28 Desember 2012 ~ 10 Kommentare

Die morele reg om te regeer

Geskryf deur Ebert Terblanche

Vir lank was Golda Meir se outobiografie “My Lewe” op my lys van boeke om te lees. Hierdie vakansie was ek gelukkig genoeg om ‘n kopie by familie raak te loop en vind ek die boek besonderse boeiende leesstof.

Vir die oningeligtes, Golda Meir was die eerste vroulike Eerste minister van Israel. Sy is in 1898 gebore in die Oekraïne en is vroeg reeds meegevoer deur die ideaal van ‘n eie Joodse staat (Zionisme). As tiener het haar familie na die VSA ge-immigreer, waar sy net verder meegesleur is deur die opkoms van Zionisme en uiteindelik het sy haar in die 1920’s in Palestina gevestig waar sy aanvanklik op ‘n Kibbutz gewerk het en later deur die vakbondwese as verteenwoordiger aangestel is om Zionisme te bevorder.

Uit die aard van ‘n biografie word daar meer gefokus op gebeure as op oortuigings, maar die beginsel van die “morele reg” om te regeer wat deur ‘n vryheidsoekende volk verdien moet word, word wel aan die orde gestel.

Sy skryf, in die Engels van die boek: “Years later when it became fashionable for young people to deride my generation for its rigidity, conventionality and loyalty to the ‘Establishment’, it was of the intellectual rebels of my time that I used to think. No modern hippie, in my opinion, has ever revolted as effectively against the ‘Establishment’ of the day as those pioneers did at the beginning of the century. Many of them came from the homes of merchants and scholars, many even from prosperous assimilated families. If Palestine alone had fired them, they could have come to Palestine, bought orange groves there and hired Arabs to do all the work for them. It would have been easier. But they were radicals at heart and deeply believed that only self-labour could truly liberate the Jews from the ghetto and its mentality and make it possible for them to reclaim the land and earn a moral right to it.

Baie word vandag gesê en geskryf oor die reg op selfbeskikking van volke.

Ons Afrikaners se soeke na regverdige regering is ook goed gedokumenteer, vanaf Adam Tas se verset teen Willem Adriaan van der Stel, Piet Retief se Manifes, die Grondwette van Natalia, die ZAR en die OVS. So ook die meer onlangse Akkoord oor Selfbeskking tussen die Vryheidsfront, NP en ANC, Artikel 235 van die huidige Suid-Afrikaanse Grondwet en Afrikaner verteenwoordiging by UNPO, oftewel die internasionale Onverteenwoordigde nasies en volkere organisie.

Die regsvereistes wat gestel word deur die internasionale reg vir die erkenning van aansprake op selfbeskikking deur volke word ook veral deur Afrikanergroepe ontleed wat glo dat voldoening aan hierdie vereistes in prinsipe ‘n Afrikanerstaat as te ware vanuit die hemel sal laat neerdaal.

Tog word daar min gesê of geskryf oor die morele reg om te regeer.

Indien die besetting van die morele hoëgrond deur ‘n volk nie ‘n uitdruklike geskrewe voorwaarde van die internasionale reg vir selfregering is nie, moet ons vra hoekom dit dan tog belangrik is?

Die antwoord is daarin opgesluit dat selfregering iets is wat deur die erkenning van regerings toegestaan word. Daardie erkenning word nie geredelik gegee nie, veral omdat elke bestaande land oor etniese minderhede beskik wat ook selfregering mag begin opeis, maar ook omdat regerings daardie erkenning as ruilmiddel en hefboom in die internasionale politieke arena gebruik om hul bedingingsmag en belange te bevorder. Daarbenewens kan geen ligggaam (hetsy die VN of die Internasionale Geregshof in Den Haag) een regering dwing om ‘n ander te erken nie.

Wat geen vryheidsoekende volk kan bekostig nie, is om aan regerings rede te verskaf om nie hul strewe vir selfregering te erken nie, en ‘n gebrek aan morele reg is juis dit. Ons het self gevoel hoe ander lande hul rûe op ons en ons selfregering onder die NP gekeer het toe ons die morele argumente begin verloor het, veral omdat ons nie soos die Jode van Israel ons werk deur volksgenote gedoen het nie.

