25 April 2012 ~ 11 Kommentare

Die mite van diversiteit

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Een van die mantras van ons tyd is “diversiteit”, of anders gestel, die dwang om homogene volke en groepe en streke met die maksimum van staatlike inmenging so te vermeng dat daar nie meer afgrensbare groepe en volke oorbly nie. Etniese homogeniteit as sulks word as iets beskou wat diep verwerplik en gevaarlik is en gewoonlik word woorde soos “isolasie”, “parogiaal”, “rassisme”, “meerderwaardigheid”, “agterlikheid”, ens. daaraan gekoppel.

Vir die sogenaamde meningsvormers, by uitstek multi-kulturele indiwidue wat in wêreldstede bly, is homogeniteit iets wat aanstootlik is. ‘n Gemengde paartjie of  ‘n partytjie met mense van alle kleure maak meningsvormers en joernaliste opgewonde, ‘n gemeenskap wat volgens sy tradisie lewe is perse verdag, veral as dit ‘n blanke gemeenskap is (vir tradisionele swart stamme of Indiane geld effens versagtende omstandighede).

In Suid-Afrika is die ewige geskreeu na meer verteenwoordigendheid regeringsbeleid. Dit dien natuurlik net een doel, naamlik die totale beheer van die ANC-kliek oor elke aspek van die samelewing. Omdat dit nie reg klink om dit so te stel nie, word die mooi klinkende frase van diversiteit bemoei en wat deur liggelowige blanke meningsvormers nagepraat word. Opvallend is natuurlik dat diversiteit net na die een kant toe werk en dat nog nooit iemand gekla het oor die sokkerspan, die Black Business Association of ‘n Xhosa-dorp wat nie verteenwoordigend is nie.

Terwyl die motief vir meer “diversiteit” in Suid-Afrika maklik begrypbaar is, naamlik ‘n versterking van ‘n reeds oorweldigende magsgreep op die samelewing, wat net ‘n variasie op kommunistiese “newspeak” verteenwoordig, is die motiewe in lande wat óf nog redelik homogeen is, óf wat nog steeds ‘n blanke meerderheid het, moeiliker verstaanbaar en maak dikwels glad nie sin nie, ook nie vir diegene wat dit bepleit nie.

In die VSA en Europa het diversiteit so omtrent vanaf die 1960’s meer en meer die gonswoord geword, en is vandag feitlik iets wat nie bevraagteken mag word nie, ‘n soort hoogste gebod. Samelewings wat tradisioneel homogeen (meer as 90% behoort aan een volk) was, strewe nou met alle mag daarna om so multi-kultureel as moontlik te word.

As ‘n samelewing weens sy geskiedenis van immigrasie uit verskeie oorsprongslande (soos die VSA, Australië, Brasilië) na voorheen onbevolkte of ylbevolkte gebiede ‘n multi-kulturele samelewing word en die leiers poog om die verskille so te akkommodeer dat die minimum konflik ontstaan, is daar niks fout daarmee nie. Die VSA se beleid van inklusiewe patriotisme het vir lank gewerk en binne enkele generasies het uit Britte, Iere, Duitsers, Spanjaarde, ens. Amerikaners geword wat mekaar as gelyke aanvaar het. Eers na die burgerregtebeweging in die 1960’s het regstellende aksie in die 1980’s ingekom, deels om die werklike agterstand en ongelykhede van swart Amerikaners te lig, maar later al hoe meer met die argument van die waarde van diversiteit. As daar ‘n oorwegende wit universiteit is, selfs al is daar geen diskriminerende maatreëls nie (behalwe akademiese prestasies), word dit op sigself as ‘n probleem beskou. Wit student sou iets mis omdat hulle nie al ewig in aanraking met student van ander kulture is nie.

In Europa is die drang na diversiteit self nog meer onlangs en nog meer kunsmatig. Eens homogene lande soos Swede, Duitsland, Frankryk en Denemarke wil met alle geweld hulle etniese identiteit afskud ten gunste van ‘n multi-kulturele samelewing. Anders as in die gevalle van die bogenoemde immigrasielande soos die VSA of Brasilië bestaan daar geen noodsaaklikheid om ‘n multi-kulturele samelewing te word nie.

Die argument is gewoonlik dat multi-kulturele samelewings voordele bo die homogene samelewings het, meer dinamies is, meer geleenthede skep, meer talent trek en lekkerder is om in te woon, en dat daarom elke relatief homogene samelewing daarna moet streef om so heterogeen as moontlik te word.

