05 September 2012 ~ 54 Kommentare

Geleenthede sonder diskriminasie

Geskryf deur Ebert Terblanche

Dit is soms moeilik om voorspraak te maak vir Afrikanerselfbeskikking in ’n eie grondgebied.

Veral wanneer die koester van die eie afgemaak word as ’n teruggryp na die verlede – hoewel hierdie kritiek blykbaar net op Afrikaners van toepassing is. Ons sien dit baie duidelik in prof. Jonathan Jansen se oortuiging dat “Nederduits Gereformeerde” Afrikaners slegs tot agterlikheid in staat is. Sy eie rassisme in hierdie opsig ontglip hom seker.

Die herrie in die sosiale netwerke oor Woolworths se rassistiese aanstellingsbeleid het my egter weer laat dink aan al die deure wat vir Afrikaners toegemaak word – of waar ons soveel meer moet doen (en selfs na die hof moet gaan) om ons waardigheid vir ’n pos te bewys.

Een voordeel van selfbeskikking is die vermoë wat dit bied om die politieke diskoers – en daarmee aanstellingsbeleid – in jou guns te draai; selfs al is dit net om die geleentheid gegun te word om op meriete vir ’n pos oorweeg te word. Want deur die politiek word ook die voorkeure van werkgewers beïnvloed, veral wanneer hulle van regeringskontrakte of invoerpermitte afhanklik is.

Vir my het dit vroeg reeds ’n werklikheid geword dat daar in Suid-Afrika teen my gediskrimineer word op grond van my velkleur, my taal, my geloof en my geslag (omdat ek manlik is). In die buiteland word daar eweneens teen my gediskrimineer op grond van my herkoms, my taal, my geloof en finansiële vermoë.

Dit is daarom duidelik in my en jou guns om Orania te ondersteun indien ons of ons kinders die geleentheid gegun wil word om slegs op meriete mee te ding vir die volgende geleenthede (voeg gerus by hierdie lys in die kommentaarspasie hieronder):

Staatspresident

Leier van die opposisie in die parlement

Burgemeester

Universiteitsrektor

Polisiekommissaris

Kadet van ‘n nasionale lugredery

Direkteur-Generaal

Weermaghoof

Stasiebevelvoerder

Beurshouer

Minister van Gesondheid

Premier

Springbokvleuel

Lugwaardin

Tronkbestuurder

Bankteller

Myner

Messelaar

Straatveer

Technikonstudent

Koshuisinwoner

Petroljoggie

Sokker-kaptein

Vegvlieënier

Advertensie-model

Verpleër

Generaal

Bestuurshoof van die Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters

Vlootkaptein

Trekkerbestuurder

Skoolhoof

Ouditeur-Generaal

Hoofregter

Stadsklerk

Nasionale parkbestuurder

Begunstigde van ‘n behuisingskema

Kommissaris van die inkomstediens

Mediese student

Taxibestuurder

Vryheidsvegter

Departementshoof

Gerespekteerde burger

Vergoedingskommissaris

Myneienaar

Hoof van die Rugby-Unie

Olimpiese vaandeldraer

Posmeester

Treindrywer

Sakevennoot

Grondeienaar

Rugby lynregter

Hoof-staatsaanklaer

Amnestieontvanger

Verkeershoof

Winkelkassier

Deel/Stuur

54 Reaksies op “Geleenthede sonder diskriminasie”

  1. Trots afrikaans sonder werk. 5 September 2012 at 15:16 Permalink

    Ek is bly jy bring dit op.
    Wel as mens dan wel die situasie deeglik van die anderkant af wil kyk moet jy ook kan sien dat die Afrikaner volk hom nog nie begewe het om onskuldige mense in publieke geboue op te blaas om hul sin te kry nie.
    Daaroor word nie films gemaak of geskryf nie, want die media tipe industrie rig homself op geldmaak en die hele werklikheid is n bysaak. Ongelukkig is dit meestal net die populêre media waar Jan publiek hulle denke skerpmaak, ek dink dit is dus goed om die anderkant van die saak ook te kan hoor soos bv. deur n web blad soos die.
    Dankie Jaco Kleynhans

  2. Mike 6 September 2012 at 07:38 Permalink

    As daar net meer werksgeleenthede op Orania was het ek beslis so gou moontlik aansoek gedoen. Ek is ook een teen wie daar gediskrimineer word en ek sit al maande sonder werk.

  3. Nardus 6 September 2012 at 18:08 Permalink

    Ek stem 100% saam met Mike. Ek as blanke man word ook gereeld teen gediskrimineer net omdat ek wit is en ‘n man, maar daar is nie regtig veel werksgeleenthede op Orania nie. Een keer aan die begin van 2010 toe ek Orania besoek het, vertel die mense my daar dat die daaglikse loon van ‘n werker op Orania R100 ‘n dag is. Nou ek is vreeslik jammer maar dis te min. Ek kan nie ‘n ordentlike werk kry waar ek nou bly nie, maar ek kan darm ‘n sekuriteitswag werk kry wat my R150 ‘n dag betaal.
    So ek is heeltemal ten gunste van Orania, ek ondersteen die idee van Orania volkome, maar ek sal slegs soontoe trek as ek ‘n ordentlike werk daar kon kry.

    • Jaco Kleynhans 7 September 2012 at 07:05 Permalink

      Nardus. Ek weet nie van enigiemand in Orania wat tans minder as R150 per dag verdien nie. Daar is definitief ‘n styging in lone soos wat Orania groei en ontwikkel. Ek glo die tendens sal bly voortduur.

    • E Terblanche 7 September 2012 at 10:37 Permalink

      Vergoeding is die een kant van die vergelyking. Die ander is die koste om te leef en lewenskwaliteit.

      Ek dink nie R150 per dag is genoeg om my lewe as veiligheidswag op die spel te moet plaas nie.

      Dan is koste van verblyf en vervoer na werk minder in Orania.

