land woon.Wonderlike toestelle vir hierdie doel is deesdae beskikbaar.
* Plant jou eie groentetuin, al is dit net 1 m by 1 m groot. Deur jou eie groentetuin te plant, verlaag jy die aanvraag na voedselproduksie in die wêreld en hoef groente nie honderde kilometer ver na jou toe aangery te word nie. Groente wat nie gebruik word nie, kan ook in baie gevalle verwerk en gevries word.
* Plant vrugtebome en veral bome wat geskik is vir Suid-Afrika se omstandighede. Verwerk vrugte wat nie geëet word nie deur vrugterolle te maak of dit in te lê.
* Probeer om nie gifstowwe in jou tuin te gebruik nie. Daar is wonderlike maniere om peste sonder die gebruik van gifstowwe uit jou tuin te hou. Skaf vir jou ’n boek aan oor permakultuur om jou hiermee te help.
* Begin jou eie kruietuin en probeer om minder ernstige siektes en kwale met kruie en ander natuurlike middels te genees.
* Moenie uitheemse plante en bome plant net omdat dit mooi is nie. Koop ’n goeie boek oor inheemse plante en doen moeite om uitheemse plante in jou tuin te vervang.
* Vang jou huis se afloopwater in tenke op. Mense is onnodig sensitief oor die ”seer oog” van watertenke – onthou groen is nou die in ding. Deur water wat jy self opgevang het in jou tuin te gebruik, bring jy mee dat minder water deur ’n munisipaliteit behandel moet word.
* Koop vars produkte by boeremarkte, plaasstalletjies en plaaslike produsente. Die vervoer van voedsel oor groot afstande veroorsaak baie besoedeling. Bure in ’n straat of woonbuurt kan selfs produkte onderling uitruil.
* Ry fiets pleks van met die motor. Indien dit vir jou moontlik en veilig is, probeer om korter afstande eerder met die fiets as die motor te ry en só die vrystelling van koolstofdioksied te verminder.
* Koop produkte wat verpak word in eenvoudiger verpakkings wat maklik herwinbaar is, en vermy produkte wat in ’n kombinasieverpakking (soos papier en plastiek in een verpakking) voorkom.
* Koop organiese produkte en produkte waar die vervaardigingsproses op ’n ekologies volhoubare wyse plaasvind.
* Verander jou leefstyl deur bewus te word van die gevolge wat jou aksies vir die natuur inhou en probeer alternatiewe oplossings daarvoor vind.

• Jaco Kleynhans is uitvoerende hoof van die Orania Beweging. Oraniërs streef daagliks daarna om hul gemeenskap die ekologies-vriendelikste in die land te maak.

DID YOU KNOW?

* Over 100 pesticide ingredients are suspected to cause birth defects, cancer, and gene mutations.
* Energy saved from one recycled aluminium can will operate a TV set for 3 hours, and is the equivalent to half a can of gasoline.
* Glass produced from recycled glass instead of raw materials reduces related air pollution by 20%, and water pollution by 50%.
* Americans use 50 million tons of paper annually — consuming more than 850 million trees.
* Enough glass was thrown away in 1990 to fill the Twin Towers (1,350 feet high) of New York’s World Trade Centre every two weeks.
* One ton of carbon dioxide that is released in the air can be prevented by replacing every 75 watt light bulbs with energy efficient bulbs.
* The human population of the world is expected to be nearly tripled by the year 2100.
* The world’s per capita grain production has been on the downfall since 1985 despite the use of fertilizers and pesticides.
* Fibre optics, made of glass, are being used to replace copper cables throughout the world.
* Every day 50 to 100 species of plants and animals become extinct as their habitat and human influences destroy them.

http://www.solidariteittydskrif.co.za/uitgawe-1-2011-komaan-gaan-groen/

Deel/Stuur

19 Reaksies op “Komaan, gaan groen!”

  1. Jaco 4 April 2011 at 22:47 Permalink

    Alles is 100% waar … to mens agterkom dat wanneer dit onder jou beheer uit is, ander mense nie dieselfde dink soos jy nie.

