28 Julie 2011 ~ 6 Kommentare

“Ek het baie swart vriende, ek kan net nie nou hulle name onthou nie.”

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

‘n Paar weke gelede het ek op Johannesburg lughawe saam met ‘n swart man wat ek by die wag in die tou ontmoet het, ‘n koffie gaan drink. Ons het ‘n heel ontspanne en vriendelike gesprek gehad oor ons herkoms, omstandighede, die land se dinge en wat ‘n mens nog so gesels met iemand wat jy nie goed ken nie. Hy was ‘n heel aangename kêrel en ons toevallige ontmoeting het die wagtyd vir ons albei korter gemaak. Daarna het elkeen weer in sy rigting gegaan en ek het nie foto’s van hom en my saam op Facebook geplaas om vir al my vriende te wys watter oopkop en verligte nuwe Suid-Afrikaner ek nou eintlik is nie. Ons kortstondige ontmoeting is eintlik niks noemenswaardig nie, elke mens wat iewers ver van die huis is en tyd wil ombring kom met ander mense in die gesprek en hulle geniet vir ‘n kort oomblik mekaar se geselskap en menslikheid. Miskien moet ek noem dat die swart man van Gaboen was en dus kon ons ‘n ontspanne kuiertjie hê, sonder enige verwagting van sy kant af dat ek verskoning vir my wit wees en my “voorregte” en apartheid moes maak, en sonder enige behoefte aan my kant om ‘n “statement”  te maak dat  ek ‘n verligte en kleurblinde liberale Suid-Afrikaner is. Juis daarom kon ons onbevange en ontspanne met mekaar gesels, soos wat ek met enige ander buitelander wat my ‘n bietjie meer van sy land kan vertel en wat self meer van Suid-Afrika wil weet, kan doen.
Daardie doodgewone menslike en vooroordeelsvrye omgang met mense van ander volke en rasse, wat vir verligtes die absoluut hoogste ideaal is, is juis in Suid-Afrika besonder moeilik. Nie, soos liberaliste sou beweer, weens ons skuld, die verlede of weens ons rassisme nie, maar juis weens liberaliste se eie verkramptheid. Dit is juis die kamstige kleurblindes en verligtes wat mense nie net as mense kan beoordeel en benader nie, maar wat die hele tyd vir ander wil voorskryf met wie om te assosieer om punte na die hemel van apartheid-sondeverlossing te wen. Naspers se rubrieke is vol van dié tema, waar “verligte” skrywers kla dat by ‘n vakansieoord wittes met wittes kuier en nie ‘n punt maak om ‘n swart familie na hulle braaivleisvure te nooi nie. Dit is juis geen kleurblindheid en vooroordeelsvrye benadering nie as ek teenoor swart mense uitreik net om myself beter te laat voel. Moenie dink dat swart mense nie daardie liberale huigelary agterkom nie!
Die Gaboenees met wie ek gekuier het was net ‘n vriendelike, hoflike en intelligente man met afgeronde maniere met wie ek op gelyke vlak kon gesels. Daar is egter vir my geen sin daarin om ‘n luidrugtige groep swart jeugdiges wat iewers in ‘n park piekniek hou met harde doef-doef musiek na my toe te nooi net om ‘n virtuele skouerklop van die liberale rubriekskrywers te kry nie.
Omdat die verhoudinge tussen die rasse in Suid-Afrika nooit ontspanne en vry van vooroordele was nie, natuurlik ook as gevolg van apartheid, maar deesdae veel meer as gevolg van ooglopend verskillende gedragspatrone en ook juis weens openbare druk om te meng met mense tot wie jy nie aangetrokke voel nie, is dit so moeilik om egte vriendskappe te kry. Hoeveel sogenaamde vriendskappe tussen rasse, wat in die media so opgehemel word, is werklik vriendskappe omdat jy hou van die ander persoon? Is die meeste nie maar gebou op wedersydse voordeel nie, omdat dit my as wit mens in die kringe van die magtiges meer aanvaarbaar maak as ek swart “vriende” het, en omdat ek miskien ‘n SEB-vennoot soek om beter besigheid te kan doen? En hoeveel swart mense is werklik vriende met wit mense omdat hulle hou van die persoon? Gaan dit nie maar net weer oor die bekoring om nou die destydse verhewe base te kan manipuleer en hulle skuldig laat voel? Of die sensasie om iets te doen waarvoor jou ouers gestraf sou geword het?
Daar is puik swart mense in hierdie land met wie ek enige tyd vriende sou kon wees, maar die huidige omstandighede van haat op wittes wat deur die regering aangeblaas word, en van wit selfhaat wat deur die sogenaamde “hoofstroom meningsvormers” geskep word maak dit moeilik. Ek hoef nie ‘n aflaat vir my kamstige sonde te koop deur valse vriendskap met swart mense te soek nie, of om soos liberaliste op hulle partytjies hulle swart “vriende” soos eksotiese diere vir hulle liberale maatjies te vertoon. Soos die grappie dit treffend stel:
Says the white liberal:“Yes, I have many black friends. I just can’t remember their names right now.”

Deel/Stuur

6 Reaksies op ““Ek het baie swart vriende, ek kan net nie nou hulle name onthou nie.””

  1. Fanie 28 Julie 2011 at 17:46 Permalink

    Goed geskryf en lekker om te lees. Moet julle nie ‘n inhoudsopgawe van al julle artikels hier plaas nie, mense sal graag die diepteartikels van die dorp se voormanne wil lees.

  2. Zelda 31 Julie 2011 at 14:18 Permalink

    Die vraag is: hoekom is swart-wit vriendskappe so moeilik?