      Elkeen moet opoffer om Orania te steun; al is dit net ons verskonings wat ons moet oorkom.

    • Faan 16 Oktober 2012 at 16:14 Permalink

      skep self werk ou maat
      en pas aan
      kyk mooi na al die “verpligte” uitgawes van die huidige sisteem
      hoofsaaklik ydelheid en en gierigheid
      is dit jy?
      vat dit alles weg en R100 per dag begin lyk dalk na iets

  4. R Badenhorst 8 September 2012 at 07:28 Permalink

    Veiligheidswag in Orania teen R150, definitief redelik. In Mzansi, teen dieselfde vergoeding moet jy redelik desperaat wees. Ek glo 5 keer meer sal my eers daaraan laat dink.

    Maar dit illustreer juis die punt… Daar is nie veiligheidswagte nodig in Orania nie. So tel maar maandelikse kostes op en kyk hoeveel goedkoper die lewenskoste in Orania is: geen ADT, aansienlik laer korttermyn versekerings premies, kos, petrol (want Orania is redelik selfversorgend en alles naby mekaar)…

    Ek volg Orania se vordering al vir ‘n lang tyd, en dit lyk vir my die mense wat meer sukses behaal is die wat soontoe gaan met ‘n plan. As iemand wat dieselfde RA en SEB profiel as Ebert deel, dink ek werksoekers moet dalk hulle fokus verskuif en een stappie hoër neem na werkskepper…

    • Danie Scott 19 September 2012 at 08:02 Permalink

      In ORANIA het jy amper nie korttermynversekering nodig nie.Indien jy dit sou nodig he sal dit baie goedkoop wees.

  5. E Terblanche 9 September 2012 at 03:41 Permalink

    Ek lees in ‘n artikel deur Dirk Hermann in Rapport dat Solidariteit mense oor die hele Suid-Afrika gevra het om te soek na een wit kassier in ‘n Woolworths-winkel, maar dat hulle nie een kon vind nie.

    Nou ja, min mense sal winkelkassier as droomloopbaan beskou, maar dit is nie die punt nie. Die punt is dat hierdie geleenthede deur veral jongmense benut word om studies te betaal en daardeur dien hierdie geleenthede bykans as hekwagte na ‘n beter lewe.

    In so baie gevalle in Suid-Afrika, probeer Afrikaner-bestuurslui hul eie posisies verskans deur hierdie intreeposisies so swart moontlik te maak. Daarmee verraai hul hul volk se toekoms in ruil vir ‘n beter pensioen.

    Hierdie manteldraaiers skik hulself na die belang van die heersende orde, en dit is waarom ons selfbeskikking benodig.

    • Chris Greyling 19 September 2012 at 08:12 Permalink

      @E Terblanche: “min mense sal winkelkassier as droomloopbaan beskou”. Vroeër jare was meeste kassiere en winkelassistente blank. Enige werk is per slot van sake “edel” maak nie saak wat dit is nie. Rassisme en verskansing is die mees waarskynlike redes vir die toedrag van sake dat geen blankes meer die tipe werk kry nie.

      • Danie Smit 10 November 2012 at 17:20 Permalink

        Laat my dink aan ‘n brief in familie geskiedenis, van my vriend se oupa grootjie ‘n Duitse sendeling aan sy sending genootskap in Duitsland. Hy verstaan nie , in Duitsland is werk adel , steel en bedel is sleg, maar hier in Afrika is dit anders om. Laat ons Afrikaner voortbou op die stewige fondamente van ons voorvaders. Hy moes sy gemeente lede omkoop met twak om kerk toe te gaan

  6. Danie Van Tonder 9 September 2012 at 08:40 Permalink

    As Orania die antwoord is, waarom bly jy nie daar nie?

    • E Terblanche 9 September 2012 at 09:37 Permalink

      Diegene van ons wat reken dat Orania die antwoord is, moet uitwerk hoe ons Orania ten beste kan ondersteun.

      Om fisies deel van die Orania gemeemskap te wees is ‘n uitsonderlike wyse om die groei van die selfbeskikkingsbeweging te ondersteun en elkeen wat die geleenthede benut om dit te doen is in ‘n benydenswaardige posisie. Hoewel ek tans tydelik uit Orania is, was ek vir byna 5 jaar ‘n inwoner en bly die dorp my permanente tuiste.

      Maar Orania se groei en die verwesenliking van Afrikanervryheid is elke Afrikaner se verantwoordelikheid, nie alleen die van die inwoners nie.

      Daarom het die Orania Beweging talle voertuie beskikbaar gestel wat vir Afrikaners van alle stande en uit alle oorde die geleentheid bied om te help bou aan ons toekoms. Lidmaatskap van die Orania Beweging maak van jou ‘n uitwoner, belegging in die Orania Groeifonds maak van jou ‘n finansierder van groei terwyl steun vir die Helpsaamfonds aan jou die geleentheid bied om ‘n filantroop van ons toekoms te wees.

      Terug by jou vraag: “waarom bly jy nie daar nie?” As jong Afrikaner het ek ‘n geleentheid benut om my vaardighede te slyp sodat ek nog ‘n groter bydrae tot Orania en die ideaal wat die dorp verwesenlik, kan lewer.

      Beteken dit dat ek in Orania (as die antwoord) twyfel? Allermins. Ek is deel van ‘n diaspora wat daagliks bevestiging vir ons vertroue in Orania, op die mees onverwagse plekke, raakloop.

      Soos by die jong student wat die geleentheid geniet om as kassier van ‘n supermark, haar studies te befonds.

