Welkom!

Orania Blog Die Orania Blog is ‘n plek waar inwoners ons meer oor die lewe in Orania vertel. Dit is ook ‘n kuierplek waar ons lekker saam kan gesels oor dit waarmee Orania besig is. Neem gerus deel deur kommentaar op plasings te lewer.

14 Mei 2012 ~ 3 Kommentare

Afrikanerskap so uitgedien soos ‘n rooksein?

Geskryf deur E Terblanche

Piet Croucamp skryf onlangs in Rapport dat Afrikanerskap so uitgedien soos ‘n rooksein geword het. Hy meen “Afrikaners is byna per definisie – of op enkele uitsonderings na – onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste.” Ek wonder of die ironie van bogenoemde, dat sy persoonlike onverdraagsaamheid hom aan sy eie definisie van ‘n Afrikaner laat voldoen, [...]

25 April 2012 ~ 6 Kommentare

Die mite van diversiteit

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Een van die mantras van ons tyd is “diversiteit”, of anders gestel, die dwang om homogene volke en groepe en streke met die maksimum van staatlike inmenging so te vermeng dat daar nie meer afgrensbare groepe en volke oorbly nie. Etniese homogeniteit as sulks word as iets beskou wat diep verwerplik en gevaarlik is en [...]

25 April 2012 ~ 2 Kommentare

Erfgeld en swerfgeld

Geskryf deur E Terblanche

Geld laat nie die wêreld draai nie, so hoor ek, maar dit maak glo beslis die lewe makliker. Ander apologete van wat sommige Mammon sal noem, wys uit dat diegene wat reken dat geld nie geluk kan koop nie, nog nie honger en sonder ʼn dak oor die kop gaan slaap het nie. Afrikaners het [...]

16 April 2012 ~ 0 Kommentaar

Platteland gaan oor die siel van die Afrikaner

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

platteland

Na die soete, voorspelbare “Liefling” oor die reeds duisend maal behandelde tema “seun ontmoet meisie en raak verlief, ander meisie meng in en versuur verhouding, en uiteindelik kom hulle weer bymekaar” was “Platteland” ‘n fliek wat nie net beweeg in die bandbreedte van soetsappige liefde en jaloesie nie, maar ook haat, gierigheid, verraad, familietwis, maar [...]

12 April 2012 ~ 1 Kommentaar

Die huidige toedrag van sake vir minderhede in die wêreld

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Minderheidseise en minderheidspolitiek is een van die brandende vraagstukke van ons tyd. Die onderdrukking van minderhede en hulle weerstand daarteen en stryd vir selfbeskikking kom orals oor die wêreld heen voor, maar die aard en omvang daarvan verskil drasties van land tot land en streek tot streek. Net soos met die geval van “vryheid” en [...]

31 Maart 2012 ~ 21 Kommentare

Die toekomstige Pretoria

Geskryf deur E Terblanche

Huis van Sowjets

Soos mis wat dans op die rimpels van water op ’n koel wintersoggend, roep ’n naam skimme wat al ons sintuie prikkel. Identiteit setel in ’n naam, ’n naam bind ‘n reputasie en ons heg gedrag daaraan. Ons plaas onsself binne die raamwerk van die name van mense en plekke wat ons ervaar en onthou. [...]

23 Maart 2012 ~ 0 Kommentaar

Wat maak die Orania Beweging groot?

Geskryf deur Carel Boshoff

(uit Voorgrond: Maart 2012) Om te vra: Wat maak die Orania Beweging groot? veronderstel dat ons wel groot is – ‘n gedagte wat nie sonder meer vanselfsprekend is nie. Ek wil egter aanvoer dat ons wel groot is en om my siening uiteen te sit, gaan ek ‘n denkbeeldige debat aanknoop met iemand wat die [...]

21 Maart 2012 ~ 1 Kommentaar

Ekonomiese vooruitgang sonder politieke beheer – dit is nie moontlik nie

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

‘n Bekende redenasie, wat op die oor af slim klink maar te kort skiet, is dat alles oor die ekonomie gaan en dat politiek eintlik ‘n lastigheid is en heeltemal oorskat word. In die Westerse wêreld is veral na die einde van kommunisme geredeneer (in lyn met die “Einde van die Geskiedenis” essay van Francis [...]

05 Maart 2012 ~ 9 Kommentare

Afrikaners en die samelewing wat die ANC bou

Geskryf deur E Terblanche

Heelwat ideale is vir die nuwe Suid-Afrika gehuldig. Voorheen benadeeldes het waarskynlik uitgesien na geleenthede en deelname wat voorheen slegs in die tuislande vir hulle beskore was, ekonomiese regstelling en die geleentheid om te presteer binne die groter poel van hulpbronne, potensiaal en ontwikkeling wat Suid-Afrika bied. Afrikaners het uitgesien daarna om verlos te wees [...]

28 Februarie 2012 ~ 13 Kommentare

Die gapings in die mondering van die Kommandokorps

Geskryf deur E Terblanche

Min Afrikaners kan fout vind met die doelstellings om mense op te voed om hulself te verdedig en om misdaad te bekamp. Afrikanerboere het veral die spit afgebyt sedert 1994, met die aantal plaasmoorde wat lankal reeds lyk soos die slagtersrekening van ‘n militêre konflik. Suid-Afrikaanse wetgewing laat ruimte vir die oprig en bedryf van [...]