11 Junie 2013 ~ 9 Kommentare

Arbeid en die verval van die Westerse beskawing

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Die voortdurende vraag na goedkoop arbeid is besig om in Europa, Noord-Amerika en natuurlik ook Suid-Afrika die spore van ‘n Westerse beskawing stadig maar seker dood te vee. Tydens ‘n besoek aan die VSA was dit opmerklik dat die hotelskoonmaker van die een of ander arm Sentraal-Amerikaanse land afkomstig was en die taxi-bestuurders van lande soos Pakistan en selfs Ethiopië.

In Europa word arbeid toenemend deur mense van Moslemlande en die Ooste verrig. Die Afrikaner het sy vermoë om sy eie lot te beheer juis weens die verslawing aan goedkoop nie-Afrikanerarbeid verloor. Saam met die Afrikaner se verlies aan selfbeskikking het Suid-Afrika se toenemende Afrikanisering en dus uitskuif van Westerse beginsels en lewenstyle gekom.

Arbeidsbehoeftes bring vandag in die Westerse wêreld groot demografiese veranderinge mee. Demografiese veranderinge het ‘n groot invloed op die stand van die Westerse beskawing omdat bekostigbare arbeid gewoonlik uit die Derde Wêreld afkomstig is. Teen 2050 sal minder as 50% van die VSA se bevolking wit wees. Die nuwe mengsel van inwoners van Afrika-, Oosterse-, Midde-Oosterse- en Suid-Amerikaanse afkoms skep stelselmatig ‘n nuwe soort beskawing wat sterk in kontras met die moderne Westerse beskawing staan. Die Amerikaanse skrywer Pat Buchanan het bereken dat ‘n meerderheid van Amerikaanse burgers teen 2050 van Derde Wêreldse afkoms sal wees. Reeds teen 2020 sal sterfes van Amerikaners van Europese afkoms geboortes verbysteek en sal die land se wit bevolking begin krimp. Vermenging met ander rasse word nie eens hierby ingereken nie. Tans is een uit elke tien huwelike in die VSA tussen persone van verskillende rasse.

In Europa, die wieg van die Westerse beskawing, is daar reeds ‘n afname in die wit bevolking te bespeur. Die geboortekoers in Wes-Europa het ook oor die afgelope paar jaar skerp afgeneem, met slegs immigrante uit die Derde Wêreld wat ‘n geboortekoers van bo die vervangingskoers handhaaf. Die Moslembevolking in Wes-Europa het die afgelope 10 jaar verdubbel en sal van nou tot 2015 weer verdubbel. In Brussels in België is die ses babaname wat tans die gewildste is Mohamed, Adam, Rayan, Ayoub, Mehdi, Amine en Hamza. Dieselfde gebeur dus in Europa as in die VSA: Die wit bevolking krimp weens lae geboortekoerse en vermenging met ander rasse, terwyl die getalle van burgers van Derde Wêreldlande skerp toeneem weens ‘n konstante invloei, asook hoë geboortekoerse.

Wat in Europa en die VSA gebeur, gebeur ook in die ou kolonies soos Australië, Nieu-Seeland, Kanada en natuurlik ook Suid-Afrika. Dit is egter nie net immigrasie en die geboortekoers wat die Westerse beskawing bedreig nie, maar ook Westerlinge se totale onvermoë om ons literatuur, filosofiese denkrigtings, kuns, argitektuur, geskiedenis, geloof en politieke raamwerke aan ‘n volgende geslag oor te dra. ‘n Studie onder Britse hoërskoolleerlinge het getoon dat skaars 30% van die leerlinge weet waar die Boere-oorlog plaasgevind het en slegs 16% weet wie was in bevel van die Britse troepe by Waterloo. Plaaslike studies onder Afrikanerleerlinge het ookal hul totale onkunde oor ons eie Afrikanergeskiedenis, literatuur en algemene denke, tradisies en gewoontes uitgewys.

Ek onthou goed die kommentaar van twee kinders wat saam met hul ouers in die ry agter ons gesit het tydens ‘n vertoning van die Ons vir Jou-musiekblyspel ‘n paar jaar gelede. Die kinders wou die heeltyd by hul ouers weet hoekom die ouers nog nooit vir hulle van die Boere-oorlog vertel het nie. Wat ‘n skande!