Hou die argument werklik water? Net in so verre as ‘n land se immigrasiebeleid van so ‘n aard is dat hoogs geskoolde mense gelok word wat nie plaaslik beskikbaar is nie. Beter is inderdaad die belegging in goeie opleiding om jou eie, hoogsgeskoolde mense te skep wat makliker in die samelewing inpas. Verder skiet die argument tekort, want nie hoogsgeskooldes word getrek met ‘n immigrasievriendelike beleid nie, maar ander lande se probleemgevalle, werkloses en vlugtelinge wat groener weivelde soek maar wat selde werklik ‘n bydrae het om te lewer. Daar is niks dinamies aan ‘n Turkse of ‘n Pakistanse werklose nie, net so min soos aan ‘n Duitse of Engelse werklose, met die verskil dat laasgenoemdes die reg het om in hulle land van herkoms te wees en eersgenoemdes hulle probleme saambring.

Verder is die argument dat ‘n multi-kulturele samelewing waardevolle kulturele invloede saambring, ook dikwels ‘n blote hol frase. Watter waarde bring ‘n moskee of ‘n Hindu-tempel vir ‘n Christelike land? Gewoonlik net irritasie. As jy belangstel in ander kulture, is dit maklik genoeg om op die vliegtuig te klim en na eksotiese lande te reis. En is die gerief om allerhande uitheemse restourante te hê werklik al die daaglikse probleme van moeilik integreerbare volke die moeite werd? Waarvoor wil jy dan nog reis as jy die hele wêreld in jou stad het?

Die persoonlike verryking wat so besweer word deur die maksimum kontak met ander kulture is ook ‘n drogredenasie. Mense wat in ander kulture belang stel, het selfs in redelik homogene lande genoeg kans om dit te doen. In die multi-kulturele samelewings lei die oormaat vreemdes juis tot die teendeel van kulturele verryking, naamlik ghettovorming omdat vreemdes as ‘n bedreiging ervaar word, en nie sonder rede nie. In ons eie Suid-Afrika is die homogene gemeenskappe gewoonlik die wat oorloop van gasvryheid (ek dink maar aan Orania of aan ‘n tipiese tradisionele swart stat in die landelike gebiede), terwyl in die multi-kulturele stede mense so min as moontlik uitreik na ander kulture. Misdaad is die een rede, maar mense wat jy die hele dag as irritasie beleef omdat hulle in jou gesig gedruk word, wil jy nie graag na-ure sosiaal ontmoet nie, selfs al kon van hulle goeie vriende word.

Konflik is ook meer volop in heterogene samelewings en feitlik elke groepskonflik het iewers ‘n etniese komponent. Hoekom tot dusver veilige, rustige en voorspoedige samelewings die risiko wil loop om deur massa-immigrasie hulle toestand te verander, gaan my verstand te bowe.

Die koste vir ‘n multi-kulturele samelewing moet ook nie buite rekening gelaat word nie. Meer werkloses moet maatskaplike toelaes ontvang en voeg geen waarde toe nie. Geld word gespandeer op allerhande konferensies en seminare, om van staatsdepartemente nie eens te praat nie, wat almal die doel het om multi-kulturalisme te bestuur. ‘n Probleem word geskep wat dan aangespreek moet word, pleks om van die begin af vas te stel dat die voordele van ‘n multi-kulturele samelewing veel minder is as die nadele en dat dit daarom liewers nie eers moet ontstaan nie. Diegene wat die multi-kulturele samelewing dryf, is gewoonlik diegene wat van die bestuur daarvan leef en wat andersins werkloos sou wees, soos gemeenskapswerkers en al die “integrasie en transformasie-beamptes” wat elke universiteit en elke groot maatskappy vandag moet hê.

Die grootste ironie van die saak is dat niemand gedien is met die multi-kulturele samelewing nie: immigrante voel sleg oor hulleself as hulle slegs maatskaplike toelaes trek en voel vervreemd van hulle gasland wat hulle gelok het. Al die geld wat op die akkommodasie van immigrante gespandeer word, kan eerder vir ontwikkelingshulp gespandeer word om geleenthede in die moederland te skep. Die inheemse inwoners is ook nie gelukkig nie, want hulle voel benadeel en bedreig.