    So hard as wat mens probeer dinge verander, as die HELE ketting nie saamwerk nie, gaan ons nog steeds verloor want om groen te gaan kan slegs werk as ALMAL saam werk.

    Jammer dat dit negatief is maar dit is my ervaring na 2 jaar. Besighede maak ekstra geld met false beloftes / intensies.

  2. Jelleke Wierenga 5 April 2011 at 05:42 Permalink

    Heeltemal in die kol, Jaco. Maar om groen te leef, moet mense diepgewortelde gewoontes en gebruike afskud, soos om nie die goedkoop korttermynopsie te kies nie. Hoe dikwels hoor ‘n mens nie: “Ja, maar organiese goed is te duur.” Of: “Ag, ek steur my nie aan al hierdie groen bog nie – dis weer net ‘n gier van ‘n klomp New Agers.” My swaer (‘n ekonoom) is vas oortuig daarvan dat herwinning meer energie verbruik as wat dit bespaar. Maar ja, ekonome is berug daarvoor dat hulle net oor die kort termyn kan dink.

    Baie mense wil eenvoudig nie daaraan dink dat alles wat hulle verbruik, drie pryse kos nie: die prys in die winkel, die prys wat die omgewing betaal en die prys wat die toekomstige geslagte gaan betaal. Want as jy begin dink, sal jy dalk moet verander, en verandering is pynlik en moeilik.

    Maar tog: die boodskap om groen te lewe, moet onophoudelik verkondig en afgedwing word. Dis soos my ma ons slordige kinders geleer het om netjies te wees: oor en oor en oor is ons vermaan en gestraf. Iewers, êrens het die boodskap deurgedring, en vandag kan ek verklaar: Ma, dit het gewerk! Ek is ‘n voorbeeld van netheid en orde!

  3. Du Toit Maritz 8 April 2011 at 12:34 Permalink

    Ek stem nie saam dat ‘n groener leefstyl duurder is nie, dat dit pynlik is of dat almal in die ketting dit moet doen voordat dit lonend is nie. Natuurlik is dit beter as meer mense saamwerk, maar ek hoef nie vir ‘n ander ou te wag om die lig te sien nie.

    In teendeel, dit is juis makliker, goedkoper en gesonder om ‘n bietjie groente self te kweek, om jou eie kompos te maak en elektisiteit spaarsaam te gebruik. Daar is niks moeilik of ingewikkeld daaraan nie.

    Maar die groot verskil wat ons almal kan maak, is by ons motors: deur bv ‘n 1.4 liter motor te gebruik eerder as ‘n 3.5 of ‘n 4.2 4×4, spaar jy oor die leeftyd van die motor derduisende rande, terwyl jy (op jou eie) ‘n enorme verskil aan die omgewing maak. Deur ritte te beplan, saam te ry en jou motor spaarsamig te gebruik is nie moeilik of duur nie.

    Ek was aangenaam verras deur Orania se 5 asblik-stelsel: dit is al plek in Suid-Afrika waar ek nog so-iets gesien het: ek is seker dat al die Oraniers reeds geld gespaar het in die proses, want hulle vullisterreine sal langer neem voor dit vol is en nuwe plek gesoek moet word.

