10 Februarie 2014 ~ 9 Kommentare

As water begin lol

Geskryf deur John Strydom

Die werklikheid en wens verskil meesal drasties van mekaar. Daar is egter rede om te dink oor die afstand tussen hulle.

Hidroponika, akwaponika, permakultuur, organiese beginsels is almal baie emosionele gonswoorde of -begrippe wat deur veral wensdenkers vertroetel en rondgestrooi word. Ek moet bieg dat ek ook so ‘n filosoof is. Ek het al baie gelees oor al bogenoemde kulture en selfs soms daarmee gespeel.

Hidroponika is “grondlose” kultuur met presiese mengsels van voedingstowwe. Water word ‘n paar maal herverbruik en die voordele is presiese voeding, waterbesparing en maklike outomatisasie. Klipgruis of organiese materiale word gebruik as inerte mediums.

Akwaponika is ‘n vindingryke aanpassing daarvan waar visse in ‘n tenk aangehou en gevoer word. Hulle afval word verby plante se wortels gepomp soos in hidroponika hierbo. Die plante neem die voedingstowwe op en suiwer dus in ‘n sin die water. Die voordele is weereens presies soos bo, met die bykomende visproduksie en meer organiese verbouing van plante. Hoenders kan ook bo water aangehou word sodat hulle mis in die viswater beland.

“Organies” beteken spesifiek dat geen kunsmatige bemesting of plant- of onkruiddoder gebruik word nie. Die misbruik van die begrip het gelei tot maatreëls om sertifisering te formaliseer. Dit is dus vir die boer baie duur en tydrowend om die klaring te verkry. Produkpryse weerspieël meesal ‘n premie vir daardie sekerheid.

Permakultuur is organiese “hemel”. Stelsels word geïntegreer sodat min peste problematies raak. Die natuur word “bestuur” om goeie eienskappe te gebruik terwyl nadele uitbestuur word.

Suiwer uit ‘n wateroogpunt is die eerste twee metodes baie voordelig. Organiese metodes en permakultuur bespaar water terwyl vogbewaring in die grond verbeter word. Water-ekonomie is egter nie so indrukwekkend soos by hidroponika nie.

Landbou in Suid-Afrika het verskeie baie lastige probleme. Een daarvan is waterskaarste en in gevalle waar besproei word, ook die prys van gepompte water. Met kragtariewe wat ywerig styg, het boere in verskeie gebiede reeds verklaar dat produkpryse nie teen dieselfde tempo styg nie en dat die punt genader word waar produksie nie gaan betaal nie. Boere se inkomste, voedselsekerheid en werksgeleenthede word bedreig.

Uit ‘n selfsorgoogpunt is ‘n denkproses ook nodig. Ons water word deur ESKOM gepomp. Dit is tans onmoontlik om te produseer as hulle diens verval. Ons het eenvoudig nie ekonomiese alternatiewe nie.

Met hidroponika kan baie makliker met sonkrag weggekom word omdat water eenvoudig hersirkuleer kan word en sonkrag kan baie maklik daarvoor gebruik word. Daar kan dus vir dae weggekom word sonder groot volumes “nuwe” water.

Ek dink dit raak tyd dat die afstand tussen wens en doen begin krimp: waterskaarste is volgens alle kenners naby!

Deel/Stuur

9 Reaksies op “As water begin lol”

  1. Johann Eksteen 10 Februarie 2014 at 10:41 Permalink

    Skitterend John! Hierdie is beslis iets wat die Oraniërs na moet kyk! ‘n Mens kan mos altyd klein begin (i.e. pilot scale), probleme uitstryk en dan opskaleer.

  2. Ebert 10 Februarie 2014 at 12:16 Permalink

    Volgens die bietjie navorsing wat ek gedoen het oor hidroponika, lyk dit of dit belangrik is om die regte tipe groenhuis te hê om reg deur die jaar, ongeag seisoen, te kan produseer om die kapitale uitleg te kan verhaal.

    Is daar enige gedagtes oor watter tipe groenhuis vir Orania se warm somers en koue wintersnagte sal werk?