  7. Thys Basson 9 September 2012 at 17:28 Permalink

    Ek stem saam, dit is eintlik so ironies dat die blankes destyds Ja gestem het, juis omdat die sanksies teen ons land dinge moeilik gemaak het. Vandag is daar nie meer sanksies teen die RSA nie maar die rassewetgewing in die land kan eintlik as sanksies teen Blankes gesien word. So ons sit maar nog net waar ons was, net erger. Ek weetg nie of ek dit mag doen nie, maar as die webmeester so gaaf sal wees, wil ek julle graag nooi na my Blog toe. Die adres is http://www.afrikanervryheidsforum.wordpress.com Ek het sommer net ‘n paar van my beskeie gedagtes daar opgesit en wil hê my mense moet saamgesels.

    Groete Thys

    • Chris Greyling 19 September 2012 at 08:21 Permalink

      @Thys Basson:

      Niemand het “ja” gestem vir oorgawe nie. FW de Klerk se oorgawe aan die ANC/SAKP was totaal en al onwettig tov die blankes en veral die Afrikanervolk.

      Tydens FW se “roemryke” referendum van 17 Maart 1992 was die kieserstal soos volg: 30% van die totale kiesers het buite stemming gebly (die protesstem) en die ander 70% van die kiesers wat wel gestem het, het volgens die media “ja” of ‘nee” gestem (daar was kundiges wat die hoë syfer sterk betwyfel het). Die resultaat was dat slegs 58% van ALLE kiesers uiteindelik “ja” gestem het. Wat meer is, die “ja” stem was gebaseer op die vraag:

      “Is u ten gunste van die voortsetting van die Staatspresident (F.W. de Klerk) se hervormingsproses wat op 2 Februarie 1990 begin is en gemik is op die daarstelling van ’n nuwe grondwet deur onderhandeling”.

      Nêrens in die vraag staan daar “is u ten gunste van algehele oorgawe en verlies aan mag met permanente onderdrukking deur die ANC/SAKP op grond van ras, geen wigte-en-teenwigte en die uitmoor van die blankes nie”…….asook vele meer ander negatiewe aspekte. Verder het de Klerk belowe dat indien wesentlike veranderinge sou plaasvind, hy en sy NP na die kiesers sou terugkeer vir verdere goedkeuring. Laasgenoemde het soos almal weet natuurlik nie gebeur nie en daarom die groterwordende ongelukkigheid by meeste blankes in SA en ook die wat emigreer het.

      Oud NP-leier in die Vrystaat Inus Aucamp, skryf in sy boek dat FW en sy meelopers net eenvoudig (onwettig) oorgegee het. Die huidige bestel is dus sovêr dit die Afrikanervolk aanbetref onwettig.

      • E Terblanche 19 September 2012 at 09:18 Permalink

        Sover dit die Afrikaners betref, is hulle nie geraadpleeg oor die besonderhede van die huidige bestel nie, en verneuk uit ‘n opvolgreferendum en daardeur te na gekom, maar dit maak nie die huidige bestel ontwettig nie.

        Tewens, ‘n demokraties-verkose meerderheidsregering word vandag internasionaal gesien as ‘n wettige en aavaarbare vorm van regering.

        Afrikaners se probleem is dus nie die wettigheid van die regering nie, maar eerder hul gebrek aan ‘n volstrekte meerderheid op ‘n eie grondgebied.

    • Frits 17 Oktober 2012 at 16:37 Permalink

      ik vind dat helemaal nog zo gek niet gezegd, Thys Basson.

  8. Karooseun 19 September 2012 at 02:28 Permalink

    Wat is Apartheid,en wat is Blankes in Suid Afrika Groete Karooseun

    • E Terblanche 19 September 2012 at 07:51 Permalink

      Apartheid is die versamelnaam vir ‘n aantal wette wat gegeld het in Suid-Afrika tot ongeveer 1992.

      Blanke was ‘n spesifieke bevolkingsgroep wat gedefinieer was in die genoemde wetgewing.

  9. Karooseun 19 September 2012 at 04:05 Permalink

    Wat is Afrikaners

    • E Terblanche 19 September 2012 at 06:29 Permalink

      Afrikaners is ‘n etniese groep oftewel “volk”. Hoewel daar nie ‘n Engelse ekwivalent vir “volk” is nie, is “people” al in hierdie verband gebruik.

      Hulle is redelik aktief met ‘n omvangryke lettere en liedereskat, bydraes tot kullinere plesier, kontroversiële geskiedenis en daar is ook selfs ‘n beesras en blomspesie na hulle vernoem.

      As jy gelukkig is loop jy dalk een raak, hoewel hulle besig is om skaarser te word weens veranderinge wat tans in hul habitat plaasvind.

      • Susan 20 September 2012 at 13:25 Permalink

        @E Terblanche: Is Afrikaans sprekende kleurlinge wat dieselfde “letter en liedereskat, bydraes tot kullinere plesier, ens” het, nou kleurling Afrikaners? Per slot van rekening is hul ontstaan juis uit Afrikaners wat oor die kleurgrens gaan kuier het.

        • E Terblanche 21 September 2012 at 06:25 Permalink

          Susan,

          Afrikaners bestaan uit diegene wat Afrikaners is weens hulle historiese assosiasie met en identifisering as Afrikaners, asook enige iemand anders wat ‘n Afrikaner wil wees wat deur die bestaande Afrikaners aanvaar word, omdat hulle Afrikanereienskappe hul eie gemaak het.

          Wil lede van die Bruin gemeenskappe Afrikaners wees? Ek weet nie, maar Alan Boesak het al beslissend gesê dat hy nie een wil wees nie.

          Kan hulle Afrikaners word, sou hulle (teoreties) wou? Moontlik, maar dan moet hulle Afrikaners in murg en been word (‘n voorwaarde wat vir elke buitestaander geld wat ‘n Afrikaner wil word), al beteken dit ook dat hulle medepligtigheid vir foute van die verlede moet aanvaar (dit is immers waarvoor Afrikaners berug is), want daarsonder sal hulle moeilik deur bestaande Afrikaners aanvaar word.