Die realiteit waarmee Orania vandag werk, is ‘n vervallende Westerse beskawing wat slegs gestuit kan word deur die gebruik van eie arbeid, ‘n hoër geboortekoers en die konstante gefokusde oordrag van ons kultuur aan ‘n volgende generasie. Orania is binne die Westerse beskawing uitstekend hiervoor gerat omdat ons reeds deur ons eie instellings, eie kultuurgeleenthede en vakansiedae ‘n platform vir die behoud van ons Westerse identiteit begin skep het.

Die huidige verval van die Westerse beskawing is nie iets nuut nie. In die sesde eeu tydens die vroeë Middeleeue was daar ook ‘n groot verval van die Westerse beskawing. Een van die redes vir dié verval was juis ook migrasie uit Oos-Europa en die sogenaamde ‘barbaarse invalle’. Tog is die Westerse kultuur in kloosters en ander plekke in stand gehou en kon dit later weer groei en tot hernude ontwikkeling van Wes-Europa aanleiding gee.

Die Weste is nie gedoem nie, maar die Westerse beskawing word wel ernstig bedreig. Orania se voorbeeld van die gebruik van eie arbeid en die skep van eie instellings is ‘n goeie begin. Ons sal egter nog baie meer moet doen om werklik ‘n noemenswaardige rol in die behoud van die Westerse identiteit te speel.

Deel/Stuur

9 Reaksies op “Arbeid en die verval van die Westerse beskawing”

  1. Anthony Schlemmer 12 Junie 2013 at 14:35 Permalink

    Tragiese feite maar waar……

    Die politieke wil is nie daar onder die meerderheid mense nie. Liberalisme is besig om die stryd te wen.

    Dit is ‘n minderheid van ons wat die wa deur die drif sal moet trek. Wie weet hoe die wereld, en veral Suid-Afrika, daarna sal uitsien oor 50 jaar van nou af. Veral as die huidige Afrikaner jeug nie eers hulle eie geskiedenis ken nie….

  2. Gustaaf Jonker 13 Junie 2013 at 13:35 Permalink

    Hierdie is ‘n baie belangrike kwessie wat Mnr Kleynhans aan raak en verdien ons aandag indien ons hoegenaamd as ‘n volk wil voortbestaan.

    Geen volk of kultuur is onsterflik nie, en die Afrikaner se verslawing aan volksvreemde goedkoop arbeid was en is vandag nog een van die grootste struikelblokke tot selfbeskikking.

    Selfwerksaamheid moet as ‘n vaste beginsel opgeneem word in enige poging tot selfbeskikking. Dis ‘n mite dat goedkoop arbeid noodsaaklik is vir ‘n land / volk se ekonomiese welstand. Vandag kan jy in baie derde wereldse lande goedkoop arbeid vind en tog is baie van hierdie lande nogsteeds arm. Aan die anderkant kan jy weer baie eerste wereld lande kry waar arbeid relatief duur is en tog ervaar hulle ekonomiese voorspoed.

    Die fokus moet eerder wees op produktiwiteit en dit het niks te doen met goedkoop arbeid nie. Inteendeel moet ‘n ekonomie met relatiewe duur arbeid eerder verwelkom word, aangesien dit ‘n algemene beter lewenstandaard te weeg kan bring solank die arbied produktief is en instaat is om ‘n surplus te kan produseer. Met tegnologie, meganisasie en kennis is selfwerksaamheid nie net moontlik nie, maar selfs aantreklik.

    Produktiwiteit van ‘n homogene-arbeidsmag sal amper altyd hoog wees invergeleke met die van ‘n hetrogene-arbeidsmag. ‘n Gemeenskaplikke strewe deur ‘n trotse volk, werksaam in sy eie land is haalbaar, maak nie saak wat die uitdagings is nie.

