14 Mei 2012 ~ 16 Kommentare

Afrikanerskap so uitgedien soos ‘n rooksein?

Geskryf deur Ebert Terblanche

Piet Croucamp skryf onlangs in Rapport dat Afrikanerskap so uitgedien soos ‘n rooksein geword het. Hy meen “Afrikaners is byna per definisie – of op enkele uitsonderings na – onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste.”

Ek wonder of die ironie van bogenoemde, dat sy persoonlike onverdraagsaamheid hom aan sy eie definisie van ‘n Afrikaner laat voldoen, hom ontsnap?

As akademikus beskik hy beslis oor die nodige vaardighede om bogenoemde te kan insien.

Maar ongeag sy vermoë om bogenoemde te snap, is sy persoonlike mening rakende die toekoms van Afrikanerskap en sy deel daarin irrelevant, want hy word deur al die ander inwoners van Suid-Afrika, selfs die regering, as Afrikaner uitgeken.

Sien, toe die ANC ‘n gesprek met Afrikaners probeer aanknoop het, het hulle nie vir Christo van der Rheede, Danny Titus of Michael le Cordeur gekontak om die gesprek te fasiliteer nie. Nee, hulle het vir Piet Croucamp, Albert Venter en Willie Breytenbach gekontak.

Ek gee egter volpunte vir die fasiliteerders omdat hulle ook die ander lede van die Afrikaanse gemeenskap by die gesprek betrek het, want die bekommernisse van Afrikaners is wel ook die bekommernisse van alle Afrikaanssprekendes en die saak onder bespreking verdien meer gewig as dit wat slegs deur Afrikaners daarby gevoeg kan word.

Maar Afrikanerskap gaan nie verdwyn nie. Dit is nie ‘n kleed wat aan of uitgetrek kan word afhangende van hoe die winde waai nie. Jy is wat jy is en Piet Croucamp en Koos Kombuis sal albei tot in hul grafte Afrikaners bly, nie oor hoe hulle of selfs ander Afrikaners daaroor mag voel nie, maar oor hoe die res “buite die laer” daaroor voel.

Sien, individuele vryheid om te kies is ‘n Westerse konstruk waarvan die inhoud ons nie moet verlei met die mistasting dat ons ander kan oortuig dat ons keuses ons herkoms of karakter kan verander nie. Veral nie indien ons dade, soos Piet Croucamp se onverdraagsaamheid wys, die teenoorgestelde bewys nie.

Ja, as Afrikaners het ons baie probleme. Ons onverdraagsaamheid en in sekere gevalle (maar beslis nie alle nie) rassisme laat ons dikwels in die steek en wen vir ons meer vyande as vriende. Ons het alle invloed op die hefbome wat ons samelewing vorm verloor. Ons word geteiken vir rassistiese diskriminasie deur wetgewing. Ons is min en minderwordend. Ons is, soos Flip Buys en Dirk Herman sê, ‘n ongewilde minderheid.

Afrikaners het reiniging benodig, want ons het in selfvoldaanheid, trots en uitspattigheid verval, waarvan die endemiese uitbuiting van goedkoop swart arbeid om ons huise skoon te maak, ons klere te was, ons kos te maak, ons kinders groot te maak, ons ryk te maak, ons gemaklik te maak, ons grafte te grawe en weer toe te gooi, die skandaligste was (en ongelukkig in baie gevalle nog steed is).

Daar is egter groen lote wat bewys dat die boom se beste dae nog nie verby is nie. As Afrikaners het ons alle verwagtinge oortref in ons vermoë om met ons ander landsburgers saam te werk en by te dra tot hulle opheffing.

Na die trauma van ons verlies aan selfbeskikking, is ons ook besig om daarin te slaag om by nuwe omstandighede aan te pas. Ons beskik oor die mees aktiewe burgerlike organisasies soos deur die Solidariteitbeweging versinnebeeld en ons bou ons eie strukture om in ‘n nuwe omgewing weer beheer oor ons lot terug te neem. Daarvan is die groeiende Orania ‘n sprekende voorbeeld.

