19 Julie 2011 ~ 33 Kommentare

Roepman: Die groot geswoeg

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Deur Sebastiaan Biehl

Dit is altyd ‘n besonderse gebeurtenis wanneer daar ‘n Afrikaanse film verskyn in ‘n omgewing waar Engels die omgangstaal, trouens die enigste taal is wat in die openbaar gepraat (mag) word. ‘n Film is iets wat ‘n groot gehoor bereik en wat ‘n uitdrukking van ‘n volk en ‘n taal se vermoë is om skeppend te wees op vele terreine.
Die afgelope paar jaar het daar darem ‘n paar Afrikaanse films die lig gesien, maar die meeste van hulle was meer onskuldig-skadelose of prettige voel-goed films , soos “Liefling”, “Jakhalsdans” en “Die avonture van Hannah Hoekom”.
“Roepman” kry besonder goeie beoordelings en is inderdaad ‘n film in ‘n ander klas, een wat jou uitdaag, skok, kwaad maak of skaam maak, na gelang van jou politieke standpunt. Dit is verseker nie ‘n film wat jy vergeet nadat jy die bioskoop verlaat het nie, maar een wat ‘n lang en sterk nasmaak het en nog lank in jou gedagtes spook.
“Roepman” bevat ‘n hele paar interessante temas en kon, as die skokelemente aan die einde uitgelaat of versag sou gewees het, ‘n waardevolle film geword het. Daar is tonele wat emosioneel skokkend is, sonder dat te veel grafies gewys word, wat dit ongeskik maak vir sensitiewe kykers.
Die era van Verwoerd, vir die meeste Afrikaners wat daarin geleef het as goue era van Suid-Afrika in herinnering, is die tydperk waarin “Roepman” afspeel en word natuurlik negatief uitgebeeld. Die plek is die mikro-kosmos van ‘n Spoorwegdorpie iewers naby Durban.   Timus Rademan, ‘n seun van 11 of 12 jaar, met 2 ouer susters op die drumpel van volwassenheid, ‘n streng en onsimpatieke pa, Abraham, ‘n sagmoedige ma en ‘n ouma wat die positiewe teenpool vir die pa is, is die hoofkarakter. Die ontdekking van die grootmenswêreld en veral die seksuele is een deurlopende tema. Timus is nog onskuldig en verstaan nog nie dit wat hy in sy nuuskierigheid sien, afloer en afluister nie, maar dit dra by tot die vinnige verlies van sy onskuld. Sy vrae oor seksuele dinge word deur die bende jeugdiges met neerbuigende gelag afgemaak en die bendeleier, Hein, laat hom weet dat hy eers “skuim moet piepie” (as teken van rypheid) voor hy vrae oor die grootmenswêreld van die seksuele moet vra.
Deur ‘n truuk met waspoeier wat in die gras weggesteek is, kry Timus dit reg om Hein te oortuig dat hy “skuim kan piepie” en word erelid van die bende en mag saam met hulle na pornografiese tydskrifte kyk.
Ook andersins is tienerseksualiteit en verhoudings ‘n deurlopende tema, asook die onderdrukking daarvan deur die gesagspersone, soos die pa Abraham en indirek die kerk. Abraham hou sy dogters aan kort leisels: Rykie mag nie op haar halfgebakte kêrel se motorfiets saamry nie en op haar 21ste verjaardag dans nie. Erika, die meer volwasse en terughoudende een, word verbied om met haar andersins ongeskonde en verantwoordelike ou, Salmon, te trou omdat hy ‘n Ou Apostel is. Dit lei na die ander tema, wat telkens by “white guilt” skrywers en kunstenaars in Suid-Afrika  voorop staan: die onderdrukkende apartheid-tyd, waar die Broederbond, die NG Kerk en die NP nie net die swartmense nie, maar ook die wit vroue en kinders onderdruk het.
Die “Roepman”, Joon, na wie die film vernoem is, is vir Timus en ander hulpbehoewendes ‘n soort Engel wat op die regte tyd opdaag en klein wonders verrig, mense troos of beskerm, terwyl die jeugbende en ook Abraham hom spot omdat hy skeel is en die laagste moontlike werk van Roepman (wat die ander werkers moet wakker klop) doen.
Abraham se buurman, Harry Gouws, is ‘n swak karakter wat aan drank verslaaf is en toelaat dat sy dogter Melinda met kort rokkies vir almal in die straat ogies maak en later swanger raak van Zane, die rampokker van Durban wat met sy windmakerige rooi oopdakmotor af en toe sy verskyning maak om sy aanspraak op Melinda te bevestig en om die ander jeugdiges te beïndruk. Mev Gouws is ‘n senuweewrak en probeer op ‘n stadium selfmoord pleeg na huismoles met haar man, wat Abraham en die predikant onbeholpe probeer keer, tot die “Roepman” sy verskyning maak en haar sonder veel woorde oortuig om die rewolwer aan hom te oorhandig.  In die liberale logika is Harry egter ‘n beter mens as Abraham, want hy is “menslik” en koop darem af en toe vir sy vrou blomme, terwyl Abraham met die Bybel onder die arm loop en sy kinders van hom vervreem deur oormatige strengheid.
Die landspolitiek is nie die oorhoofse tema nie maar word aangeraak en staan in die agtergrond. Dr Verwoerd se foto staan prominent in Abraham se sitkamer en die Zulu-bediende hou spottende tweespraak met die foto terwyl sy dit skoonmaak. Timus se gesin hanteer die bediende ordentlik en ma en dogters speel met haar baba en is vriendelik teenoor haar en haar man wat af en toe kom kuier, maar Abraham is gepla oor die implikasies van ‘n swart gesin in sy agterplaas. Toe Hein van “kaffers en koelies” praat openbaar hy hom as “Nat”, want “Sappe” soos Timus se ma praat van “Bantoes en Indiërs”.
So vêr sou die film ‘n goeie milieustudie gewees het wat die opset van ‘n Spoorwegdorpie met sy armblanke inwoners in die sestigerjare en die gewone klein dramas in gesinne en tussen bure uitbeeld. Dinge word egter later moeilik om te verteer en die kyker word blootgestel aan ‘n reeks afskuwelike dade. Erika probeer haar tydens die erediens aan die kerkklok se tou ophang omdat haar pa Salmon afgekeur het. Timus word tydens ‘n pornografiekyk-sessie deur Hein gemolesteer en hardloop huilend in sy ma se arms, op die oomblik toe die nuus van die moord op dr Verwoerd bekend word en almal dink sy trane is as gevolg daarvan. Net die Roepman Joon, wat in daardie nare oomblik vêr was nie tot Timus se redding gekom het nie, het ‘n gewillige oor om die skoknuus van die molestering aan te hoor. Hy lei tydelik die aandag van die somber toedrag van sake in die hele gemeenskap af deur met sy voet ‘n ondergrondse pyp stukkend te kap en ‘n spuitfontein te laat uitborrel, wat meeste inwoners van die straat in ‘n kort vreugdefees rondom die spuitende water laat verenig, terwyl die twee kwajongens Zane en Hein neerhalend toekyk.
Joon self kom tot ‘n verskriklike einde toe Hein en Zane hom, omdat hy met Melinda deurmekaar was en Zane wil weet of hy die pa van haar kind is, tussen twee treintrokke vashou tot hy doodgedruk word. Timus aanskou alles vanaf ‘n boomskuiling maar kom te laat tot die Roepman se hulp. Toe hy uitasem aan sy pa vertel wat gebeur het, kry hy ‘n pakslae omdat Abraham dit vir ‘n versinsel aansien.
In die ou einde bly net gebroke mense oor, selfs die ouma, altyd grappig en vol begrip, is verlam. En die boodskap: dit is apartheid se skuld, want die stelsel het mense soos Abraham, Hein en Zane gemaak wat wreed, brutaal en harteloos is. Dit is een van die linkses se kernoortuigings: mense is nie sleg nie, hulle word net deur slegte omstandighede en stelsels tot monsters gemaak en vernietig die goeies.
In tye waar die Afrikaner in ‘n oorlewingstryd is, behoort versagtende omstandighede te geld en ook kunstenaars behoort hulle Afrikaner-selfhaat eers opsy te laat staan. Die krag en die goeie regiewerk van ‘n film soos Roepman kon gebruik gewees het vir ‘n ander boodskap. Ons het nie nou dermuitrygfilms en -boeke oor die apartheidverlede nodig nie, eerder films en boeke wat ons huidige benarde situasie en die wandade wat tans teen ons gepleeg word, behandel.

