26 Oktober 2010 ~ 2 Kommentare

Jy kan nie die beste van altwee wêrelde wil hê nie.

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Die ou Suid-Afrika, wat 1994 finaal ten gronde gegaan het (al weier sekere mense om dit te glo), was een van die min lande wat die beste van die eerste en die derde wêreld met mekaar verbind het:
Eerstewêreldse hoë standaarde, goeie onderwys, topgehalte universiteite en hospitale, ‘n goeie en werkende infrastruktuur, relatiewe stabiliteit, ‘n lae werkloosheidsyfer, ‘n betroubare en werkende staatsdiens, beskikbaarheid van dienste en produkte op feitlik alle dorpe ens.
Dit het saamgegaan met die beste van die Derde Wêreld: sonskyn, ‘n ontspanne gesindheid van mense, min wette en regulering, ongerepte natuurskoon, realtiewe laë pryse vir behuising of vakansieverblyf en veral laë lone vir ongeskoolde arbeid weens ‘n magdom werksoekers.
Mense uit die Eerste Wêreld, wat in ‘n land van die Derde Wêreld vir ‘n tyd werksaam is, het juis daardie voordele om te geniet, soos ‘n eie motorbestuurder, tuinier, kinderoppasser, skoonmaker ens, laë pryse vir kos en inheemse produkte en daarby ‘n groot huis en opwindende vakansiebestemmings net om die draai. Maar hulle moet ook die keersy verdra: ‘n hoë misdaadsyfer, swak mediese dienste, ‘n korrupte burokrasie, ‘n verbrokkelende infrastruktuur en die gebrek aan ‘n verskeidenheid verbruikersgoedere.

Die kombinasie van die beste van altwee wêrelde was die rede hoekom die ou Suid-Afrika so ‘n fanstastiese land was om in te lewe, altans vir die witmense. Nie verniet was die leuse van Suid-Afrika se toerismebemarking altyd: “Die wêreld in een land”.
Ons is seker almal deeglik daarvan bewus dat Suid-Afrika vandag al hoe meer in die rigting van ‘n derdewêreldland beweeg, en as iets van die Eerste Wêreld oorgeneem word, dan gewoonlik minder aangename dinge soos die behepheid om alles wat werk met wette te wil reguleer en te belas.

Dit bring ons by Orania: vir ‘n beduidende getal mense is Orania ‘n soort nostalgiese kyk op hulle kinderdae in die ou Suid-Afrika: alles is wit en Afrikaans, kinders kan nog in die strate speel en fiets ry, die skole is van hoogstaande gehalte, die infrastruktuur werk en die administrasie is tot diens van die inwoners, en op sondae is (amper) alle winkels gesluit en die strate is rustig.
Maar wat mense dikwels nie besef nie is dat dit teen ‘n prys kom. Orania streef daarna om ‘n eerstewêreldse samelewing te wees, maar ons kan dit nie wees nie as mense verwag dat ons, soos in die ou Suid-Afrika, die aangename dinge van die Derde Wêreld ook moet bied, naamlik laë pryse en laë lone en ‘n oorskot aan ongeskoolde werkers wat op ‘n dagloonbasis indiens geneem kan word en in die aand weer anderkant die bult verdwyn.

Die eerstewêreldse standaarde wat ons na strewe (al is ons nog nie daar nie) kos ‘n prys, nie net in terme van geld nie, maar ook en veral in terme van geld: heffings is aansienlik hoër as elders in die platteland, so ook koste vir eiendom en vir produkte. Natuurlik kan ‘n mens goedkoper koop by ‘n tipiese Afrika-mark met sy talle stalletjies as in ‘n netjiese, geklimatiseerde en skoon supermark met opgeleide personeel. Of jy kan ‘n pragtige 5 slaapkamer-steenhuis koop in ‘n dorp waar riool in die strate loop en die krag meer af is as aan is teen die prys van ‘n klein opslaanwoonstel in Orania. Dis nie om mense te beboet wat in Orania wil bly nie, maar dit is eenvoudig die koste om ‘n samelewing met hoë standaarde in stand te hou.

