18 Julie 2017 ~ 25 Kommentare

Hoekom kan Orania nie alle arm Afrikaners help nie?

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Die behoefte onder ons mense is groot en daagliks kry ons versoeke van Afrikaners wat vra oor werk en behuising in Orania. Daar is ‘n verskil tussen iemand wat na Orania toe trek oor die ideaal en wat probeer uitvind watter werk daar is en watter eiendomme te huur of te koop is, wat vir enige verhuising ‘n voorvereiste is, en mense wat iewers gehoor het dat Orania arm Afrikaners help en wat wil kom met die verwagting dat Orania ‘n welsynsdorp is waar jy van toelaes en in gratis woonstelle kan bly.

Ten eerste is ons fondse heeltemal te min om groot getalle Afrikaners deur middel van welsyn te help. Dink aan die reuse bedrae wat elke maand in staatspensioene uitbetaal word (wat nie eers lewensvatbaar is nie), en jy kry ‘n idee. Orania kan nie ‘n halfmiljoen behoeftige Afrikaners onderhou nie, nie eers 10 000 of ‘n duisend nie. Wat is dan die doel van Orania, sal mense vra, as julle nie iets kan doen aan die volk se ellende nie? Is dit dan net vir rykes?

Daarop kan ons tweeledig antwoord: ons help arm Afrikaners wel en op verskillende vlakke. Gousblom Ontwikkeling subsideer behuising deur woonstelle en huise onder markwaarde te verhuur wat R150 000 per maand kos. Daar is nog nuwe behuisingsskemas in beplanning. Bydraes word ook uit Orania instellings gemaak vir die maatskaplike werker, vir die kliniek, vir Oramed. Daar is ook private hulpinstellings en die kerke wat ook op talle terreine help. Die doel is daarby om mense op die been te help. Die belangrikste hulp vir arm Afrikaners word egter deur die vrye mark beskikbaar gestel en nie deur instansies nie, naamlik werk. Omdat hier ʼn beleid van volkseie arbeid geld, en omdat ekonomiese groei en ondernemerskap aangemoedig word, deur goeie administrasie, deur die Ora, deur lokalisme, deur lojale kliente, is daar altyd iewers werk en het ons geen werkloosheid nie.

Wat ons egter nie doen nie, is om mense se armoede te subsidieer. Hier is geen maandelikse toelaes vir arm gesinne nie, en ook geen gratis behuising nie. In die eerste plek het ons nie nog meer geld vir maatskaplike uitgawes nie, maar selfs al het ons onbeperkte fondse, sou dit verkeerd wees om welsynstoelae uit te deel. Dit is al so dikwels bewys: as jy iets subsidieer, kry jy meer daarvan. Wil jy werkloosheid of armoede subsidieer? Beslis nie. Daarom moet ons ook sê: niemand baat daarby as ons wit plakkerskampe Orania toe skuif nie. Ons kan nie onbeperk arm Afrikaners help nie, selfs al bloei ons hart vir hulle, want as hier later net nog armes is, wie moet vir hulle werk gee, wie moet hulle ophef, materieel en kultureel en geestelik? Dat daardie stelsel nie werk nie sien ons juis in die ANC-beheerde Suid-Afrika. Miljarde toelaes kon nog nie armoede oplos nie, in teendeel, die armes word net meer en meer. As ons Orania omring met wit plakkerskampe, sal dan enigiets anders wees as in ander dorpe net omdat hulle wit is?

Ons wens ons het ʼn resep om Afrikanerarmoede en ellende as geheel aan te spreek. Wat ons wel het, is ʼn resep om Afrikaners wat gewillig is, maar weens omstandighede buite hulle beheer uitgesak het, weer op te tel sodat hulle weer hulle selfrespek kan herwin en weer ander kan help.

Deel/Stuur

25 Reaksies op “Hoekom kan Orania nie alle arm Afrikaners help nie?”

  1. A Ikking 18 Julie 2017 at 15:58 Permalink

    Pragtig gestel ! daarom het ek so kleintjie dood aan diegene wat via FB amper verwag dat Orania aan hulle behoeftes moet voorsien. Gaan besoek Orania, gaan verwittig jouself van wat en wie Orania is. Besef dat dit gaan oor die ideal, die betrokkenheid, bou, help ens ens NIE om te verwag dat Orania jou moet help nie net omdat jy blanke Afrikaanssprekende is nie ! Hou op om met bakhandjies te staan.