Deel/Stuur

33 Reaksies op “Roepman: Die groot geswoeg”

  1. Zeb Lodge 19 Julie 2011 at 09:48 Permalink

    Onthou – Enige sensasie is wat nuus versprei dat dit ‘moet gesien word’.
    Hierdie filmmakers sluit aan by die Huisgenoot brigade nl. die Nar Malema, ‘sterre’ van 7de laan, die ‘groot geeste’ Mandela, die super sterkes, hiperfikses , grootste sukkelaars ens ens
    Sensasie sensasie sensasie !
    Dis vir julle om dit te ignoreer – dis SNERT !

    • Sharon 24 Julie 2011 at 20:56 Permalink

      My ma maak oond skoon met zeb. Jy weet ongelukkig net so min van die kunste, of die politiek.

  2. John-Henry Opperman 19 Julie 2011 at 18:55 Permalink

    Jy klink soos iemad wat ‘n fliek gekyk het terwyl jy besluit wat jy later sou blog, maar ‘n resensie is dit tog nie…

    Jy is heeltemal reg verwysend na die Afrikaners se “goue era”. Onthou tog net daar is nie nét Afrikaners in Suid Afrika nie.

    Jou aanname m.b.t. apartheid kon nie méér verkeerd gewees het nie. Dis maklik om ‘n film te maak vir 1000 mense wat ‘n illusie lewe en dan enige kant van ‘n muntstuk te romantiseer. Dit is nie so maklik om ‘n universele boodskap in ‘n afgryslike tydperk (jammer… vir die res van SA) uit te beeld op ‘n geloofwaardige manier waar “regte mense” netsowel Spaans kon praat in Brasilië nie. Die struktuele geweld van die dag (Kerk en regering) is net die milieu, die tema is nie seks nie, maar die verlies van onskuld wat nooit grafies uitgebeeld word nie…

    Daar is ‘n persepsie buite Orania, dat mense wat daar bly sukkel om die deernis tussen mense raak te sien. As skrywer en inwoner het Roepman vir jou die gulde geleentheid gebied om dáároor te skryf, jy het die kans deur jou vingers laat glip… Dis jammer.

