29 Oktober 2012 ~ 12 Kommentare

Die soeke na gemeenskap

Geskryf deur Jaco Kleynhans

One of the losses that modern society feels most keenly is the loss of a sense of community. We tend to imagine that there once existed a degree of neighborliness that has been replaced by ruthless anonymity, by the pursuit of contact with one another primarily for individualistic ends: for financial gain, social advancement, or romantic love. – Alain de Botton

Die vraag word gereeld aan ons gestel: Wat maak Orania anders as soveel ander dorpe en gemeenskappe waar Afrikaners hulself bevind? Daar is sekerlik baie verskille waarop ons kan fokus, maar die een verskil wat ek glo meer bespreking verdien, is ons sin vir gemeenskap.

Oral ontmoet ek mense op soek na hul plekkie in vandag se geglobaliseerde wêreld – so asof hulle nerens meer tuis voel nie. Die konsep van vervreemding word toenemend regoor die wêreld as ‘n produk van die individualisme geïdentifiseer. Vervreemding bring mee dat ‘n mens, ten spyte van sukses as individu, steeds bly soek na iets groter wat geluk en vervulling kan meebring.

Reeds in 1961 skryf die Amerikaanse akademikus Robert Nisbet oor vervreemding: “By alienation I mean the state of mind that can find a social order remote, incomprehensible, or fraudulent; beyond real hope or desire; inviting apathy, boredom, or even hostility. The individual not only does not feel a part of the social order; he has lost interest in being a part of it. For a constantly enlarging number of persons, including, significantly, young persons of high school and college age, this state of alienation has become profoundly influential in both behavior and thought.” Volgens Nisbet was daar reeds in die 1960’s tekens in Amerika dat mense toenemend ingetrokke raak en apaties teenoor instellings soos die kerk, regering, politieke partye en ander gemeenskapsinstellings begin staan. Die afname in lidmaatskap en deelname in die aktiwiteite van kultuur- en ander burgerlike organisasies waarmee ons vandag almal vertroud is, het toe reeds begin.

Nisbet koppel die verbrokkeling van die konkrete gemeenskap direk aan die vervreemdingswerklikheid. “I believe, then, that community is the essential context within which modern alienation has to be considered. Here I have reference not so much to a state of mind – although that is inevitably involved – as I do to the more concrete matters of the individual’s relation to social function and social authority. These, I would emphasize, are the two supports upon which alone community, in any reasonably precise sense, can exist and influence its members. There are countless persons today for whom the massive changes of the past century have meant a dislocation of the contexts of the function: the extended family, neighbourhood, apprenticeship, social class, and parish.”

Nisbet maak ‘n sterk saak uit vir die rol van hierdie instellings in die funksionering van die individu binne sy gemeenskap. Hy voer aan dat die meeste mense binne gesag (authority) en strukture wil funksioneer en dat die meer ideale scenario een is waar hierdie gesag en struktuur deur vrywillige assosiasie met gemeenskapsinstellings soos kerke, skole, kultuurorganisasies en ‘n gebonde woonbuurt of dorp verkry word. In sy boek A Quest for Community wat reeds in 1953 verskyn het maar vandag meer as ooit vantevore op die Afrikaner van toepassing gemaak kan word, beskou hy die gevolg van hierdie individualisering as die opkoms van ‘n sterk staat wat toenemend mag binne homself sentreer en bykans in vyandigheid teenoor die georganiseerde gemeenskap en sy instellings staan. Die individu wat hom los maak van sy gemeenskap, verantwoord hom toenemend direk aan die staat en is afhanklik van die staat vir dienste, struktuur, gesag en selfs ‘n waarderaamwerk.

‘n Praktiese voorbeeld is die kwessie van ‘n paartjie wat saambly sonder om getroud te wees. Ons ontvang gereeld vrae oor hoe Orania dit hanteer. Sedert die opkoms van individualisme in Amerika in die 1960’s het buite-egtelike swangerskappe geweldig toegeneem. In 1965 was 24% van alle swart geboortes en 3,1% van alle wit geboortes sulke gevalle. Teen 1990 het dit tot 64% en 18% onderskeidelik gestyg en sedertdien selfs nog meer so. 40% van alle babas wat tans in Amerika gebore word is buite-egtelik. Dit plaas geweldige druk op die staat om te sorg vir mediese dienste, gratis onderrig en maatskaplike dienste. Kinders wat in ‘n huis sonder ‘n vader groot word staan ‘n baie groter kans om ekonomies nie suksesvol te wees nie en verdere druk op die staat plaas. Talle studies regoor die wêreld het al bewys dat die kanse vir ‘n kind wat uit ‘n huis met ‘n pa en ‘n ma kom, soveel beter is om goeie onderrig te ontvang, gesonder te wees en uiteindelik ‘n suksesvolle posisie in sy/haar gemeenskap in te neem. Daar is dus vanuit ons Christelike perspektief, maar ook vanuit ‘n baie praktiese perspektief, ‘n sterk saak uit te maak vir die tradisionele gesin.