    Wat egter na aan die kern van ons probleem staan, is die feit dat die Afrikaner in die gees van liberale-individualisme en materialisme ‘n negatiewe konnektasie maak aan so genaamde vuilwerk. Ons beheptheid met status en ons onwilligheid om ons eie beddens op te maak en gras te sny het deels te make met die gerief van goedkoop arbeid en deels te make met die handhawing van ons sg. status. Dit is dwaas en die prys wat ons betaal is net eenvoudig te hoog.

    Orania dien as ‘n voorbeeld en inspirasie nie net vir die Afrikaner nie, maar vir die hele Westerse beskawing.

  3. Werner Uys 18 Junie 2013 at 17:59 Permalink

    Ek is n voorstander vir die behoud van kulture. Destyds as student by R.A.U het ek die siening besef gedurende my leringe uit Ontwikkelingstudies. Die probleem is egter die geldmag wat die meeste mense ‘vashou’. Dit gaan goed met baie Afrikaanse mense, baie van hulle ry spogmotors en wil raakgesien word (ydelheid is die duiwel se gunsteling sonde). Om beskeie en eenvoudig te begin leef en sodoende jou eie kultuur te bewaar en op voort te bou gaan n verandering in denkwyse verg van elke persoon. Ek is n voorstander van waarvoor Orania hom beywer en as ek kon, sou ek onmiddellik wou verhuis soontoe, MAAR ek verdien n klein salaris, my kind woon in Pretoria by haar ma en ek het familie en vriende wat vir my sal lag! Ek gaan we’ll binnekort bydrae tot jul groeifonds.ek is moeg vir Gauteng en sy valsheid. Moeg vir radio luister en TV kyk, want politiek is op alle vlakke die nuwe ding.
    Gelukkig is daar mense soos julle wat verandering moontlik maak. Dankie vir jul bydraes.

    • Hendrik Botha 21 Junie 2013 at 10:58 Permalink

      Werner dit is so waar wat jy sê van die geldmag wat mense vashou, ek word ook die oomblik gebind om in Gauteng te bly, ek deel toesig. Maar die dag na my seun klaar is met sy studies sit ek in Orania. Doen jouself ‘n guns en begin Orania gereeld besoek met jou dogter, glo my sy sal ook verlief raak op Orania, en jou familie en vriende sal nie vir jou lag nie hulle sal jou beny die dag wanneer hulle jou kom besoek op Orania.

  4. Tom 19 Junie 2013 at 03:25 Permalink

    In Pastor Manning we trust? ha ha

    Miskien is hy die litmus vir ons westerlinge.

    http://www.youtube.com/watch?v=ZxCqJImpOAE&feature=youtube_gdata_player

  5. Coennie Malan 19 Junie 2013 at 07:03 Permalink

    Sjoe Jaco, dit gee mens hoedervleis om te sien hoe ons mense vermeng en minder word. Dit klink ook nog so ver “2050”, maar dis eintlik ‘n klipgooi weg. Ek en my vrou het in Britanje gewerk , en dit is waar wat jy sê, daar is baie dorpies wat feitlik een honderd persent moslem is, bv Bradford en Birmingham, en hulle verwelkom mense van Afrika, soos bv. baie Zimbabweers bly daar, daar is miljoene mense onwettig, en al is Britanje dam so bietjie sterker as Suid-Afrika, kan enige iemand wat daar was, getuig, hulle sal nie die mas opkom nie, selfs die Engelse mense daar, sê dat hulle land nie meer hul eie is nie, vreeslik baie Britte trek weg, na ander Europese lande, ek het daar gesien dat baie immigrante reg van verblyf verkry het deur vir Britanje in die oorloë te veg, en hulle trou onder die Britte, ek is bevrees dat al wil ons, ons sal nie meer die see van vermenging kan keer nie, maar dit sal my nie stop om dit te probeer vertraag nie! Ek vra dat ons wat nog trots is, om westerse afkoms te hê, protestante en Afrikaans is, om alles in ons vermoë te doen om ons kinders in te lig, om onsself meer in te lig, bv. die Suid-Afrikaanse wet wat kinders nou verplig om twee jaar voorskoolse klasse te hê, is nie n nuwe wet nie, dis al geruime tyd die bedoelling van internasionale wet, om kinders vroeër beet te kry, ” buig die boompie terwyl hy jonk is”, die wet kom direk uit Karl Marx se aanbevelinge vir kommunisme, wat hand aan hand met die Fraanse Revolusie se stellings loop, ons het juis Suid-Afrika toe gevlug,weg vir die bose, nou haal dit ons in, ek pleit by julle, my mede broers, leer julle kinders om respek te het vir die wat nie soos ons glo nie, maar leer hulle dat daar net een naam onder die son gegee is waarmee ons gered kan word, Jesus, onse Messias, en om almal wat soos ons glo lief te hê. Hy het gesê, dat regerings en nasies teen mekaar sal optrek, die huidige stand van vermenging en immigrasie, wys vir my dat ons aarde maar net gereed maak vir profesieë om te vervul. Dankie Jaco, hou die blink kant bo.