    • Sharon 24 Julie 2011 at 20:51 Permalink

      ek het die “Orania-resensie” ‘n par keer deurgelees, en dit bly vir my onverstaanbare BOLLIE. Jislaaik het daai mense se koppe heeltemal vasgehaak???? Vra asb iemand in die buite wereld om die fliek, en meskien die lewe aan jou te verduidelik, en skrik tog net WAKKER.

      • Jaco Kleynhans 25 Julie 2011 at 06:20 Permalink

        Sharon,
        Jy is verkeerd om te praat van ‘daai mense’. Dink jy almal in Orania dink dieselfde? Ek kan jou belowe dit is nie die geval nie. Ek kan jou ook belowe dat hier rassiste en verregses in ons dorp is wat my irriteer, maar in Pretoria was dit selfs erger! Indien ons Orania ‘n sukses gaan maak gaan ons juis iets anders moet aanbied en Orania doen dit meer en meer! Om alle Oraniërs egter in een blik te druk is ook nie reg nie. Sebastiaan het Roepman gaan kyk en as inwoner besluit om sy kommentaar daarop te lewer. Vat hom gerus aan daaroor (en so enige Orania-blogger oor wat hy/sy kwytraak), maar moet asseblief nie dink dat ons almal net dieselfde oor alles dink nie. Hoe meer Orania uitbrei hoe groter word die diversiteit van inwoners. En dit is ‘n goeie ding.
        Oor Roepman (wat ek self nie gesien het nie) wil ek egter vir jou vra: Kan jy in alle eerlikheid sê dat Sebastiaan heeltemal verkeerd daaroor is in sy kommentaar? Veralgemeen Roepman nie tog ‘n bietjie deur sy uitbeelding van die patriargale Afrikanerman nie? Word die gebeure rondom Verwoerd se dood en mense se reaksie daarop reg uitgebeeld (gaan lees gerus oor hoe byna die hele land oor sy dood geween het – Ons kan dit vandag amper nie glo nie, maar Verwoerd was baie gewild!)?
        Hierdie blog is juis ‘n ruimte vir kommentaar en debat. Dit is presies wat ons kan en moet doen. Om egter na inskrywings as ‘bollie’ te verwys en vir mense te sê om ‘wakker’ te word dra maar min tot die debat by.

      • Hein Hattingh 26 Augustus 2011 at 15:17 Permalink

        As ek so spel “par” ” meskien” dan klink jy nie slim nie! dit is paar en miskien, moenie my taal verkrag nie!

  3. Gielie Hoffmann 19 Julie 2011 at 21:31 Permalink

    Die “resensent” se behoefte om ons apartheidsverlede onder die mat te vee is die hoofrede hoekom iemand dit goed sal dink om ‘n ander in sy kantoor by ‘n universiteit aan te rand. Dalk moet ons maar liewers die waarheid in die gesig staar, anders maak ons dieselfde foute van vooraf. En onthou, die huidige ANC-regering en sy wanpraktyke kan nooit ons volk se wandade van die verlede regverdig nie. Dis moeilik as ‘n briljante prent soos Roepman ‘n spieel ophou van ‘n tydperk waarop ons nie net trots kan wees nie. Maar liewers dit as ‘n valse Utopia.

    • Jaco Kleynhans 25 Julie 2011 at 06:24 Permalink

      Gielie,
      Ek sê altyd dat Orania vir Afrikaners ‘n beter toekoms en nie ‘n beter verlede wil skep nie. Wat fout gegaan het in ons verlede is ‘n feit. Om dit te oordryf is byna ‘n misdaad.
      Die Afrikaner se foute tydens Apartheid is ‘n lelike klad op die geskiedenis van ‘n besonderse volk. Dat hierdie foute egter oordryf word is ook ‘n feit. Onthou jy toe die VN Apartheid as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar het? Slegs enkele misdrywe in die wêreld se geskiedenis is so geklassifiseer: Nazi-Duitsland, Pol Pot en sy volksmoord en enkele ander gevalle. Kan Apartheid werklik in daardie kategorie geplaas word?
      Ek sê weer: Daar is by my geen twyfel oor die foute van Apartheid nie, maar ons moet darem ook eerlik oor die omvang daarvan wees.