          Die Bruin gemeenskappe het egter ‘n baie trotser tradisie as wat jy te kenne gee met jou (sal ek sê snedige) verwysing na “kleurling” en die suggestie van buite egtelike verhoudings. Die Khoe en San is die eerste en regmatige inwoners van hierdie land, terwyl die Griekwas en die Oppermans volwaardige selfbeskikkingsbewegings in die verlede gelei het.

          • Susan 22 September 2012 at 15:49 Permalink

            Alan Boesak is beslis nie die stem vir die bruin mense nie en glo dit of nie maar my verwysing na “kleurling” was als behalwe snedig teenoor hulle gemik.

            Ons blanke Afrikaners is geneig om onsself verhewe bo enige ander ras te sien en ook so op te tree. Juis daarom het ek die bruin mense genoem wat ontstaan het uit die blanke Afrikaner se buite egtelike verhoudings. Wat maak die “baas” nou beter as sy kind wat hy verwek het? Daardie kinders is grootgemaak met die tradisies en taal van die blanke Afrikaner. Die bastervolk wat ons blanke Afrikaners geskep het, is net soveel Afrikaner as ek en jy.

            Die Afrikaner het lankal al begin om hul tradisies opsy te skuif. Braai is nie uniek tot die Afrikaner nie. Dit word regoor die wêreld gedoen. Maar dat ons Afrikaners lief is om te braai en bier te drink is waar. Dit kan ons met oorgawe doen want dan kuier die manne. Rugby het ons nie met die Groot Trek gespeel nie, so ons kan ons nie roem dat dit eie aan ons is en ons uniek maak nie.

            Wat meneer maak ons uniek? Wat is werklik eie aan ons. Ek praat nie van gewoontes wat ons oor tyd aangeleer het nie. Volkspele? Behalwe vir ‘n handvol Afrikaners wat dit nog beoefen, het dit basies uitgesterf. Taal? Daar is bruin en swart mense wat dit as huistaal beoefen. Koeksisters, melktert? Dalk. Geloof? “Nuwe” kerke spring oral op want die Afrikaner wil elkeen ‘n mishopie vorm, amper soos die politieke partye.

            Ek weet eerlik nie. Ek moes ‘n uitstalling hou wat die Afrikaner van vandag uitbeeld. (Nie geskiedenis nie) Dit was ‘n taai toffie want ek het besef as ek na die deursnee Afrikaner kyk is daar nie veel om te sê nie. Maandag tot Vrydag gaan ons werk toe, Saterdag is dit rugby kyk braai en dop, Sondag gaan party nog kerk toe waarna “pa” koerant sit en lees en ontspan terwyl “ma” afsloof in die kombuis terwyl sy tussen deur nog na die kinders ook moet kyk. So ek val toe maar terug op ons land, die pragtige natuur en dat daar verskillende etniese groepe hier woon.

          • E Terblanche 22 September 2012 at 23:23 Permalink

            Susan,

            Jy beskuldig Afrikaners daarvan dat ons onsself as verhewe bo ander beskou. Tog minag jy leiers in die Bruin gemeenskappe, reduseer jy die Bruin gemeenskappe se ryke tradisie tot eenvoudige “bastervolk” en lê jy onsesitief en oningelig in met die term “kleurling” wat ‘n skepping van apartheidswette is en aanstoot in die Bruin gemeenskappe gee. Jy bedoel dalk goed, maar die gevaar wat jy loop, is dat jy as ridder op jou wit perd nie werklik die belang van die Bruin gemeenskappe op die hart dra nie en daardeur deur hulle verwerp sal word.

            Tog is jou skrywe sekerlik meer op Afrikaners gemik as op die Bruin gemeenskappe, want as jy soveel gebreke vind in die hedendaagse Afrikaner, is dit nogal ironies dat jy voorspraak probeer maak vir die gedagte dat die Bruin gemeenskappe “en masse” ook Afrikaners moet word.

            Ja, Afrikaners is grootliks deel van die ontwikkelde wêreld en word daagliks so blootgestel aan die Amerikaanse en Engelse kulture, dat dit moeilik kan wees om die unieke uit die alledaagse raak te sien, veral wanneer jy as boom binne die bos staan.

            Tog is daar meer tot Afrikanerwees as wat jy te kenne gee. Om ‘n paar jaar oorsee te woon, help baie om die wortels weer raak te sien. Biltong is beslis nie so universieel as wat dit in Suid-Afrika mag voorkom nie.

            Laat die Bruin gemeenskappe vir hulleself praat – hulle is baie goed daartoe instaat – hulle het nie ons nodig om vir hulle te vertel wie hulle is nie. Hoewel daar tog Europese gene in hul bestaan, bestaan hulle al baie langer as wat Afrikaners bestaan. Dit is ook nie net vryburgers, setlaars en later Afrikaners wat tot hulle bygedra het nie, want selfs Nelson Mandela het San gene in sy lyf.

            Dit is imperialiste, fasciste en kommuniste wat volke inlyf, onteer of ontken. Moenie deel van hulle wees nie – daar is reeds genoeg van hulle.

        • Oomjan 30 September 2012 at 20:35 Permalink

          Dit was nie noodwendig net Afrikaners wat oor die kleurgrens gaan kuier het nie, daar was ook verskeie ander volke wat met inheemse volke vermeng het – noem maar op: Engelse, Duitsers, sendelinge en vele meer.

          Ek het groot begrip vir die sogenaamde “kleurlinge”. Baie van hulle het deels verafrikaans vanwee omstandighede, wat betref taal en kultuur, maar beoefen ook hul voorvaderlike tradisies.

          As jy Afrikaans of Duits praat is jy nie noodwendig ‘n Afrikaner of ‘n Duitser nie. Om ‘n eng siening van Afrikaners voor te hou kan beledigend wees. Dit geld ook vir ander volke en kulture.