Sou ons toelaat dat Orania ook net ‘n gemeenskap van individue raak, sal ons noodgedwonge ‘n sterk regering met baie mag moet skep wat waardes en gesag afdwing. Dit behels die bepaling van drakoniese wette en die polisiëring van waardes. Soek ons ‘n maghonger regering in Orania of ‘n selfregulerende gemeenskap? Die antwoord behoort eenvoudig te wees. Ons moet die konsepte van buurmanskap, deelname aan aktiwiteite van ‘n woonbeurt, deelname aan skool-, kerk-, kultuurorganisasie en ander burgerlike organisasie-aktiwiteite en die bou van ‘n aktiewe gemeenskap wat sy eie waardes, gesag, regulasies en stelsels bepaal, vooropstel.

Dit begin by die eenvoudige konsep om minder van ‘n regering te verwag. As jy rommel langs die pad sien lê, tel dit op! Nooi jou buurman wat kerklos geraak het uit om saam met jou kerk toe te gaan. Onderhou self die gras op jou sypaadjie. Onderhou die reëls as verantwoordelike persoon en nie uit dwang nie.

Prof Koos Malan skryf in wat sekerlik een van die belangrikste boeke wat in jare in Afrikaans verskyn het, Politokrasie, die volgende: “Sedert die staat daarin geslaag het om godsdiens as die enigste politieke kategorie opsy te skuif, waak dit jaloers oor sy monopolie oor die openbare domein. Individue moet dus voorkeur aan hulle verbintenis met die staat gee en moet bowenal in die eerste plek staatsburgers wees. Dienooreenkomstig koester die staat ‘n diep afkeur van enige groepsvorming in die staat wat in die openbare domein ‘n beslag mag kry en dus aan die staat ‘n bepaalde identiteit eie aan ‘n groep (godsdienstig, taal, kultureel, etnies of dergelik) mag besorg, of wat ‘n verdelende effek mag hê.”

Keer op keer voel mense bevry wanneer hulle die “juk” van kerk, kultuurorganisasie of watter gemeenskapsbetrokkenheid ook al afskud, net om onder die harde gesag van ‘n regering in te val. Tog kan min mense sonder gesag en struktuur funksioneer. Gesag en struktuur wat van onder (uit die gemeenskap self) eerder as van bo (‘n regering) kom, is juis nie daar om te onderdruk nie, maar eerder om te bevry. Vryheid beteken egter nie om jouself te bevry van wie jy is nie, maar eeder om vry te wees om te wees wie jy is.

Orania kan en moet ‘n voorbeeld stel van hoe ons deur ‘n sterk gemeenskapslewe oplossings skep. Waardes moet nie afgedwing en gepolisieer word nie, maar moet deur individuele skakeling binne familieverband en tussen bure, kollegas en vriende oorgedra en gereguleer word. Onderwys, maatskaplike dienste en die geestelike versorging van jou medemens moet jóú werk wees en nie ‘n paar predikante s’n nie. Die estetiese voorkoms van jou straat is jou verantwoordelikheid, net soos wat dit jou verantwoordelikheid is om jou vriend wat padreëls verontagsaam daaroor aan te spreek. Elke huidige inwoner, maar ook elke voornemende inwoner en selfs net besoeker aan Orania, kan ‘n verskil maak deur die krag van die georganiseerder gemeenskap te besef en dit in praktyk hier toe te pas.

The family, religious association, and local community––these, the  conservatives insisted, cannot be regarded as the external products of man’s thought and behavior; they are essentially prior to the individual and are the indispensable supports of belief and conduct. Release man from the contexts of community and you get not freedom and rights but intolerable aloneness and subjection to demoniac fears and passions. Society, Burke wrote in a celebrated line, is a partnership of the dead, the living, and the unborn. Mutilate the roots of society and tradition, and the result must inevitably be the isolation of a generation from its heritage, the isolation of individuals from their fellow men, and the creation of the sprawling, faceless masses.  (The Quest for Community)

Deel/Stuur

12 Reaksies op “Die soeke na gemeenskap”

  1. Christie Ryker 30 Oktober 2012 at 10:24 Permalink

    Jaco, jy’s ‘n briljante skrywer. Ek’s jammer dat ek jou nie ontmoet het toe ek Orania besoek het nie.
    Christie

    • Jaco Kleynhans 30 Oktober 2012 at 10:27 Permalink

      Dankie Christie. Volgende keer!

  2. Du Toit Maritz, Johannesburg 30 Oktober 2012 at 11:26 Permalink

    Baie goed gekryf Jaco, veel stof tot nadenke.