  4. Ben le Roux 11 April 2011 at 16:52 Permalink

    Grondstowwe wat gebruik is vir ‘n sekere doel kan tog herwin word vir hergebruik vir die selfde doel! Al wat nodig is is om dit te versamel en terug in die produksielyn te kry. Afvalkos op die komposhoop om later as voeding vir ‘n groentekwekery te dien! Blikkies platgedruk om as skroot verkoop te word. Glas en plastiek is net so herwinbaar. Die neiging met plastiek is om dit so afbreekbaar as moontlik in die natuur te maak! Met die regte gesindheid sou die teenoorgestelde benadering die beter keuse wees.’n Duursame plastiek met goeie herwinningseienskappe in die hande van goeie ‘n herwinnersgemeenskap hou tog baie meer voordeel in! Ashope behoort nie te bestaan nie! Motors moet praktiese en omgewingsvriendelike items wees en nie statussimbole nie! In hierdie skeefgetrekte vermorsende en misbruikende wereld is ons besig om ons eie graf te grawe. Aardverwarming en ekosisteme wat verval is maar net van die eerste waarskuwings vir ons. As ons nie nou leer hoe om in harmonie met die natuur te leef nie is ons dalk self ook binnekort op die lys van bedreigde spesies. Die pad na herstel le in die houding van elke enkeling. Die pad na herstel kan ook net by elkeen van ons self begin!

  5. DANIE COETZEE 10 Mei 2011 at 18:00 Permalink

    Klimaats verandering, fiktief of werklik, is die groot dryfkrag agter “Groen ” bedrywe. Hier is hernubare energie die vernaamste rolspeler.
    Wind, son PV, son termies is die vernaamste metodes ven elektrisiteits opwekking.
    Die handel in koolstof krediete is een van die meganismis wat deur die VN bedink is om hernubare energie lonend te maak.
    Rofweg word een ton krediet toegeken vir elke Mw/h elektrisiteit wat opgewek word.
    Die oudit proses is egter duur en ingewikkeld sodat dit slegs vir ‘n kragstasie groter as een mw lonend is om dit te doen.
    Met die Fukushima insident gaan ernkrag duurder word.
    Ons weet steenkool besoedel en is onaanvaarbaar.
    Sonpanele word by die dag goedkoper
    Op die stadium is die koste van elektrisiteit net onder R1 per eenheid
    Binnekort gaan die krag vanaf Eskom duurder wees as sonkrag.
    Julle vindingryke mense op Orania kan gerus hiervan kennis neem en indringend hierna kyk.
    Oplaas is dit miskien ook belangrik om energie onafhanklik te wees.

    Groete
    Danie Coetzee

  6. ARNOLD DE BEER 5 Junie 2011 at 11:38 Permalink

    Om alternatiewe energie bronne te ontwikkel is nie meer so ‘n groot kopseer nie. Met al die nuwe en meer doetreffende masjienerie in al sy vorms, is dit eintlik maklik.
    Ook nie meer so duur nie.
    Wind, water en son is die mees algemene natuurlike metodes wat gebruik word.Die nadeel is; Dit wissel gedurig in intensiteit en konstandheid.
    Die probleem met wind bv. is dat die wind nie konstand in een rigting waai nie. tweedens; dit waai ook nie teen ‘n konstante spoed nie. Laastens;dit waai nie altyd nie.
    Dit beteken dan dat krag gestoor moet word.
    Elektriese krag kan slegs in gelykstroom gestoor word
    Ongelukkig is krag net in wisselstroom beskikbaar. Om gestoorde GS krag te stoor en daarna WS te maak is baie duur.
    Dit geld vir meeste natuurkragte energie.
    Met my onlangse besoek aan Orania, het ek ‘n wonderlike natuurlike bron vir elektriese opwekking gesien.
    Die Oranje rivier.
    Sonder ‘n duur dam of groot konstruksie kan daardie rivier maklik oorgenoeg krag vir Orania lewer.
    Die metode wat ek ingedagte het, word reeds al baie lank, en in baie lande gebruik. Die vloei van die rivier word geensins beinvloed nie.
    Vloede speel ook nie ‘n rol nie.Daar word nie met die natuur soos dit nou is gepeuter nie.
    En dit is goedkoop en meer volhoubaar as die huidige Eskom netwerk.
    Hoe meer Orania vir hom self kan sorg, hoe meer onafhanklik sal hy wees.
    As daar persone is wat belangstel om gesamentlik ‘n skaal model te bou en te toets,bel my. 0727777754.