  3. Andre 11 Februarie 2014 at 09:08 Permalink

    Baie goeie artikel John! Ek stem volkome saam dat ons gedurig op die uitkyk moet wees vir maniere om landbou meer water ekonomies te kan bedryf. In my soeke het ek afgekom op n Australiese maatskapy wat alreeds ver gevorder het in hierdie verband. Hulle gebruik seewater en sonlig om groot hoeveelhede soutwater te ontsout en in die proses ook krag op te wek. Hulle gebruik dan die vars water vir groente verbouing in tonnels. Bowenal doen hulle dit in ou uitgewerkte mynbou areas. Hulle webblad is http://www.sundropfarms.com/ vir diegene wat dalk belang stel.

  4. Damian 12 Februarie 2014 at 10:55 Permalink

    Ek self is betrokke mbt Hidroponika! Dis n baie goeie keuse vir orania, en die voordele is ver meer positief as die negatiewe. Dit sal n baie goeie inspuiting wees vir orania.

    Minder Grond spasie nodig, tot 70% minder water nodig, en kan reg deur die jaar kweek.

    Bowenal, kan dit n goeie inkomste bied, asook werksgeleentheid.

  5. John 13 Februarie 2014 at 10:36 Permalink

    Dankie vir die terugvoer: Sundrop Farms lyk indrukwekkend.
    Die eerste stap in Orania is om iemand te kry wat die tyd en kapitaal kan bekostig om so-iets aan te pak. Dit is dus vrye mark op sy beste.
    Ek het min kennis van kweekhuise maar oor tyd weet ek dat mense kla oor windskade, temperatuur en bestuur. Gewone tonnels is te laag: hoër kweekhuise, verkieslik met verhitting en verkoeling, het ‘n beter kans. Windbreke noodsaaklik. Dan moet dit op ‘n skaal gedoen word wat vervoer na groter markte regverdig. En dan vertel kundiges dat bestuur krities is- meer so as met gewone groenteboerdery.

    Dalk moet mense soos Damien vertel van hulle eie ondervinding daarmee. Persoonlik het Israel se ongelooflike groot kweekhuisbedryf my mateloos beindruk.

  6. Wim 14 Februarie 2014 at 23:44 Permalink

    Ik vind dit een heel interessant artikel. Hydrocultuur (hidroponika) wordt bij ons in de Lage Landen op grote schaal toegepast. Als jullie nog eens naar Noord-Europa komen, kan ik jullie in contact brengen met enkele telers, mochten jullie dit wensen.
    Hydrocultuur heeft natuurlijk ook enkele nadelen, je kan enkel bepaalde groenten, zoals sla, komkommer en tomaat telen. Dus niet de belangrijke gewassen zoals maïs (melies), graan of aardappelen. Bovendien heeft het heel veel energie nodig en kan het water niet zomaar hergebruikt worden. Het water moet gefilterd en gedesinfecteerd worden om ziektes te vermijden.
    Mijns inziens zijn al de systemen die in het artikel vermeld worden, ook perfect complementair. Vooral permacultuur lijkt me zeer gunstig te zijn voor de omgeving van Orania, om zoveel mogelijk water op te vangen en nuttig te gebruiken op grote schaal. Ik zou jullie hiervoor willen doorverwijzen naar Sepp Holzer, permacultuur-boer uit Oostenrijk (niet ver van Zuid-Tirool)die onder andere in Portugal een heel interessant project heeft opgestart om verwoestijning tegen te gaan: http://www.youtube.com/watch?v=4hF2QL0D5ww
    Meer info over de boerderij van Sepp Holzer zelf: http://www.youtube.com/watch?v=Bw7mQZHfFVE
    Veel succes!

  7. Louis 15 Februarie 2014 at 10:16 Permalink

    Die lewe is onmoontlik sonder water, maar ons hoef nie te vertrou op die huidige omstandigehede.
    Hier is ‘n paar skakels wat ek hoop dat jy reeds weet of sal die tyd neem om te kyk deur.

    http://www.harvestingrainwater.com/
    http://permaculturenews.org/
    http://holisticmanagement.org/

  8. Louis Kriel 27 Februarie 2014 at 13:32 Permalink

    Veels geluk met hierdie mooi feesdag aan al julle Oraniers Louis en Ida Robertson

  9. Ludwig Everson 17 Maart 2014 at 22:17 Permalink

    Dankie John vir ‘n mooi artikel. Ek dink wat mense kan begin doen is om iets tuis doen. Ons wag altyd dat ander mense iets moet doen.

    Daar is ‘n gesegde wat sê: “Grow food, not lawns.”


Lewer Kommentaar

*