          H. van Niekerk

  10. Gerhard 19 September 2012 at 07:57 Permalink

    Twee goed val my op – as ons die bostaande kommentaar lees, is dit duidelik dat die Afrikaner nog steeds sukkel om saam te staan. Die tweede is dat ons nog steeds bang is om te praat van swart apartheid, want dit is presies wat ons nou in hierdie land het. Dit word net anders verwoord – “affirmative action”. Hoe “affirmative” kan dit wees as jy een groep uitsluit oor velkleur – dit is wat die NP 40 jaar gelede gedoen het, en waaroor ons internasionaal gekruisig is. Nou is dit aanvaarbaar?

    Terloops, as jy in Kaapstad / Boland woon en hierdie boodskap lees, het ek ‘n pos oop vir ‘n pomptegnikus – pompe installeer en onderhou. Jy sal nie op jou taal of velkleur getakseer word nie. Die webmeester het my e-pos adres.

    • Chris Greyling 19 September 2012 at 08:39 Permalink

      @Gerhard – Die Afrikaanse media probeer ook om die “verdeel en heers” taktiek toe te pas om aan te toon hoe verdeeld Afrikaners is. Ek dink egter nie die Afrikanervolk is naastenby so verdeeld soos sommiges beweer nie, bv almal het feitlik tesame die NP verwerp oor die resultaat van hul oorgawe. Feitlik alle blankes en spesifiek Afrikaners verwerp die huidge ANC-regime. Dit sê meer tov saamstaan as verdeeldheid. Die metode om vryheid te bewerkstellig verskil egter. Party ondersteun Orania. Ander, tot die AWB’s, stem maar DA in die hoop dat dit ‘n verskil sal maak en nie uit oortuiging nie. Daar is dus baie gronde vir groei.

      • Gerhard 19 September 2012 at 09:35 Permalink

        Chris, ek stem. Ons is die enigste volk wat op bykans elke dorp ‘n jaarlikse fees hou. Ons het baie om voor dankbaar te wees. Hoe gaan ons hierdie boodskap uitdra – ook in die media? Veral in die media. Soos jy sê daar is baie gronde vir groei. Die Burger was 100 jaar gelede gestig as mondstuk van die Afrikaner – om die boodskap wyd en syd te versprei. Net soos die groot trek in die Boland begin het, so kan ons volgende “trek” na vreiheid in Orania begin, maar die boodskap moet baie wyer versprei word. Selfs met die trek en oorlog was daar nie-trekkers wat ‘n groot bydrae gelewer het, al was dit om rantsoene te stuur. Ons fokus moet dus op ELKE Afrikaner wees, ongeag of hy in Orania of Dubai woonagtig is…

        • Chris 19 September 2012 at 09:51 Permalink

          @Gerhard: Ek ondersteun Orania op hoofsaaklik Nasperskoerante se kommentaarkolomme asook finansieel. Dis eintlik verbasend hoe baie mense die gedagte ondersteun al doen hulle dit nie huidig aktief nie. Naspers het onlangs ‘n peiling gedoen en die resultaat was dat soveel as 80% van hul lesers die gedagte van ‘n eie grondgebied ondersteun. Hierdie ondersteuning moet net reg gekanaliseer word na Orania.

          • Gerhard 19 September 2012 at 10:38 Permalink

            Ek stem.

      • Oomjan 30 September 2012 at 21:10 Permalink

        Vergun my om te verskil ten opsigte van die siening dat Afrikaners nie kan saam staan en dus verdeeld is. Ek dink dis ‘n mite dat dit ‘n karaktertrek is wat uniek is aan die Afrikaner. Kyk maar hoe daar op ander platforms en tussen ander bevolkingsgroepe onderling baklei word, soveel so dat hulle mekaar aanrand en selfs vermoor.

        Om te verskil en dwars te trek blyk maar ‘n nuk van die ganse mensdom te wees.

        Om van mekaar te verskil kan positief wees solank dit beskaafd en met respek vir ander gedoen word. Daardeur kan ander perspektiewe na vore kom.

        Groete,

        Hennie van Niekerk.

  11. deugniet 19 September 2012 at 08:02 Permalink

    my naam hierbo is presies dit: deugniet. Daarom verstaan ek nie: As die moslems se god so almagtig is, hoekom verdedig hy hom nie self nie, nee sy volgelinge maak mense dood om hom te vergeld. As ek oor my God met iemand wil praat, trek hy sy ore plat, dan is daar mense wat sê ons wat dink ons is die uitverkorende volk is idiote, ek is n Afrikaner, volgens Deut. 28vers 47 en verder aan kom n volk wie se taal ek nie verstaan, n wrede nasie vinnig soos n arend[boeing, vergelyk maar met n arend in vlug] van die uithoeke van die aarde? vinnig soos n arend, daar was nog nie eens n wiel toe die gedeelte geskryf is nie, gaan lees asb alles, God het JOU hier geplaas, aanvaar dit, jy is n Afrikaner as jy een wil wees!

  12. deugniet 19 September 2012 at 08:08 Permalink

    Die bolanders, sommiges altans, ly nog aan submisie, hulle het, toe die voortrekkers trek,gebly en “ge-submit” met die boere oorlog toe submit hulle nog, en ek as n leier van die Afrikaners [sommiges] ondervind dit daagliks as ek hulle vra om by ons Afrikaner organisasie[reeds meer as 40,000] aan te sluit, dan wil hulle nie op n lys kom sodat ons kan vra vir selfbeskikking nie, so jy is slegs n Afrikaner as jy een wil wees! Na aanleiding van Gerhard se “saamstaan”

    • Gerhard 19 September 2012 at 08:33 Permalink

      Dit is presies waarvan ek praat – ons soek rede om te verskil, rede om mekaar aan te vat, in plaas daarvan om rede te soek om mekaar te ondersteun en by te staan. Ons, en ek sluit myself in, moet minder verskille soek en meer kyk hoe kan ons as volk mekaar ondersteun, onderskraag en saam staan om ‘n blink toekoms vir ons binne die grense van SA te skep – trek is nie ‘n opsie nie en die regering gaan dit nie vir ons doen nie.