  7. Elize Schwartz 25 Januarie 2012 at 19:02 Permalink

    Ek wil graag dringend wees wat se materiaal kan ek gebruik om groen te gaan. Die teema is (go green) en ek moet 100 hansakke maak , maar ek het nie `n iedee wat semateriaal kan n mens gebruik nie. Kan ek dalk hesieen gebruik of katoen ek het nie `n iedee nie help groot asb.

    • Jaco Kleynhans 26 Januarie 2012 at 09:48 Permalink

      Antwoord deur John Strydom:

      Elise, ek het al gesien dat koerantpapier gebruik word-jy kan dit selfs vernis of met verdunde houtlym probeer verdig.

      Katoen is redelik groen omdat dit aan plante groei, maar jy kan ook hemp(dis ‘n vesel wat van dagga familie is) in die Kaap probeer kry as jy dit gaan verkoop. Om dit van afval lap te maak, is ook hersirkuleer, al is dit nie-groen materiaal.

      Dalk moet jy meer vertel van die projek sodat ons ‘n beter mening kan gee?

      John

  8. Roshni Arendse 18 April 2013 at 16:36 Permalink

    Ek is ‘n Graad 12 leerder van die skool Rosendaal Hoer In Delft.Ek het van hierdie inligting gebruik in my Geografiese taak”water as ‘n skaars kommoditeit”dit het my baie gehelp en dit het my perspektief rondom my siening van ons hulpbronne verander.

    • Jaco Kleynhans 18 April 2013 at 16:48 Permalink

      Roshni,

      Ek is bly om dit te hoor! Sterkte.

      Jaco

  9. Jarus Botma 23 September 2013 at 19:41 Permalink

    Ja,dit is waar dat ons moet versigtig wees vir die besoedeling van die aarde! Hierde is ‘n wetenskaplike feit,- sonder water is lewe onmoontlik, en soos wat dit nou aangaan dan gaan ons eendag nie meer skoon water hê om te drink nie!
    Ek is ‘n graad 8 leerling en ons is nou besig oor besoedeling van die aarde

  10. linda vyvers 7 Augustus 2014 at 12:05 Permalink

    Ek is n graad 12 leerder ek is tans besig met my RTT PAT.My onderwerp handel oor die bewaring van bome en ek het hierdie inligting bruikbaar gevind.

  11. amelia 25 Augustus 2014 at 10:32 Permalink

    Is daar enige iemand wat wil blom saad of bolle wil uitruil bel my of what up 0726459858 dankiem

  12. Deon 1 25 Augustus 2014 at 18:21 Permalink

    Groen is goed, my huis ligte waar ek bly gaan binnekort onafhanklik wees, sonkrag en n battery, gesorg voor sal die loodsuur battery 5 jaar hou, sonpanele 25 jaar en my LED’s so 40 jaar dan is hulle 70% wat hulle was met 6 ure se gebruik snags. En nee LED’s is nie duur nie, as iemand wil berg pietersielie, rook en dan R200 n lig wil betaal is dit omdat hy nog nie van “Made in China” gehoor het nie. Jy kan n hele huis met 200 watt belig. Met ander woorde n “”computer power supply” sal die pyp rook. En dan is daar nog 5v vir n USB om die telefoon te herlaai. Daar is maniere en baie. En ek weet nie werk nie, want daardie blink nuwe fone wat facebook en watsapp het, het ook google, en daar is als op van hoe en waar.

  13. Deon 1 25 Augustus 2014 at 18:27 Permalink

    En ek weet dit werk, skies.

  14. anna 11 Mei 2015 at 17:50 Permalink

    ek is n graad 8 leerling en ek moet n opstel skryf oor
    ” om groen te leef is bekostigbaar ” hierdie teks het my baie gehelp dankie

    • Sebastiaan 12 Mei 2015 at 13:38 Permalink

      Dis ‘n plesier. Sterkte met die opstel.


Lewer Kommentaar

*