  4. Sebastiaan 20 Julie 2011 at 07:00 Permalink

    Dit mag wees dat die meerderheid Suid-Afrikaners in daardie tyd apartheid negatief beleef het. Daar is tonne anti-apartheid-flieks van wisselende gehalte, meesal in Engels en meesal deur oorsese regiseurs. ‘n Fliek in Afrikaans is toegespits op die Afrikaner en dus vir ‘n nismark en hoef dus nie “verteenwoordigend” te wees nie maar kan dit vanuit ‘n Afrikanerperspektief vertel, wat gerus meer genuanseerd kan wees, want as Afrikaners eerlik is was vir die meeste van hulle die 60’s ‘n goeie tyd, met orde, volop werk, maatskaplike vooruitgang ens. Eintlik sou ons almal seker graag die verlede, met sy goed en sleg, eers opsy wil skuif en dit later beoordeel as dit werklik geskiedenis is (dit beteken vir my as niemand meer leef wat daardie tyd beleef het nie en wat emosioneel daardeur geraak was nie), soos ‘n mens nou ook die 1ste Wêreldoorlog histories kan benader, en een van die dae ook die 2de Wêreldoorlog, sonder dat eie subjektiewe belewenisse van of seerkry of van goeie tye die oordeel benewel. Roepman se doel op hierdie tydstip, nes prof van Niekerk se skrywe, is om vir die Afrikaners te sê:”julle moet julle bek hou en nie kla oor wat alles verkeerd is in die land, want julle verdien wat na julle kant toe kom”. Met die boodskap kan ek nie saamstem nie, ongeag die feit dat Roepman ‘n goeie fliek is vanuit ‘n kunstenaarsoogpunt.

  5. Sebastiaan 21 Julie 2011 at 08:21 Permalink

    Terloops, die opskrif was nie my keuse nie, ek dink nie dit is reg om Roepman te reduseer tot ‘n “wit skuld” fliek nie, dit gaan oor meer en die fliek het baie fassette soos ek ook in my blog skryf.

  6. Tertius Theron 21 Julie 2011 at 14:31 Permalink

    …ons leef almal in ‘n illusie en selfs mandela word steeds verromantiseer deur die ‘meerderheid afrikaners en die res van SA en die wereld’, maak nie vir my saak wat Roepman se eintlike boodskap is nie, wat gebeur het in die afrikaner se geskiedenis is ‘n feit en klaar en daar is GEEN standard in die wereld om dit teen te meet of te vergelyk nie, dit bly uniek, die meerderheid mense van hierdie mislukte en gedoemde samelewing vandag, moet nog elk ‘n groot brug bou en oorbeweeg en aanbeweeg…ek glo Orania en sy mense het reg tot sy plek in die son, ‘n klein groepie wat nie sy geskiedenis ontken nie en meer as bereid is om aan te beweeg, die hele konsep van Orania is ook ‘n ‘brug’ waaroor baie afrikaners kan loop na ‘n baie beter bestaan as wat SA Beperk ooit sal aanbied…

  7. John-Henry Opperman 24 Julie 2011 at 16:46 Permalink

    Jy lewe dalk in ‘n gedoemde sameleweing … Jy kies dit. (Nota: Dit is in jou brein.) Ek nie. My bruê lei uiteindelik na oplossings, waaraan ek deel het. Met jou houding gaan jy niks reg kry nie. So maak vrede daarmee dat jy vir baie lank ongelukkig gaan wees in hierdie “mislukte en gedoemde samelewing”.

    Merkwaardig om te sien dat julle soveel te sê het oor Madiba van anderkant julle heining. (As ek reg onthou het hierdie artikel by ‘n film begin) Hy as mens, is tog nie teenstrydig met julle eenvoudige drie beginsels “Vryheid, volkseie arbeid en Christenskap” nie… As Orania regtig so eenvoudig was sou hierdie dinge waaroor Zeb Lodge en Tertius kla mos nie hier ter sprake gewees het nie. Julle het dit dan? Vanwaar al die aanvalle?

    Julle is in die bevoorregte posisie dat mense buite Orania nie met julle wil argumenteer nie, juis a.g.v. julle kortsigtigheid. Ek reken 99% van Afrikaners weet nie eers waar Orania is nie. Weet nie dat julle op die internet bedrywig is, en ook nie dat julle, julself elke dag uitspreek oor dit wat (julle dink) in húlle wêreld gebeur nie… Dít, terloops, tel in julle guns…

    • Jaco Kleynhans 24 Julie 2011 at 18:19 Permalink

      John-Henry,
      Was jy al in Orania? Dit is werklik ‘n wonderlike plek. Ek is nog nie eers 30 nie en het verlede jaar ‘n wonderlike werk in Pretoria opgegee om met my gesin Orania toe te trek. Ons geniet elke oomblik hier en ek kan jou belowe ons is geen eng rassiste nie. Om die waarheid te sê – ek kan rassiste nie verdra nie en daar was net te veel rassisme in Pretoria!

      In Orania is ons met iets positief besig. Ons bou aan iets nuuts vir ons eie mense en nie teen enigiemand nie. Ons glo dat alle mense gelyk is en dat alle kulture en tale gelyk behandel moet word. Sonder dat ons enigiemand onderdruk of van enigiemand wat nie met ons saamstem nie vereis om deel van ons visie te wees, bou ons ‘n wonderlike nuwe Afrikanergemeenskap.