Ons is na die isolasie van die vorige bedeling ook besig om nuwe wêrelde te verken en ‘n groot verskeidenheid van ervaringe deel van die mondering van Afrikanerskap te maak.

Waneer ons getuig dat Afrikanerskap so uitgedien soos ‘n rooksein geword het, weerspieel dit ons persepsie van die werklikheid en nie die werklikheid self nie. Dit wys hoe ons dinge wil sien. Piet Croucamp sien duidelik twee dinge in Afrikanerskap; enersyds ‘n leë kruik wat hom as verbruiker niks bied waarmee hy homself kan verryk nie en andersyds ‘n bekleding waarin hy weersin het.

Soos reeds gesien is die beeld van ‘n kledingstuk wat mens wil uittrek en weggooi irrelevant, want hoe meer jy dit probeer uittrek en weggooi, hoe meer sien ander dit juis in jou raak.

Die beeld van ‘n leë kruik verdien egter verdere betragting.

Dit is waar dat Afrikanerskap vir ons geen kaartjie meer is na die binnebaan vir hoogsbesoldigde leierskapsposte in die publieke, private en akademiese sfere nie. En dit is waarskynlik ook goed so. Vir te lank het mense met swak inbors hulleself as vrome Afrikaners voorgedoen bloot om daardie kaartjie te ontvang, en daarmee is die integriteit van Afrikanerwees ‘n gevoelige slag toegedien.

Dit is egter eenvoudig onwaar dat Afrikanerskap vir ons niks meer bied nie. Uit ons tradisie en verlede ontvang ons ‘n oneindige bron van inspirasie en hoop – byna soos die weduwee se kruik – van mense met pioniersgees en vindingrykheid, van godsvrees, toekomsvertroue, nederigheid en gewilligheid om terugslae en struikelblokke te oorkom. Ons het ‘n taalskat, ‘n liedereskat en ‘n literatuurskat wat ons uit ons tipiese gasvryheid met die res van die mensdom deel.

Afrikanerskap is ‘n kruik wat oneindig baie bied, maar soos prof. Carel Boshoff altyd gesê het, is elke geslag verantwoordelik vir sy eie tyd en is dit ook ons verantwoordelikheid om tot die kruik by te voeg sodat daar vir ons kinders en kleinkinders selfs meer sal wees om vir inspirasie uit te put.

Gaan ons ons verantwoordelikheid nakom deur die beste Afrikaners te wees wat ons kan wees, veral ook tot voordeel van ons medemense, of gaan ons ons verantwoordelikheid probeer ontduik deur soos Piet Croucamp voor te wil gee dat die kruik leeg is; dat Afrikanerskap uitgedien soos ‘n rooksien geword het?

Deel/Stuur

16 Reaksies op “Afrikanerskap so uitgedien soos ‘n rooksein?”

  1. Dick Davel 14 Mei 2012 at 03:39 Permalink

    Piet se gwar man!!! Die Afrikaner is en sal ontwaak! en Piet sal dan net ‘n rooksein wees.

    • Andries Kooi 28 Mei 2012 at 15:40 Permalink

      Jy kry mense met n wil om te presteer en n wil om te behou wat vir hulle dierbaar is. Mense met trots. Veral op wat hy is. En dan kry jy Piet!

    • Arnold de Beer 5 September 2012 at 13:30 Permalink

      Dit is waarvoor Piet Gwar bang is.
      As die Afrikaner uitstyg gaan dit al sy teorië in rookseine verander.
      Dit sal dan van hom ‘n gek maak, en hy sal dit nie duld nie.
      Piet Gwar AKA Piet Croucamp is dus ook die Afrikaner se vyand soos deur homself verklaar.

  2. Marius Buys 14 Mei 2012 at 03:52 Permalink

    Ek verkies die derde keuse.

    Om n teenfoeter vir ANC outokrasie te bewerkstellig wat verseker dat n minderheids bevolking nie deur n meerderheid kultureel en ekonomies uitgeroei kan word nie.

    Ek is niemand se tweede klas burger nie.

    Dis tyd dat die Afrikaner sy tande uit die glas langs die bed haal en in sy bek sit.