    Ek dink net dat daar ook ‘n ander kant van die munt is wat ons moet verstaan. ‘n Klein gemeenskap waar eenduidige waardes afgedwing word, kan op sigself ‘n beklemmende ding word waaruit mense probeer ontsnap.

    Die probleem ontstaan dat as ‘n spesifieke stel waardes sentraal gaan staan, wie se waardes sal dit wees? Wie se Christelikheid, wie se Hervorming, wie se Belydenisskrifte?

    Ten spyte van al sy gebreke is dit dalk juis die groot voordeel van die moderne sekulere staat: omdat dit nie formeel kant kies nie, word niemand (formeel) voorgetrek nie.

    • Jaco Kleynhans 30 Oktober 2012 at 12:24 Permalink

      Ek stem saam dat waardes wat afgedwing word beklemmend kan wees, veral as daar nie ‘n soort konsensus daaroor bestaan nie. Daarom sal ons moet waak teen gedetaileerde soort van Christelike en kerklike beginsels, maar baie meer fokus op die groter prentjie.

  3. Revo, Revas, Revat 30 Oktober 2012 at 13:47 Permalink

    Jaco, dit tref my dat jy telkens baie nugter, of sal ek se, objektief, jou onderwerp benader. Ek is egter genyg om met Du Toit Maritz saam te stem: Waardie waardestelsels gaan ons in plek stel om die nodige ruimte vir ‘ek moet hierby betrokke wees’ te skep.

    Aan die een kant kan dit miskien ‘n geleentheid skep om onder die geweldige druk waaronder ons toenemend verkeer te soek na die beste oplossing. Ons kan bv. vra: Wat wil ons Meester he moet ons doen? Aan die ander kant moet ons miskien onsself die vraag afvra: Watter rolmodel sal die ideale oplossing bied? Is dit nie miskien nodig dat ons saam meer met ‘n hervormings-oog of ingesteldheid met ons toekoms in gedagte na hierdie dinge begin kyk nie eerder as om bestaande norme te probeer inpas/inforseer nie?

    Persoonlik glo ek dit is nodig, want met tyd het al ons kerkgenoot-skappe self onnodige ‘bagasie’ begin saamdra deur te veel klem op die vorm te plaas eerder as om meer op die inhoud klem te le.

    Ek weet dit is ‘n mond vol, maar le die antwoord nie in so ‘n benadering wat op ons dringende behoeftes van nou konsentreer nie?

  4. Adamari Bredenhann 31 Oktober 2012 at 05:19 Permalink

    Jaco, hoop om jou te ontmoet as ons ons kinders (wat onlangs Orania toe getrek het) gaan besoek. Dankie vir ‘n briljante artikel, iets om oor na te dink!

  5. Anthony Schlemmer 31 Oktober 2012 at 07:40 Permalink

    Puil artikel Jaco !

    Ek is ‘n groot voorstaander van al die punte wat hier genoem word.

  6. Frits 4 November 2012 at 10:16 Permalink

    Dagse Jaco,

    vanochtend zag ik je op Focus. Uitstekend. Orania is nie n wegkruipplek vir wittes nie, maar de eerste stap naar een vrij land voor de Afrikaners binnen Zuid-Afrika, waar vooral jonge Afrikaners naar toe trekken en waar Afrikaners op leeftijd rust kunnen vinden. Het nieuwe Afrikanerland is niet een land gebaseerd op rascisme of nationalisme, maar een toevluchtsoord en nieuw land voor en door Afrikaners, waar vooral jonge Afrikaners gezinnen kunnen stichten en Afrikaners op leeftijd hun kinderen en kleinkinderen kunnen zien opgroeien. Ik stel voor: laat Orania uitgroeien tot 25000 of 50000 inwoners, sticht ondertussen richting de Westkust nieuwe groei-dorpen, begeleid en bestuurd vanuit Orania. Een groeidorp kan beginnen met 25 Afrikaners die deze taak op hun schouders nemen en vanuit Orania richting de Westkust een strategische plek kiezen en daar grond kopen. Orania heeft nu ervaring op dit gebied en heeft met haar huidige burgemeester, Carel Boshoff, een uitstekende voorman. Er zijn genoeg Afrikaners met name in de voormalige Transvaal, die snakken naar uitkomst. Orania en Afrikanerland kan die uitkomst voor hen bieden. Orania bouwt reeds een vliegveld, uitstekend, maar waar is het nieuwe Orania-Ziekenhuis? En waar is de nieuwe Orania-Hogeschool, waar jonge Afrikaners kunnen studeren in informatica, landbouw, recht en andere vakken die zinvol zijn voor het nieuwe Afrikanerland? Er is nog veel te doen. En let op, let op, het zal moeilijk worden, misschien wel…….. erg moeilijk. Geen nieuw land van vrede en vrijheid zonder tegenvallers en ernstige tegenstand. Ik zou graag een geitenboerderij beginnen in Orania? Orania moet eigenlijk ook zijn eigen kaas krijgen, Orania-kaas of nog beter, een lekkere, smaakvolle kaas die goed verkoopt en die heet: Afrikanerland. – Dat zou leuk zijn. Bouw jullie nieuwe Afrikanerland op jonge Afrikaners. Zij zijn jullie toekomst: jeugd en jonge Afrikaners! Belangrijk is, dat er werk is: werk, werk, werkgelegenheid. En bouw het nieuwe Afrikanerland op een gezonde en christelijke levensbeschouwing.