    • Raymond 18 Julie 2017 at 18:50 Permalink

      Ek stem so saam….eks my been verloor met n motorfiets. Toe my testaurant en so te se alles. Mar ek is weer besig om my self op te werk. En dit maak my stom om te sien dat mense met al hulle lede mates staan en bedel of blerrie sleg is. As jy wou werk sou jy iets kry of pla maak. Ek is jammer..mar da is altyd iets om te doen…maak n plan!

      • Sebastiaan Biehl 19 Julie 2017 at 08:44 Permalink

        Raymond, jy is ‘n inspirasie. Pragtig.

  2. Jan 18 Julie 2017 at 16:04 Permalink

    Goeie dag.
    Ek verstaan hierdie skrywe heeltemal en dit maak sin maar wat as jy aftreeouderdom bereik het,selfsorgend is en net wil rustig oud word. Hoe hanteer julle sulke gevalle? Is daar eiendom of moet mens self bou? Hoor graag van u.

    • Sebastiaan 19 Julie 2017 at 08:31 Permalink

      Jan, hier is ‘n aftreeoord en talle afgetredenes. Hier is ook bestaande eiendom te koop. Jy hoef nie te werk in Orania nie, jy moet jouself net kan onderhou, of deur werk, of deur pensioen of passiewe inkomste.

      • Pine 20 Julie 2017 at 07:23 Permalink

        Wat is die kostes om by die aftreeoord te kan woon? Moet ek n eenheid Koöp of kan daar gehuur word? Sal graag meer inligting will bekom.

        • Sebastiaan 20 Julie 2017 at 08:40 Permalink

          Bel vir Mariska Boshoff, die matrone, by 0832341583

  3. Edmund 18 Julie 2017 at 17:57 Permalink

    Arbeid maak vry.

  4. margaret 18 Julie 2017 at 18:11 Permalink

    Goeie dag

    Is daar bestaande besighede wat werkers in diens neem of moet mense met redelike kwalifikasies besigheds op die been bring. Is die salarise vergelykend met die buite Orania. Hoeveel geleentheid is daar vir dames om inkomste te verdien.

    Groete
    Margaret

    • Sebastiaan Biehl 19 Julie 2017 at 08:48 Permalink

      Hier is ook heelwat geleenthede vir werknemers, ook vir dames. Daar is byvoorbeeld die belsentrum (call centre) wat veral dames in diens het. Ook winkels en restourante soek altyd personeel. Salarisse is vergelykbaar met ander plattelandse dorpe.

      • Hendrik 20 Julie 2017 at 13:54 Permalink

        Dis is ongelukkig ‘n feit dat plattelandse salarisse net nie genoeg is nie. Veral as jy kyk na die eiendoms pryse en verhuurings kostes wat gevra word. Ongelukkig sal die gewone middelklas persoon dit net nie maak nie, veral as ‘n familie betrokke is.

  5. E,Boshoff 18 Julie 2017 at 18:36 Permalink

    Ons moet dalk n samekoms reel,koppe bymekaar sit,kyk na opsies,bv.(net n voorbeeld) n Gesin bly in n karavaan,hy is gesond & kan dalk n plaasboer help,of julle dorpsraad,hy/sy moet n eks bedrag van hul inkomste in n spaarplan bele,om sodoende,sy rekening op bou,om dalk sy eie inkomste te genereer.Dit is maar net iets waaraan ek dink,Want as julle slegs mense met redelike geld gaan toelaat,gaan julle vordering baie stadig vorder.Ek glo as julle koppe by mekaar sit sal daar n voorstel te voorskyn kom.As dit nie tevinde is nie,ignoreer maar.Mooi aand vir julle.(Wil nog kom kyk hoe lyk julle plekkie)

  6. mannetjie 18 Julie 2017 at 19:14 Permalink

    sal like om meer te weet oor Orania

  7. Pine 18 Julie 2017 at 19:22 Permalink

    Sal graag ook meer info wil he oor pensioenarisse wat rustig wil aftree en vrede he. Fondse slegs aftree pensioen.

  8. jacob 18 Julie 2017 at 19:58 Permalink

    hi daar dit is mooi gestel en ek wens so uit my hart dat ek daar kan bly.ek is baie hardwerkend en kan eenige iets doen.hoop daar sal eendag vir my n gellendheid wees.groete.