    Die eerste antwoord wat onwillekeurig by my opkom is dat selfs die woorde ‘swart’ of ‘wit’ duidelik teenoorgesteld is.

    1. Amper onmoontlik: ( In huidige Suid-Afrika)is dit amper onmoontlik weens ‘n gegewe KUNSMATIGE atmosfeer van haat wat geskep is deur georkestreerde en beplande aanslae soos
    a)propaganda en leuens onder swartes
    b)plaasmoorde en aanvalle op wittes ens
    Selfs tydens ‘n poging van goeie intensies/bedoelings het beide partye steeds agterdog in hul agterkop weens die situasie.

    2. Moontlik, maar beperkend: ( Veral buite Suid-Afrika). Wit en swart mense verskil te veel, maar kan beperkend vriendskappe he weens
    a)RESPEK vir mekaar se kultuur en verskille
    b)of selfs weens dieselfde uitlewing van die christelike godsdiens.
    Dan help ‘n vlak van eerste wereld opvoeding en ontwikkeling as deel van hul agtergrond ook om die groot gaping( van 1e en 3e wereld kultuur/agtergrond verskille ens ) te oorbrug en sulke ‘vriendskappe weens respek’ kan dan makliker wees.

    Dus slotsom: Neem weg die KUNSMATIGE geskepte situasie en weens RESPEK is dit beperkend dan moontlik.

  3. Louis Marais 11 Augustus 2011 at 12:05 Permalink

    Ek is van mening dat integrasie tussen rasse ontmoontlik is, om my punt in te sien moet ons gaan dieper kyk en gaan kyk na die kultuur en beskawing van verskillende groepe.

    Die Afrikaner kom almal uit die westerse beskawing, maar ons het ook in hierdie beskawing ons eie kultuur. So dit sal vir ons makliker wees om te meng met ander Europeers as om byvoorbeeld te meng met iemand van Gaboen wat geen kennis dra van die westerse beskawing nie.

    Dus moet ons verder kyk as net die kultuur en ons moet ‘n skyding maak tussen die beskawings van die wereld. Ek deel hierdie beskawings op in ‘n onwetenskaplike manier soos volg:

    1. Westers beskawing
    2. Asiatiese beskawing
    3. Islamitiese beskawing
    4. Afrikaan beskawing

    Hierdie is baie rof uit gele maar ek dink julle kry die idee. In hierdie beskawings is daar ook groepe met hulle eie kulture. Die probleem hier is dat die swart man se psige gebaseer word op sy beskawing en nie so seer sy kultuur nie. Dieselfde geld vir die Afrikaners dus kan ons beter assosieer met ander Europeers as byvoorbeeld Asiers, en dus assosieer ons nog makliker met Nederlanders .

    Die “Groot Fout” wat begaan is, is dat die westerse beskawing hulle beginsels op die ander beskawings afgedwing het en hulle probeer integreer het.

    Met evolusie het die beskawings oor miljoene jare gevorm en om hulle by mekaar te gooi in ‘n kwessie van 100 jaar kan net katistrofies wees nog meer katistrofies as ons die westerse beskawing op hulle afdwing, ons kan net kyk na die gebeure in Engeland en in ons land. Ek glo nie in evolusie nie maar glo dat God nasies geskei het vir dieseflde rede, so of ons nou die evolusie teoriee glo en of ons nou glo dat God die nasies geskei het, dit bly dieselfde.

    Dit is hoekom Piet Retief verraai is deur Dingaan, die feit is dat ons nie regtig mekaar verstaan nie, ons redenerings vermoe is anders.

    Louis Marais

  4. Dick Davel 17 September 2011 at 19:46 Permalink

    Sebastiaan, Pragtig gestel! ek dink die raeksies daarop is ook goed gebalanseerd. Sodra die Afrikaner eers homself in diepte onderling van mekaar kan onderskei (4 groepe), en sy posisie op die speelveld kan bepaal tussen die (5 groepe) Afrikane, en ander nie Afrikaners en gelowe en die verskille daarmeesaam, sal die Afrikaner ook meer verdraagsaam teenoor mekaar wees en na buite die Afrikanerdom. Psigiologies is daar ‘n ingebore selfbeeld in die verskillende volke(rasse)op aarde, wat as intuïsieële eienskappe vertolk kan word. Daar is swart babas al aangeneem deur blankes, en soos eie kinders grootgemaak, verskillende resultate opgelewer, maar een gemeenskaplike faktor was die psigiologise beskouing van homself. (minderwaardigheid). Gegewe; reageer die Afrikaan(swart) op 5 verskillende maniere, wat nie met mekaar versoenbaar is nie, wat deur omgewingsfaktore beinvloed word.

  5. Ewald 10 Februarie 2012 at 12:09 Permalink

    Louis en Dick, ek is bly dat julle die eng liberalistiese beskouing van rasseverskille wat slegs op velkleur konsentreer, ‘n nekslag toegedien het. Louis, nogal heel konserwatief, slaag met sy selfverklaarde “nie-wetenskaplike” verdeling van vier beskawings meesterlik daarin om die aandag op die belangrikste element van rasseverskille nl. die psigologiese, te vestig. Blankes word gedurig gepeper met beskuldigings dat daar op grond van velkleur gediskrimineer word teen bv. swartes en al die ander fisiese eienskappe soos haarstruktuur en voorkoms word ge-ignoreer, om nie eens te praat van die reuse psigologiese verskille nie. Net jammer mens sal nie in die dagpers hiervan lees nie.

  6. Karooseun 21 September 2012 at 05:40 Permalink

    Afrikaners is hulle wit


Lewer Kommentaar

*