  7. Leandi Erasmus 14 November 2012 at 12:51 Permalink

    Interessant dat die wat hulle juis van die gemeenskap segregeer hulleself sal sien as die kampioene van die konsep van “gemeenskap”

    • Jaco Kleynhans 14 November 2012 at 12:53 Permalink

      Leandi. Wat beteken die woord gemeenskap vir jou? Hoekom verwys na na segregasie? Vir ons is die Afrikaner juis ‘n gemeenskap binne ‘n groter diversiteit. Regoor die wêreld is daar kultuurgemeenskappe. Dink maar aan Quebec in Kanada, Katalonië in Spanje en Suid-Tirool in Italië.

    • Sebastiaan 14 November 2012 at 14:58 Permalink

      Leandi,

      gemeenskap kan nie die hele mensdom insluit nie, want dit is iets wat “intiem” is. Die globalistiese siening van ‘n “human community” of “human race” is iets wat goed klink maar nie bestaan nie. Dit is moeilik genoeg om ‘n gemeenskap met ‘n gemeenskaplike doel en strewe te skep uit ‘n groep Afrikaners wat reeds taamlik divers is. Maar voeg daarby nog taal-,kultuur- en godsdiensverskille, en jy het ‘n resep vir konflik soos ‘n mens orals in die wêreld sien. Ons segregeer ons nie “van die gemeenskap” nie, ‘n gemeenskap moet per definisie sekere mense of groepe uitsluit wat nie deel van ‘n gemeenskap wil wees nie, of wat net nie vir die gemeenskap aanvaarbaar is nie. Orania is gelukkig nie so ‘n geslote gemeenskap soos sekere mense glo nie, ons is ‘n gemeenskap van vrye assosiasie, maar wel gebou om ‘n gemeenskaplike doelwit en strewe. Daarbinne het ons reeds ‘n wye spektrum mense (baie wyer as in die gewone wit voorstedelike opset met ‘n paar middelklasswartes tussenin). Om egter ‘n kunsmatige gemeenskap slegs rondom materiele eise of afkeur te probeer bou, soos die DA probeer (almal wat beter dienslewering wil hê, almal wat teen die ANC is ens) is ‘n poging wat tot mislukking gedoem is.

  8. Simon 17 November 2012 at 22:18 Permalink

    Hallo Jaco

    Moeilike onderwerp veral as dit by die Afrikaner kom. Ek dink Aaron Kahland vat die (Pionier) Afrikaner se sieninge en wese hieroor redelik raak vas in sy toespraak gepubliseer op die blog:

    http://www.oraniablog.co.za/speech-delivered-by-aaron-kahland-at-orania-burgervergadering/

    Onder ‘n paar (hopelik) relevante aanhalings:

    “The idea that a people can live without government seems, in our day and age, a difficult concept to accept. People tend to think of chaos and lawlessness. However, living without government, or living without a state, is not the same as living without governance. I believe that the early Boer experience is a good place to look to find evidence of this.”

    “Indeed the American historian Joseph Stromberg wrote of the early Boer ideal as maatskaapy, a society of ‘free and independent men.’ A Boer felt that he required 6000 acres to be economically independent and as Stromberg writes, ‘Boers would move each generation, and would trek large distances to get away from unwanted government supervision.”

    “Stromberg also writes that ‘The Boers were united as maatskappy, a loose community of individual proprietors, the commando, a volunteer military arm their society, and as co-relioginists. More supervision than this they did not want. A Boer patriarch, sovereign on his own plek, with his wife, children and retainers, and armed for defense of his family and property, corresponded quite well – like the Anglo-Celtic Southerner – to the ideal citizen of classical republican theory.”

    “Indeed, Stromberg was right. The old Boers very much represented the ideal citizen of classical liberalism which was promoted most prominently by many of the founding fathers of the United States, and in particular, Thomas Jefferson.”

    “I have to say that I very much admire the attitude of your ancestors towards stupid laws restricting their freedoms. A very healthy attitude in my view.”


Lewer Kommentaar

*