Behalwe vir hoër koste is selfwerksaamheid natuurlik die ander prys wat vir ‘n eerstewêreldse lewe betaal moet word. ‘n Eerstewêreldse samelewing word ook daardeur gekenmerk dat geld wat gespandeer word help om hoër standaarde te bou en instand te hou. As die wet vereis dat ‘n geregistreerde en verantwoordelike tuindiens met versekering vir sy werknemers en goeie toerusting gebruik word vir tuindienste, eerder as om iemand langs die pad op te lei wat sy dagloon waarskynlik by die naaste sjebeen uitgee, dan word verseker dat die geld terugvloei om ‘n volhoubare ekonomie aan die gang te hou. ‘n Werknemer wat ordentlik betaal word en die voorbeeld van hoë standaarde sien, sal daarna streef om self vir hom ‘n beter lewe op te bou pleks om net sy karige dagloon te verkwansel.

Een van die belangrikste voorvereistes vir relatiewe vrede en stabiliteit in die Eerste Wêreld was en is dat werkers ‘n lewensvatbare salaris verdien wat dit vir hulle moontlik maak om ‘n beter lewe te bou. Dit het gekeer dat woede teen die werkgewers opgebou het, en soos ons vandag weet het kommunistiese revolusies juis nie in die Eerste Wêreld plaasgevind nie, maar daar waar Eerste en Derde Wêreld op mekaar tref.

Mense wat dus wil deel in die voordele van ‘n eerstewêreldse dorp soos Orania moet ook daartoe bydrae. Dit is nie bevorderlik om Orania se geriewe te gebruik maar om dan ter wille van ‘n paar sente wat jy dalk spaar elders te koop en elders te laat werk.

Deel/Stuur

2 Reaksies op “Jy kan nie die beste van altwee wêrelde wil hê nie.”

  1. Jean Du Plessis 26 Oktober 2010 at 17:24 Permalink

    Geagte Sebastiaan
    Baie goeie artikel. Ek self was maar biedjie straks op een stadium oor die eiendom pryse in Orania. Ek hou nog vas aan die idee dat eiendom pryse in die groter Suid-Afrika een van die dae gaan merkwaardig val. Of dit ooit so sal wees, sal ons maar sien. Egter wat feitlik is, is munisipale verval orals oor in die land. Strategië om munisipaliteite laat verantwoording doen vir hul doen en late dmv belastigbetaler verenigings of selfs om hulle krimineel aanspreeklik te hou, werk nie. Die verval raak net groter.

    Op die ou end moet elke ou hier buite maar die opsies teen mekaar opweeg. Gemaklike huis, stank buite, siektes wat aan die kom is ens. ens. vs meer te betaal vir hoër gesonde lewens standaarde vir jou en jou gesin.

    Sien daarna uit om jul Dorp een van die dae te sien.
    Groetnis

  2. Pieter 26 Oktober 2010 at 21:44 Permalink

    Ek glo dit is ne iemand wat reeds Eerste wêreldse standaarde ervaar het – en die prys wat dit kos, sal wardeer wat jy hier skryf.

    Ons het ‘n dame gehad wat een maal per week inkom om te kom stryk. Dit het ons €10 per uur ge kos, of so omtrent R100 per uur. Sy het ons bonel wasgoed kaf gedraf in minder as 2 uur. Dieslfde gesin se wasgoed was in SA gestry in ‘n dag. En die strykyster wat ons gehad het was nie goed genoeg vir die dame nie – toe brimg sy haar eie yster om die werk te verrig.

    Mens besef eers wat produtiwiteit is as jy met sulke arbeiders te doen kry.

    Sterkte met die verblyf in Orania. As ek sou terug keer na SA is dit doerp op my kort lys van plekke om te kom bly.


Lewer Kommentaar

*