      Alles in Orania gebeur deur die mense van Orania vir die mense wat met Orania assosieer. Jy is regtig baie verkeerd as jy dink dat 99% van Afrikaners nie eers weet waar Orania is nie. Ons kry jaarliks meer as 10 000 besoekers in Orania en dus was daar waarskynlik al heelwat meer as 1% van Afrikaners wat ons besoek het. Ons webblad word ook goed besoek en ons is gereeld op televisie (was onlangs op Kwela en Fokus en sal binnekort op Cutting Edge op SABC1 wees) so mense hoor van ons. Ons verplig egter niemand om met ons saam te stem of selfs van ons te hou nie. Ons vra net die reg om dit waarmee ons besig is te mag doen.

      Ons het geen probleem met oudpresident Mandela nie en hy is hartlik in Orania ontvang net soos wat Malema, Tutu en President Zuma almal verlede jaar op amptelike besoeke hier ontvang is.

      Oor Sebastiaan se skrywe oor Roepman kan ek net sê: Gun hom sy reg tot ‘n opinie oor die film. Jy, ek en enigiemand mag met hom daaroor verskil en dit is natuurlik sy opinie en nie Orania se opinie nie, want Orania bestaan uit ‘n groot verskeidenheid mense!

      Kom maak gerus ‘n draai!

      • Rudolf Herbst 29 Julie 2011 at 12:20 Permalink

        “Ons vra net die reg om dit waarmee ons besig is te mag doen. ”

        Gelukkig vra Oraniërs nie meer net die reg nie, maar oefen hul reg daartoe uit.

        Dis my ervaring van Orania.

        Jaco, ek dink persoonlik dat ons nie te hard moet probeer om diegene wat vooropgestelde derdehandse opinies van Orania het te oortuig waaroor dit gaan en, of hulle nou daarvan hou of nie, dit waarna daar in Orania gestrewe word ‘n realiteit maak.

        Innerlikke oortuiging.

        Met sommiges sal daar tot in lente van dae redeneer word oor dit waaroor daar in Orania reeds lankal uitsluitsel gekry is.

        Daar sal altyd diesulkes wees, soos wat ons tans in al die NASPERS koerante lees, wat enige poging tot uiteindelike vryheid in die kiem sal probeer smoor.
        Wat ek wel opgemerk het in die kommentare op die NASPERS artikels is dat 90% plus van diegene wat daar kommentaar lewer genoeg gehad het van die huidige bestel en alles wat daarmee gepaard gaan. (Ons almal ken die feite)
        Ek laat my nie vertel dat alle Afrikaners wat toegang het tot internet nou ewe skielik “verkramp,verregsen rassisties” is nie.

        Die doemprofete en haters van Afrikanervryheid kan maar wal gooi soos hulle wil.
        Ons WIL vry wees van die huidige onderdrukkende regime met sy meegaande rasstellende wette en ons gaan weer ons vryheid bewerkstellig…..

        Julle “voorbokke”, (grap), in Orania hoef net aan te gaan met die goeie werk wat reeds gedoen is die legendaries voorgangers soos wyle Prof. Carel Boshoff.

    • Quintin Diederichs 1 Augustus 2011 at 15:36 Permalink

      Merkwaardig om te sien dat jy so baie van ons te se het anderkant jou Mzanzi-heining! Terloops, staaf bietjie jou stelling ‘Julle is in die bevoorregte posisie dat mense buite Orania nie met julle wil argumenteer nie, juis a.g.v. julle kortsigtigheid’ met ‘n feit of twee. Ek wil regtig weet wat jou die idee gee dat ons kortsigtig is! Gesien in die lig van die feit dat daar tans byna 300 000 Afrikaners in plakkerskampe woon, dat byna 100 000 Afrikaner huishoudings nie voldoende behuising het nie, dat die getal Afrikaner gesinne wat minder as R68 400 per jaar verdien jaarliks met ongeveer 25 000 toeneem, dat byna 20 000 Afrikaners sedert 1994 vermoor was, dat al meer as 2 000 Afrikaner boere op hul plase vermoor was sedert 1994, dat die ANC-regime nasionalisering van myne en privaat eiendom op hul agenda het, dat miljarde belastingbetaler rande al sedert 1994 eenvoudig net gesteel was deur die duisende korrupte ANC-regime amptenare, dat dieselfde ANC-regime sedert 1994 na elke verkiesing bykans 2/3 meerderheid steun van jou SA nasie geniet en vir nog baie lank gaan geniet, wil ek regtig graag weet wat ons so kortsigtig maak aangesien ons besig is om vir ons mense ‘n onafhanklike Afrikaner Republiek tot stand te bring juis sodat ons kan loskom van jou benarde nasie, jul regering en alles wat met hulle gepaard gaan… Kom boeta – sluk jou trots en vertel my!!

      • Quintin Diederichs 1 Augustus 2011 at 15:45 Permalink

        Ns. Bogenoemde versoek is gerig aan John-Henry Opperman…

    • Leonard 1 Augustus 2011 at 18:25 Permalink

      John-Henry you attempt to come across as being open minded, hence I find it strange that you sling mud at the people of Orania. If I am not mistaken you also have a lot to say about what you “think” happen in their world. Brave of you to use the words “elke dag”. I do sense prejudice in your approach towards the people of Orania.