  6. Willem Boshoff 19 Junie 2013 at 09:40 Permalink

    Beste Jaco
    Dit is die voordeel van leer uit die geskiedenis. Volkere wat dit nie verstaan en aanpas, verdwyn in die verlede en jy hoor maar net van hulle. Om n bestaansreg te bekom, benodig dit visie en die vasberaadenheid om dit deur te voer. Oranje is op die regte pad !

  7. Frans Rabie 19 Junie 2013 at 13:09 Permalink

    Jaco slaan die spyker op die kop. Christiaan Barnard het in sy boek “die menslike masjien” dit reeds voorspel dat die ander kleuriges die blankes in die VSA @ 2020 sal verbysteek. Ek weet al vir drie jaar lank wat ons redding is en daar is baie wat so voel, daar ek dit al iewers gelees het.Buiten dat my hart Orania se kant toe staan en alles wat daarmee gepaard gaan, is ons verlossing en saligheid die Nederlandse BIJBEL! Ek weet dit gaan geen oë laat rek nie, omdat niemand ‘n benul het waaroor dit werklik gaan nie. Ek vergelyk die Ned Staten BIJBEL met die Afr, die Duitse Heilige Schrift,en die Holy Bible sedert 2010. U sal verstom staan as u weet wat u mis, veral as u nog nooit self probeer lees het, waaroor die veranderinge gaan nie. Kortliks kom dit neer op die gees en die siel en die siel en gees van die mens.Ek is van mening dat tot die Hollanders hul BIJBEL nie in so ‘n lig kan lees nie? Tot tyd en wyl ons nie terugkeer na ons eie taal nie (Afr is die taal van die kleurlinge, die Afr Bybel was geskryf vir hierdie mense)sal dit… Ek trek nou by Hebreërs en dit is die beste projek wat ek nog aangepak het. Dit is egter ‘n gejaag om tyd, en ek beoog om al die werk onder die neus van die Voortrekker volk te druk wanneer klaar, omdat dit wat ons volk deurmaak my hart verskeur.Dit was immers die BIJBEL waaruit die gelofte van Des 1838 afgelê was en wat Oom Nicolaas gelees het. Een ding weet ek, daar is vir ons redding en saligheid vorentoe. Bou voort Orania! Mag Elohim onse Hemelse Vader jou seën!

    • Revat = HY KOM ('n verbuigde vrom vna my naam) 19 Junie 2013 at 18:49 Permalink

      Ek wil graag by FRANS RABIE se kommentaar aansluit. Frans, jy raak ‘n paar punte aan wat nogal baie sin maak. Ek voel saam met jou dat my hart Orania se kant toe staan, veral as ek kyk hoe sinvol hulle dinge aanspreek sonder om te verkleineer of te raas of te blaas. Koelkop na dinge kan kyk en dan tot ‘n logiese slotsom kan kom. Maar iets ontbreek, en daar is miskien baie dinge wat daarvoor verantwoordelik is, soos bv die onderskatte mag van Babilon (=verwarring) se GELDMAG, POLITIEK, en sogenaamde g-o-d-s-diens.

