31 Maart 2012 ~ 21 Kommentare

Die toekomstige Pretoria

Geskryf deur Ebert Terblanche

Soos mis wat dans op die rimpels van water op ’n koel wintersoggend, roep ’n naam skimme wat al ons sintuie prikkel.

Identiteit setel in ’n naam, ’n naam bind ‘n reputasie en ons heg gedrag daaraan. Ons plaas onsself binne die raamwerk van die name van mense en plekke wat ons ervaar en onthou.

Pretoria herinner aan Jakarandastrate en die Universiteit. Kerkplein en die Ou Raadsaal. Andries Pretorius, M.W. Pretorius en Paul Kruger. Ons Republikeinse strewe, konsentrasiekampe by Irene en die ondertekening van die oorgawe in Melrose-huis. Ek dink aan die Heldeakker, die Voortrekkermonument, Krygkor en die Kunsmuseum met Pierneef en die gedenkteken opgerig deur Duitsers uit dank vir die versorging van kinders weesgelaat deur die Wêreldoorlog.

Oor tyd het dinge egter verander. Sunnyside is nie meer die tuiste van Afrikanerstudente nie. Ga-Rankuwa, Soshanguve, Mamelodi, Tembisa, Diepsloot en Atteridgeville neig na Kerkplein. Potgieterstraat word Kgosi Mampuru, Andriesstraat word Thabo Sehume, Kerkstraat word Stanza Bopape.

Ons kan vra waar Thabo Sehume was toe Andries Pretorius weerlose vroue en kinders bygestaan het teen die tirannie en bloedsug van Dingaan, moes toekyk hoe die Britse Empaaier vir Natalia toe-eien en die onafhanklikheid van die Zuid-Afrikaansche Republiek met die ondertekening van die Sandrivier-konvensie vasgelê het? Waar was Kgosi Mampuru toe Andries Potgieter die plunderaars en moordenaars van Silkaats uit Transvaal en oor die Limpopo verdryf het?

Dit is egter nie meer van belang nie, want die belangriker vraag is waar die Pretoriusse en Potgieters van vandag is? Wat het gebeur dat hulle vandag ander se voorkeurname vir die strate van Pretoria moet aanvaar?

Koningsbergkasteel

Dit is nie die eerste keer waarop ‘n stad nuwe eienaars en nuwe name kry nie. ‘n Stad is die fisiese vergestalting van die sosiale konstrukte tussen mense wat op ‘n plek konsentreer. Die demografie van ‘n stad bepaal sy inhoud, sy karakter, sy siel en ook sy naam.

Istanbul was oorspronklik die setel van Christendom in die Ooste en was die grootste en rykste Europese stad gedurende die Middeleeue. In 1453 het Sultan Mehmed II die stad wat tot op daardie tydstip as Konstantinopel bekend gestaan het, verower. Die Aya Sophia het ‘n Moskee geword en Istanbul was sedertdien alles behalwe Europees.

Koningsberg was tot en met 1946 die hoofstad van Oos-Pruise. Nadat 3 miljoen Duitsers voor die geweld en verkragting van ‘n seëvierende Russiese weermag gevlug het, is Koningsberg deur sy nuwe inwoners hernoem na Kaliningrad en die Koningsbergkasteel het plek gemaak vir die Huis van die Sowjets.

Huis van die Sowjets

Sonder Afrikanerarbeid was Pretoria as Afrikanerstad van meet af gedoem tot inwyding as Afrikastad. Uitnemendheid, republikanisme en Afrikaans moet plek maak vir transformasie, munisipale verval, kaderontplooiing, Afrikanisme, taxigeweld en die mitiese hoofman Tshwane.

Die gees wat Pretoria groot gemaak het is egter nie in die Heldeakker begrawe nie.

Daar is ‘n plek waar trotse Afrikanerskap herleef. Waar daar, soos Pretoria van 1856 met sy 300 inwoners, gedroom word oor ‘n toekoms waarin vryheid die dryfkrag tot uitnemendheid is.

Daar is ook uit die foute van die verlede geleer en vandag word Orania op die fondament van Afrikanerarbeid gebou.

Hoe volhoubaar gaan hierdie Afrikanerstad-in-wording wees? Dít hang van jou en my deelname af.