Dit is tyd dat politici en meningsvormers wat duidelik stel dat die multi-kulturele samelewing ‘n klug is en meer kwaad as goed doen, nie sommer van die begin af as rassistiese heethoofde afgemaak en doodgeswyg word nie. Die probleem word daardeur net erger. Bou liewers jou gemeenskap pleks om geld in ‘n bodemlose put van ‘n twyfelagtige ideologie te gooi wat reeds as onwerkbaar bewys is.

Deel/Stuur

11 Reaksies op “Die mite van diversiteit”

  1. Johan Conradie 25 April 2012 at 19:30 Permalink

    Min mense sal verbeter op die temas wat Sebastiaan en Ebert aanraak. Die intellektueles moet ook die groter plan vir oorlewing vir gewone Afrikaners uitlê en verduidelik.
    Gestel die toestand in die Burgerstaat verswak vinnig – wat sal honderd duisend Afrikaners se plan van aksie moet wees sou hulle onverwyld wil gaan vestig in die gedeelte van hul keuse waar Afrikaners eendag die meerderheid van die bevolking moet uitmaak.
    Waar is die Hart-kaart van die gebied wat verseker deel moet wees en ononderhandelbaar is – die Afrikaner gee baie prys en kan nie met niks begin nie. Die voorgestelde gebied gaan staatsbates insluit en hierdie eiendomme moet geïdentifiseer word en mettertyd aan ‘n tydelike Afrikaner owerheid oorgedra word. Die gedagte by baie Afrikaners dat Swart- & Bruinmense nie sal toelaat en meewerk dat Afrikaners ‘n land gegun kan word nie, is ‘n nuttige verskoning om vir tyd te speel. Opregte nasionaliste onder Swart- en Bruinmense weet goed wat dit is om geen mag te besit en nie oor jouself te kan beskik nie. Die ANC is eintlik gestig uit protes teen ‘n onregverdeling van die grond en nie omdat dit verdeel is nie. Byna ‘n dekade gelede het een van die ANC-leiers voorgestel dat Wittes aan die Westekant van die land hul heil moet soek – hierdie visie is totaal in kontras met die huidige opportunistiese leierskap oorgegee aan korrupsie, vergrype en die ignorering van Afrikaners se lot.
    Orania is een van baie dorpe wat Afrikaners moet teiken om die uiteindelike legkaart te voltooi. Afrikaners en die huidige Swartleiers wat nog goedgelowig glo aan die Burgerstaat, moet tydig ingelig word dat die huidige bestel, geen uitkoms vir Afrikaners, Bruin- of Swartmense gaan wees nie. Die toestand is niks anders as ‘n oor en weer gestryery terwyl die land net verder agteruitgaan – die kompetisie-faktor wat ‘n ekonomie aan die gang hou, is nie meer teenwoordig nie.
    Die jeug se toekomsverwagtinge is in gedrang en daar is niks opgewonde om na uit te sien nie. Mense moet opnuut besef dat oor duisende jare die mensdom geneig het na ‘n toestand waar groepe hulself in ‘n bepaalde gebied afbaken en die meerderheid inwoners daarin wou wees – hierdie mense lyk min of meer eenders, beskik oor hulself en dit gaan nie anders hier werk nie.
    Afrikaners se uitwyk na die Westekant van die land is ‘n beskeie aanspraak op vryheid en opregte bydrae vir vrede en versoening met Bruin- en Swartmense.
    Afrikaners het ‘n visuele kaart nodig waarna aanhoudend gestaar kan word ten einde georiënteer te word hoe hulle daar gaan inpas en hul lewe daarvolgens te rig. Winston Churchill was eendag gevra wat hy sou doen indien die Here hom sou versoek vir ‘n inset aangaande die mensdom – “ek sou vir elke land ‘n Engelse-Kanaal gee”.
    Die gebied waarin Afrikaners uiteindelik die meerderheid moet gaan uitmaak is dun bevolk en heelwat Bruinmense woon tans in hierdie gebied. Afrikaners sal redelik maklik meerderheidsbesetting kan bewerkstellig maar ‘n baie groot bekommernis is dat dié Afrikaners met swak maniere ons vryheidsideaal maklik kan verongeluk deur onsensitiewe interaksie met Bruinmense.
    Orania is privaat en het hierdie gevaar byvoorbaat uitgeskakel , tereg was hul visie eerstens om te bewys dat Afrikaners hulself kan handhaaf. Die versoeking van Afrikaners om ander nasies vir die vuilwerk te wil gebruik het hulle oorkom. Bruin- en Swartmense kan Afrikaners (met ‘n lae weerstand teen sulke versoekings) verder bystaan en nie hul arbeid in daardie streek te wil gaan aanbied nie, so sal Afrikaners self leer werk en nooit weer sal ‘n bedeling soos Apartheid kan wortels skiet nie – Apartheid moet jy teen iemand maak en indien daardie iemand nie daar is nie, word die moontlikheid geëlimineer.
    Die uitkoms vir Bruinmense en Afrikaners sal soos Swartmense se aandrang moet wees, naamlik meerderheidsbesetting en -regering – ‘n land se wette is beperk tot sy grense. Tafelberg, die Waterfront en die Wynlande wink vir die Bruinmense daarom sal ek dit vreemd vind indien Bruinmense wat buite hul grense woon, nie begerig sal wees om te migreer na ‘n heel nuwe uitkoms en opwindende toekoms nie – ‘n mens sou redeneer dat dít wat die Afrikaner moes prysgee, hul darem hierdie gebied gegun kan word vir uiteindelike vryheid.
    Moontlik klink die vertrekpunt teen die gees van versoening, maar die geskiedenis het geleer hoe tye die omstandighede so kan verander, dat dit mense baie diep kan raak en letsels laat wat versoening byna onmoontlik kan maak. Swart- en Bruinmense moet besef dat Afrikaners nie so kan ondergaan nie – is hierdie aanhaling tog nie so waar nie, “the world is what it is, men who allow themselves to become nothing have no place in it” Afrikaners het tot hier geval – Swartmense en Bruinmense moet ons nie probeer keer nie, hierdie indruk van ons moet reggestel word en ons selfrespek en trots moet herwin word.
    Moontlik kan die Webmeester na oorweging die Hart-kaart byvoeg.