      • Chris Greyling 19 September 2012 at 09:30 Permalink

        @Gerhard: Om oor onderwerpe te debateer en partykeer te baklei dat die stof staan, is ‘n goeie ding solank die uitkoms ‘n wen-wen situasie tot gevolg het. Die voormalige Britse premier Margaret Thatcher het op ‘n keer in haar parlement gesê dat die Britse parlementariërs so onder mekaar baklei dat sy verbaas is as daar ‘n positiewe resultaat na die slegsê sessies was. Maar daar was positiewe resultate. Bv as die Britse ryk bedreig word, staan almal saam ten spyte van verskille.

        • Gerhard 19 September 2012 at 09:36 Permalink

          Miskien voel ons nog nie bedreig genoeg nie.

    • Chris Greyling 19 September 2012 at 09:37 Permalink

      @Deugniet: Daar is nie so ‘n ding soos die “Boere-oorlog” nie. Die Boere wou nie oorlog maak nie. Die Engelse het kom oorlog maak teen die Boere om SA se minerale te steel, so dis eintlik die Engelse-oorlog. Anglo-Boereoorlog is seker ‘n redelike alternatief.

  13. Tinus 19 September 2012 at 09:03 Permalink

    Ek hou van wat ek lees. Alhoemeer manne is bereid om standpunt in te neem en opstaan om getel te word.
    Ons is nie teen ander nie, maar vir ons “eie”. Ek as Christen-Afrikaner, wil net ‘n plek hê waar ek op ‘n billike manier, op meriete, nie teen gediskrimineer word nie.

    “Eendrag is Mag”. Nie teen iets nie, maar vir iets.
    Ons het so baie mooi, kosbaar, met inhoud, moeite werd om voor te staan. Moenie dat negatiewe gedagtes oor ander oorheers nie. Daar ia krag in ‘n positiewe gees.

  14. Gert Janse van Rensburg 19 September 2012 at 09:17 Permalink

    Na aanleiding van die vraag waarom ondersteuners van selfbeskikking vir die Afrikanervolk nie almal in Orania bly nie, die volgende. Vra maar vir die Jode in Newyork en in die RSA waarom hulle nie in Israel bly nie. Die antwoord is : Die voortbestaan van die staat Israel is vir ons ononderhandelbaar. Daarom stuur ons maandeliks groot bedrae geld na Israel, en stuur ons ons jongmense daarheen vir opleiding, en militêre diens en om daar te gaan werk – al is dit net vir ‘n jaar – want dit is ons heimat en bakermat en dit moet in stand gehou word ter wille van die voortbestaan van ons volk. Dit maak dus sin dat party van ons op so ‘n wyse ons heimat help bou en in standhou.

  15. Sann 19 September 2012 at 09:56 Permalink

    Ek stem, Gerhard. Ons moenie na elke stok gryp waarmee ons mekaar kan bykom nie, maar eerder die goeie dinge vaslê. Ons moet liewer ons stryd fokus op ons ware vyand, sodat ons die Bose en sy trawante beveg. Ek herinner myself maar gereeld: Is dit regtig altyd nodig om jou uit te spreek teenoor iemand wat langs jou in die loopgraaf lê… of kan jy maar soms op jou tong byt en iets minder aanvallend vir hom/haar sê as jy dit noodsaaklik sou ag om hom/haar tereg te wys? Tinus, dis goed om soos jy te dink… Dit laat my proe aan hierdie gevogtrekking: ‘n Magtige weerstand sou leeg wees as daar niks meer as net blote geweld of teenstand is. Wat is die “inhoud” van ons mag waarmee ons die bose bestel wil vervang? Selfbeskikking? Nasietrots? God-Drieënig? Weet ons nog, na al hierdie verdeling, leuens, verkleinering, verwoesting… My ervaring, om deel te wees van die Orania-beweging, is dat ons weer mekaar kan herinner wie ons werklik is en wat regtig saak maak. Kom ons help mekaar om op te staan!

  16. deugniet 19 September 2012 at 11:40 Permalink

    Ek het groot geword met die woord “boere-oorlog, gelukkig weet jy waarna ek verwys! Sann, daar is geen alternatief as God-Drieënig nie. Hy sê tog immers dat as ons Sy gebooie onderhou en Hom dien, Hy ons sal seën in die land van ons voorvaders, dit was my voorsate se land die, ek moet net vir Hom vra om my in die land te plaas waar ek Hom weer kan dien. Die Afrikaner is, baie van hulle, God-loos, kyk maar hoe leeg raak die kerke ens. ens. en hoe die kerke agter die godelose regering aanloop en skeur [NHK met hul probleme] Kom ons bid vir ons volk en ons toekomstige Vaderland wat God aan ons gaan gee, by Hom is niks onmoontlik nie. Sela.

  17. RONNIE CLOETE 19 September 2012 at 20:30 Permalink

    VOLGENS ‘N NUUSBRIEF WAT EK ONLANGS GELEES HET, IS DAAR NIE ‘N NODIGHEID VIR SO BAIE AFRIKANERS OM WERKLOOS TE WEES NIE EN OM IN PLAKKERKAMPE TE BLY NIE, WANT DAAR IS GLO MEER WERKSGELEENTHEDE AS MENSE IN ORANIA. SO EK DINK DAAR IS ‘N BETER VOORUITSIG VIR AFRIKANERS IN ORANIA, SOU HULLE BELANGSTEL, ONGEAG DIE INKOMSTE WAT HUL VERDIEN! TEN MINSTE KAN HULLE HUL GESINNE ‘N TOEKOMS BIED!

  18. Oomjan 20 September 2012 at 21:48 Permalink

    Dankie vir bostaande meestal sinvolle argumente.