Deel/Stuur

21 Reaksies op “Die toekomstige Pretoria”

  1. Anthony Schlemmer 2 April 2012 at 06:46 Permalink

    Ongelooflik hartseer. ‘n Afrikaner stad wat as gevolg van swak en visielose Afrikaner leierskap, oor dekades, ons nou het waar ons is. Ons geskiedenis word net eenvoudig van die tafel afgevee. Selfwerksaamheid is seker die belangrikste element vir ons toekoms. Daar is darem ‘n lig aan die einde van hierdie baie donker tonnel. Orania ! Miskien kan ons hom oor ‘n paar dekades herdoop na Pretoria.

  2. Rudolf 2 April 2012 at 06:46 Permalink

    “Hoe volhoubaar gaan hierdie Afrikanerstad-in-wording wees? Dít hang van jou en my deelname af.”

    Amen!

  3. R Pienaar 3 April 2012 at 08:48 Permalink

    Miskien het ons net vergeet om eers die heerskappy van die Tweevoudige Magtige van Waarhied en Lig te soek. Daarsonder is alles tevergeefs. Ek en my gesin bid vir ons volk en sy voorgeslagte wat vir niks verkoop is, maar wat ook spoedig weer vir niks teruggekoop sal word, Dit, net omdat dit die wil van die Ewige Een in Heerskappy is. Kyk op, weg van mense, julle verlossing is naby.

    ‘n stem in die woestyn

    • Roland Pienaar 3 April 2012 at 11:48 Permalink

      Dit is heeltemal waar en korrek. Ons moenie ons hulp op die verkeerde plek soek nie. Met ‘n onwrikbare geloof en ‘n vaste vertroue moet ons nie die Visie verloor nie. Hierdie saak is nie net ‘n saak wat vir mense belangrik is nie, anders sou dit nie reeds vir 20 jaar van krag tot krag gegaan het nie.

      Roland Pienaar
      Pretoria

  4. Benjamin 3 April 2012 at 10:17 Permalink

    Kom die atleet Lucas Maree nie van ‘n swart Afrikaanssprekende gemeenskap oos van Pretoria nie?

    Nou-ja: “teen die hele wereld vry” wat ons in ‘n ou volkslied hoor impliseer seker ook dat jy aan niemand iets verskuldig moet wees nie en jou teenstanders ook nie moet onderskat nie.

    En die Lucifer / Michael stryd is in wese ‘n interne belewing wat elke indiwidu op unieke wyse stry.

  5. Benjamin 3 April 2012 at 10:33 Permalink

    Pardon: Sydney Maree, gebore in 1956 in Cullinan.

  6. Hannodb 3 April 2012 at 17:46 Permalink

    Ja, uiteindelik sal Pretoria waarskeinlik Tshwane heet, en die straatname sal die gepeupel wat daar woon weerspieel. (Ek is net verlede week in Kerkplein beroof!)

    Maar, laat dit ons nie stem tot oorgawe nie. Laat ons alles in die stryd werp terwyl ons kan, en red wat daar te redde is. Dit sal die Afrikaner identiteit en republikeinse gees wakker hou terwyl Orania uit sy kleuterskoene opstaan. Elke jaar wat Pretoria Pretoria bly, is ‘n oorwinning en ‘n testament dat die Afrikaner nog nie dood is nie. Die volkstaat is nou wel die ideaal, maar terwyl dit nog nie daar is nie, moet ons baklei om so veel as moontlik van ons erfenis te red.

    Hopelik, in die verre toekoms, met die hulp van meer mense en meer geld, kan die Afrikaner se kultuurskatte soos die Voortrekkermonument na die volkstaat geskuif word.

    • E Terblanche 3 April 2012 at 23:30 Permalink

      Ek dink nie enigeen wat omgee vir ons kultuur en ons erfenis sal homself of ander tot oorgawe laat stem nie.

      In die veldtog vir die beskerming en uitbou van die Afrikanerlewensruimte moet ons, soos in enige veldtog, ook strategies dink oor ons doelstellings. ‘n Belangrike beginsel is om die inisiatief te gryp en te behou. Ons moet self die slagveld kies en nie toelaat dat ons opponente die slagveld dikteer nie.

      Sedert 1990 is ons op die agtervoet, slaan ons oral vure dood en is ons reaktief teenoor die inisiatiewe wat die ANC, die swart nasionaliste en Engels-gesinde liberaliste doelbewus of andersins teen ons van stapel stuur. Die slagvelde word vir ons gedikteer en die beste resultate wat ons nog kon beding was die ekwivalent van tydelike wapenstilstande terwyl ons reserwes verteer word. Dit sluit in die verengelsing van skole en universiteite, die verandering van plekname, druk om uit werks- en sakeruimtes getransformeer te word en grondhervorming.

