04 September 2018 ~ 6 Kommentare

Die ontwaking van ‘n volk se politieke bewussyn

Geskryf deur Pieter Krige

In die afgelope 8 jaar het ‘n volk ontwaak. Voor die veranderinge van die 92-94, was die Afrikaner in die hoofstroom grootliks ‘n dualistiese politieke organisme, hetsy Nat of Sap, KP of NP, DA of VF, was ons politieke identiteit binne hierdie groepe begrens. Hierop het veranderinge gevolg, kataklismiese veranderinge, wat ‘n nuwe fase onafwendbaar aangekondig het, met die gevolge daarvan. Na die euforie van die reënboog van die 90’s, die trauma en apatie van die eerste dekade van die 2000’s, het die 2010’ne aangebreek met die ontnugtering van die Zuma tydperk. Binne die Zumakrasie het die Afrikaner, saam met vele ander groepe, weer betrokke by Suid-Afrikaanse politiek geword, om die onreg gesamentlik teen te staan, en ons het dit reggekry, wel as ek sê ons bedoel ek eerder interne ANC politiek, as ons betrokkenheid hierby. Maar ons het darem ons sin gekry en die lankbeloofde redder het in die statuur van mr Ramaphose die Zumakrasie tot ‘n val gebring. “The king is dead, long live the king.” Ons het na die staatsrede geluister, met die politieke ekwivalente van “Beer goggles” en die media was aan die gons oor die goue nuwe tyd, veel beter as die oue. Dit het enkele dae gehou totdat die redder aankondig dat hy ons grond gaan vat vir sy mense, en dit sonder vergoeding. En skielik het die Afrikaner weer ‘n politieke identiteit, ‘n bewussyn gevind, ‘n identiteit nie noodwendig as deel van ‘n politieke party, nie deel van ‘n ou uitgediende dualisme nie, maar as deel van ‘n volk.

 

Ek moet seker hier noem dat daar, soms in die agtergrond, maar deurlopend, groepe Afrikaners, onder bekwame leierskap, die Afrikaner bemagtig het, begrond het, en gelei het om weer ons identiteit te kry. Ek wil twee uitsonder, daar is vele ander groepe wat ook meegewerk het, maar ek dink twee het die deurslag gegee. Orania, met die werkbare model van eie arbeid, eie instellings en eie grond, en Solidariteit/AfriForum, wat ons afhanklikheid van ‘n staat en die vreemde heersers gebreek het met ‘n strategie van selfdoen.

 

Ek leef vandag in ‘n Suid-Afrika, waar ons kinders met Afrikanerpolitiek, en ek bedoel nie party dualisme nie maar identiteit en politieke verantwoordelikheid, in moedersmelk grootword. Die kunste eggo dit hard en duidelik, ons sing oor grond en volk en vaderland. En ‘n volk breek met die twis en tweespalk van die verlede, en ‘n volk breek met die apatie wat ons lamgelê het, en ‘n volk breek met die skuldlas van ‘n gefaalde vorige bedeling… en ‘n Volk staan op.

 

Iemand vra my gister: “Hoe kan jy positief bly en aanhou hoop?”

Ek kyk na die skare vasberade Afrikanermoed rondom my, ek kyk na die stelsels en strukture wat ons alreeds in plek het, ek kyk na my mense, en ek vra terug: “Hoe kan jy nie…”

 

 

Deel/Stuur

6 Reaksies op “Die ontwaking van ‘n volk se politieke bewussyn”

  1. Theuns 4 September 2018 at 20:06 Permalink

    Ons kan want ons WIL! Niks en niemand sal ons keer om te doen wat reg is nie. Stem saam.

  2. Andre 4 September 2018 at 21:17 Permalink

    En ons gaan want ons kan. Soos n 100 jaar terug le die die sukses in die eendrag.
    Pieter, jy doen puik werk.

  3. JJ 5 September 2018 at 14:34 Permalink

    Ek stem saam. Ons as Volk sal moet vinniger onafhaklik raak van die staat en meer begin mekaar bemagtig en ek dink orania stel goeie voorbeeld vir dit

  4. Willem Fourie 13 September 2018 at 13:50 Permalink

    Uiteindelik eendrag !!

    Ons het ons vryheid tweemaal van tevore deur verraad verloor. Dalk herwin ons ons vryheid deur eendrag dié keer.

    Mooi loop

  5. Willem Fourie 13 September 2018 at 14:50 Permalink

    Ons besef nou dat ons nie ons heil onder ‘n swart kommunistiese regering kan vind nie.


    The 1913 Land Act, an English (not Boer) survey of areas settled by black people showed clearly that, other than a few Tswana settlements in the north, there were no blacks in the Boer republics.

    In 1910 the English forced the Republics into a union with the colonies and black regions.

    In 1948 English stoolie government ended, thus the English administration was hardly 40 years.

    The national government started developing the black regions to make them economically viable to become independent again (with crushing taxes on the white taxpayer), a policy called separate development, or “apartheid” by the media.

    Ciskei and Bophuthatswana had their own governments. Transkei and Vendaland were close. Kwazulu had their own government (Inkatha) but prefered to remain in the union, although they strongly resisted inclusion in the “new South Africa” under black communism.

    Just a quick note on the wars against the English empire (1880/1, 1889-1902) and Soviet union (1976-1988). We lost neither war on the battlefield, but by treason.

    The English simply could not afford a 1/2 million person invasion any more, and weren’t winning despite concentration camps and scorched earth (killing 1/3 of the Boers). Thus they resorted to bribing two generals who became subsequent prime ministers under English administration.

    The Soviet union, in spite of piling in millions of tonnes of armour into Angola, could not break through to South West Africa (Namibia). There were other fronts too, and internal instigation. It was a drunk foreign minister who gave away South West (which was not even on the table) at the Cairo negotiations. Months later the Soviet union collapsed.

    Invasions against the Boers being the high-water mark of two empires.

    Mandela was a KGB trained and equipped communist terrorist. Any democratic country would have convicted him. The Rivonia trial was open to the public and Mandela was well represented by international lawyers.

    In 1985 he was hauled out of jail and groomed by the English for a faerie tale release-from-prison in 1994 with a pre-prepared government. All Boer and Zulu resistance to this coup where severely dealt with with incarceration and other means by the deKlerk government.

    There are no examples of successful black, or communist governments on the planet. The “new” South Africa is no exception.

  6. Rudolf 15 September 2018 at 07:55 Permalink

    Jy is in die kol Pieter…

    Ek was bevoorreg genoeg om die 14de September die Geloftekongres by te kon woon en al wat ek kan sê as slotsom:

    EENSGESINGHEID!

    Nog nooit ooit het ek soveel eenshesindheid oor enige saak onder ons volk ervaar nie.

    En daar was tot verteenwoordigers vanuit die ekstreme spektrums.

    Ek begin die tendens oralooor opmerk waar ons verdraagsaamheid en besef tot lotsverbondenheid al groter word.


Lewer Kommentaar

*