  2. E Terblanche 26 April 2012 at 00:49 Permalink

    Goeie artikel, Sebastiaan.

    Daar is twee motiverings ten gunste van immigrasie met die doel om ‘n multikulturele samelewing te skep:

    1) Immigrante neig om politieke parteie aan die linkerkant van die spektrum te ondersteun, juis omdat hulle immigrasie vergemaklik en omdat hulle so maklik voordele uit die staatskas betaal. Deur slap immigrasiemaatreëls kan ‘n sosialisitiese party dus sy kieserskorps uitbou en sy kanse om toekomstige verkiesings te wen, verbeter.

    2) Ekonomiese groei word ook aan bevolkingsgroei gekoppel. Voormalige homogene Europese lande beskik nie meer oor die natuurlike aanwas om hul ekonomiese ambisies te ondersteun nie, en word daar veral vanaf die sakesektor sterk druk uitgeoefen vir die verslapping van immigrasiemaatreëls sodat nuwe werkers en verbruikers tot die plaaslike ekonomie kan toetree.

    Dat bogenoemde strategieë onvolhoubaar is en bots met die redes wat oorspronklik sukses vir lande veroorsaak het, word deur die kortsigtigheid van demokrasieë wat elke 3-5 jaar verkiesing hou buite rekening gelaat.

  3. Simon 27 April 2012 at 20:56 Permalink

    Eben

    Sou ‘n mens punt 2 in jou kommentaar dalk ook soos volg kon verwoord in dieselfde konteks maar gesien voor 1994:

    “(Suid Afrika) beskik nie meer oor die natuurlike aanwas om (sy) ekonomiese ambisies te ondersteun nie, en word daar veral vanaf die sakesektor sterk druk uitgeoefen vir die verslapping van (Apartheid) sodat nuwe werkers en verbruikers tot die plaaslike ekonomie kan toetree.”

    • E Terblanche 30 April 2012 at 06:24 Permalink

      Inderdaad, Suid-Afrikaners was die wêreld voor op die gebied van verruiling van eerstegeboortereg vir ‘n pot lensiesop…

  4. Pienkes du Plessis 2 Mei 2012 at 10:50 Permalink

    Waar kan ek die boek bekom? Of is die artikel net ‘n opsomming?

  5. Sebastiaan 2 Mei 2012 at 13:09 Permalink

    Pienkes,

    hierdie is net ‘n artikel wat ek geskryf het, geen opsomming van ‘n boek nie, alhoewel so iets wel ‘n boek regverdig en moontlik is daar boeke oor dit geskryf. Ek weet van die Amerikaanse regse denker Jared Taylor wat ‘n lang artikel oor die onderwerp geskryf het.
    Al boek waarmee ek kan help is my eie boek “Beslissing in die Karoo” wat ‘n toekomsblik op die Afrikaner en veral Orania gee. ‘n Resensie sal eersdags op oraniablog verskyn.