    Ek is ‘n Afrikaner uit gronde van my afkoms, godsdiens, taal en kultuur. Ek kan nie anders wees nie. Die Afrikaners is ‘n volk, maak nie saak hoe groot in getalle nie. ‘n Volk het geen volwaardigheid sonder selfstandigheid en selfbeskikking nie, en dit impliseer grondgebied. Kyk maar hoe voel die Griekwas en talle ander volke oor hulself.

    Persoonlik sal ek nooit ander volke en kulture minag of afkraak nie. Ek hoef bloot nie met alles saam te stem nie. As ek respek en begrip wil he, moet ek ook respek en begrip betoon.

    Afrikanerselfbeskikking sal nie oornag geskied nie, miskien nie meer in my leeftyd nie. Dat dit wel sal gebeur – daaroor het ek geen twyfel nie. Daarom sal ek onverpoosd my ondersteuning en bydrae lewer.

    Daar sal nog baie verskille en argumente opgaan, en dit is reg so. Werk hard, bid en glo. Die Afrikaner is besig om op te staan.

    Groete.

  19. At van Noordwyk 26 September 2012 at 12:32 Permalink

    Ek en my vrou het verlede week twee dae in Orania oorgebly. Ek het, soos meeste Afrikaners, al gehoor van die dorp/gemeentskap maar het nou eers die geleentheid benut om daar te gaan afsaal. Ek wil almal uitnooi om tog daar ‘n draai te gaan maak en dan vir jouself te oordeel of maak selfbeskikking sin of nie, ons het manne gesien wat besig was om ‘n nuwe rioolpyp te installeer vir ‘n pragtige dubbel verdieping huis wat in aanbou was.
    As ‘n persoon wat meeste van die werk by my eie huis doen (bou, pleister ens.) het ek na die manne met belangsteeling gekyk en hulle was trots waarmee hulle besig was, jy kon dit sien aan die manier hoe die sloot gegrou word, want hulle was besig om hulle droom uit te lewe om vir hulself te kan sorg ongeag die tipe werk wat gedoen moet word.
    Ek het al die bogaande artikels gelees en my verstom aan wat daar kwyt geraak word, ek vra almal om te gaan kuier op Orania en ontmoet jou medemens en ervaar nog die gasvryheid waarvoor ons volk so bekend was voor, ervaar die blye gesig van kinders wat in die strate speel en elke persoon wat by jou verby loop of ry die groet jou soos dit hoort.
    Ek daag ons Afrikaners uit om dieselfde vindingrykheid aan die dag te lê om vir ons ‘n plekkie in die son uit te krap wat vir ons industrieë gegee het soos Yskor, Sasol en Denel waar ons as Afrikaners kon uitstyg as volk en ons ons menswaardigheid kon terugkry. En dan dit in Orania te gaan vestig sodat die “ongelowige Thomasse” en die “enkel byters” ook ‘n bestaan kan maak in die vryheid van ‘n ideaal wat besig is om waarheid te word.
    Ek het al klaar ‘n geleentheid gesien, na aanleiding van die toer waarop ons was, om ‘n besigheid daar te vestig en dan ook te verhuis na Orania.

    • Oomjan 30 September 2012 at 21:59 Permalink

      At, dankie vir jou positiewe kommentaar omtrent Orania.

      Ek het sowat drie jaar gelede Orania besoek en was uiters beindruk oor wat daar gedoen word. Sedertdien was daar natuurlik merkwaardige groei.

      Hier waar ek woon in Noord-Natal is daar baie negatiewe persepsies omtrent Orania, naamlik dat dit ‘n klompie verkramptes is wat tussen niks en nerens langs ‘n rivier gaan laer trek het en hulle sodoende van die buitewereld afgesny het. Niks hiervan is waar nie.

      My waarneming is dat dit Afrikaners is wat ‘n visie het, wat hard werk, inisiatief aan die dag le en in voeling is met die Suid-Afrika en die wereld.

      Wat my opval is dat daar orde is en dat daar nie misdaad, dwelmmisbruik en besoedeling is nie. Indien wel, glo ek dat dit onbeduidend is gesien in die lig van wat in Suid-Afrika en wereldwyd aan die orde van die dag is. Hierdie stand van sake behoort meer aandag te verdien.

      Op my ouderdom en vanwee my persoonlike omstandighede is dit nie meer haalbaar om na Orania te verhuis nie. Nietemin het ek by die Orania Beweging aangesluit en probeer op my manier om ‘n “ambassadeur” vir Orania te wees. Die oningeligtes moet liewer self gaan kyk om hulle op hoogte van sake te stel.

      Orania is my geestestuiste.

      Groete,

      Hennie van Niekerk.

  20. Pieter 2 Oktober 2012 at 12:27 Permalink

    Ek was nog nie in Orania nie en ek weet mense sal altyd stry, maar ek dink almal sal saam stem as ek se dat enige positiewe verandering in ons land dringend nodig is. Orania ontwikkel teen ‘n spoed en ek dink sover word dit uitsteekend beheer.

    Ek haal my hoed af vir almal daar woon en werk, wat van voor af begin om ‘n nuwe lewe en toekoms te maak. Dit skep hoop vir alle Afrikaners.

    Ek het so pas as lid aangesluit. Ek is trots om ‘n Afrikaner te wees.

    Alles van die beste.

  21. Jannie 11 Oktober 2012 at 05:58 Permalink

    Ek sal more soontoe trek,nie net vir my en my vrou nie,maar vir ons seuntjie se toekoms.Ons bly in JHB en my vrou en kind kan nie eers winkels toe loop nie want die gevaar is altyd daar dat hulle aangeval of omgery kan word deur n dom Taxi drywer!!!My kind behoort ook n veilige kinder lewe te he,waar hy kan loop en speel waar hy wil,sonder om elke keer te worry oor sy veiligheid.Dis die minste wat ons vir ons kinders en hulle toekoms kan gee.Orania kan vinniger groei,as meer geleenthede soontoe gestuur word,soos tenders en kontrakte,maw stede wat naby gelee is kan Orania help met projekte en so kan Orania ook vinniger groei.Ondersteun die boere en bedrywighede wat in Orania is.Ek is seker die kwaliteit produkte wat in Orania beskikbaar is is beter as dit wat jy hier kry.Ons beplan om binnekort Orania te gaan besoek, net om weer te kan ervaar hoe Suid Afrika was voor 1994.Julle is n inspirasie vir die volk,en ons sien julle raak!!!!