      Hoewel ek nie wil stel dat ons eenvoudig handdoek moet ingooi nie, is dit tog opmerklik dat die reaktiewe en defensiewe reaksies onder Afrikaners soos hierbo genoem baie meer openbare steun ontvang as die aksies waarmee die inisiatief geneem word en daar op die voorvoet nuwe ruimtes oopgeveg word. Hierdie voorvoetaksies sluit in Orania, onafhanklike koerante soos Ditsem en onafhanklike Afrikaanse skole.

      Op watter wyse hou die behoud van Pretoria se naam vir nog ‘n jaar of drie, die Afrikaner se republikeinse strewe wakker? Onderdruk dit nie dalk eerder ons vermoe om te besef dat ons ‘n nuwe republikeinse strewe benodig nie?

      • Rudolf 4 April 2012 at 15:10 Permalink

        Ek stem 100% met jou saam.

        Om te dink wat kon al vermag gewees het indien die miljoene der miljoene reeds spandeer aan vure doodslaan eerder aangewend was om meer kwaliteit bekostigbare behuising vir hulpbehoewende Afrikaners in Orania te vestig.

        Heel moontlik sou Orania dan tans eerder dubbel die grondgebied “beset” het wat vandandag die geval is.

        Ekself het my kroos so 3 weke gelede na die ou Transvaalse museum geneem wat sedertdien herdoop is en was geskok om die verval daarbinne te aanskou met ‘n groot aantal uitstallings onsigbaar in donkerte gehul omrede iets so eenvoudig soos ‘n gloeilamp nie eens vervang kon word nie.

        Behalwe vir die feit dat ons reg voor die deur parkering gekry het, (ek neem maar aan dat die belanstelling by meeste ontbreek om na die middestad van die eens woelige Pretoria te rys weens oa veiligheidsredes), was dit ‘n uiters onaagename ervaring.

        Die enigste ander Afrikaners wat ek toe ook dié dag daar raakloop was ‘n dronk boemelaar.

        Toe ek daar wegry deur kerkplein was die veval en afwesigheid van Afrikaners ewe opmerklik en ‘n oorlamse taxibestuurder het boonop nog amper in my vasgejaag ook. Die veiligheidsrisiko was van so ‘n aard dat my vroutjie my gevra het om eerder nie te stop nie,(ons wou graag vir die kroos oom Paul se standbeeld wys), en eerder aan te ry.

        Vandaar het ons by die Uniegebou gaan draai. Alhoewel die tuine in puik kondisie was het die voortgesette afwesigheid van Afrikaners my soos ‘n vuishou tussen die oë getref. Die enigste ander blankes wat ons wel opgemerk het was ‘n ouerige dame wat foto’s van die uitsig oor Pretoria geneem het en natuurlik ‘n hele aantal gemengde paartjies, (van verskillende raskombinasies). Of hulle Afrikaners was is enige een se raaiskoot. Oraloor het straatkunstenaars en fotograwe van ander Afrikalande hulself tuisgemaak langs die wandelpaaie en trappe om hul dienste te verkoop. En natuurlik het daar meer rommel buite die beskikbare asblikke gelê as wat daarin was.

        In die verre ooste van Pretoria kan mens darrem nog Afrikaners in beduidende getalle raakloop. Vir hoe lank dit nog so gaan bly weet nugter alleen….

      • Hannodb 7 April 2012 at 19:57 Permalink

        Ebert.

        Die Pretoria naamstryd kan help lei tot ‘n nuwe republiekeinse beweging, juis omdat dit so baie emosie ontlok elke keer as dit aangeroer word. Daardie emosie is goed vir ons, dit is iets wat die gemiddelde Afrikaner weer laat nadink oor wie hy is, waar hy vandaan kom en waarheen hy oppad is. As Pretoria se naam dan verander word, is dit tot ons voordeel as dit met woede en vervreemding onder Afrikaners gepaard gaan, eerder as ‘n gees van oorgawe, aanvaarding en apatie. Dit sal beteken dat die mense hopelik oper is om nuwe oplossings – soos Orania – te oorweeg. Die waarde wat die Pretoria naamstryd het vir die republiekeinse beweeging lê minder in die naam self, as wat dit lê in die emosies wat dit wek.