  9. Johan Willemse 18 Julie 2017 at 20:53 Permalink

    Vanaf sy ontstaan was Orania in die spervuur. Min wou iets goeds weet van die klomp Takharewat gaan laertrek het. Die van ons wat geweet het of navraag gedoen het, het besef dat pioniers hier “n brose kultuur-rosie geplant het in die hoop dat hy sal groei. En het hy nie gegroei nie ! Dit is egter nodig dat rose gereeld gesnoei word om optimale groei te verseker; so word dieinvloei van mense ook gekontroleer om die kern van Orania se bestaan nie te vernietig nie.
    Orania is nie ‘n Volkstaat nie ;Orania is nie ‘n plakkerskamp waar ambisielose mense saamkloek nie; Orania is nie ‘n skuiling (shelter) waar verarmdes wat krepeer inkruip om versorg te word nie. Orania is ‘n proefstasie vir Afrikaner Selfwerksaamheid. Hierin het die bestuur uitmuntend geslaag, en kan kritisie gerus landswyd sulke projekte van stapel stuur. Leer ons eie kultuurgemeenskap dat straatvee ‘n wek is soos leraar vir ‘n gemeente. Plaasarbeid is ‘n werk soos die van onderwyser of dokter. Selfrespek en Volkstrots sorg dat enige werk ‘n dagtaak is waarop mens trots kan wees.
    Geluk aan die wenners van Orania.

    • Sebastiaan Biehl 19 Julie 2017 at 08:53 Permalink

      Pragtig gestel, Johan.

  10. Albertje Fouché 18 Julie 2017 at 21:39 Permalink

    Ons het al verskeie kere op Oranie tuisgegaan. Ek is die mening toegedaan. Vra jouself die vraag: Watter bydrae kan ek maak om Orania vooruit te laat gaan , nie watter voordeel kan ek uit Orania kry nie.My5

  11. Gemsbok 19 Julie 2017 at 00:14 Permalink

    Toe Israel begin ontwikkel het, was dit omdat hulle honderdduisende brandarm Jode uit Europa geakkomodeer het, binne die bestek van dekades.

    Toe Australië gekoloniseer is, veral Adelaide en Suid-Australië, was hulle suksesvol omdat hulle binne ‘n kort tyd duisende arm mense kon lok met geleenthede om grond te bekom en selfstandig te raak.

    In beide gevalle het baie mense sonder enige bates kort na die tweede wêreldoorlog gevestig en vandag, binne twee geslagte is hulle suksesvolle eerstewêreldlande met lae werkloosheid en hoë vlakke van vaardighede, inkomste en ‘n kultuur van selfwerksaamheid.

    In nie een van hierdie gevalle is mense eers gelok nadat daar vir hulle huise gebou is nie.

    Ek stel nie voor dat Orania op massa mense inneem wat weens drank, dwelms of gebreke in ‘n armoedesiklus verval het nie, maar dit sou baie kortsigtig wees om nie mense (veral jongmense wat wil werk), te identifiseer en in groot getalle na Orania te lok nie.

    • Sebastiaan 19 Julie 2017 at 08:34 Permalink

      Dit is presies wat ons doen. Meeste mense in Orania is minder welvarend en Orania is veral deur hulle gebou, maar dit is mense wat wil en kan werk en wat ‘n visie het. Ons probeer help met gesubisideerde behuising, maar gekoppel daaraan dat jy jouself kan onderhou (werk, pensioen). Niemand kan hierna toe kom en op ander mense lê nie.

  12. Ernst 19 Julie 2017 at 06:43 Permalink

    In die Oos-Randse dorp waar ek vantevore gewoon het was daar ‘n nedersetting waar hoofsaaklik maar nie eksklusief verarmde blankes gewoon het.
    Dit is deur die kerke en plaaslike welsynorganisasies bedryf.

    Ek was by ‘n projek betrokke en het by tye van die inwoners as dag arbeiders gehuur.Die helfte van hul dagloon het gegaan vir hul verblyf.
    Die meeste was werksku met volop sosiale probleme maar daar was diegene wat deur omstandighede buite hul beheer daar was.

    Ek onthou veral ‘n dame met twee jong seuns wat op ‘n tyd ‘n senior pos in die Staatsdiens gehad het maar met ‘n werksku man in ‘n verhouding verval het.
    Sy het die geleentheid gebruik om weer grond onder haar voete te kry wat later tot ‘n goed betaalde werk gelei het.

    • Sebastiaan 19 Julie 2017 at 08:39 Permalink

      Dit is ‘n goeie voorbeeld van die mense wat ons soek en wat ‘n sukses hier maak. Jy kan arm wees, maar nie lui of met die verwagting dat ander alles vir jou moet gee nie.Ons is nie harteloos nie, maar praat uit ondervinding. As jy alles vir mense verniet gee, dan kla hulle eers en vervloek jou dat hulle te min kry. Daarom net hulp met sekere aspekte, soos behuising en medies, maar nie welsynstoelaes soos wat die staat dit doen. Anders as in ANC-Suid-Afrika is hier altyd werk.


Lewer Kommentaar

*