  6. BJ de Jager 14 Junie 2012 at 12:02 Permalink

    Politieke oordeel bestaan uit 7 grade van liberaalisme van bietjie liberaal tot baie liberaal en 7 grade van konserwatisme waarvan bietjie konserwatief tot en met ekstreem. Dit se vir jou dat in ʼn vrye gemeenskap sonder ideologiese druk , groep druk , gemeenskap se ingestelde norme en met die mens se vrye wil , kan daar 14 verskillende politieke partye geskep word in ʼn gemeenskap.Bv, as daar 14 mense langs mekaar staan deel nie een van hulle die selfe siening nie.Sosiale konserwatisme kan net onderhou word met groot mate van beheer.

    http://en.wikipedia.org/wiki/Social_conservatism

  7. BJ de Jager 14 Junie 2012 at 12:04 Permalink

    Politieke oordeel bestaan uit 7 grade van liberaalisme van bietjie liberaal tot baie liberaal en 7 grade van konserwatisme waarvan bietjie konserwatief tot en met ekstreem. Dit se vir jou dat in ʼn vrye gemeenskap sonder ideologiese druk , groep druk , gemeenskap se ingestelde norme en met die mens se vrye wil , kan daar 14 verskillende politieke partye geskep word in ʼn gemeenskap. Bv, as daar 14 mense langs mekaar staan deel nie een van hulle die selfde siening nie. Sosiale konserwatisme kan net onderhou word met groot mate van beheer.

    http://en.wikipedia.org/wiki/Social_conservatism

  8. mosje 3 Augustus 2013 at 19:33 Permalink

    Goeie artikel, dankie.

    Sebastiaan, dink jy daar is een ongesiene mag agter hierdie strewe vir multi-kulti, wat feitlik nerens werk nie?

    Of, is dit maar net ‘n doodloopstraat waarin die pseudoverligtes afgedwaal het, met die cul-de-sac wat al hoe nader kom?

    Groete

  9. Sebastiaan 5 Augustus 2013 at 11:00 Permalink

    Beste mosje,

    dankie vir die komentaar. Ek glo nie aan n gekoordineerde poging wat in n binnekamer bespreek word, a la iluminati, nie.
    Wat wel duidelik is, is dat die geloof in multi-kulti in die kringe van die elite en die meningsvormers n vereiste is om tot die kringe te behoort. Mense kondisioneer hulleself en alhoewel baie miskien privaat sal erken dat multi-kulti nie werk nie (en bitter min van die voorstanders daarvan dit werklik privaat uitleef), sal niemand dit in die openbaar erken nie, allermins diegene wat mag het, want om multi-kulti te bevraagteken beteken viktimiasie en uitwerping na die buitenste ruimte, in die hoek van die “verregses.” Niemand wil daarvan beskuldig word en sy loopbaan in gevaar stel nie. Om die rede is veral akademici en die media die groot kampvegters vir multi-kulti, want hulle volg die tropinstink en weet aan watter kant hulle brood gebotter is. Net n minderheid glo waarskynlik werklik daaraan, die res huigel in onderdanigheid en vir hulle eie belang. Hoe meer egter onverskrokke die waarheid praat, hoe meer kom ander ook na vore en hoe gouer tuimel die kaarthuis inmekaar.

  10. Eugene 7 Augustus 2013 at 08:10 Permalink

    Sebastiaan

    As jy nie glo dat daar ‘n “gekoordineerde poging wat in n binnekamer bespreek word, a la iluminati” is nie, is jy regtig baie naief en ondersoek nie baie wyd nie. Gaan kyk gerus na die volgende skakels en miskien, net niskien word jy oortuig.

    http://www.youtube.com/watch?v=4QoJGvEVogI

    http://www.theoccidentalobserver.net/2010/09/kevin-macdonald-jews-play-a-leading-role-in-promoting-multiculturalism-in-europe/

    http://www.theoccidentalobserver.net/category/jewish-support-for-multiculturalism/

    http://www.youtube.com/watch?v=1r0x_xgVWXI

    http://globalfire.tv/nj/03en/jews/purejews.htm

    http://www.henrymakow.com/multiculturalism_the_agenda_of.html


Lewer Kommentaar

*