        Die feit is, Orania is nog klein, en sy ondersteuners is nog min. Die groei is daar en vorder eksponensieel, maar dis ‘n langtermeyn oplossing en die meeste Afrikaners is nog nie oortuig dat dit ‘n werkbare oplossing nie. Tot dat dit verander, het ons nog korttermyn “brug aksies” soos Pretoria se naamstryd nodig om die Afrikanertrots by die mense weer op te wakker, veral onder die jongmense. Die ideaal is dus nie om die naamstryd te “wen” nie, maar om die stryd uit te rek, hoe langer hoe beter, want dis daar waar jy mense betrokke kry.

        Daardeur sê ek nie dat my emosie oor Pretoria se naam kunsmatig en suiwer strategies bereken is nie. Pretoria se naam is vir my belangrik, en my emosies is werklik. Maar die rede waarom ek dit as ‘n belangrike slagveld sien is nie so seer oor die histories-kulturele waarde van Pretoria nie, maar juis omdat dit so baie Afrikaners wat ons nog nie steun nie, aktiveer.

        • Ebert 8 April 2012 at 02:51 Permalink

          Teoreties klink jou argument vir die voortslepende naamstryd goed Hanno.

          Prakties ervaar ek eerder dat die aanhoudende aard daarvaan, die uitmergelendheid daarvan, mense eerder laat moed opgee as moed bymekaarmaak.

          Telkens word mense opgeroep na stryde wat nie gewen kan word nie, telkens word hulle agteruit gedwing, telkens vervaag die hoop.

          Jou eie voorbehoud, dat die naamsverandering nie met ‘n gees van oorgawe, aanvaarding en apatie gepaard moet gaan nie, word ‘n al groter werklikheid namate die finale verandering met nog ‘n dekade uitgestel word.

          Ons mense kort ‘n oorwinning om moed te skep. Die naamstryd van Pretoria gaan dit nie vir hulle gee nie.

          • Sebastiaan 11 April 2012 at 07:16 Permalink

            Ebert,

            ek is ook geneig om met jou saam te stem. Ek het ook nog sterk sentimente oor die Afrikaner-erfenis in die stede, maar dit is ongelukkig ‘n verlore stryd sonder ‘n sterk sentrum, soos Orania hopelik in die toekoms sal wees, wat met fondse die Afrikanermonumente in die buiteland kan instand hou en met die Asaniese regering ‘n ooreenkoms kan sluit oor die bewaring. Daar is selfs enkele Afrikanerbakens in ander Afrika-lande soos Mosambiek (en selfs een in Argentinië) wat so ‘n staat in stand kan hou. Dit is wel in die toekoms. Dit is goed as mense in Pretoria of waar ook al solank iets doen om uit eie krag dit te behou, maar dit gebeur net gedeeltelik. Die Afrikaners in PTA-Oos of Centurion leef te veel in die gemaksone van winkelsentrums en sport, daar is eintlik genoeg geld en mense beskikbaar om die Afrikanermonumente instand te hou as hulle net wou. Dit is egter makliker om jou naam op ‘n elektroniese petiesie oor Pretoria se naam te sit as om dit jou taak te maak om byvoorbeeld die Paul Krugerhuis te onderhou.
            Hoe dit ook al sy, die agterhoedgevegte mergel mense uit weens gebrek aan sukses of hoogstens tydelike sukses. Dit maak mense vir ‘n kort ruk emosioneel kwaad, maar sonder dat blywende langtermyn inisiatiewe as resultaat daaruit voortkom.

          • Hannodb 11 April 2012 at 18:38 Permalink

            Ebert.

            Ek dink jy onderskat die waarde wat sulke dinge kan he om Afrikaners weer terug by hulle wortels te kry. Onthou, ek kom ook uit ‘n apatiese NP huis wat nooit veel erg aan volksidentiteit gehad het nie. Dit juis die vervreemding wat my na my wortels terug gebring het, en die stryd om te behou wat behou kan word wat my laat soek na langtermyn oplossings soos Orania. Dalk is ek die uitsondering op die reel, maar as jy in ons geskiedenis kyk sal jy sien die Afrikaner loop altyd eers wye draaie voordat hy rigting kry.

            Ek is van mening dat dit gaan nie oor “iets” wat ons doen nie, maar eerder oor “alles” wat ons doen. Veg op so veel fronte as moontlik, jy weet nie waar jy bondgenote gaan optel nie. Natuurlik moet mens prioritiseer ook: Ek ek moet kies of my geld moet gaan vir die instandhouding van die Voortrekker Monument, of die opbou van Orania, dan wen Orania loshande.