  8. Musha van der Merwe 24 Julie 2011 at 18:04 Permalink

    Ek het regtig nie geweet ek as Afrikaner is in n oorlewingsstryd nie.
    In my wêreld waar ek lewe is Afrikaans en ons kultuur aan die groei juis oor prente soos Roepman en MK en die oorgang en revolusie van ons musiek en kultuur.Niks kan groei sonder om te vernder nie. Dit is belaglik om iemand se kuns aftekraak na iets wat teen volk en vaderland is as daar so iets is of ooit was.

    Einlik is ek bly daar is n plek vir mense wat soos dit dink. Miskien hoort hulle waar hulle is…. in hulle eie goue stukkie grond waar alles regloop en die son heeltyd skyn glo.

    Kuns is daar om te geniet nie uitmekaar te ruk en negatief te maak.

    • Jaco Kleynhans 24 Julie 2011 at 18:11 Permalink

      Wat jy dus sê is dat iemand soos hierdie skrywer nie die reg het om sy kommentaar te lewer nie? Is jy dan ook teen resensente? Wat van die vryheid van spraak, vryheid van uitdrukking en vryheid van assosiasie? Sebastiaan het die reg tot sy opinie en net so het jy ook. Julle mag verskil, maar hel om sy reg daartoe te ontken is die probleem.

      Oor jou argumente: Daar is ‘n groot verskil tussen Afrikaners en mense wat Afrikaans praat. Afrikaners is mense wat ‘n sekere kultuur, tradisies en geskienis assosieer. Nie alle Afrikaanse mense hoef Afrikaners te wees nie. Dit mag dalk lyk asof Afrikaans floreer (en binne die genres wat jy geniet wel – en dit is wonderlik!), maar sedert 1994 het honderde duisende Afrikaners die land verlaat en voel baie van ons dat ons Afrikanerkultuur waarop ons trots is bedreig word weens ‘n minagting van ons geskiedenis, tradisies, monumente, ens. Gun ons ten minste net die reg daartoe!

      • Musha van der Merwe 24 Julie 2011 at 18:40 Permalink

        Dus is ek of ander mense wat Afrikaans is nie Afrikaners nie. Wel as ek so moet dink soos wat voorgestel is dan is ek eerder nie. Hy het die reg om te se net wat hy wil soos ek die reg het om daarop te kommentaar, dus die keuse om kommentaar te lewer.
        Die is beslis nie n resensie nie meer n bejammering oor wat met die volk glo gebeur en n aanval teen n baie goeie film en kunstenaars.

        En dink mooi sal jy graag in jou dorp n standbeeld van Dingaan wil he….

        • Jaco Kleynhans 25 Julie 2011 at 06:38 Permalink

          Musha,
          Of jy ‘n Afrikaner is of nie is jou keuse. Ek het geen behoefte om te beslis wie ‘n Afrikaner is nie – dit is ‘n werkwyse wat ons lankal agter gelaat het. Tog is dit redelik maklik om ‘n Afrikaner te verduidelik en juis hier maak jy ‘n fout. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n kultuurgroep en ‘n taalgemeenskap.
          Jou kommentaar op Sebastiaan se blog is jou reg en dit is eintlik goed dat jy bereid is om dit hier te lig. Ek hoop Sebastiaan sal jou antwoord en dat dit dus tot ‘n gesonde debat oor die film kan lei. Ek dink nie Sebastiaan het werklik gepoog om ‘n resensie te skryf nie (hy noem wel in kort dat dit ‘n kwaliteit produksie is), maar hy het wel ‘n kommentaarstuk oor die konteks van Roepman geskryf. Dit is iets anders. ‘n Film kan goed gemaak wees, maar die konteks en veralgemening in Roepman (hier maak ek afleidings uit wat ek self van die film gelees het) oor Afrikanermans en die Verwoerdtyd is nie noodwendig korrek uitgebeeld nie. Indien dit die geval is moet ons eerlik daaroor praat.

    • johannes 24 Julie 2011 at 18:36 Permalink

      As dit jou nie pla nie,hoekom is jy op die page,en hoekom lewer jy komentaar

  9. John-Henry Opperman 24 Julie 2011 at 18:34 Permalink

    Hi Jaco, Was al twee keer daar. Ek hou van klein gemeenskappe en dorpies en het geen probleem dat julle kies om te assosieer met mense van Orania nie. Het ‘n foto geneem by die koeksuster monument.

    Ek is bly vir jou as Orania jou gelukkig maak – regtig. Gronwetlik mag jy assosieer met jy wil – ‘n reg wat ek self hoog op prys stel.

    Ek kan net sien dat die publieke beeld waarmee baie van julle (soos jy) Orania voorsit vir mense soos ek, en die gesindheid van ander Oraniërs (?) wat hier kommentaar lewer, nie met mekaar versoen kan word nie.

    • Jaco Kleynhans 25 Julie 2011 at 06:51 Permalink

      Met jou eerste twee paragrawe en die gevoel wat dit oordra kan ek heeltemal saamstem.

      Wat die laaste paragraaf aanbetref kan ek ook met jou saamstem in die mate waartoe ek met eerlikheid kan sê dat daar ‘n toename in diversiteit onder Oraniërs is.