      Dit is vir my verstommend hoe veral laasgenoemde gekaap is om juis Satani-el en sy bende se doelstellings te bevoordeel. Te maklik het ons betrokke geraak by sogenaamde vryedenke wat maar net weer ‘n vangnet was vir die oningeligtes, diegene wat nie meer weet wat dit behels om die SKRIFTE te ondersoek nie. Met die magdom van inligting en feite wat tans op die internet beskikbaar is, bly daar tog nog ‘n leemte. Baie het probeer om te verklaar hoekom al die dinge wat ons volk deesdae deurmaak, oor ons gekom het, maar wie het na Bo geroep en gevra: Asb. wys U tog vir ons waar het ons fouteer! Hierop Dr Manie Opperman van Orania my eenmaal geantwoord: Ek weet nie van iemand nie.

      En soos jy tereg noem dat daar ‘n Elohim in die hemele woon wat Homself as die Tweevoudige Magtige van Waarheid en Lig eers aan ‘Adam en daarna aan Abraham bekend gestel het. Met laasgenoemde het Hy ‘n EWIGE VERBOND gesluit en hom beloof dat sy nagelsag weer in die land waaruit hy toe moes wegtrek, weer sal kom laat woon.

      En dit was juis met hul terugkeer dat Hy as die Tweevoudige Magtige van Waarheid en Lig Homself aan hierdie uitverkore geslag fisies geopenbaar het by Horeb. Daar het almal Hom aanskou met die gedonder en ligstrale wat onophoudelik geduur het. Daar het Hy Sy ewige regverdige en goeie wet (tien wooorde) aan hulle gegee, en dit is rondom hierdie 10 woorde dat Hy later breedvoerig aan Moshe^ kommentaar gelewer het: (ek verkort en veralgemeen nou ‘n bietjie) Hier is die SE-ENINGE, doen dit en julle sal lewe, ja, My se-en sal jullle inhaal en oorval, doen maar net en julle sal sien.

      Dan het Hy ook aan hulle gese^: Maar as julle nie luister en nie doen nie dan sal die volgende VLOEKE JULLE INHAAL EN OORVAL. Gaan lees gerus weer hierdie fenominale waarskuwing. Wat treffend is, is die feit dat dit die grade van vloeke (as ‘n mens dit so kan noem) toeneem totdat die stadium bereik word dat hulle heeltemal weg van Sy aangesig gewerp sal wees(soos dit vandag is – anderkant die riviere van Ethiopi-e) en daar sal julle vyande oor julle heers en julle sal hulle dien!

      Die sleutel tot hierdie vloek is dat dit REGVERDIGLIK DEUR DIE EWIG-LEWENDE OOR ONS UITGEGIET IS. Ons het eiewyslik en boos teenoor Hom, die Bron van alle Lig en Waarheid, ten aanskoue van al die hemelinge wat Hom omring, vanaf ons tweede heerser (Shelomo) tot vandag toe oortree. Ons weet nie wat dit beteken om sy goeie Wet te vervul, nie onderhou nie. Dink maar hier aan die Meester se Bergpredikasie, en gepraat van ons Redder, hoe lank het dit ons voorgeslagte geneem om ook sy ewige verlossingsdaad kragteloos te maak? Skaars 3 eeue toe word hierdie grootse reddingsdaad uiteindelik aan ‘n griekse reddingsidool se naam gekoppel: I-O-E-S-U-S!

      Miskien raak dit sommige van ons; miskien kom ons soos die verlore seun tot ander insigte; miskien slaan ons ons o-e op en dink daaraan dat ons ver weggeval het, dat ons moeg is om die varke wat ons oppas se kos saam met hulle moet eet, dat ons wil terugkeer na ons vaderhuis, al is dit om as sy slawe weer opgeneem te word.

      En dan is jy heeltemal reg, die Siener het gesien ons kry ‘N NUWE TAAL EN GELOOF EN KERK! Weet jy hoe ons taal deur woorde wat vanuit die sonaanbiding afgelei is, besoedel is? Oom Nicholaas het ook gesien hoe sit die volk by aambeeldjies (hulle is besig om iets te smee), is dit nie die regstelling van hierdie onterende dinge nie?

      Kontak my gerus by 082 305 1922 indien jy verder wil gesels, innige groete, Revo.


Lewer Kommentaar

*