Golda Meir borduur voort op die belangrikheid van volkseie arbeid waar sy skryf: “We have always maintained that the success of the Zionist work depends mainly on two inner Jewish factors – workers to do the work, and money to make this work possible. We consider the money for the Jewish National Fund as well as the manpower to be a manifestation of the will and determination of the nation at large. Does this mean that we are opposed to private capital and private initiative? Indeed not. Labour-Zionists are primarily interested in mass immigration into Palestine. If we cannot achieve this end through national capital, we welcome private capital. It is true that we say that private capital also serves the ends of Zionism. Private capital that does not employ Jewish labour does not help our cause. To our sorrow, it is only too often that we have witnessed private enterprise in Palestine used exclusively for private benefit, forgetting that Jewish immigration in Palestine depends primarily on possibilities of work created in the country. And we wish to state here again very emphatically: private capital that does not employ Jewish labour is not welcome in Palestine because private capital of such a character will not make possible the immigration which we require.

Dit is dus duidelik dat selfwerksaamheid en belegging in eie arbeid nie alleen help om die morele reg tot selfregering daar te stel nie, maar ook die voorvereiste is vir ‘n volk wat ‘n streek demokraties wil regeer. Ondemokratiese regerings is immers van alle morele reg gestroop.

Ek stem volhartig saam met Golda se stelling dat dit slegs volke se innerlike faktore is wat sal bepaal of hulle sukses sal behaal in hul soeke na vryheid.

Orania en die Orania Beweging het reeds dekades gelede die vereiste vir volkseie arbeid verstaan en dit prakties begin uitleef. Ons vryheid sal aansienlik nader wees wanneer meer vryheidsoekende Afrikaners dit besef en by ons beweging inskakel.

Deel/Stuur

10 Reaksies op “Die morele reg om te regeer”

  1. Simon 29 Desember 2012 at 23:55 Permalink

    Fassinerende stuk.

    Dit laat ‘n mens weer dink oor die uitdagings wat voorlê vir die Afrikaner as hy weer wil vry wees veral onder die huidige bestel.

    As ek Golda reg verstaan gaan vryheid ook noodwendig met interne ekonomiese vryheid saam.

    “the success of the Zionist work depends mainly on two inner Jewish factors – workers to do the work, and money to make this work possible.”

    My interpretasie van bg. vir die Afrikaner in praktyk sal wees dat Afrikaners slegs ander Afrikaners (op groot skaal) in diens sal neem. Binne die groter Suid Afrikaanse ekonomie is daar alreeds ‘n massiewe struikelblok, d.i. SEB en die gepaardgaande kwotas en uitsluiting van staat tenders ens.

    As heelwat Afrikaners wel saamstaan en ‘n interne Afrikaner ekonomie (weer) tot stand sou kom sou dit een manier wees om bg. struikelblok te oorkom. ‘n Ander is vir Afrikaners om genoegsame handel buite SA te kan dryf waar SEB nie ‘n voorvereiste is nie.

    Dit kan seker geargumenteer word dat die Afrikaner homself reeds voorheen ekonomies bemagtig het met die bloed en sweet van ‘n handvol Afrikaners. Ongelukkig was daar die wat dit, soos onder gestel, misbruik het en ook ten minste deels verantwoordelik is vir die penarie waarin die Afrikaner hom nou bevind:

    “To our sorrow, it is only too often that we have witnessed private enterprise in Palestine used exclusively for private benefit”

    In die Afrikaner se geval is ‘n groot bank en lewens versekerings maatskappy, gebou deur Afrikaners ironies nou voorlopers van SEB en ‘n handvol Afrikaners wat die instansies tot hul voordeel gemelk en misbruik het, sekerlik stink ryk en nie veel gepla oor die lot van die Afrikaner nie.

    Sou die Afrikaner weer vry raak sal ons moet waak dat ons nie van weer van binne geledere so misbruik word nie.

  2. Jacques du Toit 4 Januarie 2013 at 09:55 Permalink

    Om die vergrepe van ‘n ‘groot kapitaal’ in die toekoms te voorkom sal ons na ander ekonomiese modelle as die bestaande moet kyk.