      Ek beskou ekstremisme en rassisme as ‘n konstante bedreiging vir ons droom van selfbeskikking binne ‘n positiewe raamwerk. Ons is egter nie skaam oor dit waarvoor ons staan en die manier waarop ons dit wil verwesenlik nie en indien mense nie daarmee gemaklik is nie is dit ook goed.

      Wat ek dus wil probeer sê: Orania kan nie ‘n eng plek wees waar almal oor alles dieselfde siening moet hê nie, maar almal wat met Orania assosieer deel egter een visie oor wat ons hier wil bereik. Dit is ‘n basiese voorvereiste vir die sukses van Orania en dit behels selfbeskikking vir die Afrikaner in ‘n eie grondgebied deur die skep skep van eie instellings met eie arbeid. Eie verwys na Afrikaners en nie wit mense soos wat baie keer uitgebeeld word nie!

  10. Sharon 24 Julie 2011 at 21:13 Permalink

    Sjoe, soveel getjorrel oor feitlik niks. Net so klein gedagtetjie, Afrikaner is nie ‘n volk, of ‘n nasie of ‘n ras nie. Dis ‘n taalgroep. wat ontstaan het uit , onder andere, Franse, Hollanders, engelse, en selfs ‘n paar anderskleuriges, of jul dit nou wil glo of nie. Dis ‘n taal wat gepraat word, en moedertaal is vir wit, swart, bruin, Indier, en ek glo ander ook.(tot die regering, ek dink in 1948 anders besluit het) Dit maak niemand uniek of uitsluitlik nie. Deel daarmee. Joon, jys baie wys,doe zo voort.

    • Jaco Kleynhans 25 Julie 2011 at 06:58 Permalink

      Sharon,
      Ek gaan maar reguit praat: Jy verstaan glad nie waaroor die Afrikaner gaan nie! Daar is ‘n groot verskil tussen mense wat Afrikaans praat en mense wat Afrikaners is. Daar is bitter min volkere in die wêreld wat slegs aan hul taal gedefinieer word. Die woord volk het so ‘gelaai’ geword dat ek deesdae in elk geval verkies om van kultuurgemeenskap, tradisonele gemeenskap of ‘n soortgelyke term te praat.
      Ek ken baie bruin Afrikaanse mense wat sterk oor hul taal voel, maar verseker nie Afrikaners genoem wil word nie. Afrikaners het ‘n duidelike gedeelde geskiedenis, tradisies en kultuur. Mense wat nie daarvan deel is nie, mag natuurlik daarvan deel word sou hulle hierdie dinge hul eie maak. Ek het ‘n vriend wat meer as 10 jaar gelede vanaf Europa na Suid-Afrika toe gekom het en wat vandag ‘n groter Afrikaner as die meste van ons is!
      Die wonder van vandag se wêreld is dat mense vrylik kan assosieer. Niemand word verplig om ‘n Afrikaner te wees nie. Ons sal ook nooit mense wil verplig om Orania te steun of selfs hier te woon nie, maar mense wat ons visie deel kan vrylik deel word daarvan.
      Jy is reg oor Afrikaans en sy diverse sprekers.
      Afrikaners het egter ‘n duidelike pad gestap met gebeure soos die Groot Trek, Anglo-Boere Oorlog, ens wat hom gevorm het.

      • Quintin Diederichs 28 Julie 2011 at 15:41 Permalink

        Ai… dit gaan my verstand te bowe dat mens nog die verskil tussen Afrikaans en Afrikaner aan sommige mense moet verduidelik! Nou wonder ek wat Sharon se opinie is van bv. die Franse, aangesien hulle ook ‘n samestelling is van verskillende groepe, o.a. die Franke, Visigote, Romeine ens. Beteken dit nou dat daar nie so iets soos ‘n Franse volk is nie? Byna alle volke op aarde is samestellings van verskillende stamme en selfs ander volke wat deur die eeue deur saamgesmelt het. Wat taal betref, duidelik is alle Engelssprekendes reg oor die wêreld Engelse in Sharon se oë omdat alle Afrikaanssprekendes kwansuis Afrikaners is. Ek wonder nogal of sy meer as 2 sekondes gedink het voordat sy daai stelling kwytgeraak het…

  11. Sebastiaan 25 Julie 2011 at 07:01 Permalink

    Waaroor al die bohaai? Ek het in die aanhef gesê dat Roepman uit ‘n kuns-oogpunt ‘n goeie en diep fliek is, en dat ek bly is oor die feit dat ook in ‘n genre soos flieks Afrikaans leef. Net soos ek byvoorbeeld Picasso of Dali as goeie kunstenaars reken, maar nogtans hoef dit nie almal se smaak te wees nie. Dit beteken nie dat ek dit nie verstaan nie. Ek het Roepman goed verstaan en is bly ek het dit gekyk.
    Dit is inderdaad nie in die eerste plek ‘n anti-apartheidfliek nie, met apartheid wat net in die agtergrond staan. Die hooftema is grootword en die verlies van onskuld, maar uit my oogpunt (en ek is nie die verkrampte as wat sekere komentators my afmaak nie) is dit eenvoudig onnodig en ja, walglik, dat kennismaking met die seksuele tot molestering van ‘n minderjarige lei, dat liefdesteleurstelling in (amper) selfmoord eindig en ‘n bakleiery oor ‘n meisie in die doodmarteling van Joon. Verder is dit eensydig om die gewone cliche-Afrikaner soos Abraham (NGkerk, NP, streng) as net negatief uit te beeld, immers is daar ook goeie motiewe agter sy oormatige strengheid (om sy dogters teen verkeerde ouens te beskerm). Kuns is nooit neutraal nie maar het altyd ook ‘n boodskap, en ek hou nie van die boodkap van hierdie fliek nie en ek dink ook dat ons onder die huidige omstandighede eerder kunstenaars nodig het wat oor die Afirkaner se na ’94 belewenis flieks maak of boeke skryf as oor die verlede.