  3. Anthony Schlemmer 14 Mei 2012 at 07:02 Permalink

    Piet Croukamp is nie ‘n Afrikaner se agterent werd nie ! Hy val in dieselfde kategorie as Max Du Preez en andere. Die hoofstroom Afrikaanse media gee voorkeur aan hierdie tipe joernaliste, wat met hierdie negatiewe beriggewing, Afrikaner opinie beheer en verder in die afgrond in stuur. Die lingse aanslag is soos ‘n golf wat meedoenloos en sonder ophou oor hierdie land spoel !Ons sal moet sterk staan.

  4. Hannodb 23 Mei 2012 at 20:41 Permalink

    As daar enige iets is wat uitgediend is, is dit die liberale sienings van mense soos Piet Croucamp, wat nooit aanbeweeg het uit die vroeë 90’s nie. Sy grootheidswaan waarin hy dink hy kan man alleen die bestaan van ‘n volk nietig verklaar, verdien nie eers die erkening van ons woede nie, die geskiedenis selfs sal dit vergeet.

    Die feit van die saak is die toekoms word bepaal deur wat mense doen, nie deur dit wat hulle sê nie: Toe die klein groepie voortrekkers uit die Kaap getrek het, was daar baie meer mense wat vinnig was om hulle te veroordeel. Vandag ken ons name soos Louis Trichardt, Piet Retief, en Andries Pretorius. Wie onthou ‘n enkele naam van die mense wat hulle gekritiseer het?

    So ook met die Afrikaner en Orania: Die wat dit steun bou dit uit. Die wat dit verwerp sit op die kantlyn en kraak dit af, maar hulle woorde is wind en doen geen skade aan die fisiese geboue wat op Orania verreis nie. In die toekoms sal ons nageslag mense soos Prof Carel Boshoff herdenk as volkshelde, terwyl mense soos Piet Croukamp in die vergetelheid sal verdwyn.

  5. Thabo Strydom 28 Mei 2012 at 15:09 Permalink

    Piet Croukamp moet sy kopdoek afhaal sodat sy benewelde brein vars Afrikaner lug( denke) in sy bloedstroom, na dit wat oor is in sy skedel,kan stuur.!

  6. Gustav Venter 28 Mei 2012 at 16:46 Permalink

    Van wanneer af is ‘n rooksein uitgedien? Dit kan jou lewe red as jy in die wildernis verdwaal het. En as daar iemand is wat verdwaal het, dan is dit Piet C. en sy libbiekamerade.

  7. Kobus van Vuurern 28 Mei 2012 at 17:32 Permalink

    Ek glo die meerderheid afrikaners is nederige mense met sterk waardes en onveranderde, woordgevondeerde begindsels. Daarom gaan ek nie ander mense verkleineer wat heeltemal anders dink en voel oor afrikanerskap as ons . Ek is van mening dat E Terblanche in sy artikel hierbo, Piet Croukamp beredeneerd en kalm soos ‘n werklike en begindselvaste afrikaner aangevat het. Hierop kan ek net sê: “Skote Petoors!”
    Ten slotte: Afbrekende kritiek soos Piet Croukamp sin moet met ‘n knippie sout geneem word. Is dit nie somtyds beter om ongeregverdige kritiek net te ignoreer nie? Ek het al lankal die besluit geneem om elke dag eerder doelgerig op positiewe dinge te konsentreer en net dit te doen waarop ons nageslag trots sal wees. Die uurglas het al so te sê byna leeggeloop om nog tyd te mors op mense soos Piet Croukamp. Neem kennis van sogenaamdes se kritiek en gebruik dit dan om net meer gemotiveerd te raak as afrikaner. Kom ons fokus op ons wonderlike toekoms, op dit waarin ons goed is, dit wat opbouend is vir die afrikaner! Onthou “Eendrag maak mag!”

    • Hanno 29 Mei 2012 at 10:46 Permalink

      Soos ek gesê het. Piet Croukamp se woorde is wind, en maak geen verskil op die toekoms nie. Dis die mense wat doen, soos diegene wat Orania uitbou, wat bepaal hoe die toekoms gaan lyk.