  22. cornelia 15 Oktober 2012 at 08:30 Permalink

    Hi,ek sal graag wil weet hoe die mense wat so negatief is oor Orania sal voel en se as dit hul seun/dogter/ma/pa/familielid is wat verkrag/gemartel/doodgemaak/werkloos is in SA. Ek voel glad nie meer veilig. Nie in of buite die huis of in my kar nie, ek ontwikkel kwaai depressie a.g.v. dit. Ek is aangeval by my werk/my seun/man is aangeval & gedreig met die dood. Eks bereid om van my aardse besittings afstand te doen, as ek/my seun n lewe in n veilige plek soos orania te kan begin.Hoe kan ons betrokke raak by die aardskip projek?

  23. RIA 16 Oktober 2012 at 19:04 Permalink

    Ek is `n geskeide Ma van 2 pragtige dogters. Ek het 18 jr se ondervinding en beskik oor 2 regsgrade en `n regsdiploma maar sukkel my dood om werk te kry. Ek oorweeg nou selfs om aansoek te doen vir `n werk as drywer of au pair. Suid-afrika het duidelik nie die dienste, kennis, intelligensie en vaardighede nodig waaroor ek beskik nie. Ek is letterlik besig om dag tot dag te veg om kos te koop en petrol in te gooi. My arme Pa moet my huis betaal. Suid – Afrika is besig om te VROT!

    • Toeris 17 Oktober 2012 at 21:41 Permalink

      WILCO VERVOER
      VAKANTE POS BESKIKBAAR
      ADMIN / SEKRETARIEËL
      SLUITINGSDATUM : 25 OKTOBER 2012

      Vereistes
      Graad 12
      Toepaslike ondervinding van kantooradministrasie
      Die volgende sal in ‘n aansoeker se guns tel:
      Rekenaarvaardigheid (MS Office, Outlook, Excel)
      Eerlik / Betroubaar / Stylvol / Dinamies / Hardwerkend / Selfstandig / Verantwoordelik
      Geldige bestuurderslisensie
      ‘n Aangename en professionele werksbenadering
      Goeie beplannings- en organisatoriese vermoëns

      Pligte
      Telefoonhantering en ontvang van kliënte
      Verkope van boumateriaal en hondepille
      Algemene administratiewe take soos bv. kleinkas, tik- en liasseerwerk
      Instandhouding van logistieke registers
      Personeel en verlofrekords
      Aankope van kantoor- en ander voorraad
      Kliënteskakeling
      Hantering van korrespondensie (pos, fakse, ens.)
      Hantering van vertroulike inligting

      Posaanvaarding
      So gou as moontlik, verkieslik 1 November 2012

      Werkstye
      Maandag tot Vrydag: 8:00 – 17:00

      Vergoedingspakket
      Sal tydens onderhoud bespreek word
      Byvoordele sal ook tydens onderhoud bespreek word

      CV’s en Navrae
      Gerig aan : Willie Nel 082 804 4255
      Yolanda Nel 084 500 4876
      Tel / Faks : 053 207 9214
      CV’s kan ook afgegee word by ons kantoor te Kareeboomlaan N12, Orania

  24. elusha 14 Desember 2012 at 07:08 Permalink

    Ek is ‘n enkel ouer, woon tans in Lephalale. Hier het die leweskostes ondraaglik duur geword, die stygende kostes het veroorsaak dat baie van ons bejaardes ‘n ander heenkome moes gaan soek. Die misdaad hier is algemeen en werkloosheid ook aan die toeneem. Ek wil nie he u moet my verkeerd verstaan dat u sal dink dat ek Orania as “uitweg” sien vir my situasie nie, ek is al ‘n geruimetyd besig met navoring oor u dorp. Hoe kan ek deel word van hierdie gemeenskap, wat is die vereistes, word jy “gekeur” aan jou finansies, opleiding ens? Verblyf, sal ek ‘n erf kan koop, huur ens?
    Vriendeike Groete
    Elusha

    • E Terblanche 28 Mei 2013 at 11:41 Permalink

      In kort wil ek net noem dat enkelouers wat Orania se doelstellings deel meer as welkom in die dorp is. Daar is selfs met die Nerina projek van die Helpsaamfonds spesiaal woonstelle gebou vir enkelmoeders wat nie self ‘n eie plek kan bekostig nie. Alternatiewelik kan private behuising gehuur of gekoop word.

      Wat keuring betref wil ek dit duidelik stel dat mense slegs geweier word indien hulle nie Orania se doelstelling steun nie, of indien dit duidelik is dat hulle moontlik ‘n gevaar vir die dorp kan inhou as gevolg van ‘n geskiedenis van geweld of misdaad. Behalwe daarvoor word elkeen wat hom- of haarself as ‘n Afrikaner identifiseer in die dorp verwelkom. Daar word wel beperkte vrae gevra oor finansiële vermoë, soos of die aansoeker ‘n werk of ander bron van inkomste het, sodat daar vasgestel kan word of die aansoeker verdere bystand benodig om op sy of haar voete te kom.

      Enige persoon wat verblyfreg gekry het mag eiendom in Orania koop. Orania se bank, die OSK, help ook mense met lenings indien hulle hul eiendom in maandelikse paaiemente wil afbetaal. Die nasionale kredietwet skryf egter vereistes voor waaraan ‘n lener moet voldoen alvorens ‘n lening toegestaan mag word, wat die bekostigbaarheid van die paaiemente vir die lener insluit.


Lewer Kommentaar

*