  3. Philip 5 Januarie 2013 at 11:37 Permalink

    Ek vind dit dikwels verstommend hoe maklik sommige Afrikaners die Joodse volk of individue van Joodse afkoms so verwyttend kan bykom en kritiseer om welke redes ook al. Dit terwyl ons soveel meer in gemeen het met hul stryd om selfbehoud as andersyds. Ons kan gerus ook diplomatieke voelers na Israel uitsteek.Daar is nog baie wat ons by hulle kan leer soos tereg deur hierdie artikel uitgewys word.

  4. Klaus Klein 14 Januarie 2013 at 16:35 Permalink

    Om die huidige Israel as voorbeeld te neem sal nie noodwendig vir die Afrikaner werk nie. As jy “morele” aanspraak op onafhanklikheid in ‘n land wil maak moet jy aan twee vereistes voldoen: jy moet die land besit (of ten minste bewoon en kan versorg) en jy moet hom kan verdedig. Waar in Suid-Afrika is dit vandag die geval? Die huidige regering in SA praat van die oordrag van 30 % van die land aan swartes teen 2014, al bestaan daar blykbaar nog nie eers ‘n amptelike opname van hoeveel reeds aan swartes behoort nie.

    En omgekeerd: Hoeveel land in SA behoort aan Afrikaners wat in ‘n Afrikanerstaat belang stel?

    Wat wapens ter verdediging betref: Ons wapens kan nie gewere en ander skietgoed wees nie. Dit moet geld en gees wees – sakevernuf, tegnologiese vernuf, bestuursvernuf. En bondgenote is nodig – onder die huidige omstandighede veral onder die swart mense in SA.

    • M du Toit 14 Januarie 2013 at 19:59 Permalink

      Heeltemal reg. Finansies en vernuf. En konsentrasie. Iewers waar ons so ‘n groot stuk grond bewoon (Orania en groter) wat bloot kan onafhanklik raak soos Lesotho. Orania moet dus sy grense gedurig wyer uitskuif. Sonder om te veel aandag daarop te vestig. Word al groter, wyer, ontwikkel, brei uit. Bou ‘n hospitaal en lei mediese werkers op. Dit sal ook kapitaal inbring. Begin ‘n mediese fonds, dit behoort heelwat belegging te lok. Baie ou mense is bang vir versorging in hospitale met gemengde kulture. Terwyl ons aan die een kant die debat oor selfbeskikking moet besig hou, moet ons woeker met planne en ontwikkeling om so totaal onafhanklik te raak finansieel en anders, dat die aksie van selfbeskikking spontaan gebeur. Dis ‘n groot droom met min besonderhede, maar as ons dit behoorlik ontleed en in klein stukkies implimenteer, kan ons dalk onsself verras.

  5. Revo, Revas, Revat 14 Januarie 2013 at 19:49 Permalink

    Heelbreindenke is sekerlik nou van kardinale belang. Dit wat in die artikel genoem word is sekerlik van groot belang. Maar is daar nie nog ander komponente wat vir ons as mense nie so belangrik lyk nie. Dink maar aan: Wie beskik (en neem weg) die reg vir ‘n volk om homself te regeer. Wanneer hierdie aspek in diepte ondersoek word mag ons miskien tot aardskuddende oortuigings kom wat die bemagtiging van ons volk om homself te regeer aansienlik mag verbreed. Wat my betref sal so ‘n oefening die moeite werd wees. revo, revas, revat (Ek kom, jy kom, hy, sy of dit kom)

  6. stefan 7 April 2013 at 15:05 Permalink

    Ek gan n baie snaakse vraag vra ma hoekom poog orania nie om n staat op sy eie te word nie. Soos Lesotho op sy eie n klein staat in Suid Afrika is. Trek die grense tot Koffiefontein. Orania kry sy eie Weermag eie Polisie Eie als. en Handel dan met Suid Afrika en verkoop dan wat okal extra is an Suid Africa. Of traai uitbrei kus toe. Bou n hawe en voer uit en voer in. Dit kos baie geld maar as Suid Africa rigering ook net vir die Blanke man sy reg gee om te baklei vir sy eie bestaan en so vir ons so stuk grong kan gee of afstaan an ons sal dit baie goet wees. Ek dink ma net as ons op ons eie voor heen was kan ons nou weer.


Lewer Kommentaar

*