  8. Herman Nel 28 Mei 2012 at 18:50 Permalink

    Ag ek weet nie of n mens kommentaar moet lewer nie want ek glo nie hy weet wat die woord Afrikaner of Boervolk beteken nie, al wat ek weet is dat die kopdoek kommentaar baie beskrywend en verklarend is. die rookseintjie wat hy uit sy benewelde brein onder die kopdoek uitstuur toon maar net waar hy vandaan kom en wie en wat hy werklik is.

  9. Thian van der Walt 28 Mei 2012 at 19:15 Permalink

    Die grootste gevaar vir die voortbestaan van die Afrikaner volk is die “joiners” soos hulle reeds vroeër in ons geskiedenis tevoorskyn getree het. Hulle is diegene wat al hulle beginsels oorboord gegooi het en met die vyand geheul het tot hulle eie voordeel. Hulle is vandag nog met ons, en Piet Croukamp is ‘n sprekende voorbeeld.

  10. Theo Marais 28 Mei 2012 at 20:30 Permalink

    As Afrikanerskap dan uigedien is aldus Prof.Piet Aucamp wat moet ek nou word.Ek is tog wie en wat ek is. Die Liewe Heer het my in hierdie Boere-Afrikaner volk ingeplant en ek is trots daarop. Ek gloei van trots as ek dink aan ons eertydse leiers. Genl Hertzog, Dr Malan, J.G. Strydom, Dr. H. F. Verwoerd, Jaap Marais, Prof Carel Boshof, so kan ek aangaan. As Afrikanerskap uitgedien is dan is ek nou identiteitloos. Dan is ek nou gereduseer tot ‘n niks. Al sal ek nooit weer ‘n hoogsbesoldigde pos kry nie, al kry ek geen erkening vir wie en wat ek is nie, is ek bly oor wie en wat die Vader my gemaak het. Wat rondon u staan het Boere-Afrikaner kundigheid tot stand gebring. Wat ek onlang op Orania ervaar het het volkseie arbeid tot stand gebring. Jammer Piet Aucamp wees jy maar ‘n niks, ek is nog so relefant soos die dag toe God my gemaak het. Piet “Ken jy die volk?”.

  11. Charles 29 Mei 2012 at 04:44 Permalink

    Die ou storie dat Afrikaners so sleg en so sleg is word nog steets geglo deur baie van ons eie mense ook.Dit is as motifering vir die volksmoord wat die Engelse op ons mense toegepas het wat net so weer opgegrawe is om ons verder uit alles te bedrieg en steel.Na dr Verwoerd se moord het die liberale doelbewus die beleid so verdraai en dinge gedoen om ons op die ou einde in n slegte lig te stel
    As jy die voortrekkers se veklaring lees voor hul getrek het en waarvoor hul hul beywer het sal die mense bietjie beter verstaan.
    Piet Craukam en n klomp ander mense moet net n slag hul geskiedenis boeke optel en lees dan sal hul ook met meer insig kan praat.(DIT WAT CRAUKAMP EN SY MEDE LIBERALISTE TE SE HET IS VAN NUL EN GENER WAARDE)

  12. Tinus Rautenbach 29 Mei 2012 at 06:02 Permalink

    Ek sou baie bekommerd wees as iemand wat ‘n ware Afrikaner (nie Afrikaanse) gesê het dat die Afrikaner gaan in ‘n rookskerm verdwyn. Veral as so’n persoon nog binne ‘n beginselvaste Afrikaner Christelik-nasionale sy staanplek het.

    Piet Craucamp is nie een van die bostaande nie. Miskien komplimenteer ons hom juis te veel deur op sy “dwaling” te reageer.
    Ek bly trots Afrikaner, en sal my daarop toelê.

  13. Oomjan 20 September 2012 at 22:38 Permalink

    Piet Kopdoek het die pot heeltemal mis gesit, en kyk nou hoe lyk sy vloer.

    Hy beweer dat Afrikanerskap uitgedien is en dat Afrikaners hoofsaaklik rassiste is.

    Die punt is: Solank daar onderskeie rasse met hul unieke kulture bestaan, sal daar rassisme wees – goed of sleg. En dit is ‘n globale feit.

    Groete.


Lewer Kommentaar

*