  7. herman venter 3 April 2012 at 19:35 Permalink

    Talle Afrikaners huil oor wat in die land gebeur, dink mooi, as ons voorsate en ons dieselfde gedoen het as die Amerikaners (Rooihuide),die Australiers (Aboriginees) en die Nieu Zeelanders (Maories) [die inheemse volke is uitgemoor tot net ‘n paar oor was, die is in resevate gesit, net sodat die spesie nie uitgesterf het nie] sou ons vandag nie regtig ‘n probleem gehad nie. En moenie die VERVLOEKTE Engelse met hulle konsentrasiekampe vergeet nie.

  8. Nico van Deventer 4 April 2012 at 07:42 Permalink

    Ek maak soos ‘n skilpad, trek my kop in en praat nog van Pietersburg, Nylstroom, Warmbad en Pretoria sal by my PRETORIA bly tot ek my kop neerlê.

    • E Terblanche 4 April 2012 at 08:56 Permalink

      Ai ou Nico, as jy maar net vir altyd kon leef dan sou ons nooit ‘n probleem gehad het nie 😉

  9. Johan van Drimmelen 4 April 2012 at 19:55 Permalink

    In Afrikaans sal Pretoria altyd Pretoria bly!

    Die andere se erfenis, ten koste van ons erfenis, is nie n erfenis nie, maar is inderdaad ongrondwetlike onteiening en insgelyks identiteitskending, — by implikasie strafbare diefstal in die ergste graad; — nie alleen diefstal by ons nie, maar ook diefstal van ons voorvaders wie nie meer met ons is nie, en dit sal die Vader van Bloedrivier nie ongestraf laat bly nie. Ons moet egter ons kant (Gelofte) ook bring.

    Deur Selfwerksaamheid — na — Behuising, Opvoeding, Opleiding, Vaardigheid, Kundigheid, Leierskap, Selfbeskikking, Vrede, Veiligheid en VRYHEID, — met — Effektiwiteit, Doeltreffendheid, Besigheidslewensvatbaarheid, Deursigtigheid, Naspeurbaarheid, Besigheids-Etiek en Integriteit! — Skep so jou eie toekoms! — Nie-alleen in Orania, die nuwe bakermat van ‘selfbeskikking’ nie, maar oral waar jy in jou Afrikaner Identiteit mag wees, wetende dat Orania as voorbeeld daar is vir jou, net so veel as wat jy as, hard selfwerkende Afrikaner, ook daar is vir Orania! Begin jou bydrae met Orania-lidmaatskap, waar-ook-al jy mag wees, en wees so alklaar op die Voor-Front van Vryheid!

  10. Anita Terreblanche 5 April 2012 at 16:25 Permalink

    Hier in die VSA gaan dit maar net so. In skole en publieke plekke mag jy nie die naam van Jesus of Christus gebruik nie…wel God maar jy mag die islam geloof openlik beoefen. In die skole regverdig hulle die onregverdige bevoordeling van die Islam geloof, deur dit ‘n interessante kultuur te noem en die laerskoolkinders voer dan Ramadan konserte ens op in die klas. My eie kind was in graad 1 in ‘n publieke skool in Seattle en moes ‘n “chant to the sun” herhaaldelik aframmel as poesie.So word die kinders van kleins af gebreinspoel..weg van christelike geloof en kultuur. Sien die aanhaling van die Amerikaanse “Centre for Law and Justice” i.v.m. Obama se nuwe wette wat hy probeer deurvoer:

    The new law is clear: violate your faith, pay for abortions, or pay substantial penalties to the government.

    ObamaCare and the new abortion-pill mandate from President Obama’s HHS are unconstitutional. We have now filed a first-of-a-kind lawsuit in federal court against President Obama’s abortion-pill mandate.

    Dit bly ‘n stryd tussen die lig en die duisternis. Ons moet betrokke wees, die goeie probeer behou. Dis egtyer belangrik dat ons deurentyd sal streef om ons naasste liefhe hoewel ons die sonde/onreg haat.

    • Sebastiaan 11 April 2012 at 07:24 Permalink

      Anita,

      ek is bly jy noem dit. Te veel Afrikaners dink die antwoord op die probleme van ontkerstening en verlies van morele waardes is emigrasie na “blanke” lande. Dit is nie. Ons het wel met Orania die geleentheid om opnuut ‘n land vir ons te skep wat die strewe, aard en wese van die Afrikaners verteenwoordig, nes die detydse republiek dit op sy tyd was. Natuurlik moet ons ook iets vir die wêreld bied wat maak dat ons respek afdwing. Ons kan dalk nie maklik met Japaners en Duitsers kompeteer as dit kom by tegnologie nie, maar as die groter Orania of die toekomstige Afrikanerstaat as Christelik gebasseerde, vreedsame en gasvrye land met kwaliteit mense bekend staan dan sal dit ons tot eer strek.
      ‘n Volk moet gedurig hernuwe deur te bou aan sy ideale en deur ou bagasie oor boord te gooi. Amper soos ‘n dier wat ‘n nuwe vel of nuwe vere kry, al bly dit nog dieselfde dier.