  12. Ebert Terblanche 26 Julie 2011 at 23:49 Permalink

    Dankie vir die resensie Sebastiaan.

    Hoewel daar sekerlik tegniese kritiek op jou resensie kan wees, slaag dit baie goed daarin om die politieke vooroordeel van Roepman oop te vlek.

    Dit is waarskynlik te veel gevra om te verwag dat hedendaagse filmmakers die kreatiewe integriteit aan die dag sal kan lê om te ontsnap van die heersende dwanglogika wat die botoon voer in die land se dramadepartemente wat PW Botha se polisiestaat verhef tot die alfa en omega van Afrikanerskap.

    Dit is ongelukkig veel makliker en meer bevorderlik vir ‘n loopbaan om te kies om ‘n randfiguur van die 1960’s uit te beeld as simptomaties van die tydperk.

    Die hoop beskaam dat die stories vertel sal word van die NG sendinggesinne wat in Soweto ‘n stryd gevoer het om die behoud van ‘n gemeenskap in die aangesig van goepsterreur en onmenslike wreedhede soos halssnoermoorde. Of die verhaal van die mediese dokter wat verligting verskaf in die afgeleë uithoek van ‘n tuisland.

    Moet ook nie verwag dat die kontemporêre stories, van ‘n skrikwekkende nag tydens ‘n plaasaanval op Lindley, die dramaprofessor wie se loseerder met kinderpornografie betrap word of die groepverkragting van ‘n student in ‘n township vertel sal word nie.

  13. Quintin Diederichs 28 Julie 2011 at 14:29 Permalink

    Goeie resensie van ‘n rolprent wat werklikwaar soveel meer kon gewees het.

    Smaak verskil – klaar en uit! Aanvaar dit en beweeg aan. As Piet dink dat bv. Lipstick Dipstick (spelling?) die beste Afrikaanse fliek van alle tye is dan is dit sy saak. Ja, ek en ander mag dalk dink dat hy ’n damduiker-streek in hom het maar dit gaan niks aan Piet se smaak en voorkeure verander nie.

    Ek het nie tyd vir pedofilie, seks-mal tieners, selfmoord en ’n wanpersepsie van die verlede nie… dus sien ek nie die punt om Roepman te kyk nie. Vir ander is hierdie dinge seker nie so erg nie – dus kan hulle maar vir die rolprent opstaan as hulle wil. Dit gaan niks aan my smaak en voorkeure verander nie.

    Tog wil ek stout wees en sê dat ek meer as bereid sal wees om in ’n fonds te belê wat ten doel het om ’n rolprent te maak wat handel oor Orania. Miskien sal mense soos Sharon dan verstaan dat die Afrikaner baie meer is as net die taal wat ons praat en dat daar ’n plek is waar Afrikaners wel saamstaan en bereid is om vreedsaam vir hulself ’n nuwe land en toekoms te bou met hul eie hande. So ’n rolprent sal ook uitbeeld dat ons trotse kinders van Afrika is en dat ons eenvoudig net iets doen omtrent ons reg om hier te bly in ’n Afrikanerland van ons eie. Gooi ook ’n gesonde dosis aksie en ’n hartroerende liefdesverhaal in die storielyn in en dit sal ’n treffer wees!

    Ja, ek woon op Orania en het geen begeerte om dit wat ‘normaal’ in Suid-Afrika is te aanvaar as my realiteit nie. Dit los ek maar vir diegene wat tevrede is om saans hul deure te sluit vir hul nasie-genote en bereid is om hul identiteit op te offer ter wille van nasiebou – wat betref die karakter en eienskappe van die nasie wat gebou word is mos nie van belang nie… of is dit? Deel van die SA nasie is ek beslis nie want ek kan nie daarmee identifiseer nie. Deel van die Afrikanervolk is ek wel!

    Moet net nie die fout maak en dink dat ons nie ook ons eie realiteit in Orania het nie. Een waarop ek trots is. Maar ja, smaak verskil… kom ons gaan maak ’n fliek!!

    • John-Henry Opperman 29 Julie 2011 at 05:47 Permalink

      My identiteit as Afrikaner IS (o.a) nasiebou…

      • Quintin Diederichs 1 Augustus 2011 at 14:57 Permalink

        Mooi vir jou ou grote! As bouer het jy darem ‘n baldadige spul handlangers gekies om in jou bouspan te wees… geen wonder alles wat julle bou donner uitmekaar uit nie!!


Lewer Kommentaar

*