  11. Johan Conradie 6 April 2012 at 07:32 Permalink

    Baie Afrikaners besef nou dat hulle mislei is maar kan nie gedreig of omgekoop word om te help met die oprigting van ‘n eie staat nie – dit moet uit eie beweging kom en mense wat nie met oorgawe meewerk nie, sal die momentum rem en eintlik meer in die pad wees as enige iets anders – dié wat eers kinders deur skool en universiteit moet kry of nog so paar keer in Europa vakansie wil gaan hou, is nie eintlik nie die regte mense nie – hulle besef nie die omvang van uitwissing wat ons in die gesig staar nie.
    Ons voorgeslagte wat met durf Europa gebou het, het deur sukkel masjinerie en voertuie uitgedink, ontwerp en vervaardig waarmee ‘n eie staat byna in ‘n oogwink mee opgerig kan word.
    Afrikaners moet hulself spoedig toerus met die vaardighede om effektief en produktief te kan werk met die Geel Masjiene en Swaar Voertuie. Die meerderheid operateurs in die Burgerstaat veroorsaak seker weekliks ‘n paar miljard rand se skade met hul vernielsugtige mentaliteit, onproduktiewe optredes en hul geen respek of waardering vir die slim mense wat hierdie toerusting en voertuie help uitdink en vervaardig het nie – toerusting en voertuie wat jare lank diens moet lewer, beland op skrootwerwe binne twee jaar en nuwes moet weer aangekoop word afgesien van die staantyd tydens herstelwerk en parte wat vervang moes word.
    Ons weet watter kant van die land ons uitkoms gaan wees en entrepreneurs moet die area gaan inneem en hul eie mense daar werk gee – die besigheid-eienaars in die Burgerstaat is deeglik bewus van die verval wat plaasgevind het onder die Afrikaners en huur liewers Swartmense om die werk te doen. Hierdie ondernemers is egter nie die ondernemers wat in die Staat vir Afrikaners welkom gaan wees nie. Ons het mense nodig wat hierdie vervalle Afrikaners op die regte pad moet lei met onverbiddelike durf en strewe ten einde ons selfrespek en trots te herwin. Al moet hierdie pioniers hierdie vervalle Afrikaners eers in ‘n hok aanhou om makker te word en daagliks wakkermaak en werk toe vervoer, is dit die uitdaging wat oorkom moet word. Dit klink tragies en min mense sien kans hiervoor maar tog sal die uitkoms en gevolge van sulke dissipline vinnig voorspoed en ‘n beter lewe laat begin borrel.
    Om elke dag te bid en hoop die Swartmense gaan faal en jy nog bietjie in Pretoria kan aanbly is kortsigtig en selfsugtig, eintlik gee jy nie om wat van jou kinders gaan word nie. Die Malemas en Mugabes is die mense wat streef na ‘n land waar die inwoners van daardie land die besitters en werkers van daardie land sal wees. Hierdie verinheemsing van ‘n gebied tot voordeel van die inwoners sal ook Afrikaners se uitkoms wees.
    Afrikaners moet iets op die tafel kan gaan sit soos wat die Duitsers hul Mercedes-Benz en die Japannese hul Toyota mee kan doen – dit is hierdie kompetisie wat die wêreld laat tik en nie ‘n bedeling waar eksamen geskryf word waar almal mekaar help met antwoorde nie – op die ou end het niemand homself bewys en moet daar met geen integriteit en trots die wêreld ingegaan word soos ons nou gebrandmerk word.

  12. Fanie 16 April 2012 at 08:11 Permalink

    Dit was nog altyd Pretoria tot 1994. Inwoners vermy die stad heeltemal. Te veel misdaad, alles in verval en ‘n munisipaliteit wat nie meer omgee vir die stad nie. My hart is in Orania en ek hier. Bid om gou koper vir my besigheid en huis te kry en te kan verhuis. Ek moet by my mense uitkom.


Lewer Kommentaar

*